Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Daarna volg twee jaar diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatl...view moreFanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Daarna volg twee jaar diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds by Sanlam werk. Hy skryf in dié tyd in vir ’n deeltydse kursus in grafiese ontwerp en behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ’n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie aan Unisa. Fanie se eerste jeugboek Breinbliksem is in 2005 bekroon met goud in die Sanlamprys vir jeuglektuur en dit het ook die MER-prys vir jeuglektuur ontvang. Sy kinderboek, Geraamte in die klas, ontvang in 2007 die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke én ’n ATKV-Woordveertjie. Sy tweede jeugboek, Onderwêreld, word in 2008 met die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) bekroon. Sy ander bekende boeke is Miserella (2007), die Klits Kronkel-reeks (2007, 2008) en Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008). Fanie woon in Bloemfontein en hy skilder en skryf voltyds.view less