Loading
FB
author
François Bloemhof
François Bloemhof is die enigste skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluit...view moreFrançois Bloemhof is die enigste skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Sy ander pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self die wenboeke aanwys. Onder sy baanbrekerswerk (op wêreldwye vlak en nie bloot plaaslik nie) tel die eerste boek met ’n oorspronklike (selfgekomponeerde) CD-klankbaan, eerste boek met ’n eie rekenaarspeletjie, eerste Flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Voeg daarby die eerste/enigste Afrikaanse strokiesreeks en die heel eerste e-boek in Afrikaans. Verder het hy al tekste vir die verhoog (’n kabaret, drama en twee tienertoneelstukke) en radio (dramas en vervolgverhale) gelewer. Rolprentwerk en liedjies skryf is sy nuutste “tydverdrywe”. Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent, -joernalis en -samesteller. Hy was ook al verhaleredakteur by Sarie en boekeredakteur by Die Burger.view less
François Bloemhof has no available titles yet.