Erika Isabel Murray is op 1 Oktober 1941 in Greytown gebore. Sy matrikuleer in 1958 aan die Hoërskool Glencoe en verwerf ’n BA-graad (Afrikaans/Nederlands en Sielkunde) en ’n honneursgraad aan die ...view moreErika Isabel Murray is op 1 Oktober 1941 in Greytown gebore. Sy matrikuleer in 1958 aan die Hoërskool Glencoe en verwerf ’n BA-graad (Afrikaans/Nederlands en Sielkunde) en ’n honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy behaal ook later ’n honneursgraad in Afrikaans aan Unisa. Sy het as vakkundige beampte by die departement van Arbeid gewerk, was daarna verbonde aan Unisa se departement van Sielkunde, het later vryskutvertaalwerk in die vak Sielkunde vir Unisa gedoen, was as berader verbonde aan FAMSA en was gereeld op aflosbasis Afrikaansonderwyser.
Sy was op verskillende maniere by die gemeenskap betrokke – onder andere by die plaaslike hoërskool, die gemeenskapsbiblioteek, as redakteur van ’n gemeenteblad en by die skakeling tussen leeskringe in Pretoria, waar sy woon. Sy doen vertaalwerk, word van tyd tot tyd gevra om manuskripte te lees en tree ook soms as spreker op.
Sy skryf aanvanklik tydskrifverhale vir Sarie en later ook vir tydskrifte soos De Kat en Tydskrif vir Letterkunde. Haar eerste roman, Wie is jy Elizabeth?, verskyn in 1989 by Tafelberg. In 2002 ontvang haar roman Sê Maria die ATKV-prosaprys. In 2007 word die manuskrip van ’n Tapiserrie met klein diere as die wenner in Sanlam/Insig/Tafelberg se Groot Romanwedstryd aangewys.view less