François Verster is 'n argivaris en skrywer van Kaapstad. Hy werk die afgelope tien jaar ook deeltyds as vryskutjoernalis en behartig rubrieke en resensies vir verskeie publikasies...view moreFrançois Verster is 'n argivaris en skrywer van Kaapstad. Hy werk die afgelope tien jaar ook deeltyds as vryskutjoernalis en behartig rubrieke en resensies vir verskeie publikasies soos Litnet en Rapport. François het sy loopbaan in die onderwys begin, maar is in 1991 aangestel as staatsargivaris. In 2003 verwerf hy sy doktorsgraad in kultuurgeskiedenis en in 2007 word hy aangestel in sy huidige posisie as maatskappyargivaris vir Naspers, die grootste mediagroep in Suid-Afrika. Drie niefiksiewerke, waaronder TO Honiball: Culture with a smile, en twee fiksiewerke, waaronder Een teen Adamastor - waarvoor hy die Maskew Miller Longman-prys vir die beste Afrikaanse jeugroman gewen het - het al uit François se pen verskyn. Hy het ook al tot talle bundels bygedra, onder meer tot Grensoorlogstories (2012).view less