Zuretha Roos (gebore Coetzer) is op 21 September 1941 op De Doorns gebore en het in die Hexriviervallei grootgeword. Sy behaal ’n BA-graad en Onderwysdiploma aan die Universiteit v...view moreZuretha Roos (gebore Coetzer) is op 21 September 1941 op De Doorns gebore en het in die Hexriviervallei grootgeword. Sy behaal ’n BA-graad en Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch. Zuretha hou daarna vir ’n tyd lank skool in Kaapstad voordat sy na Johannesburg verhuis waar sy as kosredakteur (van die tydskrif Darling) en joernalis gewerk het. Sy behaal ’n honneursgraad deur Unisa en is daarna ’n dosent in Afrikaans in Johannesburg. Sy woon al ’n hele paar jaar op Kaap St. Francis in die Oos-Kaap.view less