Wilhelm Otto (W.O.) Kühne is in 1924 naby Graaff-Reinet gebore. Hy is hoofsaaklik bekend vir sy Huppelkind-stories. Dit is eers as stories in Klein Burger gepubliseer. Dit verskyn vanaf 1958 tot 19...view moreWilhelm Otto (W.O.) Kühne is in 1924 naby Graaff-Reinet gebore. Hy is hoofsaaklik bekend vir sy Huppelkind-stories. Dit is eers as stories in Klein Burger gepubliseer. Dit verskyn vanaf 1958 tot 1960 as ses afsonderlike Huppel-boeke by Tafelberg. In 1982 is ’n versamelbundel, Huppel en sy maats gepubliseer. W.O. Kühne was in 1960 die eerste ontvanger van die C.P. Hoogenhout-toekening vir Huppel verjaar. Hy het ook ’n hele paar ander kinder- en jeugboeke geskryf soos Kassie Krog in die knyp (1960), Die kring van Keerom (1962) en Die wonderbaarlike motor van Barnabas Bombas (1981). W.O. Kühne is in 1988 oorlede.view less