Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kinderboek
Kinderboek
Kinderboek
Ebook241 pages6 hours

Kinderboek

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Interessante stories van regoor die wereld vertaal in Afrikaans. Van dwerge, prinse, ridders en die aaklige seeslang. Moedig die jongspan aan om self te lees en te ontdek.

LanguageAfrikaans
PublisherRiana Pope
Release dateJun 2, 2012
ISBN9781476163932
Kinderboek

Read more from Riana Pope

Related to Kinderboek

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kinderboek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kinderboek - Riana Pope

    Daar was eenkeer ‘n dogter wie wyser as die Koning en al sy volgelinge was. Haar vader was so trots op haar dat orals waar hy gekom het, het hy van haar gespog. Hy kon nie sy tong stilgehou het daaroor nie. Eendag het hy by een van sy bure gespog en gesê, Die dogter is so slim dat nie eens die Koning haar ‘n vraag kon vra wat sy nie kon antwoord nie, of vir haar ‘n raaisel gee wat sy nie kon oplos nie.

    Dit het so gebeur dat die Koning by ‘n venster gesit en alles gehoor het wat die dogter se vader gesê het. Die volgende dag het hy gevra dat die man na hom gebring moet word. Ek hoor jy het ‘n dogter wat so slim is dat niemand in die hele koninkryk haar gelyke is nie, is dit so? het die Koning gevra.

    Ja dit was waar en niks meer kon daaroor gesê word nie.

    Dit was goed en die Koning was bly om dit te gehoor het. Hy het dertig eiers gehad, hulle was vars, maar dit sou ‘n baie slim persoon geneem het om hoenders uit te broei. Hy het sy onderdaan gevra om die eiers te bring en dit aan die man te gee.

    Neem hierdie na jou dogter, het die Koning gesê, "en vra haar om hulle vir my uit te broei. Sou sy suksesvol wees, sal ek vir haar ‘n sak vol geld gee, maar as sy nie suksesvol is nie, sal jy geslaan word vir jou gespoggery.

    Die man was bekommerd toe hy dit gehoor het. Tog, sy dogter was baie slim en hy was taamlik seker dat sy die eiers sou uitbroei. Hy het dit huistoe gedra en presies vertel wat die Koning versoek het, maar dit het die dogter nie lank geneem om vas te stel dat die eiers gekook was nie.

    Toe sy dit aan haar vader vertel het, het hy ‘n groot bohaai gemaak. Dit was ‘n groot strikvraag wat die Koning aan haar wou gestel het. Nou sal hy die slae moet ontvang en al die bure sal daarvan te hore kom. Hy het gewens dat hy nooit ‘n dogter gehad het as dit is wat hom moet tref nie.

    Die dogter het egter probeer om hom op te beur. Gaan bedtoe en slaap soet, het sy gesê. Ek sal aan ‘n oplossing dink. Geen skade sal aan u gedoen word nie al moet ek self na die paleis gaan en die slae verdien.

    Die volgende dag het die dogter vir haar pa ‘n sak vol gekookte bone gegee en gevra dat hy dit na die plek te neem waar die Koning elke dag verby ry. Wag totdat jy hom sien aankom het sy gesê dan begin u om die bone te saai. Terselfde tyd moet hy enigiets hard uitroep sodat die Koning hom kon hoor.

    Die man het die sak bone geneem en na die veld gegaan soos sy dogter vir hom verduidelik het. Hy het gewag tot die Koning aankom en het die bone begin saai en terselfde tyd het hy hard uitgeroep, Kom son, kom reën! Mag die Hemele gee dat hierdie gekookte bone ‘n oes vir my voortbring.

    Die Koning was verbaas dat enigiemand so dwaas sou wees om te dink dat gekookte bone ‘n oes kon voortbring. Hy het nie die man herken nie want hy het hom net eenkeer tevore gesien en hy het sy perd gestop om met hom te praat. My arme man, het hy gesê, hoe kan jy verwag dat gekookte bone moet groei? Weet jy nie dat dit onmoontlik is nie?

    Wat die Koning ookal beveel moet moontlik wees, het die man geantwoord, en as kuikens kan uitbroei uit hardgekookte eiers hoekom dan nie bone uit gekookte bone nie?

    Toe die Koning dit gehoor het, het hy die man van naderby gekyk en erken as die vader van die slim dogter.

    Jy het verseker ‘n slim dogter, het hy gesê, neem jou bone huistoe en bring die eiers terug wat ek aan jou gegee het.

    Die man was bly toe hy dit gehoor het en het haastig gegaan om dit te doen. Hy het die bone huistoe geneem en die eiers teruggeneem na die paleis van die Koning.

    Nadat die Koning die eiers ontvang het, het hy ‘n handvol vlas vir die man gegee. Neem dit na jou slim dogter, het hy gesê, vra haar om binne die volgende week vir my ‘n hele stel seile te maak vir ‘n groot skip. As sy dit kan doen, sal ek helfte van my koninkryk aan haar gee as beloning, maar as sy faal, sal jy slae kry wat jy nooit sal vergeet nie.

    Die man het huistoe gegaan en luid sy lot bekla.

    Wat is verkeerd? het die dogter gevra. Het die Koning nog ‘n taak gestuur wat ek moet doen?

    Inderdaad, dit het hy gedoen en die vader het die vlas vir die dogter gewys wat die Koning gestuur het en het die boodskap aan haar oorgedra.

    Moet nie bekommer nie, het die dogter gesê, Geen skade sal u aangedoen word nie. Gaan u bedtoe en slaap soet, more sal ek vir die Koning ‘n boodskap stuur wat hom gelukkig sal maak.

    Die man het geglo wat sy dogter vir hom gesê het. Hy het bedtoe gegaan en lekker geslaap.

    Die volgende dag het die dogter vir haar vader ‘n klein stukkie hout gegee. Neem dit na die Koning, het sy gesê. Sê aan hom dat ek gereed is om die seile te maak, maar eers moet hy van hierdie klein stukkie hout ‘n groot skip maak sodat ek die seile daarop kan meet en pas.

    Die vader het gedoen wat die dogter gevra het en die Koning was verbaas oor haar wysheid.

    Dit is alles goed en wel, het hy gesê, "ek sal haar verskoon van hierdie taak. Maar hier! Hier is ‘n glas beker. Neem dit huistoe vir jou slim dogter. Vertel haar dat dit my bevel is dat sy die waters van die see moet uitskep sodat ek op droë grond kan deur ry. As sy dit kan doen, sal ek haar as my vrou neem, maar as sy faal, sal jy ‘n loesing kry tot jy amper dood is.

    Die man het die beker geneem en haastig huistoe gegaan, huilend oor sy lot.

    Wel, wat is dit? het die dogter gevra. Wat vra die Koning hierdie keer moet ek doen?

    Die man het vir haar die glas beker gegee en vertel wat die Koning verlang.

    Moet nie bekommer nie, het sy gesê, Gaan slaap rustig. Jy sal nie geslaan word nie en binnekort sal ek as die Koningin regeer in hierdie land.

    Die man het vertroue in haar gehad. Hy het boedtoe gegaan en gedroom dat hy haar sien sit langs die Koning met ‘n kroon op haar kop.

    Die volgende dag het die dogter vir haar vader ‘n paar bekers gegee. Neem dit na die Koning. Het sy gesê, Vertel vir hom dat u die glasbeker vir my gegee het en dat ek gewillig is om die see uit te skep, maar eers moet hy die klomp bekers neem en al die riviere stop wat in die see vloei.

    Die man het gedoen soos sy dogter hom gevra het. Hy het die klomp bekers na die Koning geneem en presies vertel wat sy dogter gesê het.

    Die Koning het besef dat die dogter inderdaad baie slim was en het gevra dat sy na hom geneem word.

    Sy het gekom net soos sy was, in haar huisklere en ou skoene en ‘n kappie op haar kop. Maar sy was pragtig ten spyte van haar ou klere en die Koning het dit opgemerk. Hy wou egter sekermaak dat sy wel so slim was soos haar boodskappe wat sy gestuur het.

    Vertel my, het hy gesê, wat is die verste geluid wat gehoor kan word deur die hele wêreld?

    Die donderweer wat eggo deur die hemel en aarde, het sy geantwoord en ook u eie bevele wat van mond tot mond gaan.

    Die antwoord het die Koning baie gelukkig gemaak. En nou, vertel my, het hy weer gevra, presies wat is die waarde van my koninklike septer?

    Dit is presies soveel werd as die mag waarvoor dit staan, het sy geantwoord.

    Die Koning was weereens baie gelukkig met haar antwoord en het nie langer gewag nie; hy het dadelik vasgestel dat sy sy Koningin moet wees en dat hulle dadelik moes trou.

    Die dogter het egter iets hieroor te sê gehad. Ek is ‘n arm meisie, het sy gesê, en my maniere is nie u sin nie. Dit mag wel gebeur dat u vir my moeg sal word of kwaad sal word en my dan na my vader terugstuur. Belowe my dat sou so iets gebeur u my sal toelaat om die kosbaarste ding wat ek dan besit met my saam mag neem.

    Die Koning was gewillig om in te stem maar die dogter was nie tevrede nie. Sy het versoek dat hy sy belofte op skrif stel. Sy en die Koning was toe getroud en sy het in die paleis kom woon en oor die hele land regeer.

    Toe die dogter ‘n arm kind was, was sy gelukkig om tuisgemaakte rokke te dra maar toe sy Koningin geword het, het sy die pragtigste tabberts gedra vol juwele want dit was die regte ding vir ‘n Koningin om te doen. Maar die Koning was ‘n jaloerse man en het gedink dat sy vrou nie baie vir hom omgee nie maar dat sy die fyner dinge wat hy haar aangebied het meer lief gehad het as vir hom.

    Op ‘n keer moes die Koning en Koningin op reis gaan en die Koningin het so lank geneem om klaar aan te trek dat die Koning bitterlik kwaad geword het. Toe sy voor hom verskyn het, het hy nie na haar kant gekyk nie. Jy gee niks vir my om nie, maar wel vir die juwele en mooi klere, het hy uitgeroep. Neem dit wat vir jou baie spesiaal en kosbaar is, soos ek belowe het jy mag doen, en gaan terug na jou vader se huis. Ek verlang nie om ‘n vrou te hê wat net omgee vir my skatte nie en niks vir my omgee nie.

    En ek sal gelukkiger in my vader se huis wees as toe ek jou vir die eerste keer ontmoet het, het sy gesê. Nieteenstaande het sy gepleit dat sy nog een nag in die paleis mag spandeer en saam met die Koning ‘n maaltyd geniet voordat sy huistoe gaan.

    So het die Koning en sy vrou daardie aand saam ge-eet. Die Koningin het ‘n goue beker geneem en met wyn gevul. Toe die Koning nie gekyk het nie, het sy ‘n slaappil in sy wyn gegooi en vir hom gegee om te drink.

    Hy het dit geneem en tot die laaste druppel opgedrink. ‘n Rukkie later het hy op die kussings aan die slaap geraak. Die Koningin het opdrag gegee dat hy na haar vader se huis geneem word en daar in haar bed geplaas word.

    Toe die Koning die volgende oggend wakker geword het, was hy baie verbaas om in die bed van ‘n gewone burger te wees. Hy het homself opgelig tot op sy elmboog en rond gekyk. Die dogter het ingekom geklee in ‘n gewone tuisgemaakte rok net soos sy voorheen gedra het.

    Wat beteken dit? het die Koning gevra, en hoe het ek hier gekom?

    My liewe man, het die vrou gesê, jou belofte was dat sou jy my ooit na my vader se huis terugstuur, mag ek die kosbaarste ding met my saamneem. Jy is daardie kosbare iets en daar is niks anders waarvoor ek so omgee nie.

    Die Koning kon nie langer kwaad of jaloers wees nie. Hy het haar in sy arms geneem en hulle het mekaar gesoen. Daardie selfde dag is hulle terug na die paleis en van daardie tyd af het die Koning en sy Koningin gelukkig saam gewoon.

    ***

    DIE HALSSNOER VAN PRINSES FIORIMONDE

    Lank gelede was daar ‘n Koning, sy vrou was reeds dood, wat die mooiste dogter gehad het – so pragtig dat almal gedink het dat sy net so goed sou wees as haar skoonheid, instede daarvan was die Prinses ‘n slegte mens wat heksery en towery toegepas het wat sy aangeleer het by ‘n ou heks wat in ‘n hut gewoon het langs ‘n berg. Hierdie ou heks was sleg en afskuwelik en niemand maar die Koning se dogter het geweet dat sy daar bly nie; saans, wanneer almal reeds gaan slaap het, het die Prinses, wie se naam Fiorimonde was, vir haar gaan kuier om towerkuns te leer. Dit was alleenlik die heks se kuns wat gesorg het dat Fiorimonde so pragtig is en dat daar niemand in die wêreld so mooi soos sy was nie, en in ruil het die Prinses haar gehelp met al haar toordery maar het niemand ooit hiervan vertel nie.

    Die tyd het aangebreek vir die Koning om daaraan te dink dat sy dogter moet trou. Hy het sy amptenare bymekaar geroep en gesê: Ons het geen seun om die land te regeer na my dood nie, dus sal ons vir ‘n prins moet soek om met my dogter te trou, en dan, wanneer ons oud is, sal hy Koning word. Al die amptenare het saamgestem dat die Koning baie wys is en dat dit goed sal wees vir die Prinses om te trou. So is boodskappers uitgestuur na al die naburige Konings en Prinse om hulle in te lig dat die Koning ‘n man sou kies vir die Prinses wie Koning na sy dood sou word. Maar toe Fiorimonde dit gehoor het, het sy huilend in woede uitgebars want sy het goed geweet dat sou sy ‘n man kry dat hy sou uitvind dat sy die ou heks besoek en dat hy haar sou belet het om dit te doen want dit sou beteken dat sy haar skoonheid sal verloor.

    Toe dit aand geword het en almal in die paleis vas aan die slaap was, het die Prinses na haar kamervenster gegaan en saggies oopgemaak. Sy het ‘n handvol ertjies uit haar sak geneem en by die venster uitgedrup en ‘n bruin voëltjie het van ‘n dak afgevlieg en op haar gewrig gaan sit en die ertjies begin eet. Hy het dit skaars ingesluk toe hy begin groei het en groter en groter geword het, so groot dat die Prinses hom nie meer kon vashou nie en op die vensterbank neergesit het en steeds het hy gegroei en groter geword totdat hy so groot soos ‘n volstruis was. Die Prinses het by die venster uitgeklim en op die rug van die groot voël gaan sit wie toe dadelik weggevlieg het, oor die toppe van die bome totdat hulle by die berg uitgekom het waar die ou heks gebly het en het saggies gaan land tot voor die deur van die hut.

    Die Prinses het afgespring en saggies by die sleutelgat gaan fluister toe daar ‘n bewerige stem roep:

    Hoekom het jy vannaand gekom? Het ek jou nie gesê dat ek alleen gelaat wil word vir dertien nagte nie; hoekom pla jy my?

    Maar ek pleit dat jy my inlaat, het die Prinses gesê, want ek is in die moeilikheid en het jou hulp nodig.

    Kom dan binne, het die stem gesê; en die deur het oopgevlieg en die Prinses het vinnig by die hut ingegaan en in die middel, toegemaak in ‘n grys mantel wat haar amper verberg het, het die ou heks gesit. Die Prinses het naby haar gaan sit en haar storie vertel. Van hoe die Koning gewens het dat sy moet trou en boodskappers uitgestuur het na naburige Prinse om haar hand te vra.

    Dit is regtig slegte nuus, het die heks gesê, "maar ons sal hulle uitoorlê; jy sal met elke Prins wat daar aankom moet deel. Sal jy verkies dat hulle soos honde word, kom wanneer jy hulle roep, of voëls, wat in die lug vlieg en van jou skoonheid sing, of sal jy hulle almal verander in krale, die krale van ‘n halssnoer soos nog nooit aanskou deur enige vrou, sodat hulle op jou hals kan rus en jy die halssnoer altyd kan dra.

    Die halssnoer! Die halssnoer! het die Prinses uitgeroep en haar hande geklap van opwinding. Dit sal die beste van alles wees, om hulle op te ryg aan ‘n koord en hulle om my nek te dra. Geen hofamptenaar sal weet waar my nuwe juwele vandaan kom nie.

    Maar dit is ‘n gevaarlike besluit, het die heks geantwoord, want, as jy nie baie versigtig is nie, sal jyself ‘n kraaltjie word en aan die halssnoer geryg word saam met die ander en daar sal jy bly totdat iemand die koord sny en jou afryg.

    Nee, nooit, het die Prinses gesê, ek sal versigtig wees, vertel my net wat om te doen en ek sal al die Prinse en Konings om my nek hê as versierings en al hul grootheid sal hul niks baat nie.

    Die heks het haar hand in ‘n groot swart sak gedruk wat op die grond langs haar gestaan het en ‘n lang goue koord uitgehaal.

    Al die punte daarvan was vasgemaak maar niemand kon die knope sien nie al het jy so hard jy kan daaraan gepluk, dit het nie gebreek nie. Dit kon maklik oor Fiorimonde se kop pas en die heks het dit oor haar kop getrek en gesê:

    Versigtig, terwyl dit so hang is jy veilig maar sou jy die goue koord om jou vingers draai sal jy ook dieselfde lot oorkom as al jou minnaars en sal jy ook daar hang. Wat die Konings en Prinse betref wat met jou wil trou moet jy sekermaak dat hulle die goue koord om hul vingers draai en dan sal hulle dadelik opgeryg word as harde krale waar hulle vir ewig sal bly totdat dit gesny word en hulle afval.

    Dit is wonderlik, het die Prinses uitgeroep; ek is sommer ongeduldig vir die eerstes om te kom sodat ek dit kan toets.

    En nou, het die heks gesê, siende dat jy hier is en daar tyd is, sal ons dans en ek sal die vriende nooi. Sy neem toe ‘n drom wat in die hoek gestaan het en ‘n paar stokke en stap na die deur terwyl sy op die drom ritmies klop. Dit het ‘n aaklikge geluid gemaak. Onmiddellik het daar verskeie vorme deur die lug gevlieg. Daar was klein swart elvies met lang sterte, kabouters wat aanhoudend gelag en gepraat het en ander hekse op besemstokke. Daar was ook een slegte feëtjie in die vorm van ‘n groot kat met helder groen oë en nog een het ingeseil soos ‘n lang blink slang.

    Toe almal ingekom het, het die heks opgehou om op die drom te speel en het na die middel van die hut gestap, op die vloer gestamp en ‘n trap-deur het oopgemaak. Die ou heks het afgeklim en die pad aangedui na onder tot binne ‘n donker gang wat gelei het na ‘n ondergrondse kamer en al die vreemde vorme het haar gevolg. Hier het hulle almal toe begin dans en tekere gegaan maar toe die swart kraai geskreeu het, het almal verdwyn. Die Prinses het vinnig die trappe opgehardloop, tot buite die hut waar haar groot voël gewag het en het op sy rug geklim en teruggevlieg tot by die paleis. By haar kamervenster ingekom het sy ‘n paar druppels van die tower water wat in ‘n swart bottel was, in ‘n koppie gegooi en vir die groot voël gegee om te drink en terwyl hy dit gedrink het, het hy kleiner en kleiner geword totdat hy sy normale grote was. Hy het op die dak gespring net soos tevore en die Prinses het haar venster toegemaak en in die bed geklim. Sy het gou aan die slaap geraak en niemand het enige kennis gehad van haar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1