Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Geloof in die Berge
Geloof in die Berge
Geloof in die Berge
Ebook98 pages1 hour

Geloof in die Berge

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Die dag toe Sarah getroud is, het sy net gevra vir liefde en geluk maar wat sy inruil gekry het, het haar geloof getoets tot die uiterste. Sy moes leer om Geloof te hê in die Berge, om hulle te versit soos Edmund Hillary en te glo dat sy wel die ander kant uit sal kom. Sarah bid tot God en vra hom om haar Adam vir haar te stuur want die ribbebeen wat Hy haar gegee het behoort nie aan die man met wie sy nou getroud is nie. Op haar pad na liefde en geluk, kom sy op baie kruis paaie en moet dan besluite neem wat haar na haar Adam gaan lei of haar verder weg gaan neem.

LanguageAfrikaans
PublisherVicky Evans
Release dateSep 30, 2014
ISBN9781310562037
Geloof in die Berge
Author

Vicky Evans

I'm a writer by passion, mostly receiving inspiration from my daily life. I'm married to my husband Marc and I have two teenage boys.I live in Krugersdorp, South Africa. I have been writing since 2006 and writing is more than a hobby to me.

Related to Geloof in die Berge

Related ebooks

Related articles

Reviews for Geloof in die Berge

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating1 review

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    Based on a true story.

Book preview

Geloof in die Berge - Vicky Evans

Die dag toe Sarah getroud is, het sy net gevra vir liefde en geluk maar wat sy inruil gekry het, het haar geloof getoets tot die uiterste. Sy moes leer om Geloof te hê in die Berge, om hulle te versit soos Edmund Hillary en te glo dat sy wel die ander kant uit sal kom. Sarah bid tot God en vra hom om haar Adam vir haar te stuur want die ribbebeen wat Hy haar gegee het behoort nie aan die man met wie sy nou getroud is nie. Op haar pad na liefde en geluk, kom sy op baie kruis paaie en moet dan besluite neem wat haar na haar Adam gaan lei of haar verder weg gaan neem.

Hoofstuk 1

In die begin... Sarah maak die Bybel weer toe en lê dit op haar skoot neer. In die begin…, Ja toe alles nog woes en leeg was, dink sy, soos die Engelse sê the calm before the storm...

Sarah maak haar oë toe en bid: Ag, Jirre sug sy, maar spring dan regoor in die Onse Vader in. Deliver me from evil Amen.

Sy stap oor na die ketel en sit dit aan. Een vir een tel sy die suiker af in haar koppie, Twee vir my dieet en een vir ‘luck’… of liefde, wat ook al eerste na my kant toe kom. Dan gaan sit sy weer en maak die Bybel oop. Ek wonder of Eva ‘n mooi vrou was of moes arme Adam maar net vat wat hy kry, shym... dink sy. Of wat as Adam soos een van daai ‘cavemen’ gelyk het... dan was dit arme Eva!

Ag you win some, you lose some

Benji is al weer vir twee weke weg op die vistreiler, volgende week kom hy darem weer huis toe. "Ek wonder hoeveel twéé beenvisse hy die week beet gehad het, en dan sê my Priester nog ‘ag hy’s ‘n man my suster… verstaan maar, dis moeilik vir hom alleen so weg van die huis af.’ Ja right! God het vir Adam een vrou gemaak, Een! Nie twee nie!"

Sarah slaan verder deur die Bybel na Exodus 20. Jy mag nie egbreek nie…

"Het God dit dan net op vroue bedoel? Want hoekom praat die Bybel van jy mag nie hoereer nie en al die losloop vroue noem die mens mos hoere, maar ‘n man is ‘n gigolo.

Twak! ‘n hoer bly ‘n hoer, man of vrou… maar ‘n man kry mos status by alles wat hy doen en ‘n vrou bly maar sleg, want Eva het mos vir Adam verlei. ‘Ja right!’ Eers nadat Adam by haar gekry het wat hy wou hê, toe is sy skielik die skuldige een. ‘Never mind’ dat hy net so lekker saam geëet het nie. Sies! Mans is varke.God is ‘n vrou ...‘Genuine!’ Want ek sal God nooit met die manlike geslag kan vergelyk nie.

Verbitterd deur haar man se ontroue aan haar, die afgelope vyftien jaar van hulle getroude lewe, het Sarah nog nie ‘n man ontmoet wat haar sienswyse van mans laat verander het nie. Na ‘n lang redenasie met haarself skakel sy die lig af en klim onder die komberse in.

Sondag oggend breek aan met ‘n son wat bak asof hy die vet uit die kerse wil bak. Sarah sit op die bed se punt en vryf met haar voete oor die gras matjie langs haar bed. Sy kyk na haar gebleikte nagrokkie wat sy nog by oorlê ma gekry het; die hasie daarop se smile is al afgewas. Wat kyk jy jou stupid haas! dink sy en vryf haar hand deur haar hare. Vêr oor die vlaktes hoor sy die roep van ‘n seemeeu, en met eens maak sy haar oë toe en verbeel haar hoe sy daai seemeeu is wat vlieg oor die hawe.

Wat as ek nie vandag kerk toe gaan nie? Sal enige iemand dit ooit raaksien? Sarah staar vir ‘n rukkie teen die baksteen muur in haar kamer, die krake raak al hoe groter. Val muur! Val! niks in die blerrie plek staan meer nie, so val en kry kla!

Daar is ‘n klop aan die deur en met ‘n wip vlieg Sarah uit haar bed en gooi haar oorjassie aan. Die klop raak al hoe harder en al hoe meer ongeduldiger.

Saartjie, Lig jou gat! As ons vandag weer laat is vir kerk vertel ek wragtig vir Pries- maar haar sin word onderbreek wanneer Sarah die deur oop pluk.

Gedra jou! ‘n mens praat nie so op ‘n Sondag nie. fluister sy en gryp Martha aan die arm en pluk haar in die huis in. Martha lag kliphard uit haar maag en val op die houtstoeltjie in die kombuisie neer. Martha jy krap wa dit nie juk nie! raas Sarah.

Ag toe ‘lady all mighty’, jy gee verniet voor jy’s getroud aan King George… verbeel jou eerder jy’s getroud met Lancelot, hy’t Maid Miriam van haar voete af geslat

Dis Maid Marian, jou sot en sy was ‘n hoer! raas Sarah weer.

Se wie? frons Martha.

Se ek, praat van ‘n vrou wat krap waar dit nie juk nie. Sy’t vir Arthur gehad vir ‘n man, ek meen die man kon ‘n swaard uit ‘n klip trek... Ma nee, toe juk sy mos vir ‘n man wat dink hy kan haar alles gee, en toe!

Toe wat? vra Martha skerp

Toe sien sy haar gat! Sarah wip haar om en stap kamer toe.

Martha loop agterna. O, eh-eh wie’t in jou pap gepiepie vanoggend huh?

Kan jy nie klop nie, ek trek aan

Jy’t die deur oop gelos en het jy vergeet ek’t alles wat jy ok het Martha plak haarself gemaklik op Sarah se bed neer.

In haar gedagtes dink Sarah hoe lekker dit sal wees as die dak nou inval, reg bo Martha se kop… en dan dink sy daaraan hoe Martha die een is wat altyd daar is vir haar, veral wanneer Benji begin met sy dinge, ja, Martha is haar beste pêl op wie sy altyd kan staatmaak…. al is haar bek baie groot.

Sarah kyk na Martha en dan tel sy die kussing van die vloer af op en slaan haar daarmee.

Martha gryp die een op die bed en slaan Sarah terug, maar die hou is so hard dat Sarah binne in haar hangkas val. Martha se oë rek…. dan vra sy versigtig Is jy ok gogga?

Sarah maak haar een oog oop en dan antwoord sy

Onse vader wat in die hemele is…

Martha kyk haar stip aan en voltooi die sin maak my maatjie se hartjie rein en skoon laat sy haar vet pel kan vergewe Sarah bars uit van die lag en neem Martha se hand wanneer sy haar uit die kas probeer help. Sarah sien die donkie kar voor die huis stilhou.

O vrek ons lift is hier! gil sy en gryp die borsel op die laaikassie om vinnig haar hare te kam. Martha trek haar klere gou reg en gryp die Bybel op die bedkassie,

ek’t jou gesê as ons laat is….

Ja kom! gil Sarah, terwyl sy by die kamerdeur uithol.

Voor Sarah die agterdeur kan oopmaak pluk Martha haar terug.

Jou onderrok steek uit, soek jy ‘n man? Sarah giggel en trek haar klere vinnig reg voor hul na buite gaan.

Buite staan die donkiekar wat almal soggens kom oplaai vir kerk. Heel voor sit Dawid, die goeie samaritaan van die dorp. Martha maak al lank vir hom ogies, maar vir Dawid is daar net een groot liefde… en dit is sy God. Die donkiekar is leeg vanoggend en net Sarah en Martha klim op.

More, Dawid. Waar is almal vanoggend? vra Martha en skyf so na aan Dawid as wat sy kan.

"More, Sarah, Martha. Nee jong daar was weer klomp dinge in die stad

Enjoying the preview?
Page 1 of 1