Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Annerkant die longdrop
Annerkant die longdrop
Annerkant die longdrop
Ebook252 pages4 hours

Annerkant die longdrop

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Sy wag. Vir ’n lift wat stadig genoeg verby kom. Vir die son om haar te ontvries. Vir die regte woorde. Vir die regte dag, dat haar kop kan inhaak. Vir hóm. Sy soek. Sy reis deur drie selwe, drie susters wat saam op Stellenbosch studeer. Na ver lande: Suid-Amerika, Indië en Afrika. En na die verlede, daar waar haar ouma en oupa, ‘n sagte pa en wonderlike, aweregse ma, en haar eie kinderlewe, ‘n tyd vul wat nog heel was. Dis na dié heelwording dat sy op pad terug is. Déúr die narkotiese tonnel van ’n spuitnaald. Anderkant die dodelike drop. Waar hy haar kan vind. Wat ook Hy is. ’n Ruie roman wat die eiesinnige koers inslaan van sy treurige, snaakse, oer-aardse priesteres van ’n heldin.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780624051299
Annerkant die longdrop

Related to Annerkant die longdrop

Related ebooks

Related articles

Reviews for Annerkant die longdrop

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Annerkant die longdrop - A. von Meck

    annerkant die longdrop

    Anoescha von Meck

    Tafelberg

    Ter gedagtenis

    aan my oupa en ouma, ds. en mev. G.A. Weich

    chapter thingie.jpgFor your maker.jpg

    For your Maker is your husband.

    Isaiah 54:5

    1

    Padlangsegoed

    Die lewe is unreal, sê Ginkelsnoek. Dis alles skeef. Soos die hare op haar arm wat skuinslinks regop staan. Sy wonder vaagweg hoekom ander mense se voorarmhare in netjiese patrone lê en hare nie. Soos moeras-riete wat deur die gladde bodem van ’n waaierspinnerboot platgedruk word. Die magnetisme in elke liggaam verskil, weet sy. Dit kan in die krone van jou hare en in jou vingerafdrukke gesien word. Die polisie moes haar vingerafdrukke drie maal oor neem vir haar vuurwapenlisensie. Gesê die lyne op haar vingerpunte is baie eienaardig. Soos dié van iemand wat al lank gelewe het. Wou vir konstabel Van As verduidelik dis omdat haar gees so oud is en effens by haar vingers uitloop, geconnect met wat heilig, ancient en ewig is. Operate en lewe buite die grense en beperkinge van lineêre tyd.

    Ginkelsnoek kan haarself nie in spieëls sien nie. Haar lyf is soos ’n uitgeknipte gat in die atmosfeer. ’n Spelonk wat sy bewoon waarvan sy die ware dieptes nie ken nie. Die begin van ’n tonnel waarin daar iewers ’n ander, lewendige iets woon. Ginkelsnoek se liggaam is net die plek waar sy in dié dimensie uitkom.

    Soos ’n deur.

    Op any given moment kan sy nie bepaal hoe naby of hoe ver agtertoe die Iets is nie. Meeste mense sit onbewustelik piepklein reg agter hulle gwêlballe. Ginkelsnoek loer nie by haar oë uit omdat die controlboards kamstig by die harsings geleë is nie, maar omdat dit a room with a weeu is. Verbeel haar sy’s die bevelvoerder van ’n massiewe ruimteskip.

    Haai, haai, Captain Kirk!

    Eenkeer gelees van ’n man oorsee wat by ’n lughawe oorlede is. In ’n nadoodse ondersoek ontdek hulle tot almal se konsternasie toe dat die man se breinkas net vloeistof bevat. En dat hy normaal gelewe het. Was al in die vyftig. Put that in your pipe and smoke it.

    Vir dié wat weet, is dit lankal reeds obvious die hele storie word van elders beheer. At best is ons maar net rentmeesters. ’n Besadig gekoringde selfverklaarde filosoof het dit vir haar gesê. Sy brilraam het geen lense ingehad nie. Hulle het gesit en chat op ’n houtbankie wat bo-op die dak van ’n skommelende bus vasgemaak was. Goedkoopste sitplekke beskikbaar. Op pad terug Republiek toe van Zambië af, deur die Kariba-grenspos. Met ’n bahula op haar skoot. ’n Blik vol gate met ’n handvatsel waarin mens vuur maak en wilde patat in die kole braai. Microwave, Afrika style.

    Ginkelsnoek oefen partykeer om haar liggaam ten volle te okkupeer. Bestudeer die beweging van atlete. Hul geloof dat hulle hul lywe besit en ís.

    Confucius says it’s all vewy, vewy strange.

    Soms klouter sy versigtig af tot in haar vingers, en sy was al op an excursion of twee tot in ’n been. Sommer in die ruggraat afgesak. Geleer dat die gebruik van haar fisieke sintuie oppervlakkig is. Dat al is haar Conscious Self op enige ander plek in haar liggaam, sy nog steeds die funksies kan benut wat uitsluitlik aan sekere sintuie gekoppel word.

    Ginkelsnoek is vaardig. Sy kan bo-op ’n bed lê en onder die bed in kyk deur haar conciousness na haar hand te verskuif.

    Comprendo, amigos?

    Miskien kan sy selfs sonder ’n liggaam nog steeds bestaan? Ginkelsnoek vermoed al lankal dat daar iets baie fishy aan die gang is. Dat wetenskap en tradisionele godsdiens albei net halwe waarhede vertel. Nou pas sy maar hoede aan tot sy op Holy Ale afkom. Sy’t nie eintlik beplan om al dié weird goed te leer nie.

    Is gebore om te soek na Die Iets.

    Is van al die wag dat sy sulke dinge begin agterkom het. Wag hier vir ’n lift wat stadig genoeg ry dat sy in die hardloop kan navraag doen oor die bestuurder se vrou en kinders tuis, die opbrengs van sy laaste mielie-oes, én kan opspring; wag daar vir ’n ferry terwyl die blindevlieë op haar rug haar murg met strooitjietonge deur haar hemp suig; wag vir die onbekende groepie blanke mans met gewere om verby te beweeg voor sy uit die boom klim; wag vir die son om die seer uit haar gevriesde heupknoppe te bak ná ’n nag se bevrore slaap op die oewer van ’n seekoeisee. Wag vir die regte woorde, die regte dag sodat haar kop kan inhaak en haar lewe kan begin. Wag vir hom ?

    Om met intensiteit te wag, is nie vir popspeel nie, hombré.

    Soms kyk sy uit vir scars terwyl sy wag. What a turn-on. Koppel elke merk op haar lyf aan ’n event. Geïnteresseerd in die fyn besonderhede van ander mense se liggame. Lees ’n hele lewe in een voorkopvou. ’n Mooie man geken, eens op ’n tyd, met ’n lang snit oor sy naeltjie tot laag af. Kon skaars lank genoeg wegkyk van daai verloklike lyn om hom te vra waar hy dit gekry het. Nogal ’n weermagaandenking.

    Vat hande en naels. Kinders met breinskade se hande is baie meer geplooi as dié van ander kinders. Ginkelsnoek kyk na haar hande met haar moordenaarsduim. Die top van haar duim in ’n worsmasjien verloor. So degrading. Heel gereeld sien sy tussen die Afrika-mense vingers waarvan die een lit af is. Eenkeer amper haar pinkie verloor toe twee vroulike sangomas haar beetgekry het. Was net-net of hulle het om die vuurtjie gedans met haar vinger in die pot. Maak doepa daarvan. Veronderstel om sterker te wees as die brousel wat hulle van bobbejaanhandjies maak.

    Haar magnetiese veld loop seker maar horrel? Soos haar lewe. Anders. Weird. Hier, maar ook daar.

    Duskant die kakhuisie op die vlakte waar die vlermuis hou.

    Hestertjie Haarnaald sê opgewek:

    Moeder, ek wil graag Die Lewe ontdek.

    Nou goed, sê haar moeder, "verlaat jy nou ons huis?

    Vat biltong, koffie en meel vir jou reis."

    Hestertjie Haarnaald vat die Afrika-trein

    van Potgietersrus na Jakkalsfontein.

    Van Jakkalsfontein na Waterval-Bo,

    en daarvandaan stap sy tot in die Karoo.

    Lank is die pad en groot is haar vrese,

    nevermind, dis immers háár keuse.

    Hestertjie hike toe van Hondeklipbaai,

    oor die Maruru en Kaap toe met ’n hengske draai.

    Hoeveel dele van jouself kan daar wees? Ginkelsnoek vra dit vir haarself terwyl sy spoeg op haar armhare smeer. Hoe kan daar van haar verwag word om een vaste identiteit te behou as sy self nie van oomblik tot oomblik weet wie sy gaan wees nie? Elke individu is veronderstel om in sy of haar persoonlikheid ’n trapleer van selwe te hê. Baba, kleuter, tiener, en so aan. Wanneer dele van jou stepladder missing is, skakel die verskillende selwe abnormaal of glad nie met mekaar nie. En al was sy een van die weiniges wat dalk ’n volledige interne hiërargie kon gehad het, het iets haar rangskikking in sy glory gestuur. Nou weier sy volstrek om ander middeljarige pubertantes in oorvol kroeë te join en vat liewer die pad wherever toe.

    Annerkant die longdrop.

    Ekwilibrium in sy maai.

    Humpty Dumpty could never be put together again.

    Ginkelsnoek verpes dit as mense ’n ander stereotiep beoordeel. Wie ken haar nou eintlik goed genoeg om ’n opinie te gee? Op skool is daar altyd vir haar ouers gesê hoe ’n onderpresteerder sy kamtag is. Meantime het sy op haar ik-toets gecheat. Almal lekker gebol. Dit pas haar fyn om nooit werklik te weet of sy nou eintlik ’n genius in wording is of ’n total moron nie.

    Fools.

    Afgekyk by Mirella Kadoesak. Griekse dogtertjie met lang, olierige swart hare wat in haar neus gekrap en dit dan geëet het. Lankal uitgefigure om superintelligent te wees, laat jou nie makliker lewe nie.

    Nie in hierdie chaotiese maalkolk van ’n society nie.

    So ’n outjie op skool geken. Kon glad nie met die ander seuns relate nie. Eers strandlopertjie-beentjies gehad en ’n spiesneus. Later op hoërskool so in die stilligheid van die biblioteek ontpop as baie handsome.

    Dit het liggies gesneeu daai dag. Kosskool in die Magaliesberge. Sy’t met ’n stink spoed om die hoek uit die opslaanklas gekom en hy van die teenoorgestelde rigting. Hulle koppe het so hard teen mekaar gekap dat albei disnis op die teer bly lê het. Hy bo-op haar met sy arms om haar, om te keer vir die val. Soos ’n standbeeld van twee omhelsende verliefdes wat omgeslaan het. Kon nog meneer Pitblaas deur die muur hoor praat terwyl hy aan die verstopte porieë op sy gesig druk. Een van daardie cut-out oomblikke waarvan mens instinktief weet dat jy dit vir altyd in jou geheue sal vries.

    Hy’t net verdwaas na haar lê en kyk. Wit vlokkies op sy lippe en tussen sy hare.

    Common sense is baie meer bruikbaar as mega-intelligensie. Afrikakers is almal maar taamlik kômmen, maar Ginkelsnoek glo ook in haar ras se kronkel-sense. Eintlik is die hele lot baie alternative in hul besonderse logika van hoe mens oorleef in diversity. Hoe anders sou sy dit reggekry het om haar ik-toets af te kyk met die prinsipaal wat hier reg langs haar gestaan het?

    Sinne uit gesprekke is geneig om jare na die tyd nog in haar kop te maal soos advertensiedeuntjies. Dit gaan sit in die hol dak van haar verhemelte. Op haar graf sal seker staan:

    Hier lê die skone Meraai

    Links gewys, maar regs gedraai.

    Met haar vinger skryf sy onsigbaar in die lug:

    Mister Pitblaas, I had many good intentions.

    Die klipkranse straal nog die hitte van die dag uit. Vroeër was Ginkelsnoek tot heel bo. Die sleepsels van Brolloks en Bittergal se stryery lê steeds daar. Haar ouma het Langenhoven geken. Sy baadjie was altyd agter gekreukel.

    Mens kan die strepe in die sand net sien as jy vinnig rondomtalie draai, oor jou skouer spu en tussen jou bene deur kyk. Die klimmeide het altyd gesê as ’n baba vir jou so onderdeur die bene loer, is jy volgende om ’n broodjie in die oond te hê.

    Dit was lank gelede, maar as die gemsbok vrek met sy horings wat soos ’n pylaanwyser in die droë kloof opwys, kan jy maar weet daar sal weer vars spore in die oggend wees. Naas Langenhoven had sy ook empatie met oom Eugène Marais. Oorlat die weerlig sy vrou geslaan het, oorlat hy ’n morfienfoffie was. Ginkelsnoek ken van gedryf word deur ’n ding sonder ’n stem.

    Die enigste karkas wat sy teëgekom het, was op die vlaktes op pad na die rotstoring. Die horings was skuins ingeplant, nes die bok vir oulaas slap gaan lê het. Ribbebene het in die grond gestaan soos die tralies van ’n hok waaruit ’n klein diertjie ontsnap het.

    Die opening van die grot waarin sy sit, kry net vroeg-oggendson. Die koue lug uit die keelgat van die berg vat aan haar sitvlak. Om haar oë is die vel droog. Ginkelsnoek snuif effens van die stof wat orals aan haar kleef. Sy lyk diep getan van vuilheid. Ver onder haar staan die Landrover soos ’n ou wrak in die woestyn. Niks groter as ’n baksteen nie. Spyt dat sy hom nie versteek het nie, want nou spoil hy die lyntekening van haar horison. Oor ’n paar dae sal dit dien as herinnering dat daar êrens buite ’n wêreld van petrolpompe is.

    Sy vergeet soms te gou.

    Snaaks hoe die mens sy eie spesie vrees, peins Ginkelsnoek. Hoe verder jy die woestyn in ry, hoe losser raak jou binneding. Sit sommer so vlak in jou ôg. Skielik is daar niemand vir wie jy iemand hoef te wees nie.

    Ginkelsnoek weet ware beserktheid is stil. Ook dat mens terselfdertyd onverklaarbaar gelukkig kan wees. Noord-Amerikaanse Indiane glo in ’n hemel wat hulle die happy hunting grounds noem. Waar al die uitgestorwe buffels weer neusgate rek en teen die wind in proes. Ginkelsnoek kies die woestyn as haar hemel.

    Madness en geluk is nie mutually exclusive soos ’n mens verwag nie. Nie soos hondsdolheid met skuim om die mond nie. Baie kwaaiet. Daar is iets soos beserktheid met style.

    In die Na-mêp is alles eerlik. Sy laaik dit. Maak haar erg hêppie. Dis hoe sy altyd hier voel. Dinge is terselfdertyd oordrewe én kalm. Jy word vrekken dors en vrékken honger. Ook vrek moeg. As iets sou verkeerd loop, kan jy genuine vrek. Ginkelsnoek worrie nie. Sy stap asof sy in haar eie cartoon is. Haar gedagtes in babbeltjies bo haar kop.

    It’s whabbit season!

    Om hier jou laaste lê te lê, is om dit met dieselfde dignity as die brawe gemsbok te doen. ’n Dorre graf in die woestyn is ’n trots.

    Die plek het ’n manier om haar te laat glimlag.

    Dan kyk sy verleë na die hond. Sien hy wat die son aan haar doen?

    Die hond loop vooruit sonder om om te kyk. Dit lyk of hy presies weet waar sy sal buk om ’n skerprooi fluweelspinnekoppie op te tel of waar ’n klip haar kaiings sal lok om te gaan sit. Soms slaan sy en die hond spontaan in ’n drafstappie oor. Die hond se hare is lank en swart. Sy gesig skerp-intelligent.

    Guab.

    Vernoem na die Boesmanstories wat sy op laerskool gelees het. Haar pa kan op Boesman bokke tel en sê die son trek water. Dit klink baie soos iemand wat ’n sebrabiltongderm uit ’n agtertand wil los kou. Teen die oranje sand lyk Guab soos ’n natuurfrats. ’n Wolf, afgeëts teen die barre waterverfagtergrond, wat ligvoets met sy snoet laag op die spikkelsand hardloop. Hulle kon net sowel op Mars gewees het. Bouers van geheime, magiese tekens.

    Wie lei en wie volg?

    Partymaal raak die donker bewegende vorm voor haar weg. Onmiddellik twyfel sy aan die dier se bestaan. Wanneer hy weer te voorskyn kom, skrik sy amper. Nuwe druppeltjies sweet slaan teen haar nek uit. Mens moet wake-up wees in die natuur. Sharp. Nederig ook. Pa het al dae aaneen opgegooi van sonsteek.

    Gesoek onder die kokerbome na die karenjin wat hy as jong seun reggemaak het. Oë wildblink en koorsig rooi. Dan kots hy dié kant toe, dan daai kant toe. Nooit waar die emmer staan nie.

    Wiedegoeiefok is ek? Ginkelsnoek vra dit hardop toe sy uitskuif om die laaste gammason te vang. Dit klink soos ’n vraagstuk waarmee sy die heelal wil dwing om te erken daar’s ’n hengse hoax aan die gang and that it’s all been a very peculiar dream.

    In ’n grot driekwart teen ’n rotspilaar in die Messum-krater. Gat binne-in ’n groter gat. Sy wonder of dit enige subconscious simboliek sou inhou.

    Ginkelsnoek voel ’n bui aankom. Eintlik sommer van geboorte af al. In die woestyn hoef mens gelukkig nie bang te wees vir die tydige of ontydige kêns om jou te pak nie. Hier verskuif jy eenvoudig jou grense van wat aanvaarbaar is. Ma sê sy’s gebore met ’n frons, asof die lewe toe al vir haar ’n puzzle was.

    Stadig trek sy haar klere uit.

    ’n Vodde blou T-hemp wat onder die arms gate deurskyn, en ’n swart draadbra. ’n Jeankortbroek waarvan sy die gulp met ’n toe doekspeld optrek. Laaste haar swart onderjokkie. Sy los haar robvelskoene en sokkies aan vir die donker skerpioen. Een steek en jy het presies ses minute om ’n boodskappie in die sand uit te krap.

    ’n Verwaande poloniepienk man het een woestynknypergoggajoen in ’n sigaretdosie uitgesmokkel Europa toe. Eers ná vier maande hongersnood het die skerpioen gedood, ver van sy land. Dit maak haar vies om daaraan te dink.

    Arrogante idioot.

    Die Duitser was ’n handelaar in verbode goedere wat haar ’n lift gegee het in Malawi, so slapskuinsonder Zambië. Terwyl sy en hy nog besig was om te onderhandel, skyt ’n kraai haar voorkop vol. Sy’t opgekyk en gesien hoe die swart voël ewe nonchalant sy pote soos ’n vliegtuig se undercarriage intrek.

    Stadig die taai, wit stroop by haar wenkbroue begin afvee. Toe gooi die smokkelaar in die pad op. Wimp.

    Smiddae moes hulle groepie in die bos wegkruip om presies op die nippertjie saans oor die grensposte te kon gaan wanneer die beamptes al goed gesuip aan die bribes was. Elke nag het Ginkelsnoek en die ander swart hikers geamuseerd toegekyk terwyl die wimp ’n volledige tent opslaan met al wat ’n gadget is. Dan zip hy homself deeglik toe, al vloekend vir die ongerief van die kontinent wat hy so besteel het.

    Ginkelsnoek net so buite gelos om alleen by die swart mans te slaap. Na die eerste versigtige nag saam het sy dit so verkies. Voor die ritssluiters toegetrek is vir die nag het Deutschland-über-Alles altyd eers met ’n medisynetassie die ruigtes in verdwyn. Jy-hoort-nie-in-Afrika-pitswere.

    Die stroompie water uit die kan maak slukgeluide. Dis louwarm van agter op die Landrover staan. Terwyl Ginkelsnoek vooroor buk, gooi sy dit oor haar kop uit. Dan haar rug en bene. Op haar regterknieg is ’n wit streep. Motorongeluk toe sy nog opreg beneuk was. Deesdae is sy net mildly befukkert.

    Die hond se naels krap op die rotse soos hy van klip tot klip spring. Jaag koggelmanders wat met blou nekpantsers vies wegskarrel. In die skemer lyk die opening van die grot soos ’n bek. Die hond soos ’n insek wat uitklouter oor die gesig, kop toe. ’n Kratersfinks.

    Die laaste water gooi sy in ’n deksel. Hy sal dit drink as hy terugkom. Die hond blaf. Ginkelsnoek kyk op en besluit om gou met die laaste lig weer tot bo te gaan. Vér kyk. Skoon. Sieloopgooi.

    Waar is jy?

    Eers dog Ginkelsnoek sy roep die hondwolf. Na ’n oomblik van nadenke skree sy impulsief weer. Harder.

    Waar is jy?

    ’n Enkele ritmiese geluid. Doef, dadoef, doef, dadoef.

    ’n Hartklop.

    Stella-se-bos. Sonstrale val deur die verseëlde bottel rooi wyn op die vensterbank. Die ouer studente het eerste opsie op die beste kamers en die new shits met hulle vragte outfits en hang-ups moet maar skarrel vir ’n gaatjie elk. Selfs die mop-en-besemkas onder die trap word geoccupy. Daar’s net plek vir ’n matras op die vloer as jy die een kant effens teen die muur laat opkrul. Ginkelsnoek weet dit omdat sy self noodgedwonge ’n paar weke in Die Kas gewoon het en haar stewelmerk nog trots op die lae dakkie pryk. Elke

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1