Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die skrywer
Die skrywer
Die skrywer
Ebook223 pages2 hours

Die skrywer

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Op ’n stil aand, in ’n herehuis langs ’n meer, dans ’n jong vrou in ’n verruklike rooi aandrok met haar werkgewer, Arthur Addington – befoeterde, eens beroemde Amerikaanse draaiboekskrywer en onbeminde eienaar van die Addington-landgoed. Nooit sou Arthur, worstelend met skrywersblok en wroegend oor die dood van sy vrou en kind, kon raai dat sy stralende dansmaat soveel geheime ronddra nie. Dat Anabella Maria Bennett, kortom Ben, g’n huishoudster is nie, maar ’n joernalis en ’n sendelingdogter uit Afrika. Dat hy haar lank gelede dáár ontmoet het . . . Daar is ’n somber rede waarom Ben haar hart nie blootlê nie, maar eerder saans haar eie verhaal skryf: van die Swahili-wiegelied wat haar kleintyd getroos het, die wyse Kepo wat haar leer boogskiet het, van Paka, haar grootmaakleeu, en van haar en Kepo en dokter Catherine Dumay se ylingse vlug na Bulungwi . . . Slegs Jameson, opsigter by Addington, en sy “Lucy-lief’’ begryp. Hulle word haar vertrouelinge en wakende engele. Wanneer Arthur gehawend terugkeer ná ’n reis deur Afrika, vind hy in sy lessenaar ’n manuskrip wat sy lewe sal verander en hom sy skeppende krag teruggee: Anabella se Afrika-testament. Die Skrywer is ’n aangrypende, eg menslike verhaal met dramatiese Afrika-uitlopers.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJun 1, 2012
ISBN9780624054429
Die skrywer
Author

Esta Steyn

Esta Steyn is op 23 Julie 1945 op Struisbaai gebore. In 1963 matrikuleer sy aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool gaan werk sy in haar pa se meubelfabriek en saagmeule as boekhoudster. Op negentien jaar word haar eerste kortverhaal gepubliseer. Vele kortverhale en sketse vir Sarie en Huisgenoot volg. In 1969 trou sy met ’n apteker, Le Roux Steyn, en verhuis na Saldanha, waar die Steyn-gesin steeds woon. In 1979 is Esta se eerste boek, Plek van die boskolos, deur Human & Rousseau gepubliseer. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee wat sy bekendheid verwerf. Dit was die wenner van Sarie/ATKV se vervolgverhaalwedstryd in 1984. Van haar ander bekende boeke is Kus vir die kluisenaars (1981) en Somer van die silwer-skuim (1981). Esta het in die 1990’s ’n draaiboek vir die TV-reeks Meeulanders geskryf. Dit is in 1996 uitgesaai en Esta het dit tot ’n roman verwerk. Sy is later weer gevra om ’n TV-reeks te skryf, en Soutmansland is in 2000 uitgesaai.

Read more from Esta Steyn

Related to Die skrywer

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die skrywer

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die skrywer - Esta Steyn

    Die skrywer

    Esta Steyn

    Tafelberg

    chap.jpg

    Deel een

    Twee dae gelede het sy nie geweet dat daar ’n plek soos Heimat is nie. Nou kyk sy af op die klein dorpie in die beboste vallei. Dis Heimat. Omring met appelboorde en groen velde waar beeste wei. Sy kan nie glo sy het tot hier gekom nie. Sy’s meer as eenduisend sewehonderd kilometer ver van waar sy veronderstel is om nou te wees. Die wind swiep deur haar lang, donker hare en die fyn sproeireën maak haar bril dof. Dis wasig om haar. Onwerklik. Miskien is dit die domste ding wat ek nog ooit gedoen het, dink sy. Maar hoe weet mens wanneer die ding wat jy besig is om te doen die domste ding ooit is? Jy sal miskien nie weet voordat jy dit nie klaar gedoen het nie.

    Twee dae gelede was dit Woensdag. Nou voel dit soos maande gelede. Dit was nege-uur in die aand in die nuuskantoor van Die Randse Dagblad. Sy moes nog die laaste artikels afhandel voordat sy ses weke lank met langverlof gaan. Die manne het haar in die verbygaan gegroet terwyl sy op die rekenaarskerm probeer konsentreer. Ou Bennett, al wat jy vir Margate nodig het, is twee bikini’s en ’n sarong. En heimlik het hulle seker gewonder hoe die preutse Bennett se maer, bleek bene in ’n bikini sou lyk. Party het haar op die skouer geklap. En bring vir ons ’n scoop saam, man. Jy weet mos hoe om ’n storie uit te krap. Die nuusmanne noem haar nooit op haar naam nie. Sy’s Bennett. Sy’s ou Bennett. Een van hulle. Een wat saam met hulle Vrydagaande pool speel in die kroeg op die grondverdieping.

    Ek gaan met vakansie. Ek gaan glad nie werk nie, hoor.

    Ja, maar mens sal nooit weet wat gebeur as jy in die omtrek is nie, Bennett. Stories kan op plekke uitkruip.

    Laat hulle dan uitkruip soos hulle wil. Ek gaan rus.

    Ons praat weer, het Jones gesê.

    Dis die nimlike Jones wat altyd kliphard lag wanneer sy met ’n groot storie agter die gewone storie by die kantoor aankom. Soos onlangs toe sy ’n verdagte in ’n moordsaak in sy sel gaan besoek het en met sy volle bekentenis teruggekom het. Dis oor jy daai soort van gesig het, Bennett.

    Watse soort gesig? wou sy weet.

    Soos van ’n priester in die bieghokkie. Oor jou hele groot siel in jou oë sit.

    Sy het haar lessenaar vir oulaas opgeruim en toe na Janice Goodman se kantoor toe gegaan. Janice was buite op die koue balkon besig om ’n sigaret te rook. Die nuwe uitgawe van Die Randse Dagblad het oopgesprei op die lessenaar gelê. Arthur Addington se gesig het onverwags uit die koerant na haar opgespring.

    Die Amerikaanse Oscarbekroonde skrywer Arthur Addington (49) word deur sy vorige huishoudster, Joey McKeany (66), aangekla van aanranding. McKeany beweer dat Addington onder die invloed van drank was tydens die voorval waarin haar arm gebreek is. Addington, wat twee jaar gelede beide sy vrou en tienerseun in ’n tragiese motorongeluk verloor het, woon die afgelope ses jaar op ’n landgoed naby Heimat in die Wes-Kaap. Addington, draaiboekskrywer van films wat groot treffers was, soos The Emerald Affair, The Fisherman’s Hooker, House of the Captains, The Mountain Prophet en vele ander, kon nie vir kommentaar opgespoor word nie. Die saak word uitgestel vir verdere ondersoek.

    Somtyds word ’n besluit geformeer nog voordat die selle van die brein die omvang daarvan kan bereken. Op daardie oomblik het Anabella Maria Bennett geweet dat sy nie na Margate toe sou gaan nie. Haar wese was reeds op pad na Heimat.

    Sy het nog steeds gebukkend oor die koerant gestaan toe Janice die kantoor binnekom en pepermente uit haar handsak begin grawe. Sy het haar stem gelykmatig probeer hou: Ek sien nou hierdie stuk …

    Dis een van ons Kaapse korrespondente wat by daai McKeany-vrou was.

    O?

    Die Addington-man is glo ’n regte Amerkaanse high en almighty stuk stront, verstaan ek. Mense in die dorp hou niks van hom nie.

    Die dorp?

    Heimat. En die McKeany-vrou was glo te bang om haar mond oop te maak, want almal weet Addington het geld vir die beste advokaat.

    Het iemand al met Addington gaan praat?

    Hy staan geen, maar geen, onderhoude toe nie. Ná sy vrou en kind se dood lewe hy soos ’n kluisenaar. Heimat se mense was glo mal oor sy vrou. Dis sy wat destyds ’n vakansieplek in Suid-Afrika wou hê. Dis hoe sy hier beland het, terwyl hy die meeste van die tyd in Los Angeles was. Sy’t glad die kind in ’n skool op Stellenbosch gesit om Afrikaans te leer.

    En Addington?

    Hy’t die grond aanbid waarop sy geloop het. Maar ek weet nie. Volgens die McKeany-vrou was daai ongeluk ook sy skuld. Hy drink glo erg en hy’s ook nie meer so hot in Hollywood nie. Janice het die koerant toegevou. Is jy reg vir die trip? Is jy gepak?

    Ek ry môre.

    Nou toe, as jy daar in die chalet by Margate sit, moet jy als van werk vergeet. Jy verdien hierdie vakansie, Bennett. Jy’t hard gewerk. En meteens was Janice se oë bekommerd op haar. Onthou jou pille en kyk na jouself. Janice is die enigste een by die kantoor wat weet van die ondier wat in haar bloed skuil.

    Dankie, Janice.

    Toe sy uitstap, het Doep in die gang afgekom. Bennett! Wat van ’n vinnige bier?

    Dis Woensdagaand, Doepie. Jy weet mos ek drink net Vrydae.

    Ja, maar ek meen nou vir oulaas, man. Of wat van ’n potjie pool? Dan kan ek weer sit en kyk hoe lekker jy vir Jones en Peters onder die tafel inspeel.

    Haai sies, Doep.

    Hy’t gelag: Jy’s baie beskeie vir ’n meisie wat leeus in Afrika getem het.

    Ek het nie leeus getem nie, Doep. Net een grootgemaak, dis al.

    En met gifpyle gejag. Onthou nou wat ek anderdag vir jou gesê het. Vat jou laptoppie saam en as jy daar in die son sit, dan skryf jy jou Afrika-storie. Toe, man.

    My laptoppie gaan nie saam nie, Doep. Net ’n klomp boeke om te lees. Dis al. Ek moet nou weg wees.

    Hei, het jy darem onthou om Koekoes te laat check?

    Sy’t twee splinternuwe voorbande. En sy’s geolie, gepint en geplug. Nuwe fanbelt ook.

    Dis goed so. En met ’n frons: Hoe weet jy Koekoes is ’n ‘sy’?

    My hene tog, Doep! Mens wéét mos sulke goed!

    Sure, Bennett. Cheers, man. Met die omdraai het hy weer teruggekyk: Jy gaan baie tyd vir jouself hê. Onthou jou Afrika-storie, Bennett!

    Doep, daar’s dinge waaroor mens nie kan skryf nie en wanneer mens daaroor skerts, is dit maar net om die waarheid dieper vir jouself weg te steek.

    Buitekant die gebou was die Goudstad se aandlug snerpend. In die parkeergarage het Molefu die karman haar ingewag. Ek het die Austintjie bietjie gepolish, Nou hy lyk mooi.

    Sy’t na Koekoes gestaar wat silwerskoon met ’n nuwe glans daar staan. Jy’s ’n doring duisend, Molefu. Ek gaan juis môre op ’n ver trip.

    Hy’t breed geglimlag vir die vyftigrandnoot wat sy uithaal. Wat voor ’n trip nou, Miss Bennett?

    Dis ’n trip wat al elf jaar gelede begin het, Molefu.

    Ek gaan ses weke met verlof, Molefu.

    Hulle het mekaar die hand gegee en duime gedruk. Hamba kahle, Miss Bennett.

    Die skielike verdriet het haar hard op haar onderlip laat byt, soos wanneer sy ’n inspuiting kry. Sala kahle, Molefu.

    By haar woonstel moes baie dinge gedoen word. Sy moes die vrou in Margate, van wie sy die chalet gehuur het, bel om te laat weet dat haar planne verander het. Toe moes sy haar plek behoorlik aan die kant kry vir die Calvins in 116 wat dit wou gebruik vir hulle dogters wat vir ’n maand kom kuier. Uiteindelik het sy ’n paar stukke klere uit haar kas uitgehaal. Nie dat daar ’n groot keuse was nie. Klere word maar net gebruik om jou kaal liggaam te bedek teen die koue, sodat jy kan gaan werk. Elke dag gaan werk en terugkom en weer gaan werk, om die verdriet wat binne kleef te verban.

    Dit was al baie laat toe sy ’n laai oopmaak en die plakboek uithaal en dit deurblaai.

    Another Global for Addington

    Addington – Is it the booze that makes the man a brutal beast?

    Screenwriter’s wife and son die in tragic car crash.

    Wat was dit wat sy al die tyd misgekyk het? Hoekom het sy van alle mense nie geweet dat hy van alle plekke in Suid-Afrika woon nie? Sy’t gedog Heimat is ’n plek iewers oorsee. Maar nou weet sy uiteindelik. Sy’t die plakboek weer in die laai laat terugglip. En toe die vergete ou bruin boekie raakgesien wat onder ’n klomp papiere uitsteek. Sy’t dit uitgehaal, deurgekyk, dié verweerde, handgeskrewe boekie African Poems by Catherine Dumay, en dit in haar sak gaan pak. Catherine!

    Die volgende oggend op die N1 reeds verby Bloemfontein, het sy eers werklik besef dat sy nie op pad Margate toe is nie. Sy’t die aand op ’n gasteplaas naby Drie Susters oorgebly en toe die kaart oopgesprei om die naam Heimat te soek. En dit in die hart van die Sir Lowry’s Pas gevind.

    En nou is sy hier en sy kyk af in die groen vallei. Dis asof die effense bewolktheid die kleure verskerp. Dis koel. Sy haal haar baadjie uit en trek dit aan. Haar perskaartjie sit sowaar nog steeds op die lapel. Pers/Press. A.M. Bennett. Die Randse Dagblad. Dis ’n wêreld verwyderd van waar ek nou is, dink sy wrang. Sy haal die kaartjie af en glip dit in die baadjiesak. Sy haal die droëwors en dadels uit wat sy by die padstal gekoop het en eet daarvan. Wat presies is my planne? wonder sy. Sy het geen antwoord vir haarself nie.

    Sy klim terug in die motor en ry nog ’n ent aan. Daar is ’n klein stroompie met ’n brug. Die water is helder. Sy lees die naam: Crystal Creek. Sy trek die motor effens af, want daar voor in die pad is twee wagters besig om ’n trop koeie oor die bruggie te jaag. Die gebulk klink op. Wanneer laas het sy so iets gehoor? Die langdradige klanke wat in die lug hang bring intense weemoed en sonder dat sy dit besef, begin sy die ou Swahili-wiegelied te neurie, totdat die woorde in haar mond vorm. Soos lank gelede in Uganda toe sy klein was. Haar mamma Maria se liedjie, wat die klein vertrekke van die sendelinghuis op Ebugwanjuba vul.

    Nenda kalale, nenda kalale mwanangu

    Uote ndoto, ndoto sa jua la dhahabu

    Malaika watakuamsha kukipambasuka

    Nenda kalale, nenda kalale mwanangu

    Haar ma se skoot. Die sagte gewieg van haar liggaam. Haar swart hare wat soet soos die velde van Ebugwanjuba ruik. En ver weg die Bagandas se beeste wat ’n klaende gebulk die aandlug instoot. En Paka, die jong leeuwelpie, wat voor die oop agterdeur lê en sy oortjies spits. En Kepo, die ou Swahili-man, wat hout kap met egalige hale. Kepo, die wyse man, wat alles geweet het van die stand van die sterre en die maan en die son. Wanneer die reën gaan kom en wanneer die oeste gaan verskroei. Hoe om ’n pyl uit hout te kerf. Hoe om ’n boog te span. Hoe om die kruie van die veld te laat trek in ’n skotteltjie met kokende water. Vir peste en siektes. Kepo, het sy geglo, was net so slim soos die wyse manne uit die Ooste wat vir die babatjie in die krip, die Kind van die Allerhoogste, presente gebring het. Kepo sou ook kon mirre maak.

    Haar ma se stem: Ana, jou lewe staan in die teken van buitengewone elemente. Die krag van ’n jong leeu. En die wysheid van ’n ou man. Jy moet dit altyd onthou.

    Wanneer al die beeste oor die bruggie is, en die twee bejaarde wagters hulle verby die motor jaag, klim Anabella uit en roep een nader. Hallo! Weet jy miskien waar die plek is waar meneer Addington bly?

    Eddingtin? Die een kyk na die ander.

    Hulle begin met mekaar beraad hou. Is dittie daai plek daar annerkant daai ghêst house ’ie?

    Die Crystal Creek B & B?

    Net so.

    Die twee verslete gesigte kyk na haar. Dis bytekant die dorp yt, juffrou. Dis eers deurie dorp en dan annerkant yt. Met die grondpad en dan is daar ’n bordjie virrie B & B, die Crystal Creek B & B. En dan nog so entjie aan deur die bospad. Dis wit mure en dis groot swart hekke.

    Die een met die hoed in die hand frons diep. Maar daai man maak nooit daai hekke oepie. Dis geslyt. Want hy kommie ytie.

    Kom hy nooit uit nie? vra sy.

    Die oudste skud sy kop. Hy kommie yt innie dorp ’ie. Never.

    Hoekom nie? Sy verkyk haar aan die erns van die twee gesigte.

    Ons wietie, sê die een met die rooi jersey aan.

    Issie, man, ons wiet.

    Wat wiet ons?

    Hulle sê hy kommie ytie, want hy’s ’n Amerikaner en hy eetie ons kos ’ie.

    Anabella voel die opwinding van binnepret. Sy probeer ernstig klink: Ek verstaan. Hy is seker maar lekker stupid.

    Die een met die hoed in die hand en die ander een met die rooi jersey aan lag.

    Sy lag ook. Sy haal twee twintigrandnote uit en gee dit aan. Vier oë rek.

    Here Jesus, juffrou. Dankie.

    Dis ’n groot plesier. Julle het my nou baie gehelp. Maar onthou nou, mens mag nie die naam van die Here sommer net so sê vir niks nie; net as mens bid.

    Net as mens bid, juffrou. Net as mens bid. Dis wat ek oek sê.

    Dan verstaan ons mekaar.

    Sy klim terug in die motor. Die een met die hoed in die hand en die ander een met die rooi jersey aan staar die blou Austintjie agterna totdat sy klaar oor die bruggie gery het. Swaar onweerswolke het skielik begin saampak.

    Heimat se hoofstraat strek deur die lengte van die dorp. Klein besighede is langs mekaar ingeryg. ’n Hele paar daarvan is eenderse houtgeboue met kleurryke blombakke op die vensterbanke asof iemand besluit het dat die dorpie sy Duitse naam gestand moet doen. Heimat Homeland Meat lees sy op ’n bord voor die slagtery. Daar is ook ’n bakkery, blomwinkel, boutique en ’n koffiewinkel met tafeltjies op die klipstoep. Sy soek parkering en hou voor die Heimat Pub stil. Dit begin reën.

    Wat is my aksieplan? wonder sy weer. Ten minste weet sy darem nou dat die Addington-landgoed se hekke gesluit is. Miskien moet sy iewers oornag en môre wag totdat die hekke oopgaan. Maar nou is dit Vrydagaand. En dis tyd vir ’n bier in die kroeg op die grondverdieping saam met Doep, Jones, Peters en die ander manne. Sy kyk moedeloos deur die kar se nat ruit. As hulle ou Bennett nou moet sien …

    Die Heimat Pub is Vrydagaande bedrywig. Hier ken almal mekaar se sake en vreemdelinge word met belangstelling betrag. Die geur van gebraaide vleis hang oor die plek. Die koppe draai wanneer Anabella instap. Die tafels is redelik vol en sy gaan maak haar tuis op een van die kroegstoeltjies by die hoë toonbank. Sy bekyk die plek. Reg agter haar is ’n ronde tafel waar ’n paar middeljarige vroue tee drink en kliphard praat. En links van hulle is nog ’n ronde tafel waar ’n paar manne bier drink en kaart speel. Agter in die pub is ’n pooltafel, waar ’n man met ’n groot gesig ’n rukkie stip na haar kyk, voordat hy weer oor die tafel buk.

    Peggy, die kroegvrou met ’n wynrooi haredos en groot oorbelle aan, som Anabella op en vee dan die blink toonbank met ’n lap skoon. Kan ek help?

    Castle Lager, asseblief.

    Iets om te eet? Ons het die Pub Special vanaand. Steak en chips.

    Nee, dankie, sê Anabella en staar na ’n koerantfoto van Arthur Addington wat teen die groot spieël vasgeplak is. Iemand het met ’n swart koki ’n paar duiwelshorings en vampiertande bygeteken. En bygeskryf: Not welcome.

    Anabella se keel voel droog. Peggy stoot die vol glas skuimende bier na haar toe en sy neem dadelik ’n sluk. Die vroue by die tafel reg agter haar het ná ’n stiltetjie weer hulle storie hervat. Dis Florry, ’n maer vroutjie met benerige wange en ’n geblomde rok, wie se stem nou skerp opklink. "… en al wat hy kon uitkry, was ‘Joey, kry die dokter!’ En toe val hy op die vloer. Net so, pers in die gesig met sweet wat afloop. Ek meen te sê julle weet self Jack McKeany is ’n groot gesonde man, wat nog nooit

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1