Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Oom Kootjie Emmer
Oom Kootjie Emmer
Oom Kootjie Emmer
Ebook90 pages1 hour

Oom Kootjie Emmer

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Plesierige boekie wat die eerste keer in 1973 deur Buren gepubliseer is. Oom Kootjie Emmer is Lykbesorger en Nagwadrywer op Witgatworteldraai. Humoristiese anekdotes oor Oom Kootjie en sy dorp se mense: Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, oom Sagrys Noodskoot en oom Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjies Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-toe, noem maar op. Maar dit bly in die eerste plek die verhaal van oom Kootjie self, van sy sloerstaking en sy geheime wapen, sy Uitwaartse Beweging en sy Volksfees.  Hoe hy uiteindelik burgemeester word en vooruitgang bewerkstellig.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780798153744
Oom Kootjie Emmer
Author

André P. Brink

André P. Brink was een van die veelsydigste figure in die Suid-Afrikaanse literêre bedryf: romanskrywer, dramaturg, reisverhaalskrywer, vertaler, letterkundige, kritikus en akademikus. Sy romans is in meer as 30 tale vertaal en hy is met o.m. die Hertzog- en die WA Hofmeyr-prys bekroon. Brink is op 6 Februarie 2015 oorlede.

Read more from André P. Brink

Related to Oom Kootjie Emmer

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Oom Kootjie Emmer

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Oom Kootjie Emmer - André P. Brink

    André P. Brink

    Die geskiedenis van

    KOOTJIE title.jpg

    van Witgatworteldraai

    KOOTJIE TITELBLABSY.jpg

    Vir Oom Con en Madame

    Die karakters in hierdie storie is nie wie die leser miskien dínk dat hulle is nie. En Witgatworteldraai is ook nie Naboomspruit nie.

    1

    KOOTJIE HFST 1.jpg

    Selfs die bittereinders wat nog af en toe in die Noordweste verdwaal, sou tot nou anderdag toe nie staan-staan kon onthou as jy skielik van Witgatworteldraai moes begin praat nie. Maar ná dese sal hulle weet, want dis ’n hele ding wat oom Kootjie Emmer daar gaan staan en aanvang het: ’n ding wat dorp en distrik en kontrei middeldeur geklowe het, wat vader teen seun laat draai het, en broer teen broer, en kerk teen staat. En die einde van die pad is, in politieke taal, nog nie naasteby in sig nie.

    Witgatworteldraai was tot onlangs nou nie eintlik wat mens ’n kultuursentrum sou noem nie. Vierhonderd-sewe-en-tagtig siele met die vorige sensus (en iets oor die tweeduisend inwoners in die lokasie oorkant die Brakspruit). Teen dié tyd sal daar wel ’n paar siele minder wees (en lokasie-inwoners méér), want op Witgatworteldraai woon daar meer mense in die kerkhof as in die dorp. Nie omdat die dorpenaars gebrek aan tyd, behoefte, bereidwilligheid of vermoë het om te vermeerder nie, maar omdat vandag se jongmense mos nie meer respekte vir die weë van hul vaders en dié se vadere het nie: hulle is skaars deur meneer Pansegrouw se skooltjie, dan gee hulle pad stad toe, onder die Here en Dominee Dooieweerdt se wakende hande uit.

    As jy van ver af aankom, sê maar van Skilpadtepel se kant af, dan sien jy eers niks, en na ’n rukkie nóg niks, en dan die kerk se kliptoring, en naderhand ook die troppie huise daar rondom. Hulle staan soos ’n klein skaretjie om ’n ongelukstoneel – almal wil bý wees maar niemand wil dit té naby waag nie. Die huise lyk eners, baksteen en sink, elk met sy stoep en kappieveranda; voordeur en twee vensters voor, almal wyd oop (net die voorkamervensters is bot toe sodat die meubels nie stof trek nie); ’n klompie vernielde jakobregops teen die slap voorheining en ’n paar beddinkies groente agter; klompies hoenders oopvlerk en oopbek onder peperbome; ’n sinktenk met roeskolle; en ’n kleinhuisie met ’n skuins dak – vlieë gons heen en weer deur die oop deur, en binnekant sien jy die geskropte greinhoutbank, die spyker teen die muur waar vierkantjies koerantpapier hang, en die kartondoos mieliestronke in die hoek. Dit is – of was tot baie onlangs – ’n behoudende dorp.

    In die binnekring lê die breë oopte van die plein, met die klipkerk aan sy noordekant. Die weerhaan op die toring, wat in ’33 deur die bliksem getref is, hang nog effens skeef. Presies oorkant staan die lang, lae Paradise Hotel, een ster, waar die broers van die gemeente gereeld byeenkom onder die aanmoedigende blik van Piepie Levin en sy assistente, Tolletjies Fourie, voorwaar ’n fraai entjie mens, en gewillig daarby. Aan die plein se wesfront kry jy oom Jopie Knopie se negosiewinkel, en neffensaan die slaghuis en die kafee (P.P.P. Pretorius Prop. / Etes Alle Ure – Grills All Ours / Eiendoms Agent / Vars Vis Daagliks / Oortreders Sal Vervolg Word). Aan die oostekant is die Landbank en die Stadhuis, laasgenoemde ’n nogal merkwaardige konstruksie waarin verskillende boustyle verteenwoordig is, hoewel die Hottentots-gotiek oorheers.

    Trek mens nou ’n diagonale lyn oor die plein sodat jy kerk en Stadhuis eenkant kry en hotel en winkels anderkant, dan lê die Bodorp van eersgenoemde front af terug, terwyl die Onderdorp kort agter die hotel begin. Veel inkomsteverskil is daar nie tussen die twee helftes nie: net standverskil. Want die Onderdorp strek tot teen die Brakspruit, die Here se skeidslyn tussen dorp en lokasie. In die donker maak dit nie altyd saak wie hom soontoe begewe nie, maar helder oordag sal geen Bodorper graag ágter die hotel of winkels gesien wil word nie.

    En dan is daar nog die middel van die plein, waar Bo en Onder mekaar ontmoet, en wat mens net met verskuldigde eerbied mag nader. Want presies daar staan Witgatworteldraai se enigste Historiese Gebou, ’n openbare kleinhuisie. Daarvandaan word alle mylafstande na omliggende dorpe bereken. Maar vir hierdie geskiedenis is die Gebou bowenal belangrik omdat dit die sentrum van oom Kootjie Emmer se lewe is.

    Laat dit dadelik gesê word dat oom Kootjie Emmer ’n gerékende man op Witgatworteldraai is.Tog sal jy dit nie sommer sê as jy skielik op hom moet afkom nie. Oom Kootjie is ’n beskeie mens, ’n man van min woorde, ’n diep man wat op sy dag ’n hele paar Latynse woorde opgetel het; hy is lank en hy is maer, baie maer en baie taai, met die droewige oë van ’n hangoor-spanjoel, ’n stekelige druilsnor met sigbare brak kolle, weinig ken, en ’n vaal laphoedjie wat metterjare as ’t ware deel van sy anatomie geword het.

    Op Witgatworteldraai is hy, in die diepste sin van die woord, onmisbaar. Kort en klaar: oom Kootjie Emmer staan in die dubbele amp van lykbesorger en nagwadrywer. En dít, moet mens toegee, sit nie in enige man se broek nie.

    Eintlik moet ons die saak in perspektief sien. Om mee te begin was dit oom Kootjie se stamvader wat die dorp se Historiese Gebou opgerig het. Daardie dae was hy nog ’n Lemmer gewees. Waar hy vandaan gekom het, weet niemand. Al wat saak maak, is dat oom Koot Lemmer op ’n dag, soos ander volksplanters voor hom, sy hakskeen in die klipharde grond vasgeskop het en gesê het: Hier gaan ons ’n toekoms bou. En daar staan sy Toekoms vandag nog, met ’n duidelike 1870 bokant die kliplatei van die hoofingang. (Deesdae is die jaartal verskuil agter ’n bordjie wat sê: Slegs Blankes – wat kort ná Mei 1948 op aandrang van oom Sagrys Noodskoot daar aangebring is.)

    Ter wille van regverdigheid moet ek verduidelik dat oom Koot Lemmer vermoedelik van plan was om ’n fort te bou. Die skietgate is nou nog rondom te sien, en kwajongens maak soms daarvan gebruik om ingesetenes daarbinne op ongemaklike oomblikke skrik te maak. Volgens persoonlike oorlewering in die familie Lemmer – tans Emmer – het die eerste oom Koot die dag van die hoeksteenlegging ’n gedenkwaardige toespraak gehou waarin iets in dier voege voorgekom het:

    Broers en susters, Afrikaners, vriende, ons lê vandag hier ’n hoeksteen vir die toekoms. Ons weet nie wat hier gaan verrys nie. Ons weet net dat ons vandag in die wildernis Geroepe is om ’n steen te lê. Mag hy vrug dra vir die nageslag. Die aand was daar ’n boeredans en die volgende dag ’n diens van verootmoediging.

    Vóór die fort mooi klaar was, het ’n stroperbende uit Suidwes hul opwagting

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1