Om die gedagte van geel
By Petra Müller
()
About this ebook
Related to Om die gedagte van geel
Related ebooks
Vyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkoolstories 1969: 1980 Bredasdorp Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHierdie mens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKaar Rating: 5 out of 5 stars5/5Trekkerswee Met tekeninge van J.H. Pierneef Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVoorouer. Pelgrim. Berg. Rating: 5 out of 5 stars5/5Die boek van toeval en toeverlaat Rating: 3 out of 5 stars3/5Kelder Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk stamel ek sterwe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGroen soos die hemel daarbo Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMaar wie snoei die rose in die nag? Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWonderboom Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVers & vrou: 258 gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLot se vrou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBrouhaha Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPlunder Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie biblioteek aan die einde van die wêreld Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Engel in die hoenderhok Rating: 3 out of 5 stars3/5Vermis op Allesverloren Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie antie met die pienk rok en ander stories Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStil punt van die aarde Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKleur kom nooit alleen nie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKuns-mis Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMediterreense herinneringe: Reisvertellings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVolmink Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Skyn van tuiskoms: 'n Keur uit die gedigte van Lina Spies Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStories uit 'n Straat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIngrid Jonker: Versamelde gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratings’n Hart is so groot soos ’n vuis Rating: 4 out of 5 stars4/5
Related categories
Reviews for Om die gedagte van geel
0 ratings0 reviews
Book preview
Om die gedagte van geel - Petra Müller
Vir my mense,
met liefde
TELEFOONPALE
sewe kinders
as die werf- en huiswerk gedaan was
het ons kinders gejaag oor daardie geel vlak
stinkkruid in die lente
buite bereik van grootmense
én Elsie se geskree: waarheen
is julle helskinners al weer op pad?
en elk ons eie telefoonpaal gevind
wat ons omhels het met al twee arms,
ore teen die warm hout, om in te luister
op wat maar moeilik is om te verhaal –
die yl geskinder in ’n ander taal
Taal in die lente
Horisonne, hier, is indrukwekkend afgeplat. Die telefoonpale,
elk tot sy uiterste gestrek, stap deur die amper leë landskap
waarin hulle lynreg opgestel is as betroubare draers
van ontrou verhale. Hulle huiwer nie.
Ek het ver gereis om deel te neem aan die gesprek.
Daar is soveel daarvan –
dit het ’n aaneenlopende gestroom geword
wat deur my ore in my kopbeen trek, en daar
’n sirkelende tinteling aan’t gang hou
wat te veel geword het vir my binne-oor.
Bowendien is ons nie te ontsyfer nie
uit die gegons.
Van jou hoor ek niks meer. Lentes hier
is laag en geel.
Sewe
Daar ís iets aan sewe – sewe sieners stap deur my lewe.
Dis hoogdag, die skaduwees kort. Geen son te sien nie.
Hoe het die aarde so vereenvoudig geword in die versadigde
geel, die inkige blou? En julle sewe, so opreg orent,
my veelvoudige ouers – wat dra jul oor my heen, perfek
in pas hoewel nie eens verbind?
Drome maak so – raak jou nie aan onderweg nie. Is altyd
bo, of by jou verby. Net die horisontale aarde, ’n riffeltjie
bruin op ’n afstand, kan ek verstaan. Dit wil sê, dat die lewe
daar is, in struikgewas: grysbokkies, hase, skilpaaie,
dassies miskien …
sewe sprekers
sewe sprekers stap deur my lewe: hoe graag
sou ek nie wou verstaan
wat gesê is, wat gesê kan word,
wat nié
– strek by my verby, onbewoë onderweg
na ooptes skuins
agter die prent,
waar jy hou in jou verskillende gedaantes,
gebare en tale; ék
sal jou nie agterhaal nie
jy het iets te doen met onaanraakbaarheid
en dyns
kruieveld
Pentzia suffruticosa
stinkkruid is geel in die lente
miskien is die lente stinkkruid
en ou sweet
saans as ek skoene uittrek
en sokkies stroop
sit ek stil en ek ruik na stinkkruid
én sweet én grond
nou weet ek – ek het heeldag
in jóú geloop
en gesond geword
agtste
snaaks dat die stamme so gevlek is
soos berke uit rusland,
langsbeen onderweg
of dalk Oom Izak se wit poplier
by Kromrivier – die dinge draai so deurmekaar –
van ver beskou altyd eenvoudiger
as wat ons gedink het,
Onvindbare Een
samehang
veld is geel lug is blou; horison
nie klaargeteken nie
alles strak in helftes ingedeel, asof gedagtes
hier ontmoet én spleet
tog is daar iets wat menslik is – veral die eerste drie,
wat voete het, en daarmee aan die stap gegaan het,
in die ooptes uit
daarná nie meer so duidlik of deurskoubaar nie;
want hierdie drade loop, onsigbaar soos hul is,
oor my, verstaan jy, dwarsóór die skilderpunt
wat nie kan weergegee word nie – miskien –
en waar ’n agtste aanstap in veronderstelde samehang,
of dalk ’n negende … dis soos Velázquez in die Prado,
wat bly sê: jy kan met tyd of plek niks maak nie, vrou
het ek jou dit nie reeds gewys nie:
hoe die figurasie padgee voor die heenwysing?
Don Diego de Silva y Velázquez
"Die dwerg is ’n geweldige sterk mens, én gekonsentreerd.
In die gange van hierdie paleis, waar ek ook Meester
van Kostuums en Seremonies is, is verskeie van hulle –
"ligsinnig, jaloers, soms venynig op mekaar.
Want hul werk is vermaak, en vermaak is swaar.
Toertjies uithaal voor die langlip-Habsburgs –
nie maklik nie, hoor.
"Ek skilder hulle graag. Klee die stomp postuurtjies
in met skittering. By my is hulle stil, soms treurig,
dikwels wys – aanvaar die rol soos aangedui, herskik
die ledemate, is tevrede. Erg ontvanklik –
ek verbeel my tog verbeelding intensiveer
wanneer dit tuiskom in verwrongenhede.
"Kyk my ook altyd in die oog. Kleur
mý in. Takseer. Insinueer. Op stuk
van sake: ek staan ook
op ’n verhoog."
weet jy iets wat ek nie weet nie
tussen my en die uitsig
het baie bome te wapper gekom
riviere tak en vertak
asof dit niks is nie
’n abstrakte groen lig vreet
die sparrebosse heuwels
’n rasende skaduwee leun oor my
waar ek hier sit, en wil van my weet:
wie is nou eintlik jy?
ek sal opstaan en na my bome gaan
soos ’n verlore seun
vroeg I
ek gewaar dat jy in die oggend met my wakker word
en saans met my gaan slaap
onderneem jy ook die vaarte oor ’n ronde aardbol
wat ek onderneem – die melkwit reis waarin ek swaai
soos in die uier van ’n koei
vaar