Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Anna Atoom en die magnetiese meermin
Anna Atoom en die magnetiese meermin
Anna Atoom en die magnetiese meermin
Ebook218 pages2 hours

Anna Atoom en die magnetiese meermin

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ton is weg, Brak is onsigbaar en admiraal Atoom se lewe is in gevaar - dit alles te midde van 'n grootskaalse wetenskaplike ingryping in die natuurlike balans van die aarde: Uranus Draak wil die magnetiese pole skuif in 'n poging om aardverwarming te keer. Sal Anna en professor Sabatina die wêreld se slimste wetenskaplikes daarvan kan oortuig dat Uranus se plan op 'n ramp afstuur? En hoe hou Ton se verdwyning verband met Uranus se bose plan?
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 20, 2012
ISBN9780624054894
Anna Atoom en die magnetiese meermin
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Anna Atoom en die magnetiese meermin

Related ebooks

Related articles

Reviews for Anna Atoom en die magnetiese meermin

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Anna Atoom en die magnetiese meermin - Elizabeth Wasserman

    Anna Atoom en die magnetiese meermin

    Elizabeth Wasserman

    Tafelberg

    Atoom Meermin Opdra.jpg

    Alfabetiese lys van begrippe

    AardWag – Die weerstasie met al sy gesofistikeerde toerusting, geleë op MonPetit-eiland, word die AardWag genoem omdat die aarde se klimaat daar dopgehou word.

    BioTron – ’n Mens of dier wat gedeeltelik ’n robot is. Gewoonlik lyk ’n BioTron net soos sy maats, maar het ’n rekenaar vir ’n brein. Sommige spiere en sintuie kan versterk wees met elektronika. Daarom kan ’n BioTron soms verbasende dinge doen, maar dit hang af van watter funksies ingebou is.

    MonPetit-eiland – Een van die kleiner eilande in die Seychelle-groep, net suid van die ewenaar, in die Indiese Oseaan. Dit behoort aan die Atoom-familie en hulle woon daar.

    Persoonlike Kommunikeerder – ’n Kompakte kommunikasietoestel wat elke lid van die Atoom-familie aan die arm dra soos ’n polshorlosie. Dit het ’n klein beeldskerm waarop jy die persoon kan sien met wie jy kommunikeer.

    Kunsmatige intelligensie – Rekenaars wat slim genoeg is om vir hulleself te kan dink. Hulle kan dinge op hulle eie doen sonder om bevele van mense te ontvang.

    Molekulêre Verplaser – Hierdie apparaat kan die aantrekkingskrag tussen die molekules in jou liggaam kanselleer. Dan kan jou losgemaakte molekules teen ’n hoë spoed na ’n ander plek verplaas word en daar weer aanmekaargesit word in jou oorspronklike vorm. As dit werk, sal dit ’n fantastiese manier wees om van een plek na ’n ander te reis. Verkeersknope sal iets van die verlede wees! Ongelukkig kon niemand nog ’n Molekulêre Verplaser bou wat veilig werk nie.

    Molekulêre Versteller – ’n Instrument wat tydelik die beweging van die molekules in jou liggaam verander. Dit kan gebruik word om sekere siektes te genees, en ook om jou breingolwe en denkpatrone te verander. Admiraal Atoom het dit oorspronklik ontwerp om dit makliker te maak om met gevaarlike diere te werk, aangesien die Versteller hulle heeltemal mak kan maak – minstens vir ’n tydjie lank.

    Ondergrondse Skandeerder – ’n Instrument wat die samestelling van grondlae en voorwerpe onder die grond ondersoek. Dit werk met klankgolwe en is amper soos ’n X-straal van die grond of seebodem.

    Onderwater-verkenner – ’n Klein duikboot wat die Atoom-familie gebruik om die see te verken. Dis toegerus om verskillende opmetings van die water en die seebodem te doen. Dit versamel ook monsters vir verdere ontleding in die laboratorium op MonPetit.

    JetKopter – Dit is ’n gevorderde soort vliegtuig waarmee die Atoom-familie reis. Die vlerke kan roteer soos die lemme van ’n helikopter, wat die JetKopter in staat stel om loodreg op te styg en weer te land.

    RuimteArk – Dis die ruimtestasie waarin admiraal Atoom bly. Dit dien ook as versamelplek vir alle dierespesies op aarde. ’n Wyfie en ’n mannetjie van elke spesie word daar bewaar ingeval iets rampspoedigs met die aarde sou gebeur.

    Waterlong – ’n Klein toestel waarmee jy suurstof direk uit die water kan suig, baie soos die kieue van ’n vis. Dit stel jou in staat om so lank as wat jy wil onder die water te swem sonder die lomp suurstofbottels wat duikers gewoonlik gebruik.

    Die karakters in die boek

    Karakter 1.jpgKarakter 2.jpgKarakter 3.jpgKarakter 4.jpgKarakter 5.jpgKarakter 6.jpgBrak leer toertjie.jpg

    Brak leer ’n nuwe toertjie

    Anna en Brak sit in die skadu van ’n palmboom. Dit is Saterdagoggend: ’n perfekte tyd vir ’n luilekker piekniek. Die weer is mooi en MonPetit-eiland bak rustig in die tropiese son. Om hulle strek die see blou tot by die verste horisonne van die Indiese Oseaan.

    Anna het reeds al die lekkernye wat sy saamgebring het opgeëet – kokosneutkoekies, tuisgemaakte gemmerbier en stervrugte. Dit is soms voordelig om ’n robothond vir ’n troeteldier te hê. Brak gebruik herlaaibare sonkragbatterye, en hy stel nie in koekies belang nie. Anna is soms bietjie spyt daaroor, want sy kon hom nog nooit leer pootgee vir ’n versnapering nie. Regte honde lyk oulik as hulle dit doen.

    Maar soms is dit lastig.

    Brak jaag ’n paar krappe wat nader kruip om krummels te kom soek. Dit is ’n prettige speletjie. Die krappe swaai hul knypers dapper in die rigting van sy rubbersnoet. Brak swaai sy stert supervinnig, en sy opgewonde blaffery verskrik ’n paar seevoëls wat aan die rand van die vlak water rondtrippel. Die krappe skarrel vinnig weg en verdwyn soos blits in hul gate.

    Anna leun terug teen die stam van die palmboom. Sy sluit haar oë lui teen die lomerige son en luister na die sagte gesuis soos die branders teen die strand stoot. Bo haar kop ruis die blare van die palm in die wind. Die hele eiland sluimer.

    Vir omtrent drie sekondes gee sy haarself oor aan hierdie stadige ritme. Dan skiet haar gedagtes opnuut soos vuurpyle deur haar brein. Sy sit regop en kyk rond, op soek na iets opwindends.

    Sy sien haar rugsak op die sand langs haar, en sy onthou skielik dat sy vandag die boekie met aanwysings oor hoe Brak werk saamgebring het, netjies verseël in ’n plastieksak.

    Sy het Brak een Kersfees by haar ma en pa present gekry. Hy was netjies verpak in ’n kartondoos, met sy aanwysingsboekie en al.

    As jou ouers albei slim wetenskaplikes is, kry jy soms buitengewone geskenke. Brak is nie sommerso ’n hierjy van ’n robothond nie. Hy kom ook nie uit ’n gewone speelgoedwinkel nie. Brak is volgeprop met die beste tegnologie en sy rekenaarprogramme is vergelykbaar met dié in ruimtestasies en gevorderde vuurpyle. Hy kan beter ruik as ’n gewone hond, beter hoor, beter sien, én beter swem en hardloop. Hy verstaan ingewikkelde speletjies en hy help Anna soms met haar huiswerk.

    Sy is nie heeltemal seker wat hy alles kan doen nie. Die een keer toe sy wel deur sy aanwysings geblaai het (en dit was vinnig, want sy was te lui om dit ordentlik te lees), het iets wel haar oog gevang wat sy nog altyd wou probeer.

    Brak kan blykbaar geprogrammeer word om onsigbaar te wees.

    box feature.jpg

    Sigbaar en onsigbaar: hoe sien ’n mens?

    ’n Mens se oë is wonderlike sintuie. Hulle is fyn instrumente wat die ligstrale wat vanaf voorwerpe gereflekteer word, registreer en kodeer in ’n boodskap. Jou senuweestelsel stuur hierdie boodskap dan na jou brein, waar dit verander word in beelde – amper soos ’n televisieskerm in jou kop – en siedaar: jy sien die wêreld om jou in lig, vorm en beweging.

    Ons weet dus dat lig noodsaaklik is vir sien: in die donker is ons almal blind.

    Maar wat anders as die donker kan dinge onsigbaar maak? Wat van iets wat deurskynend is? Indien ’n voorwerp geen ligstrale weerkaats nie, kan ’n mens dit nie raaksien nie. As die ligstrale van die wêreld daarom en daaragter boonop ongestoord deur so ’n deurskynende voorwerp kan gaan, word dit werklik onsigbaar.

    Dalk is dit hoe Brak se onsigbaarheidsprogram werk?

    Dit is beter dat dit ’n geheim bly!

    Met goeie rede, natuurlik: onsigbaarheid na willekeur sal baie probleme kan veroorsaak, nie waar nie?

    Om ’n soliede robothond soos Brak, gemaak uit metaal, plastiek, rubber en silikoonstroombane, heeltemal deurskynend te maak, is sekerlik nie kinderspeletjies nie. Die wetenskap is wonderliker as towerkuns.

    box feature rule.jpg

    Anna haal die aanwysingsboek uit haar rugsak uit en blaai daardeur. Daar is dit! Dit lyk nie te moeilik nie: daar is ’n spesiale kode wat sy moet insleutel in die kontrolepaneel wat weggesteek is onder ’n klein metaalflappie op Brak se rug, net voor sy stert. Dan moet sy net die aktiveer-knoppie druk, en ditsem: haar hond is onsigbaar!

    Dit is minstens wat die boekie haar belowe.

    Anna is skepties. Sy het nog nooit iets gesien wat onsigbaar is nie.

    Sy grinnik. Natuurlik nie! Dit is mos die hele punt van onsigbaarheid.

    Die kode is uniek, en mens moet dit weer insleutel om Brak weer sigbaar te maak.

    Fyn! sê Anna. Hierdie kode moet ons net nie verloor nie, outjie, of jy bly onsigbaar vir altyd.

    Brak swaai net sy stert. Dan spring hy om en hardloop af na die rand van die water. Skielik spring hy hoog in die lug, hoër as wat enige gewone hond ooit sou kon spring. Hy slaan agteroor bollemakiesie voor hy weer netjies land om die vlak water in silwer boë om sy pote te laat spat.

    Anna lag.

    Kom hier, simpel, dan leer ek jou nog ’n beter toertjie!

    Brak hol soos blits terug na haar toe en slaan so vinnig rem aan dat die sand in alle rigtings spat. Hy plak hom reg voor Anna neer en die liggies agter die lense van sy oë blink sommer nog helderder. Sy rubberstert maak ’n waaierpatroon in die sand soos dit swaai.

    Anna se vingers vind maklik die flappie op sy rug, en sy klap dit oop met haar duimnael. Brak word onmiddellik gedeaktiveer: die outjie sit nou tjoepstil en sy ore hang. Sy oogliggies is dof. Anna kyk na die netjiese ry knoppies en die klein rekenaarskermpie van die kontrolepaneel op sy rug. Vinnig sleutel sy die wagwoord in wat haar toegang gee tot Brak se sagteware.

    Sy stryk die bladsye van die instruksieboek plat en sorgvuldig tik sy die agtsyferkode in. Dan druk sy die knoppie wat sê aktiveer.

    Brak verdwyn.

    Anna kan steeds die koue metaal van sy lyfie onder haar vingers voel. Sy vryf verwonderd oor die gladde niks, en per ongeluk stamp haar vingers die onsigbare flappie weer toe. Sy hoor dit sluit met ’n klikgeluid.

    Onmiddellik word Brak weer geaktiveer. Sy weet dit, want hy begin opgewonde blaf, iewers by haar linkeroor.

    Steeds sien sy niks van hom nie. Skielik verskyn daar driehoekige Brak-spore in die los sand rondom haar soos die onsigbare robothond opgewonde in sirkels rondom haar spring.

    Maar Brak is ONSIGBAAR!

    Anna gil van plesier. Sy het dit reggekry!

    Brak, jou wonderlike, ongelooflike snaakse ding! lag sy. Sy spring op en hol af water toe, gevolg deur die wilde geblaf van haar onsigbare troetel-robotbrak.

    Dit is sowaar pret! Sy kan vir Brak hoor, maar al wat sy van hom kan sien, is die ry spore wat in en uit die vlak branders vleg, en nou en dan die sand en water in boë laat spat soos wat sy onsigbare pote woel. Hulle jaag mekaar rond en speel aan-aan. Brak is nog moeiliker om te vang as gewoonlik, want hy het nou ’n groot voorsprong. Hy leer gou dat Anna hom glad nie kan kry as hy net doodstil bly staan nie.

    Na ’n rukkie is Anna warm en uitgeput. Sy roep vir Brak en hulle keer terug na hul piekniekplek toe. Sy vroetel in haar rugsak rond en kry ’n louwarm bottel Coke. Sy knak die doppie oop en teug diep aan die gasserige soetigheid.

    Genoeg nou, kêrel! sug sy. Kom ons kry jou weer reg.

    Sy kyk om haar rond, op soek na die aanwysingsboekie wat sy weer in die plastieksak gebêre het.

    Dit is nêrens te sien nie. Sy soek oral: in haar rugsak, onder haar handdoek, in die bosse rondom die palmboom waaronder sy gesit het. Al wat sy kry, is ’n paar reuseslakke en krapgate. Het Ton dalk na haar kom soek en die boek saam met hom gevat? Hy is immers gewoond daaraan om altyd alles te bêre wat sy laat rondlê. Maar daar is geen duidelike voetspore in die sand te bespeur nie, en sover sy weet was daar vandag nog niemand behalwe sy en Brak op hierdie strand nie.

    Die instruksieboek is skoonveld. Die onsigbare Brak help ook nie veel nie, selfs toe sy hom beveel om sy vernuftige neus in te span. Hy is steeds laf van opgewondenheid en skop net sand rond met al sy kaperjolle.

    Raak rustig, jou aap! maan sy hom, dis ’n ernstige saak dié. Ons kan jou nie só los nie!

    Maar dit lyk asof sy geen ander keuse het nie. Sonder die aanwysings kan sy nie die onsigbaarheidsprogram afskakel nie, en dit lyk sowaar asof sy nou permanent met ’n onsigbare brak gaan sit.

    Uiteindelik moet sy die soektog staak. Dit help tog niks! Sy sal moet gaan hulp soek. Ton of haar ma – hulle sal weet hoe om hierdie situasie te hanteer.

    Sy hoop maar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1