Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Spreuke van C.J. Langenhoven
Spreuke van C.J. Langenhoven
Spreuke van C.J. Langenhoven
Ebook119 pages34 minutes

Spreuke van C.J. Langenhoven

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

C.J. Langenhoven, ook bekend as “Sagmoedige Neelsie”, was een van Suid-Afrika se grootste denkers, digters en skrywers. Hy was ook kampvegter vir Afrikaans. Kom geniet sy wyshede en spitsvondighede, die beste van sy spreuke byeengebring deur J.A. Scannell in vyf afdelings: “Liefde en vriendskap, “Vlyt en loon”, “Waardes en waagmoed”, “Wysheid en kennis” en “Leierskap”.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateOct 15, 2011
ISBN9780624054078
Spreuke van C.J. Langenhoven

Related to Spreuke van C.J. Langenhoven

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Spreuke van C.J. Langenhoven

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven

    Spreuke van C.J. Langenhoven

    Jan Scannell

    Tafelberg

    iStock_000012494300small black.tif

    Liefde en vriendskap

    rule.jpg

    Deur twee dinge is my lewe

    vir my leefbaar gemaak:

    die liefde wat ek gegee het,

    en die liefde wat ek gekry het.

    Die gedienstige engel

    het gekom in ’n huis waar daar liefde was

    en met ’n glimlag omgedraai en gesê:

    My diens is hier oorbodig.

    Alle godsdiens is liefde

    en die meeste liefde is afgodsdiens.

    Wie liefde verwar met sinnelikheid

    sien ’n engel aan vir ’n aap.

    Hoe korter jy jou kuier maak,

    hoe gouer sal jy weer genooi word.

    Om my naaste lief te hê

    is vir my ’n sware gebod.

    Met die mense daar gunter

    kry ek dit op ’n manier nog reg

    Dis makliker om die gemeente lief te hê

    as jou buurman

    en die hele menslike geslag

    as jou vrou se familie.

    As twee vriende eenmaal getwis het,

    kan hulle vrede maak,

    maar die vorige vriendskap

    kry hulle nooit weer terug nie.

    Buiten wanneer hulle met mekaar getroud is.

    As jy regtig wil seermaak, soek iemand

    wat jou liefhet.

    Jy sê ja waar jy moes nee gesê het

    omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie.

    Maar reken hoe het hy

    jou aanstoot gegee met sy versoek!

    Aan ’n nuwe wa kan jy sien

    of dit ’n goeie skilder was,

    aan ’n oue of dit ’n goeie wamaker was.

    Trek liewer vir jou vriend jou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1