Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Labirint
Labirint
Labirint
Ebook616 pages11 hours

Labirint

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Sy gaan ophou vlug van haar eksman en haar verlede en sy gaan dit doen op Leeuwendrift waar sy as verworpeling grootgeword het. Dít besluit Vasti de Leeuw toe haar meenthuis gevandaliseer en ’n besending van haar skilderye vernietig word.Om die verlede te trotseer, is egter nie so maklik nie. Daar is die onlangse verlede waarin sy haar vermoë om ernstige kuns voort te bring, verloor het. Haar nagmerrie-huwelik en die verwoestende gevolge daarvan. Daar is haar kinderdae toe sy in die skaduwee van sowel ryk, dominerende Leon de Leeuw as haar Hollander-oupa gestaan het. Ook die verre verlede waaruit die legende van die leeuman gespruit het; die begin van die twis tussen die Bredells en die De Leeuws. In die hede vaar sy nie veel beter nie. Sommer die eerste dag al begin haar eksman haar weer treiter. Sy is ook skaars ’n week in haar oewerhuis op Leeuwendrift toe een van die inwoners van De Koppe, ’n rykmansbuurt waar die uitruil van seksmaats die reël eerder as die uitsondering is, in verdagte omstandighede sterf. Vasti besef gou sy is baie meer betrokke as wat sy kon vermoed. Veral toe die ontbinde lyk van ’n man naby haar huis ontdek word. Dan sterf nog ’n vrou op agterdogwekkende wyse. En dié is nie die laaste slagoffer nie.Die net begin ál nouer om Vasti trek, want elkeen van die sterftes hou op die een of ander manier verband met haar, haar kuns en die mans in haar lewe.Vasti besef die sleutel om die geheimenisse van die hede te ontsluit, lê in die verlede. Ook dat sy die een is wat die minotaurus in die doolhof sal moet aandurf, met of sonder ’n tolletjie gare. Dat sy die doolhof sal moet vereenvoudig tot ’n labirint.Dit is natuurlik die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat. Vasti se vlammetjie sal om meer as een rede gesnuit moet word. Labirint is ’n spanningsroman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid blootlê waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge is.
LanguageAfrikaans
PublisherQueillerie
Release dateOct 20, 2012
ISBN9780795800450
Labirint

Related to Labirint

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Labirint

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

3 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Labirint - Chanette Paul

    Labirint

    Chanette Paul

    Queillerie

    Soms is vlug nie meer ’n opsie nie

    Vooraf

    Woensdag 29 Februarie

    Woorde wat toiletgraffiti na kinderkuns laat lyk, drup in rooi, skewe letters teen die woonkamermuur.

    Op die mat lê ’n blik PVA in ’n poel verf die kleur van bloed. Die blik kom uit haar eie motorhuis. Sy wou ’n tafeltjie daarmee verf. Die kleur bots met sommige van die kelim se aardse kleure en versmelt in ander. Sitkamermeubels is op hulle sye gekantel, die bank- en stoelkussings oor die vloer verstrooi. Dik derms stoffeersel peul oral uit. Boeke is uit die rakke gepluk. Die skemerlamp leun skuins in sy eie skerwe.

    Vasti draai stadig in die rondte, lees die ontstellende woorde teen die mure. Asof sy haarself wil straf omdat sy hierdie nagmerrie raak gedroom het in ’n dimensie waarvan sy nie eens bewus was nie. Slet is die makste daarvan.

    Bekers, pierings en borde lê aan stukke op die vloer van die oopplankombuis. ’n Blou en wit skerf krul langs ’n porselein-sirkeltjie – die tuit en oor van ouma Marien se Delft-teepot wat nog saam met oupa Kees uit Holland gekom het.

    Die deure na albei slaapkamers staan oop. In die eerste is die beddegoed afgeruk. Die matras hang halfmas oor die bed – donkergrys blertse deur die glansmateriaal geabsorbeer. Die bed, die vloer besaai met haar klere.

    In die tweede slaapkamer, haar ateljee, lê verflenterde skilderye hot en haar. In ’n dwaal stap sy daarheen. Die sterk reuk van terpentyn oordonder hier die reuk van verf. Die hele besending wat na Runa toe moes gaan, is daarmee heen. Net die laaste oorblywende deel van haar Paas-triptiek en haar eerste engelskildery is nie verwoes nie.

    Vasti gaan terug sitkamer toe, hurk by ’n boek wat oopgevlerk op die vloer lê. The Unbearable Lightness of Being. Die blaaie het van die stinkerige water uit die omgekeerde blompot geabsorbeer en die hoed op die omslag staan bol van die vog.

    Sy skud die ergste water van die deurdrenkte blaaie af, lees in ’n dwaal ’n gedeelte wat sy jare gelede onderstreep het. The idea of eternal return is a mysterious one, and Nietzsche has often perplexed other philosophers with it: to think that everything recurs as we once experienced it, and that the recurrence itself recurs ad infinitum!

    ’n Geluid by die venster laat haar verskrik regop kom. Die geknars van glas wat breek. Sy koes, struikel, oorkompenseer, trap iets in die chaos om haar voete raak. Die laaste beeld voor haar oë is die hoek van die koffietafel wat teen verbysterende spoed naderkom.

    1

    Maandag 26 Maart

    Deure waaragter die onbekende lê, lyk om die een of ander rede anders as dié wat na die bekende lei. Vasti staar na die een voor haar. Met sy koperhandvatsel en relatief beskeie koperplaatjie op ooghoogte, is hierdie een onpretensieus. Die plaatjie profeteer dat Stiaan Sonnekus aan die onbekende ander kant sal wees. En dat hy ’n kliniese sielkundige is.

    Dolf Verster het dit uiteindelik tog reggekry. Hy het haar van haar verstand af. Twee en twintig jaar nadat hulle mekaar die eerste keer ontmoet het. Op ’n blind date wat sekerlik sy oorsprong in die hel gehad het. Of dalk het sy iets in ’n vorige lewe aangevang en betaal die afgelope twee dekades af aan die karmaskuld. Dit moes werklik ’n gruwelike ding gewees het. En om te dink die blind date was so onskuldig bedoel. Net iemand om haar na Karlien-dameskoshuis se Donkiedans te vergesel. ’n Eenmalige date omdat die liefde van haar lewe op Kovsies studeer het en eerstejaars verplig was om die dans by te woon.

    Dis natuurlik ook moontlik dat sy mal gebore is en Dolf net die sneller was. Op Bredellsdorp hang daar hoeka ’n swaar vraagteken oor die De Leeuws se geestesgesondheid. En dis maar een van vele vraagtekens.

    Vasti druk die deur oop. Regs is ’n toonbank, so onpretensieus soos die deur; ’n ontvangsdame, minder onpretensieus, daaragter. Teen die een muur ’n klompie soldaatregop stoele in ’n ry. Twee beset. Sy vermy die twee mans se oë en draai na die ontvangsdame wat haar groet en vraend aankyk.

    Vasti de Leeuw. Dokter Benade het geskakel vir ’n afspraak? Haar stem klink kalm, verraai nie haar gespannenheid nie. Of so hoop sy.

    Die ontvangsdame knik. U sal net ’n bietjie geduldig moet wees. Ons moes u indruk en meneer Sonnekus is reeds effens agter met sy afsprake, maak sy diplomaties seker Vasti weet sy verontrief hulle. Sy stoot ’n spul vorms en ’n pen na Vasti toe. U kan solank hierdie begin invul. Die los vorm kan u vir my gee wanneer u klaar is. Die vraelyste wat met die skuifspeld bymekaar gehou word, kan u op u tyd invul solank dit ons ’n dag of twee voor u volgende afspraak bereik. Ek het vir u ’n afspraak ingeruim vir volgende week. Woensdag, die vierde April, om halftwaalf. Sal dit u pas?

    Vasti kan nie onthou wanneer laas iemand haar as u aangespreek het nie. Sy knik ingedagte, besef dan sy is regtig nie van plan om weer hierheen te kom nie. Sy gaan haar nie weer deur Dawid Benade laat afpers nie. Ek bedoel . . .

    Sit gerus, val die ontvangsdame haar in die rede toe die foon begin lui. Sy steek haar een hand uit na die instrument, beduie met die ander in die rigting van die stoele en antwoord die foon in ’n professionele stem. Vasti vind haar bekwaamheid en vermoë tot multi-tasking onrusbarend.

    Sy gaan sit in die hoek verste weg van die ander twee wagtendes, vermy steeds hulle oë. Die eerste vorm gaan vinnig. Vasti de Leeuw. Nege en dertig. Vroulik. Geskei. Sy vul die Leeuwendrift-adres, haar selnommer en na ’n kort huiwering haar nuwe landlynnommer in. Beroep. Sy rol die pen tussen haar middelvinger en duim. Dit sal bra aanstellerig klink om te sê sy is ’n kunstenaar, maar skilder kan beteken sy verf dakke. Kunstenaar dan maar. Geen mediese fonds nie. Haar mediese geskiedenis pas in twee lyntjies. Mangels uitgehaal. Histerektomie. Verwys deur: Dokter Dawid Benade.

    Dawid. Jy’s ’n wrak, Vasti. En dis ook g’n wonder nie. Runa het my vertel van jou meenthuis daar by Hartbeespoortdam. Van die vandalisme. Baie ernstig. Dawid kon nog altyd baie ernstig raak. Dis goed dat jy teruggekom het hierheen. Uiteindelik. Hier het jy ten minste vriende, kan ons jou probeer help.

    Vriende? wou sy vra, maar wou liefs nie aan daardie miernes krap nie. Haar kamermaat op universiteit wat intussen haar kunsagent geword het, tel as vriendin, maar sy het Runa nog nie eens laat weet sy kom terug Overberg toe nie. Net van die vandalisme en dat die besending skilderye wat sy binnekort sou gestuur het, verwoes is.

    En Dawid? Beskou hy homself werklik as haar vriend? Ná al die misverstande, leuens, beskuldigings, oordele en vooroordele? Die gevolge wat daar rondom uitgekring het?

    Selfs op skool was vriende maak nie haar sterk punt nie. Nie op Leeuwendrift in die laerskool nie en nog minder hier op Bredellsdorp waar die naaste hoërskool is.

    Op Leeuwendrift, die agterspeen-dorpie waar sy gebore is, het sy apart gestaan van die res omdat haar pa ryk, bombastiese Leon de Leeuw was, en haar oupa aan moederskant ’n Hollander.

    Hier op Bredellsdorp, die vooruitstrewende een van die tweelingdorpe twaalf kilometer uitmekaar, word Leeuwendrift-kinders as agtertangs beskou, ongeag wie jou pa of oupa is. Hier word vriendskapsbande op laerskool al gesmee en die klieks uitgesorteer voor die hoërskooljare aanbreek. Maar die ware nagmerrie het eers begin toe Vasti ná ouma Marien se dood, so kort ná ma Truida s’n, koshuis toe moes gaan. Dis toe dat sy werklik agtergekom het hoe sterk die vete tussen die twee dorpe is. En die vete tussen die Bredells en De Leeuws.

    En nou is sy weer op pad Leeuwendrift toe. Of sy sal wees as Dawid net vir haar die ellendige sleutels vir haar pa se huis sal gee. Gisteraand het sy te laat hier aangekom om Dawid te pla en het sy in die Backpackers oornag. En toe sy vroeër vanoggend by sy spreekkamer instap, het Dawid haar net een kyk gegee en dadelik aangedring om haar te ondersoek. Tussendeur het hy haar uitgevra en uiteindelik geweier om die sleutels te gee tot sy by Stiaan Sonnekus was. Sodat sy met iemand kan praat.

    En nou moet sy ’n verdomde sielkundige kom sien voor sy by Leeuwendrift kan uitkom. Leeuwendrift, waar sy hopelik haar wonde kan lek. Waar sy die verlede noodwendig in die oë sal moet kyk, maar selfs dit is verkieslik bo ’n toekoms wat bitter min inhou. Dis nou benewens Nietzsche se eternal return.

    Die een of ander tyd moes sy ophou vlug. Sy kan net sowel hier in die Overberg ophou. Hier waar alles in elk geval begin het. Waar stories ruig loop en legendes gebore is nog voor twee korrelkop- Overbergse boere in die 1830’s vasgesit het oor op wie se plaas die kerk gebou moet word om die uitgebreide boeregemeenskap te dien. Nie een wou toegee nie. Die tweelingdorpe het ontstaan toe hulle uiteindelik elkeen hulle eie kerk gebou het.

    Koos Bredell se kerk en die dorp wat daar rondom opgeskiet het, het floreer terwyl Leo de Leeuw se kleiner, minder spoggerige kerk sy lidmate en inwoners maar hinkepink bymekaargeroep het. Van die tweeling het die vet broer vetter geword, die maer sustertjie het maer gebly.

    Of so was dit altyd. Tye het verander sedert haar pa haar dertien jaar gelede hier weggejaag het. Leeuwendrift het van ’n nederige vaal kuiken tot ’n bont verbeeldingsvoël ontwikkel. Dit het sy twee jaar gelede agtergekom toe sy laas hier was. Wie sou kon dink die versameling armgat-huisies met hulle groentetuine, en hier en daar ’n bedding met leeubekkies, jakobregoppe en stokrose, sou in ’n kunstenaarsdorp ontluik? Dat dit ’n bestemming sou word pleks van die gehuggie wat die reisiger laat moed skep bloot omdat Bredellsdorp nou naby is.

    Haar pa was op sy laaste, maar dit het hom nie gekeer om gal te braak oor die art farts wat Leeuwendrift kom oorneem het nie, of om die jappies af te kraak wat Bredellsdorp se rykmansbuurt, De Koppe, betrek het nie.

    Spul idiote met vet beursies en leë breinselle. Kom kastig afskaal, maar ek hoor dis net jacuzzi’s en four-by-fours waar jy kyk. En dan praat ek nie eens van die hoerery wat glo daar aangaan nie, het hy haar ingelig tussen teue suurstof wat hy moeisaam uit die silinder langs sy bed na sy verskrompelde longe probeer kanaliseer het.

    Gelukkig hoef sy haar net by Leeuwendrift te bepaal. Wat by De Koppe aangaan, het met haar niks te doen nie. Vasti teken haar naam en sit die voltooide vorm op die ontvangstoonbank neer. Die ontvangsdame is in gesprek op die foon. Vasti is nie seker of dit nog dieselfde oproep is of ’n nuwe nie. Sy gaan sit weer, dié keer met die eerste van die vraelyste in die hand.

    Antwoord asb. die vrae so eerlik moontlik. Alle inligting sal as streng vertroulik beskou word. So eerlik moontlik. Beteken dit sy kan maar ’n bietjie lieg ook? Haar oë tas die vrae af, haak dan vas by een. Omskryf kortliks u verhouding met u ouers.

    Sy kyk na die paar reëls wat toegelaat is vir die antwoord. Die pen rol weer oor die skryfknobbel van haar middelvinger. Haar ma. Sagsinnig. Toegeeflik. Onderdanig. Die onseker buffer tussen Vasti en haar pa.

    Verhouding met moeder goed tot haar oorlye toe ek dertien was, skryf sy op die eerste reël. Oorlye. Hoe formeel. En hoe oninsiggewend. ’n Woord soos oorlye laat mens nie vermoed die oorledene het op ’n snikhete Januariemiddag van ’n trekker afgeval en is toe in die koringland ingeploeg nie. Met haar man agter die stuur.

    Vader veeleisend, streng, dominerend, skryf sy verder. ’n Control freak, dink sy, maar skryf dit nie. Ook nie dat hy hom ná sy vrou se dood aan drank oorgegee en verstommend vinnig daarin geslaag het om die familieplaas onder sy gat uit te suip nie. Verhouding met hom gespanne, maar het verbeter kort voor sy dood twee jaar gelede. Effens, sou sy kon byvoeg, en waarskynlik ook maar net omdat dit enkele dae voor sy dood was.

    Ek het jou onterf, maar nou het jy gekom, was sy groet vanuit die bed in die skemer kamer wat na medisyne, oumenslyf en sweterige skoene geruik het. Haar ouma aan moederskant se huis was al wat oorgebly het nadat Zoete Weide in haar tweede jaar op universiteit onder die hamer gekom het, dus was dit nie ’n ramp om onterf te wees nie.

    Van die prentjie wat Vasti vaagweg uit haar laerskooldae onthou, een van ’n stewige kliphuis onder die bloekombome, met sy mooi blomtuin en netjiese groentetuin waar meer son was, was daar min oor. Die huis is seker nog stewig, maar die res het vergaan. Eers danksy huurders, later danksy haar pa wat nie ’n vinger verroer het om verdere verval en verwaarlosing te voorkom nie.

    Net die rivier, ’n klipgooi van die huis af, het stil, diep en onveranderd sy seisoenale gang bly gaan. Dieselfde rivier wat deur Zoete Weide sy kronkels en draaie maak en Bredellsdorp omseil voor dit net anderkant Vogelbaai in ’n strandmeer uitmond. Wanneer die jaarlikse vloede kom, spoel die duin tussen die strandmeer en die see weg. Soutwater stoot op en rivierwater stroom die see binne. ’n Nuwe siklus begin.

    Dawid het laat weet Pa is siek en weier om hospitaal toe te gaan. Sy het onwennig langs die bed bly staan. Gegril vir die bevlekte stoel langsaan. Gewonder hoekom Dawid so lank geneem het om haar in te lig. Al het hy geweet sy en haar pa het meer as ’n dekade nie met mekaar gepraat nie. Al was hy by toe haar pa haar soos ’n brandsiek hond weggejaag het. Al het sy en Dawid jare lank nie meer kontak gehad nie.

    Ek gaan g’n tussen ’n spul vreemdes lê en vrek nie. My eie bed is goed genoeg om in te slaap en dis goed genoeg om in dood te gaan ook.

    Sy kon nie ontken dat hy sterwend was nie. Al het Dawid haar nie gesê nie, sou sy dit kon aflei uit die ingesonke wange, die verkrimpte liggaam van ’n eens forse man. Maar veral in die wete wat uitgespel was in die oë wat so flets geword het. Oë wat kon intimideer, ’n vernietigende kyk kon gee, ’n mens aan die binnekant kon laat verdor tot die pateet wat Leon de Leeuw gedink het jy is, het oë geword wat bebliksemd erken: Die einde is in sig.

    Meneer Smit? Vasti ruk terug tot die hede toe die ontvangsdame se stem die stilte verbreek. Die deur na die gang klik agter iemand toe. Sy het nie agtergekom ’n pasiënt het uit die spreekkamer gekom en plek gemaak het vir wie meneer Smit ook al mag wees nie.

    Meneer Smit? herhaal die ontvangsdame. U kan maar deurgaan.

    Die man met die vaal hare en geboë skouers kom stadig orent. Niks aan hom is merkwaardig nie. Hy het nie ’n skerp neus of ’n groot mond wat as onderskeidende kenmerk kan dien nie. Hy sal moeilik skilder.

    Sy kyk terloops in die rigting van die ander man wat steeds sit, probeer vergeefs ’n naam vind vir die dofrooi kleur van sy hare wat styl om die bleek sproetbesaaide gesig hang. Sy lippe is effens vlesig onder die yl snor waarin die oranje pigment effens sterker aangemaak is. Vir hom wíl sy nie skilder nie.

    Vasti trek halfpad deur ’n vraelys wat DASS21 gemerk is en waarop sy op ’n skaal van nul tot drie moet aandui hoe haar gemoedstoestand die afgelope week was, toe die vaalman uitkom.

    Meneer Dreyer? kom die ontvangsdame se stem oomblikke later.

    Die roesman knik en staan op. Sy klere sit sakkerig aan hom asof hy, soos sy, onlangs heelwat gewig verloor het. Is gewigsverlies ’n teken dat mens aan die mal word is?

    Sy buig haar kop en lees die tiende punt: Ek het gevoel ek het niks om na uit te sien nie. Ingedagte omkring sy die hoogste telling. Sy kyk geïrriteerd na die verklaring van die telling: Is baie van toepassing of meeste van die tyd. Sy wens sy kon die omkringing Tipp-Ex. Selfs as sy dit doodkrap, sal dit verklap wat haar eerste, instinktiewe reaksie was.

    Haar antwoord is waar wat die afgelope week betref, ja, maar net sedert die vandalisme. Nie in die twee jaar wat dit voorafgegaan het nie. Sy het juis weer begin moed kry, asem skep, haar ekwilibrium begin vind.

    Maar in die jare voor sy Dolf afgeskud gekry het, voor sy Harties toe getrek het?

    Sy kan nie onthou wanneer sy ophou uitsien het na wat die toekoms kan oplewer nie, maar sy weet waar die motoriese moment lê. Die een oomblik waar die skeiding gemaak is tussen wat was en wat daarna gekom het. Mens sou dink dit was die dag van haar ma se dood. Of dalk die dag toe sy gehoor het Zoete Weide gaan opgeveil word. Maar dit was nie.

    Sy het dit nie destyds besef nie, maar dit was die dag toe Dolf haar eers opgevry en toe in ’n buitekamertjie op die kampus ingemaneuvreer het.

    Haar ma het kort voor haar dood die biologiese proses van seks aan Vasti verduidelik. Dit was in die Desember van haar standerdvyfjaar. Detail was daar nie, net die broodnodigste fisiologiese werkinge. Dit het vir haar min sin gemaak. Veral omdat sy nie kon glo dat dit wat haar ma verduidelik het, tussen ma Truida en haar pa kon plaasvind nie.

    Vasti kan nie eens onthou dat haar pa ooit haar ma se hand vasgehou of haar ’n drukkie gegee het nie. Groet was ’n pikkie op die wang. Vir solank as wat sy kon onthou, het haar pa gemaak asof daar nie iets soos seks bestaan nie.

    Niemand het daaraan gedink om vir Vasti te sê dit is lekker as ’n man oor jou borste streel nie. Ook nie dat daar ’n lamte oor jou kom wat jou kop benewel nie. Of dat mans nie noodwendig stop wanneer jy hulle probeer keer nie.

    Dawid het haar, in die kort rukkie wat hulle uitgegaan het, met die grootste respek behandel, maar by Vasti was daar uit die staanspoor geen twyfel dat Dolf ’n ervare en entoesiastiese vryer was nie. Sy het net nie gedink hy sou so onstuitbaar wees nie.

    Ondanks die meesleurende gevoelens wat so met haar ma se boodskap gebots het, het sy geweet sy was daardie spesifieke dag nie gereed om enduit te gaan met dit waarheen Dolf – en gedeeltelik haar lyf – op pad was nie. Miskien het sy vermoed Dolf is nie die regte man nie. Miskien het sy heimlik besef die verliefdheid wat sy gedink het sy voel, het geen dieper wortels nie. Miskien het Dawid nog in haar hart gespook.

    Sy kon nie juis om hulp roep nie, al het die PUK-kampus gewemel van die koshuisstudente. Hoe verduidelik jy immers waarom jy saam met jou ou in die benoude donkerte van die buitegeboutjie is? En die storie het juis op die kampus rondgelê dat sy ’n maklike meisie is. ’n Storie wat sy tot vandag toe nie kan verklaar nie.

    Ironies genoeg het haar pa haar gedwing om Potch toe te gaan omdat dit volgens hom nie so ’n verderflike plek is soos Stellenbosch nie. By die PU vir CHO, het hy geglo, sal die Doppers haar in toom hou soos hy dit op die plaas gedoen het. Maar Leon de Leeuw het die wil wat ’n weg sal vind, onderskat. Net jammer dit was nie haar wil wat die weg gevind het nie. Daardie eer kom Dolf toe.

    Dis asof die reuk van stof en besems, van petrol en ou lappe meteens weer in haar neus opslaan, asof sy weer hoor hoe haar pleidooie teen die sinkplafon vasslaan. Oor en oor: Asseblief, Dolf, moenie! Nie nou nie. Ek is nie gereed hiervoor nie. Nee! Dis asof sy weer die ruheid waarmee hy haar vasgepen het, ervaar; kort daarna die skerp pyn voel en die souterigheid van onwillekeurige trane op haar lippe proe.

    Vasti kruis haar bene en roer haar skouers fatalisties. Daar is niks wat sy daaraan kan doen dat dit is hoe sy seks die eerste keer ervaar het nie. Dat iets wat klaarblyklik spesiaal moes gewees het, toe uiteindelik afstootlik, morsig en donners seer was.

    Oorsaak: Nalatige inligtingsverskaffing. Gevolg: Jy besef niks is heilig nie. Ook nie jou eie liggaam nie. Nie eens vir die man wat jy liefhet met die soort desperaatheid wat net ’n oorgewig, ongewilde meisie wat in haar vorige liefde verlaat is, verstaan nie.

    Vasti kom agter sy kou aan die agterkant van die pen, onthou dan dat dit nie hare is nie. Wonder hoeveel speeksel van ander mense aan die pen kleef. En kieme. Vreemde organismes. Virusse. Kan vigs deur ou speeksel oorgedra word? Die gedagtes kom en gaan, toer dan weer die verlede in.

    Die verlies van haar maagdelikheid was vernederend, maar nie haar hoofkwelling nie. Sy het haar doodbekommer oor die gevolge tot sy met haar maandstonde begenadig is. Toe eers kon sy kwaad word.

    Dolf het gesê dit het gebeur omdat sy ’n cockteaser is, hom nie betyds gekeer het nie. Toe sy haar wip, het die rede verander na omdat ek jou so liefhet. Hy het haar belowe dit sal nie weer gebeur nie. Sy was so verdomp dom. Natuurlik het dit, dié keer in ’n geleende kar, weg van die kampus. Weer was dit haar skuld. En natuurlik omdat hy haar so liefhet.

    Sy het uitgemaak. Hy het aanhoudend gebel. By haar gepleit vir nog ’n kans. Dolf kón pleit. Hy het blomme gestuur. Kaartjies. Haar uitgenooi vir etes in deftige restaurante wat sy geweet het hy nie kan bekostig nie. Hy het haar vertel hy is bekeer, dat hy die Here gevind het en nou weet dit was baie verkeerd van hom om sy liefde vir haar die oorhand te laat kry. Sy is die enigste mens wat hom nog ooit verstaan het. En hy verstaan haar. Hy weet hoe swaar sy al gekry het.

    Met die grootste moeite het sy by haar besluit gebly, probeer verwerk dat Zoete Weide nie meer die De Leeuws se plaas is nie, dat haar pa ’n onrehabiliteerbare dronkgat geword het en haar verder toegelê op haar kuns en studies. Tot Dolf haar een Woensdagaand, amper ’n jaar later, in trane gebel het. Hy het slegte nuus gekry oor sy ma. Sal sy nie net ’n koppie koffie saam met hom gaan drink nie? Daar is niemand met wie hy kan praat nie. No strings attached.

    Natuurlik het sy daarvoor geval. Sy het pas mondig geword, maar was ondanks alles ’n baie jong een en twintig – naïef en goedgelowig. Sy het geweet hoe dit voel om niemand te hê om mee te kan praat nie, sy het ongelukkig toe nog nie geweet Dolf kan on cue snot en trane huil nie.

    Vasti het hom onvoorwaardelik geglo toe hy sê sy ma is met kanker gediagnoseer. Hy moet onmiddellik huis toe gaan, het hy gesê, sy het nie lank om te leef nie. En hy sien nie kans om alleen te gaan nie. Vasti moet saam.

    Sy kan nie, het sy verweer, sy het nog vraestelle oor om te skryf. Hy ook. Hulle was albei in hulle derde jaar. Sy het kuns geswot. Haar pa het gedink sy doen tale. Dolf was ingeskryf vir ’n onderwysdiploma. Vasti het gedink hy het eksamentoelating.

    My ma het my nodig, Vasti. As ek net dink aan al die opofferinge wat sy vir my gemaak het ná my vark van ’n pa soos ’n sleg ding weggeloop het. Asseblief, as jy enige medemenslikheid in jou het, sal jy saam met my gaan.

    Sy het soos ’n luis gevoel dat sy haar studies bo ’n man in nood en sy sterwende ma wou stel. Die uiteinde was dat hulle net ná haar vraestel die Vrydagoggend Daniëlsvlei toe sou ry en hy haar die Maandagoggend baie vroeg sou terugbring. Met trane in sy oë het hy haar bedank en gevra dat sy net nie sy ma moet laat agterkom Vasti weet sy is sterwend nie. Sy is so ’n trotse vrou.

    As sy toe geweet het Dolf lieg oor sy ma se siekte, sou sy dalk vir die tannie gesê het wat die Sondagaand gebeur het, maar hoe sê jy vir ’n ma dat jy haar snikkende seun probeer troos het en toe misbruik is? Hoe laai ’n mens so iets op ’n sterwende af?

    Dit kon Dolf min skeel toe sy die kalender weer eens benoud begin dophou het. Sy het nie geweet hy sien angstig daarna uit om ’n laaitie van sy eie te hê nie. Sodat hy ’n pa kan wees. Een wat vir sy kind sal omgee en hom nie sal weggooi soos sy pa met hom gedoen het nie.

    Dat hy gedink het hy sou daartoe in staat wees om ’n goeie pa te wees, kan sy net toeskryf aan ’n verheerlikte siening van homself.

    Ongelukkig het sy goeie rede gehad om bekommerd te wees.

    2

    Ek sien jy het my gebel, Dawid? Jammer ek kon nie netnou die oproep neem nie, maar ek is nou tussen twee kliënte.

    In die haak, Stiaan. Ek het ook nou ’n blaaskans. Dawid wik en weeg of hy moet voortgaan, maar hy is werklik bekommerd oor Vasti. Hy het haar vanoggend skaars herken. Toe hy haar laas gesien het, was sy was so oorgewig dat dit aan obesiteit gegrens het. Vanoggend lyk sy amper uitgeteer.

    Dawid? Stiaan klink effens ongeduldig.

    Vasti de Leeuw, die vrou oor wie ek jou vanoggend gebel het. Dit sal miskien goed wees as ek jou ’n bietjie agtergrond gee. Ek weet nie op hoeveel samewerking mens van haar kant af kan staatmaak nie. Sy was baie onwillig om na jou toe te gaan.

    Ja? Hy kan Stiaan amper hoor frons.

    Sy is neerslagtig, slaap sleg, kry hoofpyne. Geweldig baie gewig verloor. Sy het pas hierheen teruggetrek van die noorde af. Klink my sy is deur hel die afgelope jare. En Dawid Benade het nie ’n vinger gelig om haar te help nie, haar net een keer na haar pa op Leeuwendrift geneem, maar daar het hy haar vir die soveelste keer in die steek gelaat toe haar pa haar wegjaag. Maar dit sê Dawid liewer nie.

    "Van ’n gemeenskaplike vriendin hoor ek Vasti se eks stalk haar vandat sy hom sewe jaar gelede finaal verlaat het. Sy het hom glo vir die afgelope twee jaar sedert hulle egskeiding afgeskud, maar laas maand het hy haar weer opgespoor en haar meenthuis by Hartbeespoortdam verrinneweer. Wel, dit was vermoedelik hy. Daar was nie bewyse nie.

    En vanoggend daag sy by my spreekkamer op nadat ek haar laas met haar pa se begrafnis gesien het. Hy huiwer. Ek dink daar lê deel van haar probleem. Haar pa was ’n moeilike ou man. Sy plaas onder hom uitgesuip.

    Sondes van die vaders. Stiaan klik sy tong simpatiek. Maar Dawid, ek is seker sy sal op haar tyd hieroor met my praat.

    Dawid laat sak sy kop in sy palm. Hy het nou behoorlik ’n gat van homself gemaak. En dit by ’n man vir wie hy op sowel professionele as vriendskaplike vlak agting ontwikkel het sedert Stiaan ’n paar maande gelede op die dorp aangekom het.

    Ek en Vasti . . . Ons het ietwat van ’n geskiedenis. Ek kan nie glo sy het so agteruit gegaan nie. En sy was so ’n begaafde kunstenaar. Ek is jammer, ek moes nie . . . Ek wou net help. Wou hê jy moet probeer verstaan. Of dalk beter verstaan. Ek weet nie . . .

    Dis in die haak, Dawid. Ek verstaan. Daar is mense in enigiemand se lewe wat jou net eenvoudig dieper raak as ander. Ek sal my bes probeer om haar te help. Maar soos jy weet, sal sy moet saamwerk.

    Dawid knik. Dankie. Dis al wat ek vra. Jy sien, ek voel ek het haar in die steek gelaat. As vriend. Moet hy nou waaragtig so onbeholpe klink?

    "Mens kan nie altyd vir almal daar wees nie, Dawid. Maar ons praat later. Sien jou Saterdag op die gholfbaan?’

    Reg, sien jou dan.

    Vasti kan nie help om van voor af te wonder hoe anders haar lewe sou verloop het as Dawid haar destyds net wou help nie.

    Ek wil nie Dolf se kind hê nie! het sy uitgeroep toe sy Dawid uit desperaatheid daardie Desembervakansie gaan pleit het om haar te help.

    Dit was die jaar voor aborsie gewettig is. Dawid het geweier. Sy argument was nie dat hy nog nie gekwalifiseer is nie. Dis nie net onwettig nie, het hy verduidelik, dit druis ook teen sy etiek in en hy het geloofsbesware daarteen. Daarom weier hy selfs om haar na iemand te verwys.

    Maar Dawid, dit was teen my sin.

    Dawid het gesug. Vasti, jy en Dolf het wie weet hoe lank uitgegaan. Jy erken julle het voorheen gemeenskap gehad. Jy sê dis leuens, maar ek het by meer as een ou gehoor dat jy . . . wel . . . gewillig is. Soos jy weet, is dit hoekom ek met jou uitgemaak het. Ek begryp nie hoe jy nou rape kan skree nie. En nog minder waarom jy nie die Pil begin gebruik het toe jy seksueel aktief geraak het nie. Daarmee sou ek jou gehelp het as jy my gevra het, of ek nou voorhuwelikse seks goedkeur of nié.

    Haar protes het niks gehelp nie.

    Dis jou eie saak as jy sedeloos wil leef, Vasti. Jy kan net nie van my verwag om jou nou vir alle praktiese doeleindes te help om moord te pleeg nie, het hy onwrikbaar gebly.

    Sy weet sy kan nie regtig vir Dawid blameer nie. Dis was haar eie skuld dat sy so onnosel was. En sy twyfel sterk of sy werklik met ’n aborsie sou deurgegaan het, al sou hy ingestem het. Maar waarvoor sy hom waaragtig nie kon vergewe nie, is dat hy haar pa gaan vertel het. Weliswaar omdat hy haar pa wou oortuig dat aanneming die beste opsie is. Weliswaar omdat hy gedink het haar pa sal haar ondersteun. Hy het goed bedoel, maar het Leon de Leeuw toe nog nie goed genoeg geken om te kon voorspel hy sou aandring dat Vasti met Dolf trou nie.

    Mevrou De Leeuw?

    Vasti kyk op.

    U kan deurgaan. Eerste deur links. Stiaan . . . Die ontvangsdame druk haar bril terug op haar neus – ’n ontwerpersbril wat geen afbreuk doen aan haar mooi gesiggie nie. Meneer Sonnekus sal nou by u wees.

    Vasti skarrel haar halfvoltooide vraelys bymekaar en staan op. Dankie. Sy trek die band van haar verslete handsak oor haar skouer en stap tot by die toonbank. Terloops, dis mejuffrou. Of seker me. Ek het my nooiensvan teruggeneem. Ná my egskeiding, voel sy om die een of ander onverstaanbare rede gedwonge om te verduidelik. Die ontvangsdame knik net.

    Egskeiding is ’n klap in die gesig van jou Skepper! het haar pa uitgevaar toe sy Dolf die eerste keer verlaat het. Hulle was toe ’n bietjie meer as drie jaar getroud. Drie jaar van emosionele hel. Óf haar pa het haar nie geglo nie, óf hy het nie omgegee toe sy hom vertel Dolf het ’n affair nie. Ook nie dat ’n kollega hom die vorige jaar aangekla het dat hy haar betas het en hy afgedank sou gewees het as die vrou nie die klag teruggetrek het nie.

    Jy is die een wat in die eerste plek wou hoer en rumoer. Wat moes trou, het Leon de Leeuw verder getier. Nou moet jy maar slaap in die bedjie wat jy vir jouself opgemaak het. En jy sit jou voete nie weer in hierdie huis tot jy jou huwelik uitgesorteer het nie. Gee jou man wat hom toekom, dan sal hy nie rondloop nie.

    Maar oom, het Dawid tussenbeide probeer kom.

    Maar oom se moer! Vat haar hier weg. Weg voor my oë. Sy is ’n klad op die naam van die vrou wat haar in die lewe gebring het. ’n Vrou wat geweet het hoe ’n vrou haar moet gedra.

    En Dawid hét Vasti weggevat, weer op die trein gesit en so is sy terug Klerksdorp toe. Terug na Dolf toe wat destyds by Sentraalwes gewerk het en nie eens geweet het sy het hom verlaat terwyl hy weg was om af te los in Wolmaransstad nie.

    Daarna het sy nie haar pa of Dawid weer gesien tot haar pa op sy sterfbed was nie. En vir Dawid nie weer ná die begrafnis nie. Tot vanoggend.

    Vasti gaan die spreekkamer binne en trek die deur agter haar toe. Sy is alleen in die room-en-oker-vertrek. In een hoek is ’n lessenaar met ’n stoel aan weerskante. In ’n ander staan ’n rusbank en ’n gemakstoel. ’n Chagall-afdruk teen die muur bind al die kleure in die vertrek saam. Selfs die groen koei tel die kleur van die potplant in die hoek op. Die Val van Icarus, herken sy die skildery. Die son is prisma-agtig en hoofsaaklik grysblou, met ’n vaalgrys voël in die sirkel vasgevang. Die voël vlieg nie. Hy staan in die kring van die son en kyk na Icarus wat met sy gebrekkige vlerke gehul in vlamme die aarde tegemoet stort.

    ’n Tweede deur, agter die lessenaar, swaai oop. Stiaan Sonnekus lyk glad nie soos ’n sielkundige nie. Eerder ’n wildbewaarder. Een wat ’n spesie soek om te red. Daar is ligter strepe in sy donker hare, asof hy baie in die son kom of ’n uitstekende haarkapper het. Maar dan sou dié seker ook iets aan die grys glinstering tussenin gedoen het. Die krieketspeler-plooitjies om sy oë verklap dat hy selde ’n sonbril dra. En dat hy waarskynlik meer as vier dekades agter die blad het.

    Stiaan Sonnekus. En jy is Vasti de Leeuw. Sy hand vou warm oor haar koue een.

    Hemel, maar hy is ’n dish. Hoe vertel mens ’n dish van al jou ellendes?

    Sy gaan sit aan die ander kant van die lessenaar. Die rugkante van drie staanrame is na haar gedraai. Sy was te besig met die Chagall-skildery om hulle raak te sien. Waarskynlik foto’s van sy vrou en kinders.

    Dawid is baie bekommerd oor jou. Sy stem is diep. Simpatiek, maar ontdaan van sentimentaliteit.

    Sy was by toe Dawid vir Sonnekus gebel het. Volgehou het dat die sielkundige haar vandag nog moet sien. Sy kon aflei hulle is minstens goeie kennisse.

    Ek sien Deirdre het reeds vir jou die stel vraelyste gegee om in te vul. Vandag kan jy maar net die agtergrond in breë trekke vertel. Dawid het genoem jy is twee of drie jaar gelede geskei. Pas van die noorde af hierheen getrek. Dat jy sukkel om te slaap en baie gewig verloor het. Neerslagtig is.

    Dawid moes hom gebel het nadat sy by hom weg is. Sy wonder wat hy die sielkundige nog vertel het. Hopelik nie dat sy en Dawid in hulle prille jeug geglo het hulle is vir mekaar bedoel nie. Vir ses maande in elk geval. Daar behoort ’n wet te wees teen die sluit van romantiese verhoudings tydens Intervarsity. Veral as die een party ’n eerstejaar op PUK en die ander ’n derdejaar- mediese student op Kovsies is.

    ’n Moeë rebelsheid roer in haar. Dawid oordryf. Ek het ’n terugslag gehad, maar ek kan op my eie cope.

    En dis hoekom jy aanvanklik geweier het om my te kom sien? Sy ligte oë is in skerp kontras met die bykans swart wimpers.

    Hy is te aantreklik om te skilder.

    Sy laat sak haar oë. Ek kon nog altyd op my eie cope. Ek het nie ’n sielkundige nodig om my te help nie. Ek het net tyd en rus en vrede nodig. Dis al. En die sleutel vir my huis. Dawid het my daarmee afgepers om hierheen te kom. Sy lig haar kop, maar sy kyk nie na hom nie. Sy kyk na Icarus. En ek weet jy gaan die een of ander tyd net stilbly sodat ek kan uitpraat, alles uit my sisteem kry, en dan is ek veronderstel om beter te voel. Wel, dit werk nie so nie.

    Hoe werk dit dan? Sy stem is steeds rustig.

    Ek moet dit self verwerk.

    En wat is dit wat jy self moet verwerk?

    Dat ek op nege en dertig so doodmoeg geleef is. Sy kyk op na die wit plafon, skaam oor die stank van melodrama wat haar woorde die lug instuur. Sy probeer dit met weerbarstigheid kamoefleer. En ja, ek kry myself soms jammer. Is daar trappe van vergelyking vir melodrama? As daar is, is hierdie uitlating nog melodramatieser as die vorige. En dit voor ’n man wat vir haar so donners mooi is. Sy hoop nie sy kom by die derde trap uit nie.

    Sy wens sy kan iemand blameer vir hierdie verskriklike gevoel van verydeling. Selfs Dolf kan nie die volle skuld daarvoor dra nie. Dis haar eie skepping. Sy behoort sterker te wees. Sy behoort terug te veg. Teen haar mismoedigheid, teen haar moegheid, teen Dolf.

    Hy vou sy hande voor hom op die lessenaar en leun vorentoe. Sy vingers is lank, die naels baie kort en baie skoon. Koester jy selfmoordgedagtes?

    Sy skud haar kop. Ek het nie die krag om nog te besluit op watter manier ek myself uit die weg kan ruim ook nie. Sy kyk weer na die skildery. Na Daedalus, tussen Icarus en die son, wat na sy seun uitreik asof hy hom wil keer. Daedalus, wat op Kreta vir koning Minos die labirint gebou het om die minotaurus gevange te hou. Wat vir sy moeite saam met sy seun in die tronk beland het en toe vir hulle wasvlerke gemaak het om te kan ontsnap. Hoe sou hy daaroor gevoel het dat hy tot in Sisilië kon vlieg, terwyl sy seun se vlerke gesmelt het?

    Vasti? ruk Stiaan haar terug na die hede.

    Vir ’n oomblik staar sy na haar vingers op haar skoot, onthou dan waarvan hulle gepraat het. Ek gril vir bloed en het ’n baie lae pyndrumpel. Pille is nie veilig genoeg nie. Sy lig haar oë tam. Veilig is nie juis die woord nie, maar jy weet wat ek bedoel. Dis moeilik om seker te maak met pille. ’n Kaal vrou lê skuins oor ’n dak gedrapeer. Sy herken die figuur uit een van Chagall se ander skilderye, maar kan nie die titel onthou nie.

    Dit klink vir my of jy tog reeds baie daaraan gedink het.

    Ek het geen behoefte om dit deur te voer nie. Vasti skuif terug in die stoel toe sy agterkom sy gebruik net ’n nippertjie van die sitgedeelte. Eintlik lieg sy. Dis die krag daarvoor wat haar ontbreek. En die moed. Nie noodwendig die behoefte nie.

    En as jy skielik op ’n dag aan ’n geskikte manier kan dink? Sy oë, waarvoor jy ’n buisie Phthalo Green sou moes gebruik om dit te skilder, tel die kleurnuanses van Chagall se koei op, maar nie van die plant nie. Hy het ’n sensuele mond. Die soort mond wat ’n vrou se lyf in detail sou kon ontdek.

    Ek wonder soms hoe Ingrid Jonker gevoel het toe sy die see ingestap het. En of sy dalk in ’n stadium wou terugdraai en nie kon nie.

    Vogelbaai is hoeka skaars vyftig kilometer van hier af, is sy lus om te sê, maar dit sou net vir effek wees. Sy is te lafhartig. Selfs om die see in te stap moet ’n mens meer wilskrag hê as waaroor sy beskik.

    Hy sit haar ’n paar oomblikke lank en bekyk. Jy is ’n aantreklike vrou, Vasti. Hy huiwer vir ’n mikrosekonde, vervolg dan vinnig: Intelligent, ook. Dawid sê vir my jy is ’n begaafde kunstenares. Sy oë word ’n skakering donkerder. Jy het soveel om aan ander, aan jouself te bied. Jy kan nie toelaat dat hierdie gevoelens wat jy in jou ronddra, jou baasraak nie. Hy leun vorentoe. Ek kan jou help, maar dit gaan openlikheid en harde werk van jou kant af verg. Die vraelyste sal jou alreeds help om insig in baie dinge te kry. Dink baie goed terwyl jy die vrae beantwoord. Ek gaan ook vir Dawid vra om ’n ligte antidepressant voor te skryf. Gebruik dit gereeld. Net tot ons ’n punt bereik waar dit nie meer nodig sal wees nie. Hy stoot ’n visitekaartjie oor die lessenaar na haar toe. Bel my enige tyd as dinge vir jou te veel raak.

    Vasti neem die kaartjie, bekyk die bruin letters op hul room agtergrond. Nóú, ja, totdat hy seker is sy sal nie die Styx-rivier in haar eie roeibootjie aandurf nie. Maar uiteindelik sal Stiaan Sonnekus ook verdwyn. Soos almal mettertyd verdwyn. Op die ou einde is dit tog maar net jouself waarmee mens sit. En met die skadu’s wat die keuses wat jy gemaak het, oor jou bly werp. Ad infinitum.

    Sy weet nie of sy kans sien om daardie skadu’s aan te durf nie. Sy weet nie of sy kans sien om haarself en haar herinneringe te konfronteer nie, om Stiaan Sonnekus te kom sien en te sit en derms uitryg nie. Sy weet ook nie of sy die moed het vir die uitsigloosheid van môre nie. Maar sy weet ineens sy het ’n enorme fout gemaak om terug te kom na die tweelingdorpe waar sy nie aan die verlede sal kan ontkom nie. Of sy nou by ’n hels aantreklike sielkundige sit en bieg of nié.

    Toe sy die dag ná die vandalisme uit die hospitaal ontslaan en weer met die verwoesting in haar meenthuis gekonfronteer is, het haar pa se huis na die logiese uitkoms gelyk. Nou lyk dit egter na die onnoselste besluit wat sy nog geneem het in ’n rits van skreiend onnosel goed wat sy dwarsdeur haar lewe aangevang het.

    Sy staan op, skud die vraelyste bymekaar. Sy huiwer voordat sy wegdraai, voel dat sy darem iets moet sê. Sonnekus. Dis so ’n optimistiese naam. Daarmee draai sy om en stap by die deur uit.

    Die konsert, besef sy terwyl sy betaal. Dis die skildery waaraan die naakte figuur wat sy herken het, maar nie kon plaas nie, haar herinner. Maar in Die konsert is dit ’n pienk vrou in die blou bootjie en sy lê andersom. In Die konsert is Chagall se violis en sy bok teenwoordig, onthou sy terwyl sy deur die gebou se voorportaal stap. In Die val van Icarus gebruik Chagall nie een van sy twee gereelde, dikwels humoristiese motiewe nie, onthou sy ook toe sy in haar warmgebakte wrak van ’n bakkie klim.

    Stiaan sit vir ’n paar oomblikke net so stil. Hy kan nog ’n sweempie van haar parfuum ruik. Blommerig, met donker ondertone. Sensueel. Soos sy.

    Hy vou sy arms voor sy bors, konsentreer daarop om haar te reduseer tot net nog ’n kliënt, net nog iemand wat meegegee het onder dit wat die lewe aan haar uitdeel. Klaarblyklik ’n aansienlike vraggie. Selfs al het Dawid nie vir hom ’n vlugtige agtergrond geskets nie, is dit ooglopend dat Vasti de Leeuw nie ’n maklike lewe agter die rug het nie en dit haar begin onderkry. Dit kon hy duidelik sien aan die diep geëtste blou kringe wat soos kneusplekke onder haar oë lê. Die sakkerigheid van haar klere wat bevestig dat sy baie gewig verloor het. Die onnatuurlike bleekheid van haar vel. Die uitsigloosheid in haar oë.

    Ek kan jou help, het hy vir haar gesê. Hy hoop hy het nie gelieg nie.

    Met ’n sug bel hy Dawid en vra dat hy ’n voorskrif vir Vasti de Leeuw uitmaak.

    Sal sy regkom? vra Dawid nadat hulle op die geskikste medikasie besluit het.

    Alle depressiegevalle is kommerwekkend, maar sy is darem nog nie in die diepste van swart gate nie. Sy het net hulp nodig om oor die ergste te kom. Ek dink veral die vandalisme het haar geruk. Maar ek sal natuurlik eers kan sê nadat ek deur haar vraelys gewerk en ons ’n paar sessies gehad het.

    Nadat Dawid gegroet het, tel Stiaan ingedagte een van die fotorame op en streel met sy pinkie die lyne van die dogtertjie se gesiggie na. Liezl. Sy trek opvallend baie op Lillian. Die oë veral. Hy tel die ander foto op en hou dit langs dié van Liezl. Onmiskenbaar ma en dogter. Lillian en Liezl. Skadu en lig, lig en skadu.

    Die sondes van die vaders. En die moeders. Is dit waar alles altyd begin? Moontlik, maar hy vermoed vir hom het alles by die laaste geveg van die Grensoorlog begin, op ’n winterdag in 1988 by die Calueque-damwal. Of miskien is dit waar alles geëindig het. Alles wat ooit heel was in hom, het met die val van die laaste bom in daardie belaglike oorlog uitmekaar geskiet. En selfs Lillian kon hom nie weer heel kry nie. Inteendeel, hy het dit reggekry om haar ook te breek.

    3

    Vasti is verlig dat sy die sleutel by Dawid se ontvangsdame kon afhaal. Sy het nie kans gesien om hom weer in die oë te kyk nie. Hy het seker geraai sy was nie van plan om die antidepressante by die apteek te gaan koop nie. Dié dat hy die pakkie saam met die sleutels vir haar gelos het eerder as net ’n voorskrif.

    Sy wik en weeg kortstondig of sy tog maar vir Runa moet gaan groet. Besluit dan daarteen om dieselfde redes as hoekom sy nog nie vir Runa laat weet het sy trek Leeuwendrift toe nie. Sy wil eers intrek, probeer tuis raak. Emosionele krag opbou en haar voorberei op die gesprek wat sy en Runa sal moet hê.

    Hoe sy vir Runa gaan sê sy wil haar weer toelê op ernstiger kuns pleks van kommersiële skilderye, weet sy nie. Runa se

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1