Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Joe Speedboot
Joe Speedboot
Joe Speedboot
Ebook390 pages6 hours

Joe Speedboot

Rating: 3.5 out of 5 stars

3.5/5

()

Read preview

About this ebook

Die dertienjarige Fransie is verlam ná ’n fratsongeluk, maar reeds terwyl hy in die hospitaal aansterk, hoor hy verblydende nuus oor ’n nuweling op die dorp, ene Joe Speedboot, wat besig is om die dorpie se plattelandse verlamming te temper. Dié is ’n seun met baie planne en ’n wil van staal – soveel so dat hy spoedig die klein dorpie Lomark heeltemal op horings neem met midder-nagtelike ontploffings en tuisgeboude spioenasie-vliegtuie.Fransie en Joe word groot vriende en Joe help Fransie om vanuit sy rolstoel, en sonder dat hy kan praat, ’n opwindende tienerlewe te hê. Dis byvoorbeeld Joe wat besef dat Fransie se oorontwikkelde rolstoelarm van hom ’n bobaas armdrukker sal maak. Natuurlik is daar ook ’n meisie, die Suid-Afrikaanse PJ, vir wie albei seuns liefraak . . .Joe Speedboot het in 2005 by De Bezige Bij verskyn en is in 2006 met die Ferdinand Bordewijk-prys vir prosa bekroon. Meer as 300 000 eksemplare is in Nederland verkoop en die roman is in verskeie tale vertaal.
LanguageAfrikaans
PublisherQueillerie
Release dateJul 20, 2012
ISBN9780795800412
Joe Speedboot
Author

Tommy Wieringa

Tommy Wieringa was born in 1967 and grew up partly in the Netherlands, and partly in the tropics. He began his writing career with travel stories and journalism, and is the author of several internationally bestselling novels. His fiction has been longlisted for the Booker International Prize, shortlisted for the International IMPAC Dublin Literary Award and the Oxford/Weidenfeld Prize, and has won Holland’s Libris Literature Prize.

Related to Joe Speedboot

Related ebooks

Related articles

Reviews for Joe Speedboot

Rating: 3.7259616048076927 out of 5 stars
3.5/5

416 ratings6 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    Joe Speedboat really is Tommy Wieringa's tour de force. The book brims over with energy in an authentic and unparallelled way. The great atmosphere of this book is incomparable to anything else I have ever read. One of my most pleasant reading surprises.
  • Rating: 3 out of 5 stars
    3/5
    Normaal heb ik het niet zo erg voor jongensboeken genre Tom Sawyer, Kees de Jongen of zelfs Le Grand Meaulnes, maar ik moet bekennen dat ik deze wel kon smaken. Wieringa brengt immers zoveel meer dan een leuk coming of age-verhaaltje. Hij tekent een erg marginale, lokale Nederlandse gemeenschap (het katholieke Lomark, onder een dijk, NSB-verleden incluis), maar laat daar ook de wijde wereld in binnendringen (Papa Afrika). De grote held van het verhaal, Joe, blijft tot het eind zijn mysterie behouden; zijn aantrekkingskracht is dat hij in een andere dimensie lijkt te vertoeven en zich daarmee (bewust) onttrekt aan zijn relatief marginale afkomst. Hij is ook niet in de val getrapt om van zijn vertellend personage Fransje Hermans een goedkoop succesverhaal te maken, Fransje weet op het eind drommels goed waar hij maar staat. En tenslotte is het taalgebruik van Wieringa voortdurend verrassend en ontzettend beeldend. Enig voorbehoud heb ik wel bij de vrouwenfiguren in dit boek: zoals in andere ?jongensboeken? komen die er erg bekaaid af.
  • Rating: 1 out of 5 stars
    1/5
    Tommy Wieringa is one of the Dutch authors who has been doing very well recently, and found their books published with a great deal of success in English and other languages, in several editions. Part of that success comes on account of the fact that they write their books in a very different way from authors before them. Their books tend to be less ponderous, and written in an altogether freer style than much of Dutch books before them. While authors such as Tommy Wieringa, Herman Koch (author of The Dinner) and Dimitri Verhulst also have wide readership in the Dutch language community, serious readers find that their work is popularized and of a lower quality.Joe Speedboot by Tommy Wieringa is a coming of age novel, that tells the story of two friends growing up, in the fictional village Lomark in the Netherlands. The plot is a fantastic roller-coaster of unlikely events. The story, which resembles books like Tom Sayer and Huckleberry Finn, is told in the form of the reminiscences of the main character. It opens as the main character, Fransje Hermans, aged 14, wakes from a coma of nearly 200 days. A new boy has moved to the village, and Fransje is impressed by this youngster who changes his name to Joe Speedboot. There are numerous unlikely plot elements, including the building of an airplane from scratch.The novel is clearly influenced by other mainstream Dutch authors such as A. F. Th. van der Heijden, but the story is more superficial. The story is not entirely chronological, that is to say, the development over time is not even; in fact, the story is merely a string of unlikely, spectacular plot elements, that have no other function than being just simply spectacular, as they impress Fransje. As in previous novels novels by Tommy Wieringa, characters naming seems clumsy, often creating cross-references to historical characters, or of disconcerting clumsiness. Critics have suggested that the names of main characters are opportunistically chosen to facilitate translation of the novel into English: Fransje easily translates as Frankie, and Joe Speedboot as Joe Speedboat. In fact, the English forms of the names are more natural than the Dutch forms.
  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    Fourteen year old Frankie Hermans is just coming out of a coma of 200 days, during this time a new boy arrived in the small Dutch town of Lomark, Frankie's home. Coinciding with Joe's arrival are several bomb explosions in the town, the two are not unrelated, and Joe's abilities go beyond creating a bang, he proves capable of building his own airplane from scratch, and finds a good use for a redundant bulldozer, he is truly a creative mechanic and a free spirit.Frankie's recovery leaves him with severe physical limitations, but he and Joe soon strike up a friendship, along with Christof and Engel, and later the beautiful and desirable P.J. While Frankie is restricted in mobility and speech, he has the use of his right arm, which develops remarkable strength; under Joe's guidance he successfully enters the world or arm wrestling.The account is related by an older Frankie as he looks back at his teenage years. The friendship he describes with Joe is one of unselfishness and care, Joe unquestioningly will do whatever is needed for Frankie, and even their rivalry for P.J.'s affections does not interfere with their friendship. Joe Speedboat is an unusual, beautiful and touching story of friendship and growing up in a small provincial town.
  • Rating: 3 out of 5 stars
    3/5
    This is the kind of book people are enthusiastic about, and I just don't get it. Yes, there are some absolutely brilliant jokes in it and yes, the style is very intelligent and yes the characters are deep.However, the book is also very pompous. Frans thinks things no teenager would think, no matter how deprived of speech they are. It helped me get through the book rather quickly, because I skipped all those pages full of dull observations and I enjoyed the story all the more for it. Call me superficial, but it sure worked for me. Loved the ending of the book by the way.
  • Rating: 3 out of 5 stars
    3/5
    Normaal heb ik het niet zo erg voor jongensboeken genre Tom Sawyer, Kees de Jongen of zelfs Le Grand Meaulnes, maar ik moet bekennen dat ik deze wel kon smaken. Wieringa brengt immers zoveel meer dan een leuk coming of age-verhaaltje. Hij tekent een erg marginale, lokale Nederlandse gemeenschap (het katholieke Lomark, onder een dijk, NSB-verleden incluis), maar laat daar ook de wijde wereld in binnendringen (Papa Afrika). De grote held van het verhaal, Joe, blijft tot het eind zijn mysterie behouden; zijn aantrekkingskracht is dat hij in een andere dimensie lijkt te vertoeven en zich daarmee (bewust) onttrekt aan zijn relatief marginale afkomst. Hij is ook niet in de val getrapt om van zijn vertellend personage Fransje Hermans een goedkoop succesverhaal te maken, Fransje weet op het eind drommels goed waar hij maar staat. En tenslotte is het taalgebruik van Wieringa voortdurend verrassend en ontzettend beeldend. Enig voorbehoud heb ik wel bij de vrouwenfiguren in dit boek: zoals in andere ‘jongensboeken’ komen die er erg bekaaid af.

Book preview

Joe Speedboot - Tommy Wieringa

PENSEEL

Hoofstuk 1

Dis ’n warm lente. By die skool bid hulle vir my omdat ek al meer as tweehonderd dae buite weste is. My hele lyf is vol bedsere en ek lê met ’n kondoomkateter om my voël. Dis die coma vigil-stadium, verduidelik die dokter vir my ouers: Ek is weer effens ontvanklik vir my omgewing. Hy sê dis goeie nuus dat ek op pynprikkels en geluide reageer. Reaksie op pyn is ’n seker teken van lewe.

Hulle hang gedurig om my bed rond; Pa, Ma, Dirk en Sam. Ek hoor hulle al as hulle by die hysbak uitkom – ’n swerm spreeus wat die lug verdonker. Hulle ruik na olie en flou tabak, maar het darem die moeite gedoen om hul oorpakke uit te trek. Hermans & Seun vir Alle Sloopwerk. Die Loodfamilie vir Skroot.

Ons sloop motorwrakke, fabrieksinstallasies en nywerheidstoerusting, en af en toe ’n eetplek se binnekant as my broer Dirk die gier kry. Op Lomark is Dirk omtrent nêrens meer welkom nie. Westerveld is die enigste plek waar hy nog sy voete mag sit, by die kroeg waar hy ’n vryery met ’n meisie aan die gang het. As hy by die huis kom, ruik hy die ene gebottelde viooltjies. Arme meisiekind, dis al wat mens kan sê.

Hulle praat gedurig oor die weer, altyd dieselle ou storie: Besigheid is sleg en dis die weer se skuld, maak nie saak watse weer nie. Dan trek hulle los met die vloekery; eers Pa, dan Dirk en Sam. Dirk snuif aanmekaar tot hy met ’n bol slym in die mond opgeskeep sit. Hy weet nie mooi wat om daarmee aan te vang nie, dan sluk hy dit maar af – en voor jy kan sê snot is als weg.

Maar deesdae gons dit op Lomark oor meer as die weer. Vandat ek ’n tyd gelede weg-wêreld geraak het, het ’n meubelvervoerwa deur die Maandag-gesin se gewelhuis geploeg en van toe af skrik al wat leef hulle kort-kort boeglam vir ’n moerse ontploffing iewers. Blykbaar het dit te make met ’n ou met die naam Joe Speedboot. Hy’s nuut op Lomark en ek het hom nog nooit gesien nie.

Ek spits my ore as hulle oor Joe Speedboot praat – hy klink na ’n lekker ou, as jy my vra, maar niemand vra my ooit iets nie. Hulle is doodseker dis Speedboot wat die bomme maak. Nie dat iemand hom al met so iets betrap het nie, maar voor hy hier opgedaag het, was daar nooit ontploffings op Lomark nie. Nou gebeur dit skielik. Nou ja. Die mense is behoorlik omgekrap daaroor, glo my. Partykeer sê Ma bly tog stil, netnou hoor onse Fransie julle, maar niemand steur hulle aan haar nie.

– Gou ’n dampie maak, sê Pa.

Hier binne is rook verbode.

– Is sy van regtig Speedboot? vra Sam, my broer wat twee jaar ouer is as ek.

Sam sukkel nooit met my nie.

– Niemand se van is sommer net Speedboot nie, sê Dirk. Met sy groot bek.

Dirk, die oudste. ’n Bliksem. Oor hom kan ek julle baie stories vertel.

– Foeitog, die kind se pa is nou die dag dood. Los hom tog uit, sê Ma.

Dirk snuif nog ’n slag.

– Speedboot . . . simpel . . .

Dit gee my die jeukens, daai regte help-my-krap-jeuk. Joe Speedboot; verbeel jou.

Weke later lê ek en die wêreld nog albei plat op die rug, ek as gevolg van die ongeluk en die wêreld omdat dit so warm is. En Ma huil. Van geluk, dié keer.

– Ag, nou’s my mannetjie mos weer mens, sommer weer een van ons.

Sy het elke dag vir my ’n kersie aangesteek en glo regtig dat dit gehelp het. Die klas dink weer dit was aan hulle te danke, met al daardie gebede. Tot die skynheilige Quincy Hansen het saamgebid, asof ek in ’n gebed van hom iets te soek gehad het. Dis nie asof ek al uit die bed mag opstaan of kan huis toe gaan nie. Ek sou dit nie eers kon regkry nie. Hulle moet nog my rugwerwels ondersoek, want sover kan ek nog net my regterarm beweeg.

– Net genoeg om draad te trek, sê Dirk.

Van praat kan ek ook voorlopig vergeet.

– Daar het in elk geval nooit veel uitgekom nie, sê Sam.

Hy kyk of Dirk lag, maar Dirk lag net vir sy eie grappe. Hy moet ook maar, want niemand anders doen dit nie.

– Toe nou, julle! waarsku Ma.

Dit is soos sake nou staan: ek, Fransie Hermans, een arm wat werk en veertig kilo slap vleis wat daaraan vassit. Daar was ’n tyd toe ek beter daaraan toe was. Maar Ma is sielsgelukkig; sy sou vir een oor ook dankbaar gewees het – mits hy na haar luister, natuurlik.

Ek moet so gou moontlik hier wegkom. Hulle maak my gek met hierdie rondhangery om my bed en die gesanik oor die besigheid en die weer. Wat traak dit my? Bid jou aan.

Hoofstuk 2

Ek het ’n jaar ouer geword terwyl ek bewusteloos was; hulle het my verjaardag in die hospitaal gevier. Ma vertel van ’n koek met veertien kersies wat hulle om my bed verorber het. Ek het 220 dae aanmekaar geslaap, en as jy die begin van die rehabilitasie bytel, was dit omtrent tien maande voordat hulle my laat huis toe gaan het.

Dis nou middel Junie. Die wonder van my wederopstanding – soos Ma dit wil hê – maak dinge moeilik vir ons gesinslewe. Ek moet gevoer, gewas en omgedraai word. Dankie, julle almal, maar dít kry ek nog nie uit nie.

Eendag neem my broers my saam kermis toe, omdat Ma so sê. Sam stoot die rolstoel en die buitelug verwelkom my met ope arms soos ’n ou vriend. Die wêreld lyk anders vandat ek terug is. Alles sprankel, asof die pous op besoek kom of so iets. Sam stoot my teen ’n stink spoed deur die strate; hy wil nie hê die mense moet ons stop met allerhande vrae oor my toestand nie. Ek kan al die kermis in die verte hoor. Die gejil, die bekpraatjies van die kermismense, die klokkies wat lui as jy iets raakskiet – die lawaai sê alles. Dis een helse hoera vir die kermis.

Dirk loop ’n ent voor ons uit, sy rug vooroor soos iemand wat skaam kry. Hy draai by Zonstraat in en hou by die café De Zon verby. Sam kom met my agterna. Die kermisklanke word dowwer; klanke wat styg en daal is al wat jy nog hoor. So, dan gaan ons seker nie kermis toe nie. Sam stoot my haastig verder straataf. Dan kom ons by Hoving se vervalle plasie aan die rand van die dorp. Ons stop eers, maar Dirk is al deur die tuinhek. Ek was lanklaas hier.

– Help ’n bietjie! roep Sam.

Die rolstoel se wiele sukkel deur die hoë gras vol surings en papawers. Dirk kom sit hand by en hulle dwing die rolstoel deur die tuin van oorlede Rinus Hoving. Sy plasie is verlate, en solank die erfgename stry oor wat daarvan moet word, gebeur daar ook niks. Hulle tel my deur die spensdeur tot binne-in die huis. Die rooi vloerteëls is toe onder ’n dik laag stof. Ek sien dat daar voetspore lê. Hulle stoot my deur die kombuis en met die gang af tot in die groot woonkamer, dan los hulle my agter die glasskuifdeure van ’n effens hoër syvertrek.

– Sit hom voor die venster, sê Dirk. Dan het hy iets om na te kyk.

– Sit hom self voor die venster.

Sam begin twyfel. Maar nie Dirk nie. Hy’s nie ’n ou wat twyfel nie, daarvoor is hy te onnosel.

– Ons kan darem nie dit doen nie, sê Sam.

– Dis sy eie skuld. Ek gaan regtig nie met hom op die rondomtalie ry nie, as dit is wat sy gedink het.

Sy, dis nou Ma. Dirk het nie veel respek vir haar nie, maar sy het ’n magtige wapen: Pa se plathand. Sam se kop skuif weer tot binne my gesigsveld.

– Ons is nou-nou terug, Fransie, oor ’n uur of so.

Dan is hulle weg.

Fantasties, nè, eenkant toe gesmyt soos ’n spul afvalhout in ’n murasie. Dit kon mens ook van hulle verwag het. Dis nes ek gedink het, ek moes nog net bewyse kry. Feite is nie so erg soos vermoedens nie. Feit is dat ek gestrand sit in ’n donker huis wat in my nek af blaas. En dat my uitsig bestaan uit ’n vensterbank vol dooie brommers, spinnerakke en stofwolle. Maar elkeen van my vrese het ’n oop oog, een wat jy nie flous nie en wat wawyd wakker is. En daar is hulle nou: Soos een man sit hulle ’n keel op, en allesbehalwe strelend. Diere! Kindermolesteerders! Goeters! Kortom, paniek. Maar hoe lank kan mens bang wees sonder dat daar iets gebeur? Stadigaan raak die gevoel net ongemaklik, en as daar nog steeds niks aangaan nie, kry jy lag vir jouself. Maar dáár was beslis ’n geluid! Ek sweer, ’n deur wat toeklap, iets wat val. Ek draai my kop, wat soveel inspanning kos dat ek kreun soos ’n moroon. Asof ek ’n boom met my voorkop moet omstoot. Dáár, in die deur . . .

– Hallo, sê die gedaante.

’n Seunstem. Ek kyk reg in die lig wat uit die kombuis kom en sien net sy silhoeët in die deur. Hy kom nader. ’n Seun, goddank net ’n seun. Hy kom staan voor my en kyk my skaamteloos op en af. Sy blik gly na die klampe om my voete, na die blou sitplek – suiwer kunsleer, meneer – die silwer buise en die hefboom met die houthandvatsel aan my regterkant waarmee jy die swenkwieletjies voor draai en armkrag op die agterwiel sit, sodat jy jou met die gedoente vorentoe kan beweeg. Gekoop met groei in gedagte, soos hulle sê. Maar ’n eersteklas rolstoel, altyd binne gestaan, jy ken mos die storie. Hulle sê ek sal eendag self kan ry, maar soos dinge nou is, kan ek nie eers ’n vlieg van my voorkop af waai nie.

– Hallo, sê die seun nog ’n slag. Kan jy nie praat nie?

’n Donker vel met helder oë. Hare soos ’n pispot gesny. Hy draai om en kyk deur die venster. Hoving se tuin: rooi klawerbolle, brandnetels en papawers wat nie omgee as jy hulle bewonder nie, maar so beledig voel as jy hulle pluk dat hulle voor jou oë verlep.

– Hulle het jou hier kom los, nè? sê die seun terwyl hy uitkyk op Lomark.

Die hoogste karretjies van die groot kermiswiel steek bokant die huise uit. Hy knik.

– Ek het gehoor van jou. Jy’s een van die Hermanse, van die skrootbesigheid. Hulle sê Moeder Maria het ’n wonderwerk aan jou gedoen. Nie sodat mens dit sal agterkom nie, as ek mag sê. As dít ’n wonderwerk is, wil ek nie weet hoe straf lyk nie, verstaan jy?

Hy knik asof hy heeltemal met homself saamstem.

– My naam is Joe Speedboot, sê hy dan. Ek het nou die dag hier ingetrek. Ons woon in die Achterom, weet jy waar dit is?

Breë hande, kort vingers. Breë voete ook, waarop hy soos ’n samoerai geplant staan – waarvan ek toevallig iets weet, dis nou van die samoerai. Van die seppuku, die weg van sterfte om jou eer te red, waar jy ’n kort swaard in jou maag steek om dit van linksonder na regsbo oop te vlek. Aan die lengte van die snit kan mens sien hoe dapper iemand was. Maar dis nie nou ter sake nie.

Ek sien wat dit is wat Dirk nie kan vat nie, dit straal soos lig uit hom uit: Hy is nie bang nie. Joe Speedboot, bomplanter, moeilikheidmaker – met jou afgesnyde broek en belaglike, gehawende leersandale. Waar was jy al die tyd?

– Net gou iets kry, sê hy.

Hy verdwyn uit my gesigsveld en ek hoor hom iewers in die huis by die trappe opgaan, tot sy voetstappe bokant my kop klink. Is dit waar sy werkplek is? Vir bomme en sulke goed? Speedboot se beheerkamer? Toe hy weer onder kom, het hy ’n wasmasjienhorlosie en twee batterye in sy hande. Hy gaan sit op die vensterbank en frons diep terwyl hy die batterypole verbind. Dan monteer hy ’n pennetjie op die horlosie en stel dit op nul. Skielik kyk hy op.

– Ons het teëspoed gehad met die trek, sê hy ernstig. ’n Ongeluk. My pa is daarin dood.

Dan buk hy weer oor sy werk.

Die eerste keer dat Lomark van Joe en sy mense gehoor het, was toe ’n Scania-trok deur die Maandag-gesin se deftige trapgewelhuis in Brugstraat gebars het. Byna tot met sy agterent in die sitkamer, waar die Maandags se seun Christof voor die televisie met ’n videospeletjie doenig was. Hy het doodstil bly sit toe dit gebeur het. Die eerste ding wat hy sekondes later sou sien, was ’n koplamp wat soos ’n bose oog deur die stofwalms en puin steek. Mettertyd het dit tot hom deurgedring dat daar ’n trok in hulle voorhuis beland het. Die hele tyd kon jy nog hoor hoe ’n videoballetjie toeink-toeink oor die skerm spring.

’n Man se bolyf het oor die rooster van die Scania gehang, sy arms slap ondertoe soos ’n voëlverskrikker wat uit die hemel geval het. Sy onderlyf was in die stuurkajuit vasgepen en hy was dood, dit kon jy sien. Maar boontoe was daar nog lewe: Die regterkantste deur het stadig oopgegaan en Christof het ’n seun van so twaalf, dertien jaar sien uitklim. Hulle was seker omtrent ewe oud. Hy het ’n goudkleurige hemp aangehad, met ’n pofbroek en sandale daarby. Sy klere het mens laat wonder of sy ouers reg wys was. Hy het doodluiters in die kamer rondgekyk terwyl die kalk om sy kop en lyf gedwarrel het.

– Hallo, het Christof gesê, met die joystick nog in sy hand.

Die ander seun het net sy kop geskud, soos een wat iets snaaks dink.

– Wie’s jy? was al wat Christof kon uitkry.

– Joe, het die seun geantwoord, Joe Speedboot.

Joe het ons dorp soos ’n meteoriet getref. ’n Dorp met ’n rivier wat in die winter sy walle oorstroom, ’n vaste netwerk waarlangs stories versprei, en ’n haan op die dorpswapen, dieselfde haan wat omtrent duisend jaar gelede ’n bende Vikings voor die poorte van Lomark verjaag het terwyl ons voorouers in die kerk gesit en bid het, verbeel jou. Dis die haan wat bly staan is ons leuse hier rond. ’n Ding wat iets anders buite hou, dis ons simbool. Maar Joe het met soveel geweld hier ingeval dat niks hom sou stuit nie.

Hy was as gevolg van die ongeluk halfpad wees, want die man wat deur die voorruit van die trok gehang het, was sy pa. Sy ma het bewusteloos in die stuurkajuit gelê; sy jonger sussie India het teen haar pa se skoensole vasgekyk. Christof en Joe het mekaar aangestaar soos wesens uit verskillende sterrestelsels – Joe gestrand met sy ruimteskip en Christof wat sy hand uitsteek om kennis te maak. Hier was iets wat hom sou bevry uit die neerdrukkende doodsheid van hierdie dorp waar die haan vir ewig bly staan, daardie ellendige klein gedierte waarin jy jou orals vasloop: op die deure van brandweerwaens, op die gewel van die stadsaal en in brons op die markplein. Die haan word met karnavaloptogte op ’n sierwa rondgetrek en hy kraai vir jou langs tientalle voordeure van versierde dakteëls af; tot by die bakkery kry die haantjie lyf (’n simpel krummelkoekie met mueslivlokkies). Op elke buffet, kaggelrak en vensterbank sien jy hane van glas, hane van keramiek en gebrandskilderde hane, en hane wat in olieverf aan die mure pryk. Ons kreatiwiteit is eindeloos as dit by hierdie haan kom.

Joe het hom verkyk aan die huis waarin die noodlot (lees: ’n stuurfout gekombineer met ’n oorskryding van die maksimumsnelheid in ’n beboude gebied) hom geslinger het. By sy eie huis, die vorige een wat hulle vir die huis op Lomark verruil het, was daar nie sulke skilderye met ernstige gesigte wat jou aangluur asof jy iets gesteel het nie. En natuurlik het jy altyd iets gegaps en sou daardie gesigte jou in elk geval altyd so aankyk. Dit was dus nie nodig om vir hulle bang te wees nie, jy kon net vriendelik na hulle kant toe knik en sê toe julle ouens, lag ’n slag.

Die kroonkandelaar was ook vir hom mooi, nes die antieke buffetwaentjie waarop Egon Maandag se kristalkraffies gestaan het, vol whisky van Loch Lomond tot Talisker. By Joe-hulle was daar net boepensbottels met vlierbessiewyn, donkerpers en tuisgemaak met ’n waterseël wat borrel soos iemand met maagmoeilikheid. Hierdie wyn was altyd nét nie reg vir drink nie, of nét verby die vervaldatum. Maar dit het tog ’n besondere smaak, of hoe, skat? (Sy ma aan sy pa, nooit andersom nie.) Daarna sou hulle met oorgawe drink, net om die hele spul ’n dag later in die toilet af te spoel omdat die babelas nie veel verskil het van die naby-doodervarings van Russiese spiritusdrinkers nie.

Joe sou later hoor dat hy in die sitkamer van die Maandag-sakeryk beland het, die belangrikste familie van Lomark, eienaars van die asfaltfabriek langs die rivier. Egon Maandag het vyf-en-twintig mense by sy fabriek in diens gehad, bo en behalwe ’n diensmeisie en soms ’n au pair, kort-kort van iewers anders in die wêreld.

Joe het hom vergaap.

Christof het later gesê Joe se rondkykery was sy manier om nie die dooie man wat by die voorruit uithang raak te sien nie. Toe hy eindelik sy oë losskeur van Christof en sy omgewing, het hy omgekyk na sy pa. Hy het sy hand uitgestrek en dit op die bebloede agterkop gelê. Heel versigtig het hy oor die hare gestreel en iets gesê wat Christof nie kon uitmaak nie; sy skouers het geruk. Hy het geloop na die gat waar die trok deur die buitemuur geploeg het, oor die brokstukke buitentoe geklim en uitgestap in die son. Toe het hy met Brugstraat af geloop tot by die winterdyk, daaroor geklim en in die rigting van die rivier koers gekry. In die oewerveld was daar ’n klompie springerige verskalwers, en aan die doringdraad het pluksels droë gras gehang wat ná die winteroorstromings agtergebly het, soos vlasagtige Viking-baarde. Joe het by die somerdyk en die veeroorgang gekom. Op die kabelpont het hy teen die reling gaan sit, sy bene laat afhang en nie op- of omgekyk toe Piet Honing uit die stuurkajuit kom om geld vir die oortog op te neem nie.

Dat Joe en Christof vriende sou raak, was so onvermydelik soos vis op ’n Vrydag. Dit het begin met Christof se blik toe hy die kalkbepoeierde seun uit die vervoerwa met sy oë verslind het. Agter Joe het sonlig deur die verkrummelde buitemuur tot in die sitkamer gestroom en die vertrek met ’n stralende lentedag gevul. So iets het Christof nog nooit aanskou nie. Die beeld van die seun in die vloed van lig het hom vervul met ’n begeerte om sy ou lewe af te skud.

Maar Christof was nie so nie, en hy sou ook nooit so word nie. Daarvoor was hy te senuweeagtig en te veel van ’n twyfelaar. In sy heimlike verlange om soos die seun uit die trok te wees, het daar ook ’n soort jaloesie geskuil wat jou oogtande laat water, daardie vampieragtige drang om die lewe uit iemand te suig.

Die ongeluk met die trok het hulle gevorm. Dit het die stoïsyn in Joe versterk en by Christof iets oumensagtigs na vore gebring, iets besorgds. As Joe ’n vliegtuig wou bou, sou Christof vra: Moet jy nie eers jou fiets se bagasierak regmaak nie? As Joe ’n apparaat aanmekaargeknutsel het waarmee hy Sondae se radio-uitsendings van die Evangeliese Gemeente – Radio God, soos almal dit genoem het – kon vervang met speedmetal wat agteruit speel, en die maandelikse alarm van die burgerwag toevallig op daardie oomblik op die bank se dak afgegaan het, was dit vir Christof ’n teken dat die bou van steursenders ’n onheilige besigheid was. Vir Joe het dit beteken dis twaalfuur, en hy is honger.

Joe het ons eerste ontmoeting met ’n meneer van ’n bom gevier, soos ek dit sien. Dieselfde nag nog, nadat ons mekaar op Hoving se plasie ontmoet het, jaag hy die hele Lomark uit die vere. Dis ’n gawe wat hy het. Honde blaf, in party huise gaan die ligte aan, mense bondel op straat saam. Joe se naam is op almal se lippe. In die bed lê en grinnik ek van oor tot oor.

’n Paar mans gaan kyk wat aangaan. Hy het ’n elektrisiteitshuisie opgeblaas. Nou is die kermis se flonkering weg, en ’n hele klomp huise s’n ook.

Die maan lek aan die relings van my bed. Ek oefen my arm.

Hoofstuk 3

Ek beweeg weer. Dis moeilik om te glo, maar ek kan vorentoe ry en die rolstoel draai. Ek beweeg hom deur die hefboom te trek en weer weg te druk. DSV: Deur Spierkrag Vorentoe. Verder is ek so spasties soos nog iets; soms trek goed deur die lug as ek hulle probeer raak vat, maar tussen spasmas kry ek tog iets reg. Ek moet baie oefen. Die afgelope maand gaan ek weer skool toe, want my kop makeer niks, al kan ek nog steeds nie praat nie. Ek moes inval waar ek opgehou het, in my derde jaar op middelbare skool, sodat ek nou saam met Joe en Christof in die klas is.

Om te rem is die moeilikste, veral as ek van die dyk ondertoe beweeg, deur die oewerveld en oor die Lange Nek – dit gaan hopeloos te vinnig. Die Alles-Word-Slegter-manne op die dyk hou my dop. Hulle sit omtrent pal op daardie bank, met hulle fietse in die staander langsaan. Hulle sien alles, daardie verstokte ou kleinboertjies van wie die meeste nog die Tweede Wêreldoorlog beleef het. Ek kyk nie na hulle kant toe nie; ek hou niks van hulle nie.

Die brandweer tap bluswater uit die Gat van Betlehem, die asfaltfabriek se sanduitgrawing. Die manne dra donker oorpakke met wit T-hemde waarby hulle dik arms uitsteek. Ek kan tot hier hoor hoe hulle vir hulle brandweergrappe lag, want water dra ver. Een van die brandweermanne sien my en waai. Onnosele goed.

Bokant my kop ruis die populiere en in die weiland regs van die Lange Nek het ’n stuk of tien dwergperdjies in die lang gras verdwaal. Hulle drink groen water uit ’n trog by die doringdraad. Seker Rowwe Rinus s’n. Hy is al vantevore vir diereverwaarlosing beboet.

Dan Betlehem Asfalt, Egon Maandag se fabriek. Laaigrawe hap diep in die klipheuwels op die perseel. Saans lyk die fabriek uit die verte soos ’n oranje lugbal. As daar groot onderhoudswerk aan die paaie gedoen word, gaan die werk vier-en-twintig uur per dag voort. Betlehem Asfalt is die kurk waarop Lomark dryf, sê hulle, en elke familie staan hul oudste seun daaraan af.

Ek is sopnat gesweet en my arm pyn, maar ek is nou amper by die rivier. Ek kan al die twee groot wilgers aan die oorkant sien, en die pont halfpad soontoe. Piet Honing sê altyd: Die pont is ’n voortsetting van die pad met ander middele, en hy bedoel dit as ’n grap. Vandat ek nie meer kan loop nie, ry ek saam sonder om te betaal. Dis omdat ek sowel die dood as die lewe ken, het Piet eenkeer gesê, maar wat dit presies beteken, het hy nie verduidelik nie. Ook vir Joe het hy ná die eerste rit nooit weer ’n sent gevra nie.

Piet kom by die oorkant aan en die agterklep skraap oor die beton van die veerstoep. In die middel van die rivier dryf ’n feesboot stroomaf; jy kan die musiek en die geklingel van glase tot hier hoor. Die gaste leun elegant teen die reling. Kan mens jaloers wees op hoe lig ’n rivierboot dryf? By die boeg reis twee skuimende golfies saam, asof hulle daarop geverf is. Stroomop lê Duitsland, waar lugballonne oor die heuwels sweef. Lugballonne is cool, almal dink so. En het jy geweet daardie snaakse goetertjies wat binne en buite jou gesigsveld dryf as jy na iets staar, is proteïene op jou oogballe?

Honing laat die slagboom sak, trek die agterklep op en druk die gashefboom oop. Hy dryf weg van die kant en die hele armsalige lotjie skommel weer aan hierdie kant op. Die rafelrige Total-vlaggies rimpel in die bries.

Agter die heuwels en die lugballonne word dit aand. Die feesboot het om die draai verdwyn, die hemel weet waarnatoe. Dit voel asof sulke skepe altyd stroomaf dryf, en vragskepe altyd in die ander rigting, na Duitsland – swaar op diesel, want dis teen die stroom in.

Piet meer vas en kom aan land. So ja, mannetjie . . . sê hy. Hy kry my rolstoel se handvatsels beet en stoot my tot op die pont. Ek hou nie daarvan om gestoot te word nie, maar toemaar. Hy parkeer my in ’n hoekie waar hy sy strooisout en besems bêre.

Die aand rol die dag op soos ’n koerant. Ek ruik olie en water. Ons stoot aan na die oorkant waar ’n motor sy ligte flits. Duisternis val uit die wilgertakke oor die koeie wat daaronder lê. Koeie is dom; hulle staan altyd en droom oor niks. Nee, gee my maar liewer perde; as hulle stilstaan, lyk dit ten minste of hulle oor iets dink, regtig diep nadink oor een of ander perdeprobleem, terwyl koeie kyk soos die hemel na ons kyk: groot en swart en leeg.

Party mense is vrek bang op hierdie ou pontjie wat so slinger en stamp. Soms spoel daar water oor die dek, maar daaroor hoef mens jou nie te bekommer nie. Dis omdat hy al van 1928 af vaar en eintlik gebou is vir ’n rustige kanaal, nie vir ’n rivier met allerhande nukke nie. Pa sê mos: Daardie ding is ’n openbare gevaar. Hy moes lankal by Hermans en Seun gewees het. Asof openbare gevaar hom kan skeel, tensy hy ’n paar pitte daaruit verdien. Maar Piet hou sy pont aan die gang al kos dit wat, en al is dit skaars meer as ’n stuurkajuit met ’n metaalplaat waarop ses motors net-net pas.

As jy hom uitvra, vertel Piet dat dit ’n kabelpont was wat gemotoriseer is toe die binnevaartskepe al hoe vinniger geword het. Dit het te gevaarlik geword om net saam met die stroom oor te steek. Want dis wat ’n kabelpont eintlik doen. Hy is vas aan drie ou sloepe wat stroomop lê en as boeie dien. ’n Enorme anker hou die laaste een aan die bodem vas. Aan die verste ent van die slinger is die pont. Hy maak ’n heen-en-weerbeweging oor die water soos die slinger van ’n staanhorlosie met ’n metaal-dennebol aan die punt. As jy een kabelintrek en die ander laat los, neem die systroom die pont tot aan die oorkant, maar deesdae gebruik Piet ook die enjin om uit die bullebakke van die binnevaart se pad te bly. Soms ly Piet skade as skepe teen die kabels tussen die ankerbote beland. Dan kan hy ’n dag lank nie vaar nie omdat hy eers herstelwerk moet doen.

Piet kom uit sy stuurkajuit.

– Mooi aand, nè, mannetjie.

Die kwyl stroom uit my mond toe ek opkyk na hom. Ek kwyl by die liter. Genoeg om goudvisse in aan te hou. ’n Binnevaartskip, belaai met berge sand, vaar ons tegemoet.

– As ons maar net die landingsplek ’n bietjie kon opknap, sug Piet. Soos dit destyds was, met ’n mooi wagkamertjie waar die mense koffie en koek gekry het terwyl hulle wag. As dit koud was, het hulle om die stofieverwarmer gestaan tot ek kom. Met die brug en die snelweg het alles verander. Kyk hoe lyk dit nou. Maar wag maar tot die paaie te vol raak, dan sal ons hulle wys wie se verbinding is die vinnigste hier rond.

Deesdae lyk hy ’n bietjie bekaf. Die binnevaartskip sny by ons verby. Die dekluike staan oop en berge sand toring uit die ruim soos kartels op ’n draak se

Enjoying the preview?
Page 1 of 1