Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Louisa en ek en die Celeb
Louisa en ek en die Celeb
Louisa en ek en die Celeb
Ebook89 pages1 hour

Louisa en ek en die Celeb

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Louise voel desperaat oor haar voorkoms. Sy dink dis tyd dat sy iets aan haarself moet doen, maar haar ma dink die enigste skoonheidsmiddel  wat 'n mens nodig het is 'n goeie koekie seep. Hoe nou gemaak, veral as sy elke dag by die skool in die geheimsinnige en beeldskone Charlotte-May met haar gladde bruin bene, aarbeilipglans en gestrykte blonde hare moet vaskyk? Wanneer sy vir Louisa,haar amperse naamgenoot ontmoet, spat die vonke, maar daar is ook ‘n Matador, 'n celeb en ’n weggesteekte rok wat sorg vir ‘n paar interessante kinkels in die verhaal.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 1, 2011
ISBN9780624052340
Louisa en ek en die Celeb

Related to Louisa en ek en die Celeb

Related ebooks

Related articles

Reviews for Louisa en ek en die Celeb

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Louisa en ek en die Celeb - Ida Strydom

    Louisa & en ek en die Celeb

    Ida Strydom

    Tafelberg

    Vir my ma

    lipstick.tif

    * 1 *

    Ek toor nie nou nie

    Ek toor nie nou vir my ’n prentjie in my kop op nie. Ek doen dit soms, ek weet. Dis omdat die lewe soms vaal is en ek ook maar ’n valetjie hier binne is. Nes ’n muis. Maar vandag hét ek ’n Matador gesien. Hy het by die skool se hek gestaan. Ek het hóm eerste gesien en toe vir haar. Die Matador het sy hakke so teenmekaar gekap terwyl hy sy rooi en goud geborduurde onderbaadjie vashou. Hy het ’n spierwit hemp aan gehad met ’n smal, swart das en op sy kop was ’n swart hoed. Die fyn meisie by hom het ook haar voete gestamp. Sy was smoorkwaad, dit kon mens van ver af sien. Sy het sommer behoorlik omgekrap gelyk en net voor haar op die grond gekyk terwyl sy van die skoolhek af aangestryk het ingangsportaal toe. Die Matador het staan en wag tot hy haar nie meer kon sien nie. Dit het gelyk of hy hoop sy sal omkyk. Dalk glimlag, soos gewone mense doen. Hoekom was die meisie so kwaad? Sou sy kwaad wees vir die Matador of sommer vir haarself? Die Matador se swart lakleerskoene was net so blink soos sy dik swart hare. Ek het hom jammer gekry en wou vir hom wuif, maar toe dink ek dat my ma niks daarvan sal hou nie. Sy is heeltemal gekant teen stiergevegte. Toe ek weer na die skoolhek se kant toe kyk, was hy skoonveld.

    Die tweede klok lui en ek moet wikkel om betyds in die ry te kom. Ek sien die kwaai meisie stap saam met juffrou Bekker na ons klas toe. Ek dink nie ek gaan baie van haar hou nie. Sy loop so pronkerig en neus in die lug – asof die plek aan haar behoort.

    Louise en Louisa, my wêreld! Ek dink julle twee gaan beste maats word, voorspel juffrou Bekker toe sy die nuwe meisie aan die klas voorstel. Louisa snork verontwaardig en skuifel traag in die bank langs my in.

    Ek hou van juffrou Bekker, want sy dra soms visnetkouse onder haar lang romp. Dit wys my sy het ’n ander, interessante lewe ook. Maar op dié oomblik hou ek niks van haar nie. Hoekom moet die nuwe meisie langs my kom sit?

    Louisa lyk so nors soos ’n woedende jong bul en sy kyk na my asof ek haar ’n pyn op haar maag gee. Wie dink sy is sy? dink ek, en sit meer regop en kyk ook vies na haar. Sy het dít nie verwag nie, dit kan ek sommer sien. Ek lig my kop op. My oë kan ook soos ’n swaard blits hier in die koelte van die klas. Sy kan mos nie haar gewig sommer hier kom rondgooi nie. Sy gluur my aan en ek gluur terug. Ek skrik nie vir koue pampoen nie. Dis nou die kleur van Louisa se krulhare. Rooibruin, pampoenkleur hare met sulke goue strepe in.

    Juffrou Bekker, die Afrikaans-onderwyseres, vra beleefd en bloot uit belangstelling vir Louisa of dit haar natuurlike haarkleur is, maar Louisa sug net kliphard. Juffrou Bekker frons vreeslik. Ek sien sommer op haar gesig sy dink hierdie nuweling sal met handskoene aangepak moet word.

    Ek waag dit om my swart boekie uit te haal. Ek skryf allerhande waarnemings in my boekie neer. Ek doen dit nie om stories aan te dra nie, maar as iemand my sou vra (snaaks, niemand stel belang nie) sal ek sê ek filosofeer oor die lewe. Soos ek sê, ek skryf allerhande interessante waarnemings daarin neer.

    Waarneming is baie belangrik. Ons leer dit mos in Wetenskap.

    En die lewe is ook ’n wetenskap, sê my ouma. As ’n mens nie goed waarneem nie, gaan die lewe by jou verby en dan is jy nutteloos. Dis hoekom dromers maar swaarkry, sê Ouma. As jy droom, is jy ledig. Daar is niks verkeerd met droom nie, dís waar mens jou idees kry, maar ’n mens moet werk maak van jou idees. As jy wil skryf, moet jy skryf.

    Dis so waar. As ek my gedagtes nie dadelik neerskryf nie, dan verloor ek my idees.

    Ek skryf neer dat ’n mens nie mense met pampoenkleur hare kan vertrou nie. Hierdie girl spel moeilikheid. ’n Mens moet liewer nie met haar sukkel nie.

    Die volgende oomblik vlieg die boekie uit my hande uit. Wynand, die ou wat agter my sit, gryp dit met sy lang arms. Nes ’n seekat, die slymerige ding! Hy is oortuig daarvan dat ek Klikkie, die geheimsinnige skrywer in die skoolkoerant is. Die een wat stories skryf oor wie been-af is op wie en wie verlede week raakgesien is met nuwe klere of met arms vol inkopiesakke by die mall uitgestap het.

    Ek is tegelykertyd so angstig en vies oor my kosbare swart boekie dat ek lus voel om te huil. Net die aaklige gedagte dat iemand my goed gaan lees en dalk daaroor gaan lag, ontstel my geweldig.

    Die nuwe meisie sien dit en sy gooi weer so ’n misnoegde blik na my kant toe. Dit maak my net nog meer angstig. Ek probeer hard om te dink wat ek kan doen om my boekie terug te kry. Ek kan my hand opsteek en vir die onderwyseres vra, maar ek wil nie die klas ontwrig nie. Netnou lag almal vir my.

    Juffrou Bekker staan met haar rug na die klas toe en skryf iets op die bord. Die nuwe meisie draai so lieftallig na Wynand toe en kyk met sulke leepoë na hom asof sy wil sê: Knap gedaan, boetman. Hier is vir jou ’n goue sterretjie.

    Wynand swig voor haar sjarme en vee sy hare met sy een hand plat. Die volgende oomblik blits daardie oë en haar goudbruin hand skiet vinnig uit en gryp die boekie terug en gooi dit na my kant toe asof dit besig is om haar te brand. Ek is tegelykertyd so verbaas, verlig en verstom dat ek skielik soos ’n vis op droë grond moet lyk met my mond wat oop en toe gaan.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1