Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Byna liefde
Byna liefde
Byna liefde
Ebook346 pages4 hours

Byna liefde

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Kortverhale op die snykant van die liefde, dit is Izak de Vries se jongste bundel. Kitsliefde oor die internet, ongebreidelde begeerte, oop verhoudings . . . bevredig dit die mens se soeke na die liefde? Begeerte, wys hy, bly lewend deur die onvervulbaarheid daarvan. Die liefde bly daarom, soos skryfwerk oor die liefde, altyd net dit: byna liefde.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateAug 20, 2008
ISBN9780624052593
Byna liefde

Related to Byna liefde

Related ebooks

Related articles

Reviews for Byna liefde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Byna liefde - Izak de Vries

    dis gevaarlik om alleen te reis

    – fanie olivier

    Vir Elma

    Die engelman is in 2006 opgeneem in In ’n neutedop, saamgestel deur Izak de Vries en Karen Simpson (Bateleur Books, 2006).

    Haar verlange is gepubliseer in Liefde, natuurlik, saamgestel deur Daniel Hugo en Carina Diedericks-Hugo (Lapa Uitgewers, 2005).

    Naakstudies in Hogsback en Die sagkant van ’n vrou het verskyn in Die mooiste liefde is verby, byeengebring deur Etienne van Heerden (Tafelberg, 1999).

    ’n Engelse vertaling van Naakstudies in Hogsback, Ek het hom liefgehad, Die Ilda Haupt, Die sagkant van ’n vrou en Om ’n sekretarisvoël lief te kry het verskyn in Rites of the ox, vertaal en byeengebring deur D.Z. van der Berg (Brevitas, 2004).

    Ondergoed het ’n buiging gemaak op LitNet.

    ’n Poelpetaterpastei is oorspronklik geskryf vir en opgeneem in Oorbrugging: ’n huldigingsbundel vir Wilfred Jonckheere met D.Z. van den Berg as die redakteur (Brevitas, 1998).

    Daai een met die tieties is opgeneem in Die melkweg het ’n ster laat val, saamgestel deur Riana Scheepers en Nicci Thabo (Human en Rousseau, 2006).

    Once threw a party het op 16 Augustus 2007, dertig jaar na Elvis se dood, gelyk op GaySpeak en LitNet verskyn.

    Mylpale is geskryf vir en opgeneem in Insig se 200ste uitgawe.

    Die motto is met Fanie Olivier se toestemming gebruik.

    Murray Hofmeyr het waardevolle raad en teologiese kennis verskaf oor die konsep van ’n Teologie van Verlange.

    Rosina Magadani se sprokie oor ’n meisie wat op ’n sebra verlief raak, nagevors deur Ina le Roux, was die bronteks waarteen ek die kraai se storie oor Tshidzo en Willem kon meet. Godi Dederin se hulp oor die meisies wat aan die voormense beloof is om vir hulle vaders ’n seun te gee, was ewe noodsaaklik vir hierdie verhaal.

    Ek wil ook graag die volgende mense hartlik bedank vir die tyd wat hulle afgestaan het om my te help met die historiese navorsing: Alan en Tessa Kirkaldy, Braam Cronjé, Elthea Slessinger, Helga en Vera Giesekke, Petra Röhrs en Wilhelm van Deventer.

    Tim Huisamen en Wilfred Jonckheere het my aan Jotie ‘t Hooft se werk bekendgestel.

    Die volgende mense het almal raad gegee om aspekte van hierdie bundel te verbeter: Coenraad Walters, François Bloemhof, Karen Simpson, Louisa Botes, Marie-Louise Kriel, Maya Fowler, Milton Webber en Tienie Swanepoel.

    Hartlike dank!

    En dan: dankie, Elma, vir al jou hulp en dankie, Jabu, vir jou geduld.

    Inhoudsopgawe

    Opgedra

    Bedanking

    Die engelman

    Haar verlange

    Naakstudies in Hogsback

    Ek het hom liefgehad

    Ondergoed

    Ars Poetica

    Die sagkant van ’n vrou

    Los kruit

    Na aanleiding van ’n soen vir Twombly

    ’n Poelpetaterpastei

    Om ’n sekretarisvoël lief te kry

    Diepblou

    Die Ilda Haupt

    Die groot skoenlapper

    G5

    Daai een met die tieties

    Transgressie

    Die selibaatdokter

    Once threw a party

    It’s now or never

    Bernard moet leer dans

    Mylpale

    Byna liefde?

    Kollektelys

    Die engelman

    (vir Cila)

    Dat die brief toe vandag moes kom, dink hy. Vroegoggend is hier ’n paar meisies verby en hulle het Afrikaans gepraat. Dis dan wanneer sy lýf verlang. Sy hele lyf, nie net sy kop en sy hart nie. Dan wil hy weer vir Natalie naby hom hê. Daar is iets in die manier waarop sy hom vasgedruk het toe hy weg is wat hy steeds mis. As hy dit in woorde sou kon omskep, sou dit makliker wees, maar hy kan nie. Dis nie sy kop wat daardie drukkie mis nie, dis sy alles. Sy hand onthou sy pa se groet. Sy wange onthou sy ma se soene. Maar sy hele lyf onthou Natalie se stywe, stywe druk.

    Hy het amper die hele Engeland-storie afgestel. Natalie was werklik die eerste meisie op wie hy hartgrondig verlief was. Daar was al soene in die bus, sokkies saam met iemand wat sy hart laat fladder het, flieks waarvan hy nooit die storie sou kon oorvertel nie, maar niemand soos Natalie nie.

    Kom saam, het hy eers gepleit. Toe haar pa sê nee, wou hy ook bly.

    Natalie was saam met hom opgewonde. Sy is ook geïnteresseerd in die geskiedenis, en die wit kranse van Dover het soveel om te bied. Hier het Charles Darwin rondgeloop. Hier is die The French Lieutenant’s Woman geskryf én verfilm. Hier speel dele van Possession af – en dele van die latere fliek is ook hier geskiet.

    Natalie kon dit deel. Natalie was nie soos die ander wat verveeld geraak het met sy boekkennis nie, of wat nie kon glo dat iemand so slim soos hy eers ’n jaar wil gaan werk voor hy gaan studeer nie.

    In graad 11 het hy al geweet hy wil in Dover kom werk. In graad 12 het hy hom oor ’n mik gewerk.

    En nou sit hy hier. Hy verlang. Hy verlang na Natalie en hy moet op sy onderlip byt om nie te huil nie. Dis ’n grys dag. Dis koud. Selfs die taxi se verwarmer sukkel om hom warm te hou.

    Natalie is Maties toe. Daar’s baie ouens en sy is mooi. Haar briewe het geborrel oor die studentelewe en die ander ouens. Hy het nie omgegee nie, maar soms was hy darem bitter alleen.

    Hier’s ook meisies. Oulike meisies, selfs. Maar hy was tot nou toe heel bereid om te wag vir Natalie. Die taxiryery betaal goed. Hy sit baie geld weg. Soos hier wil hy in Suid-Afrika ’n klein kamertjie huur waar hy sy rekenaar, sy boeke en sy kamera kan neersit. Hy spaar vir die voorreg om te studeer sonder die sotternye van ander om hom.

    Ou suurknol, noem baie hom.

    Natalie het verstaan. Natalie het daardie ver kyk in haar oë gehad toe sy Possession toegemaak het. Hy’t haar sit en dophou, gesien hoe die bladsye minder word en toe, toe sy tussen die roesemoes van ander die boek toemaak en so vér kyk, toe gaan praat hy met haar. Hulle was sedertdien onafskeidbaar.

    Beste Chris

    Ek gaan met die deur in die huis val. Daar is iemand hier op die Bos wat baie in my belangstel. Ek wil steeds jou vriend wees en dalk, eendag, weer meer as vriende. Maar vir nou moet ek vra dat jy sal besef hy is nader.

    Ek sal later weer meer skryf, want ek weet jy sal wil aanhou briewe kry.

    Natalie

    Gelukkig is dit besig vandag. As die groot skepe hier vasmeer, dan ry die taxi’s. Hy bly vriendelik luister, gebruik sy perfekte Engelse aksent om almal te laat tuis voel. Hy deel sy grondige kennis van die omgewing met die passasiers en maak seker dat elkeen spesiaal voel.

    Hy’s die jongste bestuurder hier in Dover, dalk selfs in Engeland. Maar die baas is baie trots op sy African driver. Hy hou van die beskrywing. Hoekom kan witkoppe met blou oë, soos hy en Natalie, nie ook Africans wees nie? Dis waar hy woon, waar sý nou is, vervlaks.

    Hy’t al die hele oggend sit en wonder wie dit is. En hoekom sy nie sê nie.

    Die Amerikaners begin terugkeer skip toe. Hulle sukkel altyd hier in Engeland.

    Chris ry. Hy werk hard en verdien goeie fooitjies.

    ’n Ingenieursgraad is duur en beurse is skaars. Hy sal die eerste twee of drie jaar self betaal, daarna sal hy hulle wys. Hy sal die beurse kry, sy pa en ma hoef nie bekommerd te wees nie. En boeke is duur, flieks ook. Maar boeke en flieks hou hom reg in die kop.

    Vanaand weet hy nie. Hy sal hard moet konsentreer. Dalk sal hy maar ’n bier gaan drink, maar hy sal wegbly van die ander Suid-Afrikaners af. Dié wil die hele tyd hê hy moet saam met hulle dronk word en probeer score met die Engelse meisies.

    Dalk dan juis maar by die huis bly vanaand.

    Gelukkig is hy vandag besig. Die boot gaan egter nou-nou vertrek. Die laaste lot Amerikaners is amper laat.

    Hy laai al hulle pakkies af, groet vriendelik, glimlag gul vir die fooitjie en druk die snoet van die taxi na die middestad toe. Dit sal nou stiller raak.

    Op ’n afstand al sien hy hulle. Mal, maller, malste hardloop hulle skip toe. Twee meisies en twee ouens. Hy trap die lepel in, ry blitsig tot daar.

    Ship, hyg die meisie en wys. Quick. It leaves half past.

    Hy loer na sy horlosie en glimlag.

    I’ll be quick, sê hy. But there is a speed limit.

    Ry net, bliksem, sê die pragtige meisie hier langs hom.

    My pa sou nou weer ’n hele lang storie gehad het oor die afkoms van die mense uit die Bo-Kaap, dink Chris. Dis vreemd hoe pa-hulle steeds in hokkies dink. Vir my is die vroumens pragtig en ek sou graag die hele aand na haar wou sit en luister. Afrikaans praat, en luister hoe mooi sy praat.

    Sê nou hy verstaan jou? vra die blondine wat vasgedruk sit tussen die twee mans.

    Dan moet hy juistemint ry, sê sy.

    Chris rý. Hulle sal dit net-net maak. Op die reguit pad druk hy die naald tot by sestig myl – hopeloos te vinnig, maar die mooi meisie langs hom lyk baie benoud. Sy draai na hom toe en sê: Ek wens hy kon verstaan. Ek hou van mans wat luister.

    I beg your pardon? vra hy en hou sy gesig reguit.

    Sy dra ’n goue kruisie, pa.

    Sien jy, die klein engelmannetjie verstaan nie ’n woord van onse taal nie.

    Onse taal, dink Chris. Moet ek? Sy is baie mooi.

    Jy bedoel Engelsmannetjie? vra een van die mans.

    Nee, engelmannetjie. Hy stop net toe ek op my hardste begin bid en hy ry vér oor die spoedgrens, net omdat hy ons wil help.

    Chris rý. Hy wil ’n indruk maak, maar hy is versigtig ook. Dus kry hy min kans om na haar te kyk, maar daardie diep, donker oë bly op hom.

    Dis eintlik jammer hy verstaan my nie, sê die meisie. Ek sou hom so graag wou soen. Ek wou nog altyd weet hoe engele soen.

    Nou, maar, soen hom!

    Nee, gits, die Engelse is mos nie soos ons nie. Netnou kla hy my aan vir seksuele flirtasies, of sukke goed. ’n Vrou moet haar plek ken hier in die vreemde.

    Na ’n rukke sê die meisie. Hy kan lees ook. Nogals. En belangrike goed. Kyk, hy lees die jongste Umberto Eco. Dis die enigste ander mens in die wêreld wat ek al gesien het wat Eco lees. Ek sê jou! Dis ’n engelman dié, ek sê jou. Ek het nog nie eens die een gekoop nie! Watwou lees.

    Silina, in die flieks het die engele niks tussen die bene nie.

    Skoert jy, dis jou gebied daai. Ek sê jou, die mannetjie het mooi boudjies. Ek kan hulle lekker sit en dophou hier. Dink net, as ek hom nou kon soen … Ai, hoekom moet ek altyd die regte mans op die verkeerde plek raakloop?

    Sy kyk steeds na hom; die hek van die hawe kom nader.

    Hold steady, sê hy en beduie hy gaan stop.

    Ek sal enige dag styf aan jou vasklou, sug die meisie. Die drie agter proes. Chris geniet dit, maar hy hou ’n stywe, reguit gesig.

    Hulle stop. Hy oorweeg dit om oor te buig en die meisiekind te soen. Sy is so mooi.

    Kyk hoe kyk hy vir jou, Silina.

    Chris spring uit. Hy’s betrap. As hy bly sit, gaan hy bloos.

    Sy lees ook Eco, sê hy vir homself toe hy die swaar rugsak aan haar oorhandig. Die ding is vol boeke. Hy kan dit deur die materiaal sien.

    Een van die mans betaal.

    Hy betrap hom dat hy nie wil teruggaan nie. Sy is mooi, moet hy erken. Hy bloos nou hier by homselwers weens haar opmerking oor sy boude. Onwillekeurig loer hy hoe sy wegstap. Sy is vreeslik skraal.

    En baie mooi.

    En sy lees Eco.

    Hy staar nog so na haar, toe draai sy om. Sy skrik toe hulle oë ontmoet en sy kyk onmiddellik weg, maar sekondes later stop sy weer en draai om. Sy lig haar hand en waai.

    Hy waai terug.

    Sy’s mooi, dink hy.

    Sy lees Eco.

    Hy volg haar tot waar sy in die ry gaan staan om deur sekuriteit te gaan.

    Jy gaan haar laat wegkom, sê hy vir homself.

    Dis beter so, dink hy bitter.

    Sy lees Eco.

    Dis beter so.

    Sy lees Eco.

    Sy is oor drie dae in Londen. Vir twee hele dae, die Amerikaners het gevra wat ’n mens twee dae lank in Londen kan doen.

    Hy sal afkry. Dis bloot vir vra.

    Hy klim in die motor en kyk na die boek. Hy kan maklik nog een koop.

    En vir die tweede keer in sy lewe doen hy iets heeltemal reg. Hy weet dis reg. Hy gryp sy pen en skryf:

    Vir die enigste ander jongmens wat Eco lees. Ek weet jy dok oor drie dae in Londen. Ek kan daar wees. Hier’s my sel. Dankie, Chris.

    Pynlik netjies skryf hy sy nommer, toe hardloop hy.

    Sy’s al op die loopplank, maar hy bulder: Miss! Miss! You forgot something!

    Sy vries en herken die boek. Haar mond breek oop in ’n reuse-glimlag.

    Die sekuriteitsman stop hom: Sorry, mate, passengers and crew only.

    Hy knik. Just pass it on. She left it in the taxi.

    Die ander stuur die boek aan.

    Sy neem dit en waai vir hom.

    Hy staan haar en agternakyk, sien hoe sy die boek teen haar bors vasdruk.

    Toe verdwyn sy.

    Chris ry huis toe, parkeer die taxi en besluit om ’n klein, klein kroegie op te soek waar daar nie ander Suid-Afrikaners sal wees nie. Hy is lank nie meer lus om homself te verdrink nie. Hy wil vanaand een bier op homself drink. Omdat hy vir die tweede keer in sy lewe die regte ding gedoen het.

    Maar het hy? Dalk is sy getroud. ’n Mens weet nooit.

    Sy is nog jonk.

    Almiskie. Dalk is haar vriend ’n gorilla.

    Die bier is bitter. Dis lekker, maar die onsekerheid knaag.

    Wat sal sy doen as sy agterkom hy het haar die hele tyd verstaan?

    Sê nou sy’s kwaad?

    Sê nou sy dink hy dink sy is los en maklik?

    Hy weet sy was grootbek tussen haar maats, maar weet sy dat hy weet?

    Lookin’ a bit stressed there, mate. ‘Nother one?

    Die kroegman is ook ’n leser. Op stil aande sit hulle soms saam en lees. Dis ’n intieme kroegie, ver van die ander lawaaierige plekke af. Heelwat mense kom hiernatoe om te lees.

    Hy skud sy kop.

    Pie? To warm you up.

    Chris knik sy kop. Die euforie van sy ontmoeting met die meisie uit die Kaap het hom tydelik laat vergeet van sy rowwe dag. Maar hy is moeg en dis koud vanaand. En hy kan nie heeltemal die gevoel van verlies afskud wat hy met hom saamdra sedert Natalie se brief nie.

    I’ll give you ‘alf a pint on the ‘ouse. Wi’ the pie. I know you ain’t one to get slaughtered.

    Chris knik.

    Die dag begin hom inhaal. Die kroegman is oukei. Sy pa en ma sal nie verstaan dat hy vanaand kroeg toe gekom het nie, dink hy. In sy jeug het net sleg mense gedrink en jy het net kroeg toe gegaan om heeltemal dronk te word.

    Hier in Engeland kan jy ure lank in ’n kroeg tussen sober mense kuier.

    Die pastei is heerlik. Hy is honger en die halwe bier wat daarmee saamkom, is tog lekker.

    Vir ’n oomblik vergeet hy van die dag. Die warm stukkies beesvleis en niertjies is sag en geurig.

    Sy selfoon vibreer.

    Het so gebloos :-( Te bang v bel :-o Dankie x 10! Jy tog engelman! Asb ja v Londen. Maar stadig vat asb ;-) SMS weer as minder bloos. Silina x x x

    Hy sluk aan sy bier en tik:

    Stadig vat, ja. Soos mens v Eco lees. Jy ook Engel gewees vdag. Dankie. Chris.

    Haar verlange

    Anja sien die meisie onmiddellik raak. Haar mond is vol en die neus fyn onder ’n hoë voorkop. Op hierdie afstand is dit moeilik om die kleur van haar oë te onderskei, maar die bruin hare wat kartel oor haar skouers en rug sprankel met ’n tikkie rooi. Sy is lank, amper so lank soos die man aan haar sy. Die twee raak aan mekaar soos lovers.

    Oorkant Anja praat haar tafelgenoot voort, maar sy woorde gaan verlore. Haar derms trek op ’n knop en sy slaan in hoendervleis uit, al is dit ’n soel midsomeraand in Kaapstad.

    Die twee jong mense draai in die rigting van die deur. Nog ’n man stap in en sluit hom aan by die meisie en haar vriend. Gert!

    Dit ís Gert.

    In die middel van die restaurant staan Anja op en lig albei hande omhoog. Gert steek in sy spore vas. Haar tafelgenoot hou op praat.

    Daar was bitter min woorde en baie vinnige besluite. Sy sou tyd kry om aan die roman te werk en hulle sou haar uit die openbare oog hou. Die vooruitsig was wonderlik, maar skielik was die jaar wat voorlê baie lank en sy bitter, bitter alleen.

    Haar Bob-kaart was vol en die koskaste het oorgeloop – ma’s bly maar ma’s. Die nuwe motortjie het buite onder die afdak geblink.

    Pa het ongemaklik gelyk toe hy haar baie styf vasdruk.

    Lekker skryf. Dit was die eerste positiewe woorde wat hy oor haar skryfwerk geuiter het. Pa had beter idees oor hoe sy oorblywende kind moes grootword.

    Die eerste paar uur na sy vertrek was dit pret om die huis in te rig, die vragte kos te bêre, die splinternuwe elektriese tikmasjien uit te toets en see toe te stap, maar die aand het haar onverhoeds betrap. Met die son wat ondergaan oor die see was die leë kamers te veel. Dit was die eerste keer in haar lewe dat sy alleen in ’n huis was op ’n dorpie waar sy niemand ken nie. Sy kon nie haar skoolmaats bel nie. Die seuns het tot aan die verlede behoort. ’n Paar honderd sonsondergange het nog voor daardie venster gewag.

    Anja het weer af see toe geloop en vir die trane gewag. Daar was niemand nie, net die see en die meeue wat nuuskierig oor haar fladder. Die son het al aan die einder geraak toe sy ’n figuurtjie sien aankom. Uit pure desperaatheid het sy opgestaan en vir hom gewaai. Die man was ouer as sy, en toe hulle mekaar se gesigte kon sien, het hy geglimlag.

    Ek het nie geweet hier kruip nog iemand weg op Skuldmond nie!

    Sy het gelag. Hoe weet jy ek kruip weg?

    Hy het beduie na die paar huise van die gehuggie wat donker teen die aandlug staan. Ek kruip weg.

    Jy het my. En ek was bang ek is stoksielsaligalleen.

    Sê jy.

    Ek sal vir jou kos maak.

    Dis nou twintig jaar later en hy glimlag weer vir haar. Net so maklik soos daardie aand loop sy na hom toe. Hy wag haar met oop arms in en druk haar styf vas. Daar is geen woorde nie. Albei is ouer, maar die hitte van sy lyf het niks verander nie.

    Die meisie herken haar, die man ook.

    Wie is sy? fluister Anja naby Gert se oor.

    Gert vat haar aan albei arms en stoot haar effens terug. Anja, sê hy saggies. Dis Anja.

    Ja, ek het jou naam, lag die meisie. Magtig, Pa Ek het nie geweet jy kén haar nie! Jeez, my pa is een van jou grootste fans. Ek ook, hoor. Ek lees jou boeke al van ek tien jaar oud is. Hy het altyd gesê ek moet jou lees, want ons deel ’n naam. Terloops, dis Patrick."

    Patrick Vierra, sê die jong man. She made me read your books.

    Daardie aand het sy pasta gekook.

    Hulle het tot baie laat gesels. Uiteindelik het hy gegroet.

    Vroeg die volgende oggend het sy langs die see gaan stap. Hy was daar waar hulle ontmoet het. Na ontbyt het sy hom uitgejaag dat sy kon bad. Hy het middagete gemaak.

    Dit het drie weke geneem voor hy by haar in die bed geklim het. Dit was drie weke wat albei later verwens én gekoester het. In daardie tyd het hulle soveel gesels, gelag en gehuil dat niks anders as klere meer tussen hulle was nie.

    Sy het gewoon haar rokkie van haar skouers laat afgly. Daar was niks om te sê nie. Hy, die getroude dominee, en sy, die teleurstellende ouderlingsdogter, het liefde gemaak, gedeel en uitgedeel.

    Ek verstaan nie. Is dit …? vra die ouer Anja.

    Gert knik.

    You said you didn’t know her, sê die man vir die meisie.

    I don’t, sê die jonger Anja.

    Miskien moet ons gesels, sê Gert.

    I have often told Anja that she looks like you.

    Weet sy? vra Anja senior.

    Nee.

    Pa? vra die meisie.

    Luister, sê Gert. Ek wil graag dat ons almal ’n bietjie gesels. Jy was saam met iemand?

    Ek sal gaan verduidelik, sê sy.

    I wish someone will tell me what’s going on, sê Patrick. Hy glimlag sjarmant vir die twee Anjas. Anja is your biggest fan. She’s got first editions of all your books, even the ones in Afrikaans. I kept on telling her that you look alike!

    My dad owes all of us an explanation, sê die meisie. I was practically brought up on her books, but he never told me he knew her.

    Ek is ’n useless lover, het Gert daardie eerste dag al vir haar gesê. Die wyn het sy tong losgemaak. Eendag kom een van my gemeentelede toe daar by my aan … Wag eers. Hy het opgestaan en met ’n heel ander stemtoon gesê: ‘Dominee. Ek het nog vir niemand vertel nie, maar my studeerkamervenster kyk uit op dr. Le Roux se agterplaas. Dominee, ek is jammer om dit sê, maar my ou vrou speel brug saam met sy vrou, dominee, en … ek weet wanneer Dominee op huisbesoek is. Op sulke aande staan Mevrou se motor daar agter. Dis ook die enigste aande wanneer die agterste spreekkamer se ligte brand, Dominee.’

    Hy het sy hande in die lug gegooi.

    "Wat kon ek sê? Moes ek nou openlik vir die man sê: ‘Ag, broer, sy kan my nie meer hanteer nie’? Hoe kan ek haar blameer? Ek werk my dood aan iets waarin ek nie meer glo nie. Marsha se lyf soek aksie. Sy voel vere vir die teologie. Ek, wat het ek? Ek kan niks anders doen as om vir die katkisante te vertel van Jesus se liefde nie, maar my vrou, al wat sy van mý kry is ’n spul gewroeg.

    "So blerrie wat. Sy het ’n affair begin. Ek was bly daaroor. Ek weet sy het ’n affair, want sy is weer gelukkig. Ek reël selfs my program so om hulle twee te pas. Ek speel ‘Famous Blue Raincoat’ voor ek vertrek. Ek sê dit nie vir haar nie, maar ek sien hoe my vrou gloei van die aandag.

    "Al wat ek toe maar vir die broeder te sê het, is: ‘Ek waardeer werklik dat jy my inlig, broer, ook dat jy dit stilhou. Onthou net: Marsha moet dikwels versigtig met Bernard gesels. Dis haar werk om ’n heenkome te vind vir meisies wat oor die tou trap. Ek hoop

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1