Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vlerkdans (skooluitgawe)
Vlerkdans (skooluitgawe)
Vlerkdans (skooluitgawe)
Ebook132 pages2 hours

Vlerkdans (skooluitgawe)

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Hannes lewe vir kuns, Anton vir dans. Maar dan vind Anton uit hy het Vigs. In ’n laaste poging om Anton se lewe te vier, probeer Hannes sy vriend in ’n skildery in die middel van ’n hoë sprong vasvang: soos ’n feniks wat verrys uit die as. Vlerkdans is bekroon met ’n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur en ’n ATKV-kinderboektoekenning (13-15 jaar).

Hierdie skooluitgawe van Vlerkdans is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateOct 30, 1992
ISBN9780624065883
Vlerkdans (skooluitgawe)
Author

Barry Hough

Barrie Michael Hough is op 17 Januarie 1953 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1970 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar en studeer B.A. Kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit. In 1980 behaal hy ’n M.A.-graad in Engels met ’n tesis oor die dramaturg Athol Fugard. Hy hou vir vier jaar skool by St. Barnabas College en is in 1979 voltyds as toneelresensent by Beeld aangestel. Later jare is hy op die kunsredaksie van Rapport, waar hy oor flieks, teater en letterkunde skryf, en in 1999 is hy as kunsredakteur aangestel. In 1986 debuteer Barrie met die jeugboek, My kat word herfs, wat ’n finalis in die Sanlam-jeugverhaalwedstryd is. Sy tweede jeugboek, Droomwa (1990), verower drie pryse: Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer), Alba Bouwer-prys en C.P. Hoogenhout-toekenning. Barrie ontvang daarna nog twee keer die Sanlam-prys vir jeuglektuur (goud), vir Vlerkdans (1992) en Skilpoppe (1998). Skilpoppe is ook die wenner van die M.E.R.-Prys. Breek, wat hy saam met Lizz Meiring geskryf het, is Barrie se laaste jeugroman. Dit het eers as toneelstuk by die KKNK en Aardklop-kunstefeeste in 2001 op die planke verskyn. Kort hierna is die toneelstuk tot roman verwerk.

Related to Vlerkdans (skooluitgawe)

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vlerkdans (skooluitgawe)

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vlerkdans (skooluitgawe) - Barry Hough

    Vlerkdans

    Skooluitgawe

    Barrie Hough

    Tafelberg

    1. Ek kruip uit my dop

    Dis deur Anton dat ek die oorbel begin dra het. Dit was ná ek hom begin teken het dat ek dit laat insit het.

    Daardie eerste middag, ’n paar weke voor die oorbel, sal ek nooit vergeet nie.

    Dit was die eerste keer dat ek soos ’n regte kunstenaar gevoel het. Met my eie model.

    Ek sê vir Anton Draai so, en trek sy een skouer effens vorentoe, druk die ander een terug. Sy vel is warm van die son wat deur die groot vensters op hom skyn. Daar is die geur van olieverf. ’n Bougainvillea1 hang roesrooi in groot trosse net langs ’n oop venster. In die hoek word ’n blou skildery van Ma op ’n esel droog.

    Anton sit op ’n stoel voor die tafel waarop ek en Ma ons bottels met kwaste en ons kryt hou. Sy bene is gekruis, sodat die kuit van die een been op die knie van die ander rus. Sy hande, waarop die are dik staan, rus op die boonste been – een op die knie, die ander op die enkel.

    Die son gooi ’n skaduwee in die holte bokant sy sleutelbeen.2

    Daar is ’n klop aan die deur. Hy ruk.

    Hier’s iets om te drink, roep Ma.

    Ek lag vir Anton. Sit net so, sê ek. My ma het al baie mense sonder klere gesien.

    Hy laat sy kop sak.

    Ma kom in met ’n skinkbord en sê: Jy moet jou model nie langer as ’n halfuur laat stilsit nie, veral een wat nie daaraan gewoond is nie. Dan moet hy strek en beweeg. Hoe’t ek jou dan geleer, Hannes? Die koeldrank is lekker koud. Ek los dit hier op die wakis.3

    Ek byt op my tande en sê: Ja, Ma. Toe sy die skinkbord neersit, klingel ys in die glase.

    Haar voetstappe gaan weg. Ek gooi die grafietstaaf4 teen die oorkantste muur. Ek wens sy wil my uitlos.

    Anton lig sy kop. Nie eers my oulady sien my so nie.

    Terwyl ek ’n nuwe stafie op die tafel vat, sê ek: "Jy’t niks om weg te steek nie. As ek ’n lyf soos jy gehad het, het ek hom knaend5 gewys. Kan jy nog twee minute sit? Nog net ’n paar lyne."

    Hy knik. In die stilte van die ateljee hoor ek net die gekrap van my grafiet op die papier.

    ’n Kramp in my vingers laat my orent kom. Skielik sien ek Anton se hele lyf en die stoel waarop hy sit. Amper asof ek op ’n lang afstand – deur die verkeerde kant van ’n verkyker – daarna kyk. Ek word weer bewus van Ma se sketse teen die agterste muur. Buite hoor ek Matisse blaf.

    Wil jy beweeg? vra ek.

    Ek het gewonder wanneer jy weer gaan surface. Hy staan op en strek soos iemand wat wakker geword het.

    Die glase is natgesweet aan die buitekant. Ek loop deur die sonkol wat tussen my en Anton op die vloer lê. Die ys het al gesmelt, sê ek en hou ’n glas na hom uit.

    Voor hy aantrek, laat ek hom weer sit en neem foto’s met Ma se kamera. Net vir myself, stel ek hom gerus.

    Jy gaan my mos blackmail eendag as ek beroemd is, spot hy.

    Span jou armspiere, maak ek hom stil. Ek fokus en druk die knoppie.

    Anton was my eerste model.

    Vroeër het ek saam met Ma van haar modelle gebruik, maar dit was anders. Hulle was háár modelle. Sý het hulle gekies. Anton was mý model. Ek het hom self gevra om vir my te sit. En hy was nie sommer net nóg ’n model nie. Hy was ’n danser met ’n liggaam wat volmaak6 wou lyk.

    Ma se modelle was vet of het lywe vol velle en plooie gehad. Hulle was oud en lelik. Party se velle was so los, dit het amper soos gekreukelde klere gesit. Maar dis soos Ma van hulle hou.

    "Jy moet kan sien dat die lewe aan hulle gevat het, dat hulle gebrei7 is, sê Ma. Ek hou van ’n lyf waarin gelewe is."

    Toe Nina by die skool leer brei, het sy eendag gehoor hoe Ma weer van haar gebreide modelle praat.

    Is hulle dan truie, Ma? wou sy weet.

    Sedertdien noem ek ma se modelle truie.

    Anton was nie ’n trui nie. Hy was die ene spiere. Nou nie soos Rocky of Arnold Schwarzenegger of die heavy ouens by die gym wat pille drink om hulle spiere nóg verder op te pomp nie. As jy sommer so na Anton kyk, sou jy gesê het hy’s maer, maar wanneer hy sy liggaam span, het dit gelyk of sy spiere gevleg is. Op ’n dag toe ek Ma weer treiter8 met haar truie, sug sy: Ja, my kind, my modelle lyk nou eenmaal nie of hulle van koeksisters aanmekaargesit is nie.

    Ek het Anton by die gym ontmoet. Hy was die enigste ou daar wat my aan die begin gehelp het.

    Daar staan ek soos Kiepie met die kaart waarop my oefeninge uiteengesit is. Om my kletter en klink metaal. Ouens steun terwyl hulle gewigte stoot. In spieëls bewonder hulle hul sweetblink spiere. Hulle gesigte is rooi en hulle kieste bol soos hulle asem uitblaas. Waar daar meisies naby is, beur die liggaamsbouers dat jy dink hulle gaan enige oomblik ’n koronêr9 skiet. Party lyk woes, soos die skurke in ’n Mad Max-rolprent. En hoe harder hulle steun en blaas, hoe bleker en maerder voel ek.

    Toe sien ek iemand in die spieël kyk vir my. Met ’n glimlag knik hy, sit sy gewig neer en stap na my toe. Hy vee sy hand aan sy kortbroek af en steek dit na my uit. Ek is Anton Swart, sê hy. En jy’s nuut en clueless.

    Ek lag. Hannes Bezuidenhout, sê ek.

    Sy hand is warm en klam. Sy T-hemp klou aan sy lyf vas.

    Dit lyk of jy hulp nodig het, sê hy.

    Ek knik.

    Hy vat my kaart. Okay. Ek sal jou die oefeninge wys. Aan die begin raak ’n ou deurmekaar. Maar later ken jy jou roetine so goed jy check nie eers meer op die kaart nie. Ek dink jy moet vir starters van elke oefening net een stel doen. Anders gaan jy môre suffer. Later kan jy opwerk na drie stelle toe. Kom ons kyk. Sit-ups! Hy gaan lê kop na onder op ’n plank wat skuins teen die muur staan en bring sy bolyf sonder inspanning ’n paar keer orent.10 Dis vir die maagspiere. Maar pasop vir hom. As jy vandag te veel doen, kry jy môre seer as jy lag.

    Met elke nuwe oefening beduie hy vir my aan homself watter spier dit ontwikkel. Dit lyk of hy die menslike liggaam amper so goed soos Ma ken. Sy is baie trots op haar kennis.

    "Wat weet hierdie jong kunstenaars deesdae van die anatomie11 af? kritiseer sy altyd. En eendag het sy my vertel: In my dae as kunsstudent het ons gekyk as die mediese studente lyke dissekteer.12 Dis waar ek jou pa ontmoet het."

    Toe ek my gesig trek, het sy gevra: Hoe dink jy het Leonardo da Vinci en Michelangelo hulle kennis van die liggaam gekry? Prentjies?

    Die laaste oefening wat Anton my wys, laat my boarm-spiere lam voel.

    Terwyl Anton onder die stort sy oë toeknyp vir die seep, sê hy in my rigting: Ek dink jy moet môre miskien ’n miss gee. As jy oormôre dieselfde tyd kom, sal ek jou weer help.

    Dis al skemer toe ons buite kom, ’n dik skemer soos room wat voel of dit jou stadiger laat beweeg. Bokant ons flikker NED’S GYM in groot pienk neonletters. By ’n motorfiets naby die ingang staan en wag een van die meisies wat ek vroeër in die gym sien oefen het. Sy dra stywe jeans en hou ’n valhelm vas.

    "Ons gaan laat wees vir die repetisie13," sê sy vir Anton.

    Never fear when Anton is near,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1