Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Abjater wat so lag
Abjater wat so lag
Abjater wat so lag
Ebook175 pages5 hours

Abjater wat so lag

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie merkwaardige bekroonde roman (die Hertzogprys vir prosa in 1992) het as verteller ’n eenkantvrou en oujongnooi wat (op ’n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu) terugkyk op haar lewe – as ’n versorgster in gegoede witmense se huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes. Sy vertel van die insig in die dood wat sy só by die baie sterwendes gekry het. Dan raak sy ook uiteindelik sterwensbegeleidster vir Abjater, ’n man wie se goue lag sy in haar jongdae bewonder het, iemand wat vir haar soos ’n “uitverkorene” gelyk het.

So peins die verteller aan die einde van ’n lewe waarin sy, soos sy elders sê, “by die dood ingeboek” was: “Miskien het ek met die dood getrou, kom dit by my op . . . maar nou raak ek sat vir hom. Hy bly my pal besoek. Hy bring net woeligheid.”
LanguageAfrikaans
Release dateMar 1, 2013
ISBN9780798153171
Abjater wat so lag
Author

Wilma Stockenström

Wilhelmina Johanna (Wilma) Stockenström is op 7 Augustus 1933 op Napier in die Overberg gebore. Sy matrikuleer in 1949 op Napier en verwerf in 1952 ’n dramagraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk daarna as omroeper, aktrise en dramaturg. Wilma Stockenström is een van die belangrikste skrywers in Afrikaans, en sy publiseer romans, digbundels en dramas. Sy debuteer in 1970 met die digbundel Vir die bysiende leser. Sy het die Hertzogprys vir poësie in 1977 ontvang vir haar digbundel Van vergetelheid en van glans en vir prosa in 1992 vir haar roman Abjater wat so lag. Die kremetartekspedisie, wat in 1981 verskyn het, is egter haar bekendste roman. Dis in Engels, Frans, Nederlands, Duits, Italiaans en Hebreeus vertaal. En in 1988 is die Italiaanse vertaling met die Grinzane Cavour-prys in Italië bekroon. Sy het ook ’n suksesvolle loopbaan as aktrise op die verhoog en in films gehad. Sy woon sedert 1993 in Kaapstad.

Read more from Wilma Stockenström

Related to Abjater wat so lag

Related ebooks

Related articles

Reviews for Abjater wat so lag

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Abjater wat so lag - Wilma Stockenström

    Wilma Stockenström

    Abjater wat so lag

    Human & Rousseau

    En nou sit ek maar so die karre en tel, sit ek verlore begeertes en moontlikhede en tel. Met elkeen wat ek tot by die dood help, is dit so. Ek tel onvervulde wense. Een kar propvol sit die armes, en ek heg my verlange aan die stomp stoet. Maar die welgesteldes se begrafnisse is vir my ’n fees van bitterheid en leedvermaak, en oorgehaal wag ek op die uitkom van die neuse van die mouter­karre onder om die kerk se hoek. Ek sit hier agter die opgehaakte gordyntjies in my genadehuis se voorkamer, en die son bak van­dag. Met ’n blik op die straat wat na die begraafplaas gaan, so het ek my stoel getrek en ek volg die dode met my oë na sy laaste se­remonie en sy troubelofte aan die donkerte en onthou hoe sy mond oopgeval het voor die wonder van die vreemde. Maar hoe­kom was hy so verbaas?

    Waar daar gehuil en gekerm word, voel ek tuis, omdat dit so gekom het. Omdat ek my plek moes ken in die huise waar ek ge­werk het en omdat ek en my maters baie gegiggel het, dit onthou ek goed, maar ek kan nie onthou dat ons ooit gelag het nie, want ons het Sondagagtermiddae bymekaargekom. Ander dae was daar nie tyd nie. En ek het my hoed afgehaal en op die bed agter my gegooi en my Bybel en psalm- en gesangeboek tussen my dik agterwêreld en Bettie se dik agterwêreld ingedruk en op ’n ry het ons op my bed in die buitekamer sit en giggel, of in die kamer van een van hulle, en ons het nie eens aan mekaar hoef te gestamp het voor ons begin het nie, dit het sommer uit ons monde gekom. Seker van die lang stilsit in die kerk, die week se toppunt van stil en onderdanig wees, seker daarvan dat daar gesmoorde geluide in my binneste begin klink het toe Kittie se hoederek in haar bollatjie haak en ons gesigte het rooi geword, ons skouers het geskud, ons mae het krampe gekry, ons binneboude het benoud gesweet en ook onder ons arms het nat kolle uitgeslaan en ons lippe het weg­getrek oor ons tandvleis, want ons het nie durf skater nie, ons het baie stil die hele sous uitgelag.

    Ten minste so dink ekke. Dis wat ek gedoen het. Ek het gelag omdat ek niks verstaan het nie en agtertoe dink het my ewe min gehelp as vorentoe dink. Ek het die bekommerdheid uit my bors­kas probeer weggiggel. As ek sê ons het baie gesweet daar langs mekaar op ’n katel, dan bedoel ek somers. In die winter het ons stiller gesit, verslae eintlik, en min kere iets te sê gehad en min kere na mekaar gekyk of ’n beweging gemaak en miskien het ons dankbaar gevoel oor die warmte wat ons lywe uitstraal en wanneer Bettie aan ’n vrypuisie se bult op haar ken gevoel het, het ons ander twee stilgebly, so stil jy kon die wind ver agter die huise in die bos hoor, die bos daar langes die hoofpad waar ek nooit kom nie, maar ek weet van die paartjies gaan sountoe, en Bettie het ook later gegaan, weet ekke. Dan het die wind party dae daar gebly en ander dae het hy nader gewaai gekom, die vensterraam in die kamertjie geruk en gepluk, deur die skrefies geloei gekom en ons lippe was baie koud en onwillig vir enigiets, selfs vir ’n soort gelag.

    Daar was niks te sê nie. Nie met die lippe nie. Ek het gekreun. Nee, dit was nie ekke nie. Dit was maar die wind. Hy het nou die stof deur die huis se solderplanke laat sif en ek het geweet ek sal môre op die Maandag weer stoflagies van al die meubels moet gaan afstof en veral in die sitting room gaan dit ’n gesukkel wees waar alles van die mooiste hout was met net so ’n paar kussings op die banke en op die stoele, min kleedjies op die tafels, nie eens blompotte en ornamente en goed nie, want missies Marnewecke het van die weerkaatsing van die hout gehou, van die vlek van haar gesig in ’n tafelblad. So moes ek maar vryf en vryf, veral op ’n Maandag wanneer die wind die naweek opgekom het, nie wou ophou waai nie, dae aaneen en die wolke gekom en gegaan het. Dit merk jy wanneer jy meubels moet blink hou. Sy was nie van dié wat raas nie. Net na my gekyk en weer vat ek die stoflap en vryflap en vee ek hale oor die groot deftige mankpoottafel in die hoek en ek moet polish smeer en weer daal die fyn stof neer soos ’n bedekking, soos ’n doek geweef van die droë kluite in die blomtuin voor en in die boord agter die huis, en van die vervalle rou­baksteenstal en van die strate en van die veld, en sy kyk maar net na my, sê nie ’n woord nie. Sy kyk na my met oë wat kaatsings wil sien soos sy van kamer na kamer in die tamaai huurhuis gaan, haar skuiwende kaatsing in die rondinge van die hoekkas in die sitting room, kaatsings in die kante van die ou klerekas, ’n win­kende, pragtige een in die eettafel se blad. Sy buk en kyk daarna. Sy tel die stofdeeltjies op haar voorkop, sy vee strepies oor haar wange en raak aan haar lippe en sy roep my. Ek hou my doof vir die kinders se geneul en stap eetkamer toe waar sy met ’n vinger teen haar gesig in die tafelblad tik. Lank vryf ek met die oranje stoflap, ’n kwartier lank, ’n halfuur lank, en gaan terug na die kinders se kamers waar als in ’n warboel gelos is.

    Sy het seker gereken omdat ek aan tafel mog sit en nie saam met die meide in die kombuis moes eet nie, moes ek omgee en moet ek ook vir die ander kamers se meubels omgee en nie net vir die kinderkamers s’n nie. Ek het nie omgegee nie. Ek sou dood­tevrede in die kombuis kon sit met my bord op my skoot, dit sou lekkerder gewees het, en ek sou my mos nie aan die meidepraatjies gesteur het nie. Luister, o ja. Nee, ek sou geluister het. Mens hoor baie, en waar die bruin mense aan alles kom, dit slaan jou stom. Waar hulle alles uitkrap. Uit die ander kombuise kom die stories en van die ander wasmeide en as jy als bymekaarsit, dan het jy ’n nuusblad oor die dorp se wedervaringe en kant­kiesery, en van baie van die plase s’n ook, baie, en ek weet ook hulle klets oor my. Oor waar ek vandaan kom. Oor hoekom ek witmeisie geword het. En hoeveel pond die Marneweckes my die maand betaal, hoeveel meer hulle my betaal as wat hulle kry, of as wat een van hulle sou gekry het as hulle die kinders moes opgepas het en hoe die Marneweckes se kinders nie deur bruin vingers aangeraak mag word nie, want bruin vingers ken te veel speletjies, en bruin vingers kan geniepsig knyp wanneer die master en die missies uit is. O, vol wysneusighede. Hulle is nie op die bek geval nie, glad nie. En ek luister maar so wanneer ek die kansie kry.

    Ken my vingers geen speletjies nie? Ken my mond nie die skottelgoedwatersmaak van ongeleerdheid en die verlossing van ’n knoop nie, die vrank op die tong van minagting, wat daar bly, skurf en geelwit? Ken ek dan nie vleitaal se droog soos icing sugar onder die tong en klewerig tussen onderlip en tandvleis nie wanneer ek die mooi woord moet sê en die gal opstoot van onwillige onderdanigheid? Die groen naar word van swyg. Die spoegblasies in die mondhoeke van bitsigheid insluk teen wil en dank en my adamsappel voel soos ’n klont lood en my bors trek toe, my groot hande bewe wanneer die oudste seun my van agter stamp dat ek so hik en ek gly op die gladde blokkiesvloer, en ken ekke nie die ingeprente respek vir gesag nie wat my net nu en dan laat praat en sku laat opkyk en my verleë laat staan met my hande voor my gevou wanneer missies Marnewecke my tellings lank aankyk en sonder ’n woord omdraai nie? Ek sien haar by die deur uitgaan. Ek hoor haar die gang afstap na die koelte van die voorstoep waar haar tee bedien word. Sy het ’n geel rok aan met swart kolletjies, nes die gansogies wat daar teen die stoep oprank. Van haar vrien­dinne sal kom met die stoeptreetjies op, die een in ’n pienk rok met strikke en die ander een in navy blue, en waar ek nou hierso besig is om die kinders se speelgoed te bêre en klere op te tel en op te hang of af te borsel en dan op te hang of na die wasgoedmandjie te neem, hoor ek hulle deur die venster skinder, maar ek hoor nooit iets oor my nie, nooit, nie een opmerking of skimp nie wat my bedroë laat voel, laat voel asof ek minderwaardiger as die meide is oor wie hulle knaend sit en kla, van wie hulle mense maak met hulle onverskillige monde en hulle lang geheues.

    Praat een woord oor my, vra my siel, want self kry ek dit nie reg nie. Stug by die werk. So gemaak. Een wat kyk en hoor en nie verder kan nie, bot, so stap ek van kamer na kamer dag vir dag om op te raap wat kinders laat lê het, onnutsige, gemene kinders vir wie ek nie mag berispe nie, omdat ek wit is en ’n bediende is en ordentlik moet wees en nie soos die meide vir hulle kan toesnou wanneer die missies en die master nie tuis is nie en die bedorwe goed kom staan en parmantig wees. Ek mag nie eie wees nie. Ek mag nie grappies maak nie en ek mag nie spookstories vertel die aande dat die ouers uitgaan nie, want dit sal hulle op hol ja en buitendien staan die huis reg oorkant die ou kerkhof. Ek mag nie die stories oorvertel wat die ouer kinders in die armkoshuis vir die kleintjies vertel het nie. Dit sal nie goed wees as hulle hoor van die man wat by sy vrou kom kuier nie. Hy sweef die hele ent van die nuwe begraafplaas hiernatoe om sy lot by haar te bekla. Hy buk liefderyk oor die vervalle graf van die jong vrou wat op haar kraambed beswyk het en vertel haar van die oneindigheid van die eensaamheid van sy doodse bestaan, omdat ’n kerkraadsbesluit hom in die hiernamaals van haar geskei het. Hoe sug hy nie. Dit het hom niks gebaat om tot sterwe te kom nie en die vereniging wat hom op aarde net kortstondig met haar beskore was, nou te begeer nie. Hier lê sy neffens die kerk en buite die dorp lê hy. Nou kuier hy vir haar soos ’n jongkêrel een maal die week, uitgevat in sy verlange, met die wete dat ’n bruilofsnag se herhaling ’n versugting van ’n dooie is. O, hoe kreun hy nie. Dis soos ’n klip wat oor die marmerblad skuur. Jy kan hoor hoe sy probeer troos, hoe haar beenmond sukkel om die woord te spreek wat hom sal verlos uit sy voortvarende aanname dat die liggaam se aanraking die rus besorg en jy hoor ’n gekraak soos skroewe. Dis sy wat wil praat. En die wind veeg hom weg waar hy hom lankuit op haar graf uitgestrek het en met dagbreek sien jy niks wat jou laat on­raad merk nie. Net klein blomblare van die rankrosie wat daar op­geskiet het, lê op die skewe steen, soos ’n hand se streling uitgestrooi. Nee, die mooi storie van die onkundige wewenaar mog ek nie vir die Marnewecke-kinders vertel nie, al is dit nou ook so dat die oudste dogter dit kinderagtig sou gevind het en liewers in die sitting room sou sit en lees het, maar die seuns sou ek kon bangpraat en vir die kleinstetjie. Vir haar sou ek kon boei.

    Maar nou moet ek my kennis dig hou, my insig in naar­gees­tigheid moet ek vir myself hou. Dit was nie my taak om hulle te vermaak nie, is ek op gewys. Op stigtelikheid is daar gesinspeel, en verhale lees hulle tog in boeke en die kleinstetjie behoort bed toe te gaan. Ek trek die deken op tot onder haar kennetjie en verwonder my oor die jong ontvanklikheid wat stories in prenteboeke kan omvat ewe-as dromery se afleiding en wat bedevaarte en hellevaarte nie vreemd sal vind nie. Wierook en mirre vanselfsprekend. Graftes en rukwinde en die welkom slaap, dink ekke. Ek blaas die kers dood en laat die deur op ’n skrefie staan. Ek het ’n soetheid gesien.

    Maar vir min dinge maak ek my hart oop, vir weinig mede­deelsaamheid is ek te vinde, want ek het ’n posisie gehad in hier­die huis wat met sy voorkant na die kerk en na die kerkhof staan. Een nag het ek ’n man in die kerkhof sien staan en pis. Een Sater­dagaand laat toe ek die kinders huis toe bring van ’n tiekie-aand, was ek oortuig ek sien geeste tussen die groot denne in die kerkhof sweef. Vreesaanjaend het hulle heen en weer geswiep, woedende soekers vir wie ek en dié aan my toevertrou, lastige verskynsels uit die tydelike wêreld van die lewendes was wat hulle onnodig herinner het aan die oponthoud wat die lewe tussen die dood en die dood was. Dalk was ons net in hulle pad. In die maan­lig het hulle deursigtigheid my nie gefop nie. Daar was nie ’n luggie nie, maar die bome het gekraak en geswaai en partykeers hewig. Die geeste was so doenig. Hulle het boodskappe oorgedra, dink ekke, regstellings gemaak, uitsluitsels verkry en aantygings weerlê. Vir die kinders het ek nie ’n woord oor my waarneming gerep nie, maar hoe het ek nie verlang om te kon meedoen en aan ’n groot bepalende bedrywigheid deel te hê nie. Dit was juis die aand dat ek my fortuin laat vertel het en ’n tiekie se nonsens aangehoor het, als oor ’n maererige bruinoogman en die gelukkige slag wat ek deur sy toedoen sou slaan. Ant Sara het die koppie so gedraai en so gedraai en oor haar goueraambrilletjie vir my bekyk en ek het gedink aan die kollektegeld wat ek hier op sonde sit en uitgee by ant Sara met die satynkopdoek om die haartjies gedraai wat haar verbeel sy skep ’n vertroulikheid, ’n gemoedelike onder­onsie met haar uitleg, ’n vroulike herkenning, maar met die klem op my droewe omstandighede en veral op my skamele vooruitsigte, o ja nee, dit het ek alte goed aangevoel. Sy kon in haar peet­jie gaan, het ek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1