Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Tyd van die kombi's
Die Tyd van die kombi's
Die Tyd van die kombi's
Ebook330 pages3 hours

Die Tyd van die kombi's

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Koos Kombuis se vorige outobiografie, Seks & Drugs & Boeremusiek, was pretensieloos, eerlik, skreeusnaaks én hartroerend. Hierdie is sy Voëlvry-memoir en hy skryf met dieselfde rou eerlikheid en selfspot oor sy herinneringe van daardie tyd. Hy bely daar is dinge wat hy lank probeer ontken het, daarom kon hy nou eers daaroor skryf. En al is hierdie sy persoonlike blik op die mense en gebeure rondom die Voëlvry-toer, beskryf dit terselfdertyd ’n belangrike deel van die onlangse Afrikaanse musiekgeskiedenis – vanaf Piekniek by Dingaan tot by Oppikoppi.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780798153720
Die Tyd van die kombi's

Related to Die Tyd van die kombi's

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Tyd van die kombi's

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Tyd van die kombi's - Koos Kombuis

    Die tyd van die Kombi’s

    ’n Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

    scan0001.jpg

    Koos Kombuis

    Human & Rousseau

    Baie dankie aan Kerneels Breytenbach, Alida Potgieter, Erns Grundling en die taalversorgers vir bystand, raadgee, deurlees en die talle taal- en kontinuïteitsfoute wat hulle raakgesien het.

    Baie dankie aan alle rolspelers in die gebeure in hierdie boek wat om die een of ander rede nie in die teks self genoem is nie. Julle is te veel om elkeen persoonlik te bedank, maar ek wil graag die volgende mense uitsonder:

    Francois Naudé, vir die mooi prentjies op my kitaar; Riaan van Barloworld Toyota in Stellenbosch; Michelle Shocked, vir die woorde van aanmoediging; Frans Swart, wat die beroemde duet tussen my en Jurie Els gereël het; Dave Marks en sy gesin in Durban, vir jul gasvryheid en hulp; Dawie, Thomas en Angelo, my getroue Nissan-handelaars; Albert du Plessis, producer van my mees onderskatte CD (Equilibrium); Sarah Theron, vir haar no-nonsense vriendskap deur die jare; Anne-Marie Mischke, my mentor in die rubriek-skryfkuns; Roof, want jy was eintlik die beste; Aan Carel, Misha, Theresho en al die ouens by Oppikoppi se span; Die FAITH Fund (Foetal Alcohol-Syndrome & Interrelated Treatment Help), vir die geleentheid om vir julle te help geld insamel vir julle inligtings- en opheffingsveldtogte; Jaap, Jaap se hond, Dapper Jannie, Tommy van die Paarl, Miriam van Colesberg, en Thys K en al sy familie met hul Bo-Kaap-herinneringe; Nols de Bruyn, die dominee wat vir my en Kannetjie getrou het.

    Indien ek na enigiemand se redelike mening onwaarhede verkondig het in hierdie boek, of as my geheue my in die steek gelaat het, of as ek onbewustelik skuldig was aan oordrywing, skryf asb. aan my by kombuis@mweb.co.za sodat ek ’n regstelling kan aanbring in ’n herdruk van die boek.

    Die gedigte van Breyten Breytenbach en André le Roux word met hul vriendelike vergunning gebruik.

    vir Maryke

    "’Cause in the end

    we had all become

    prisoners of war"

    – David Kramer

    Proloog

    Ek het dit sien kom. ’n Sekonde voor dit gebeur het. ’n Sekonde wat rek … en rek … en rek. Die kar het teen topsnelheid oor ’n rooi robot gekom, en reg op ons afgepyl. Op die laaste oomblik het die bestuurder probeer rem, dit was asof die kar getilt het. Impak was onvermydelik. Hy’t vinnig gery, baie vinniger as die spoedbeperking. In daardie oomblik van absolute helderheid, net voordat die kar ons Kombi getref het, was dit asof my hele lewe voor my verbyflits, en ek alles in ’n totaal nuwe perspektief sien. ’n Ondenkbaar nuwe perspektief. Wat as alle mense ewe onnosel is? Wat as ras, kultuur of geloof niks met enigiets te doen het nie? In daardie breukdeel van ’n sekonde, in daardie klein stukkie tyd, daardie infinitesimale klein oomblik wat skielik so lank soos ’n ewigheid gevoel het, het ek al my optimisme sien verdamp, my ganse jeugdige idealisme sien wegvloei soos wyn uit ’n geskeurde papsak, het ek besef dat ek nie ’n vryheidsvegter se gat is nie, dat ek nooit Ché Guevara sou wees nie, dat ek eintlik my hele volwasse lewe weggerook het, dat dit amper al was wat ek gedoen het, die gerol van dagga-joints, die aansteek van dagga-joints, die aanpass van dagga-joints, eindelose dagga-joints, elke dag, elke nag, my hele lewe lank. My hele lewe is gewy aan orale fiksasies! My ma se tiete. My eerste dummy. My eerste botteltjies formula-melk. Om nie te praat van alles wat ek gerook het nie! Pype, sigarette, Turkse bongs, tuisgemaakte bottelnekke … en dan het ek nog niks gesê van die alkohol nie … ek was nie ’n bierdrinker nie, ek het gehou van wyn, maar nie duur landgoedwyn nie, o nee! Ek het goedkoop wyn gedrink. Sommer reguit uit die bottel. Om die waarheid te sê, dit was die image wat my beroemd gemaak het, die foto van my, op stage, met ’n bottel goedkoop rooiwyn teen my lippe – ek het dit gesuip soos koeldrank. Tassies. Hulle het my op die ou end geborg, hulle het nie eintlik ’n keuse gehad nie, in die oë van die publiek was ek en Tassies reeds sinoniem. Ek het my lewe voor my sien verbyflits, en ek het besef dit was alles ’n mors van tyd, ’n totale verkragting, ’n gejaag na wind. Ek het besef dat as ek vanaand sou doodgaan, dit alles verby sou wees, daar sou niks oor wees nie, niks pyn of plesier nie, niks meer musiek nie, niks meer plannetjies maak vir al die goeters wat ek nog wou doen nie, ek sou nooit in die Alpe gaan ski nie, nooit in ’n sportmotor deur die strate van Parys ry met die wind deur my hare nie, ensovoorts. Hoe stupid kan ’n mens wees? Hoe ongelooflik onnosel? Ons wou almal Amerikaners wees. Amal was so funky. Die ganse stryd teen imperialisme en apartheid is gevoer met die metafore van Hollywood en Big Business, die sigarette en die saksofone en die gepunte skoene en die shades en die attitude, daar was niks van Afrika daar nie, nóg by ons, nóg by die ouens van Sophiatown; dit was gangster-rap, dit was ou movie-soundtracks gespeel teen die drive-in screens van die verbeelding, Boys in The Hood, die hele lot van ons. Dis waaraan ek dink terwyl die kar op ons afjaag, in daardie sekonde voor impak. In daardie oomblik heroorweeg ek my lewe, beoordeel ek my keuses, en besef ek, wat ook al gebeur, of ons lewe en of ons sterwe, of ons vermink is of opstaan en van die wrak af wegstap, die revolusie is verby nog voor dit ooit begin het. Dat daar nooit enige revolusie was nie. Dit was alles net kak outfits, swak smaak en opgefokte longe.

    Was dit?

    die sondes van die vaders

    Rotte. Hulle is orals.

    Ek lê op my elmboog op die enkelbedmatrassie en kyk benoud na die vloer. Onder my beweeg ’n swart kombers. In die donker is dit moeilik om die diertjies self te sien. Dis net hierdie moerse swart kombers wat beweeg, beweeg, en klein piepgeluidjies maak.

    Ek kan nie opstaan nie, en ek het ’n pie. En die enigste toilet hier op die derde verdieping is af in die hoerhuis se gang. As ek van die bed sou probeer afklim, sal ek op ’n rot trap. Definitief. Daar is letterlik honderde van die goed. Al is hulle nie baie groot nie, is hulle baie. En baie, baie besig.

    Om die een of ander rede probeer hulle nie by die bed opklim nie. Dalk is die metaalpote van die bed te glad. Miskien het hulle nog net nooit daaraan gedink nie. Miskien, as ek baie stil lê, sal hulle nooit daaraan dink nie.

    Ek sluit my oë, lê terug op my kussing, en probeer vir myself sê: Ek het nie ’n pie nie.

    Langs my lê my girlfriend, Jillian, en slaap. Ek kan haar ritmiese asemhaling hoor. Ek hoop sy hou aan met slaap. Dis dalk beter vir haar as sy glad nie nou wakker word nie.

    Onder die bed hoor ek steeds die fyn gepiep.

    Iewers buite in die nag, die veraf loei van ’n polisiesirene. Daar is ook die gewone geluide van die straat. Twee mense wat iewers luidkeels argumenteer. Die eggo van ’n skoot. Die gemurmel van voertuie deur strate wat nie meer lank donker gaan bly nie.

    Binne-in die hoerhuis is dit egter stil. Wanneer die dag breek, sal nuwe geluide ons rus versteur: voetstappe in die gange, deure wat klap, glas wat breek, radio’s wat popmusiek uitblêr. Die klanktapisserie van ’n disfunksionele wêreld.

    Dis Kaapstad, 1983. Ek is ’n skrywer van kortverhale vir Huisgenoot. Ek het al ’n digbundel of twee op my naam, en op die oomblik werk ek aan ’n roman wat weirder is as weird. Dis die Groot Afrikaanse Roman. Dit gaan ons letterkunde op sy kop draai. My uitgewers weet ek is ’n genie. Die slim mense wat vir die koerante werk, skryf rave reviews oor my werk.

    Nou, as ek dan so wonderlik is, hoekom huur ek ’n kamer in ’n hoerhuis? In Langstraat? Tussen rotte? Hoekom woon ek hier saam met my bruin meisie? Hoekom is die bruin meisie se van Botha? Is sy dalk verlangs familie van P.W. Botha? Dieselfde ou wat, as president van die land, ’n wet handhaaf wat sê dat ingevolge die Ontugwet seks oor die kleurskeidslyn ’n misdaad is?

    As ek ’n gepubliseerde skrywer is, hoekom is die mure van hierdie kamertjie oortrek met die name en adresse van intekenaars op ons ondergrondse protestydskrif?

    Teen wie rebelleer ek? Waarom is ek so vol haat? Waarom mors ek die beste jare van my lewe in hierdie plek van armoede en gevaar? Hoekom lewe ek nie gemaklik, soos ander whiteys van my ouderdom nie? Hoekom skryf ek nie liewer my gedigte in die suburbs nie? Hoekom eet ek nie liewer kaaskoek nie? Wat gaan met my aan?

    Gaan ek ooit rêrig lekker kan lewe? Wanneer begin die eerste hoofstuk?

    Ek huur nie meer ’n kamer in daardie hoerhuis in Kaapstad nie.

    Dis die jaar 2008; presies ’n kwarteeu later.

    Ek woon net buite Londen, ’n halfuur se ry. Ek kan enige dag soontoe gaan as ek wil.

    Ek woon ook ’n kort entjie weg van Washington D.C., Amsterdam, Perth, Rome, Singapoer, en elke ander belangrike stad op aarde.

    Tegnies gesproke is ek omring deur armoedige squatterskampe, misdaaddeurtrekte lokasies, en tydelike skuilings waar slagoffers van geweld en natuurrampe elke dag toustaan vir kos. Maar dit kan my dalk langer vat per motor om soontoe te ry as wat dit my sal vat om Londen toe te ry. Londen is net ’n halfuur weg met die highway. Die ander plekke is moeilik om te bereik as gevolg van die verkeersknope en stukkende robots en hijacking hot-spots. Dis ingewikkeld om by daai plekke te kom.

    Maar, dank God! Die Kaapstadse Internasionale Lughawe is maklik om te bereik. Van my huis af kan ek amper direk op die N2 klim en binne ’n halfuur daar wees.

    Binne ’n halfuur kan ek vry wees van alles.

    Ja! Enige tyd wanneer ek lus is, kan ek in my kar klim en padgee uit hierdie hartverskeurende land.

    Ja! Enige oomblik kan ek dit alles agterlaat; die miserabelheid, die korrupsie, die moorde en die verkragtings en die kragonderbrekings en die koerantopskrifte wat hul slegte nuus van werkloosheid en politieke faksiegevegte uitbasuin. Ek kan op ’n vliegtuig na die vrye wêreld wees binne ’n halfuur, in besigheidsklas, met ’n glasie gratis lemoensap in die hand, my bene uitgestrek voor my uit, terwyl ek wonder watter restaurant, bistro of koffiewinkel ek eerste sal besoek wanneer ek daar land.

    Nou hoekom doen ek dit nie?

    Hoekom woon ek nog hier?

    Wat maak ek nog hier, in hierdie huis waarby hulle al ten minste drie keer ingebreek het, in hierdie straat waar ek oor my skouer moet kyk elke aand as ek my kar by die garage intrek, waar my deurklokkie sonder ophou gelui word deur bedelaars en ouens met stukkende klere op soek na werk, waar ek elke Donderdagoggend my dumpsters vol trash uitsit op die sypaadjie net om te sien hoe die patetiese zombies van die onderdorp grawe deur my rubbish, my ou manuskripte, my stink kos?

    Wie hou my hier? Wat hou my hier vas?

    Dis nie asof ek enige hoop het nie. Om eerlik te wees, ek is lankal op moedverloor se vlakte.

    Dinge is erg, en dit word dalk selfs erger.

    En tog bly ek. Bankvas. Sonder om ’n voet te versit.

    Dis moeilik om te verduidelik. Ek weet. Dit klink corny, selfs al probeer ek dit verduidelik.

    Maar die bottom line is dit: ek is ’n Afrikaan.

    Afrikaan is ek, en Afrikaan is ek gebore.

    Ek’s nie ’n moerse goeie Afrikaan nie, en ek’s nie eers altyd seker of ek ’n donnerse Afrikaan sou wou wees as ek die keuse gehad het nie, maar dis nou eenmaal ’n feit soos ’n koei. Ek is deel van hierdie land. Ek het hier grootgeword. Dis die enigste plek waar ek voel of ek rêrig tuis is. Ten spyte van my aversie en apatie, is hierdie land tog myne.

    Ek hou ook van die klimaat. Ek hou van die vars vrugte. Ek hou van die berge en die grasvlaktes en die strande en die blou, blou lug van hierdie pragtige plek. Ek hou van Suid-Afrika.

    En, omdat ek ’n Afrikaan is, voel ek ook medeverantwoordelik vir die suksesse en die mislukkings van my land, Suid-Afrika. (Ek het julle gewaarsku, dit gaan corny klink.)

    As ’n Afrikaan, en as ’n Suid-Afrikaner, is dit vir my onmoontlik om my in te dink hoe dit sou voel om na ’n ander kontinent te gaan en vir altyd daar te bly. Om my tot in lengte van dae besig te hou met ander issues, gewoond te raak aan vreemde mense se manier van doen, ander lande se kak en hare, ander mense se gekneuter oor voorvelle en fokkol.

    O, ek is heel impressed met die gerief en die veiligheid van die Eerstewêreldse lande. Ek geniet dit om met my kinders daar in die parke te gaan stap sonder dat enigiemand my met ’n mes steek, of vermoor, of pla, sonder dat ek heeltyd voel asof ek omring is deur misdadigers.

    En hier is so baie misdadigers in Suid-Afrika! Hier is misdadigers uit op borgtog, misdadigers wat ontsnap het uit polisieselle, misdadigers wat skuldig bevind is aan ernstige misdade en gevonnis tot ligte gemeenskapsdiens, ensovoorts, ensovoorts.

    Maar nog steeds bly ek liewer hier. Ek bly hier, want as ek in ’n ander land probeer bly, sal iets in my doodgaan. Ek sal óf self doodgaan van pure verveling óf op die ou end myself skiet of iets. Dit sal verskriklik wees om so te leef, sonder uitdagings, ontwortel en gewigloos en bleek soos Earl Grey-tee.

    Wat is so wonderlik aan Amerika? Jy word elke oggend wakker en lees net van orkane en oorstromings. Jy sit die TV aan, en dis net ’n geskinder oor movie-sterre wat skei of rehab toe gaan. Ergste van alles, jy moet heeltyd op CNN hoor hoe kak is die Moslems. Dis mos wat hulle amptelik glo, dat Moslems kak is. Hulle dink alle Moslems is dieselfde; daar is in hulle oë nie grade of skakerings van kak in Islam nie. G’n wonder hulle is altyd op die randjie van oorlog nie. G’n wonder die Here straf hulle met bosbrande, elevator-musiek en McDonald’s-burgers nie.

    En wat van Engeland? Nee wat. Wie wil nou heeldag in hysbakke en moltreine rondry en luister na onsigbare tannies wat moroonlike stront oor die luidsprekers kwytraak soos Please stand clear of the door en Mind the gap? Asof mens nie self kan sien daar’s ’n deur nie. En die gaps tussen die treine en die platforms is net ’n kwart sentimeter wyd, ’n balpuntpen kan nie eens daar deurval as hy probeer nie.

    Nieu-Seeland? Ag, asseblief. Dis heeltemal te groen. Al die plantegroei en groen gras en goed sal my mal maak. Die enigste intelligente geselskap daar is waarskynlik die skape. (En Jurie en Hestrie, as hulle nog daar is.)

    Wat van België? Wel, al waaroor die Vlaminge ooit opgewerk kan raak, is Franse politici. En hulle eet mayonnaise oor hulle tjips in plaas van tamatiesous. Wat meer hoef ek te sê?

    Erken dit maar: die meeste ander lande is boring. Die meeste ander lande maak nie sense nie. Amper alle ander lande is ’n bietjie vulgêr, as jy my vra.

    Verstaan my mooi: ek is nie ’n patriot nie. Ek is nie altruïsties of edel nie. Ek weet ek gaan vreeslik aan oor die blou berge en die grasvlaktes en die mooi lug en die volkslied en alles, maar in die praktyk doen ek so min goeie dade as wat ek kan. Ek deel nooit komberse uit aan die arme bliksems wat op straat slaap nie. As bergies my vra vir geld, jaag ek hulle gewoonlik weg. As ek my kar parkeer, stap ek koponderstebo weg voordat die car guards my oog vang. Bedelaars irriteer my.

    Ek is, om heeltemal eerlik te wees, in hierdie opsig nie baie anders as die meeste ander wit Suid-Afrikaners wat nog nie geëmigreer het nie. Net soos bruin en swart Suid-Afrikaners is ek gatvol vir swak dienslewering. Ek hou nie van die stand van sake hier nie. Ek kla oor alles. Ek skryf briewe aan die koerante en ek kritiseer die regering by elke moontlike geleentheid. Ek is totaal en al gekant teen die status quo.

    Maar ek bly. Hier.

    Al verskil tussen my en die meeste ander wit Suid-Afrikaners is dat ek net so erg te kere gegaan het onder die vorige regering as onder hierdie een. Ek het hulle net so gehaat. Om die waarheid te sê, ek het my deeltjie gedoen om hulle tot ’n val te bring. Die Nasionale Party-regering was net so erg, of erger, as hierdie klomp wat nou aan bewind is, glo my.

    Dit het vir my reg gevoel om toe te protesteer. Ek weet nie hoekom so min ander whiteys dit destyds gedoen het nie. Maar nou ja.

    scan0001.jpg

    Ek het so baie herinneringe. Die herinneringe bons rond in my kop en bots teen mekaar, hulle soek ’n uitkomkans, hulle wil ontsnap. As elke herinnering ’n drol was, het ek nou die ergste opelyf van my lewe.

    Herinnering nommer een. Dis 2003 of 2004. Droë, geel Gauteng-gras. Ek sit oorkant die tafel van my ma by die Jan Smuts-museum se opelugrestaurant buite Pretoria. My ma is vol plooie en haar hare is grys, maar haar oë vonkel vol humor. Ek is amper vyftig jaar oud. Oor ’n paar dae moet ek ’n solokonsert gaan speel op die hoof-stage by die Oppikoppi-rockfees. My twee klein kindertjies hardloop rond, om en om die Jan Smuts-museum, en dit weerklink van die oorlogskrete soos hulle speel. Ons eet lasagne en drink goedkoop droë witwyn wat bedien word per glas, nie per bottel nie. Ons het hiernatoe gery in ’n gehuurde Mercedes Vito diesel-Kombi. Omtrent vyftig tree na links staan Jan Smuts se antieke swart Cadillac (of Packard) (of whatever) geparkeer in die son. Dit is ’n museumstuk. Ek is ook ’n museumstuk. Ek wens ek was so aantreklik soos Ozzy Osbourne. Gelukkig is ek – anders as die meeste celebrities – nie op drugs nie, en gelukkig is my vrou – soos die vroue van die meeste celebrities – nog nie halfpad so oud soos ek nie. Die meetsnoere het vir my in redelik oukei plekke geval.

    Oor ’n klein rukkie gaan ons almal deur die perfekbewaarde Jan Smuts-familiewoning stap en alles besigtig: die oudmodiese badkamer, die kieries en die uniforms, die gepoleerde houtvloere, die outydse broodroosters en die vergeelde vredesverdrae in glaskaste.

    Jan Smuts was eerste minister van Suid-Afrika net voordat die Natte per ongeluk die verkiesing gewen het in 1948. Hy het die verkiesing verloor omdat hy óf te stadig óf te haastig (niemand is seker watter een van die twee nie) was om politieke mag te gee aan die swart mense. Hy het ook filosofiese boeke geskryf oor ’n teorie met die naam holisme en was betrokke by die stigting van die Verenigde Volke! ’n Uitsonderlike man. ’n Oorlogsveteraan. ’n Volksheld. Net jammer hy’t nooit leer kitaar speel nie.

    My ma vertel my hoe erg sy my pa mis. Ek is altyd verbaas as sy sulke goed sê. Daar was ’n tyd in die geskiedenis toe dit hoogmode was vir vroue om hulle volwasse lewens neer te lê ter wille van hulle mans. Niemand onthou vandag meer hoe absoluut die heerskappy van die vaders was nie. Die feit dat hierdie mans dikwels ruggraatloos, geestelik bankrot en emosioneel ontoereikend was, het hoegenaamd nie die vroue verhoed om hul eie lewens neer te lê nie. Hulle was dapper genoeg om die grootste, mees bisarre offer te bring: die buiging van hul eie wil, in totale oorgawe en stille onderdanigheid, voor die outoriteit van ’n ander mens.

    Ek moes wag vir my pa om dood te gaan voordat ek ’n normale verhouding kon begin met my ma.

    Ons moes almal baie lank wag vir onafhanklikheid.

    scan0001.jpg

    Onafhanklikheid. Ja, wat ’n mondvol.

    As jy so na my kyk waar ek hier in my studeerkamer sit en peins, sou jy sê ek het alles bereik in die lewe wat ek nodig het; dat ek tevrede en gelukkig is.

    Ek het ’n huisie by die see. Van die boonste verdieping kan ek amper die see sien. Partykeer ruik ek dit. Dis net ’n paar kilometer weg.

    Ek het ’n ronde, vrolike vrou, ek het so te sê twee kinders, ’n huishulp, ’n opreggeteelde hond, ’n SPCA-kat en ’n troetelrot. Die rot is wit, die huishulp nie. Die hond is koffiekleurig. Ek het vanoggend met die hond gaan stap net nadat die huishulp vir my kom vertel het haar susterskind is gister doodgeskiet tydens ’n transitoroof in Johannesburg.

    Dis waar, ek is suksesvol, en ja, ek is gelukkig, maar ek is nie altyd tevrede nie. Daar is tye wanneer ek oorval word deur ’n allesomvattende gevoel van weersin. Veral laat in die nag, as ek in my kantoor sit, omring deur die lewelose stilte van suburbia. Ek hoor nie meer die rewolwerskote van Langstraat nie, dis waar. Maar nou is dit die stilte – die afgryslike, genadelose stilte – wat my teen die mure uitdryf.

    Die stilte wat soms vir weke, maande kan duur en dan ewe skielik, een nag, geboorte kan skenk aan chaos. Aan roof. Of moord. Ongenooide indringers wat waansin saai waar orde en vrede moet heers.

    Ek lees deesdae weer Breyten Breytenbach. Ek het hom weer ontdek. Ek lees sy nuwe werk, sy onlangse publikasies, want ek deel sy ontnugtering met hierdie land, dit wat ons geword het. Jare gelede was dit sy jeugdige prosa en poësie wat die drang na protes in my wakker gemaak het. Sy woorde – sy wilde, subversiewe gedigte – was vir my die wekroep na ’n lewe van opstand teen apartheid.

    Toe ek ’n kind was, is Breytenbach se werk nie op skool behandel nie; daar is oor hom gefluister in die gange, sy boeke is onder die skoolbanke aangestuur, ons moes dit in die geheim lees wanneer niemand kyk nie. Sy gedigte was sondig, opwindend, heerlik anargisties. Alles wat hy geskryf het, was ’n stille kreet in die donker, ’n kreet wat gerebelleer het teen die bedreiging van die siekes; teen die ganse saai lewe, die blanke eenvormigheid van my kinderjare.

    Nou lees ek die werk van die volwasse Breytenbach. Ek lees sy nuutste digbundel, Die windvanger. Die windvanger gaan oor vele onderwerpe, maar onder andere is dit ’n stem van protes teen die ganse saai – ja, saai! want te veel van dieselfde ding, al is daardie ding raserig en chaoties, raak saai – … die ganse saai, swart eenvormigheid wat die slagspreuk van die nuwe Suid-Afrika geword het.

    Ja, hier sit ek in my studeerkamer in die boonste verdieping van my huis in Suburbia, ek sit hier tot laat in die nag, en ek weet ek is veronderstel om te werk aan my volgende rustige gemoedelik-lokale roman, maar eintlik lees ek net Breytenbach se grafskrif vir ons land, en ek drink KWV brandewyn (ek drink baie daarvan, maar ek drink deesdae die 5-jaar-oud, want ek kan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1