Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Etosha
Etosha
Etosha
Ebook383 pages4 hours

Etosha

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Karel Fechter, parkhoof van Etosha, weet goed sy dae is getel. Hy staan in die pad van die nuwe regering se planne vir ontwikkeling en vooruitgang. Met sy Anti-Poaching Unit (APU) probeer hy sy geliefde diere beskerm, onbewus oor hóé die groep oud-soldate sy opdragte uitvoer. In die afgeleë ooptes van die park maak hulle ’n wildstroper wreed dood. Die wildstroper is die hoofman van ’n Himba-stam en Justus Tjambiro se pa. Die renosterhoring wat hy laat val terwyl hy vlug, moes betaal vir sy seun se universiteitsopleiding. Justus keer terug uit die stad om sy pa op te spoor. Wanneer hy sy pa se lyk vind, neem hy hom voor om sy pa se dood te wreek op die bevelvoerder van die APU – Karel Fechter.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 15, 2010
ISBN9780798153324
Etosha

Read more from Piet Van Rooyen

Related to Etosha

Related ebooks

Related articles

Reviews for Etosha

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Etosha - Piet van Rooyen

    Etosha

    Piet van Rooyen

    Human & Rousseau

    "Fair lady, now mone I

    De, trestly ye me trow;

    Take ye my serk that is bludy,

    And hing it forrow yow;

    First think on it, and syne on me,

    Quhen men cumis yow to wow."

    Robert Henryson (1425 – 1500)

    1

    Olivia lê en rondrol op haar oopgespreide slaapsak. Sy’s alleen op ’n kaal sementvloer. Sy lê in ’n leë kamer in ’n verlate huis op ’n verlate plaas in die noorde van die land. Die enigste stukkie van die meubels wat hier oorgebly het, is ’n lendelam tafeltjie met ’n ou swart telefoon op, naby die kombuisdeur.

    Die boeregesin wat lank terug hier gewoon het, het moed opgegee en die plaas aan buitelanders verkoop, het sy gehoor. Droogtes en veediefstalle, arbeidsonrus en die swak beespryse, leeus en slange en ongediertes het hulle verjaag. Nou bly hier niemand meer nie. Sy is heeltemal op haar eie in die kil, stugge ou huis.

    Vlermuise fladder tussen die dakbalke rond. Die skerp ammoniakreuk van vlermuismis brand haar neusgate wanneer sy te diep asemhaal. Die vloer is hard onder haar. Waar sy met haar elmboë teen die vloer druk, skuur die stof krapperig teen haar vel. Die slaapsak se frommels en voue druk skerp teen haar ruggraat en teen haar ribbes. Die vloer is onaangenaam warm wanneer sy met die omdraai met die rugkant van haar hand daaraan raak.

    Dit was vandag juis een van daardie ontsettende warm dae waaraan sy so moeilik gewoond raak in hierdie vreemde land. Die nag wil ook niks van die hitte breek nie. Sy haal met ’n sagte fluitgeluid asem. Die klank van haar asemstote word hol deur die mure van die leë huis na haar toe teruggeëggo. Die ruite in die vensterrame is reeds almal lankal uitgebreek, tog roer daar geen luggie in die stil vertrek nie.

    Muskiete zoem om haar kop. Haar vel brand skerp waar hulle haar raak gesteek het, steeds aanhoudend bly steek, die bloed bietjies-bietjies uit haar are suig. Die muskietegif maak haar dronk in die kop voel. Sy het lankal agtergekom dat geen muskietweermiddel Namibië se muskiete weghou nie.

    ’n Skopsuil roep met eentonige reëlmaat vanuit die seringboom op die vervalle grasperk aan die voorkant. Proep-proep, klink die melankoliese geluid. Sy lê vir haar eie asemhaling en vir die uil in die donker en luister. Om haar in die donker huis weet sy sit die tekens van verval: die uitgedroogde vlieëkarkasse teen die sifdeur, die stukkende gordyne, die gebreekte ruite in die vensters, die vuil mure, die verlate telefoon. Die sink kreun op die dak, ’n nagvoël of ’n ander dier skuifel onheilspellend op die nok rond.

    Sy het eensaamheid reeds leer verduur, saam met al die fisieke ontberings, die afgelope maande wat sy in hierdie omgewing werk. Solitude, watter pragtige woord, dink sy.

    Sy sukkel om te slaap, maar die nag is nie vervelig nie. Sy lê en luister na die sagte geluide. Sy moes gou leer om dinge te verduur in hierdie land. Honger en dors en hitte, sweet en uitputting, die verbete gezoem van muskiete – alles kom saam met die avontuur. Ten spyte van die gefluit van haar asem, haar onwillekeurige gekreun, die gejeuk van haar vel, die geveg teen die eensaamheid en die hitte, voel sy op ’n eienaardige manier tog tevrede. Sy het al hoeveel van hierdie soort nagte deurstaan, haar skouers en heupe soggens seer en styf van die lê op die harde vloer, haar rustelose drome, haar slapeloosheid en die inersie van haar lyf. Dit maak die nag deel van die ontbering wat saamgaan met die projek waarin sy haar begeef het – die saak van die leeus.

    Uit die hoek van die kamer kom ’n sagte skuurgeluid. Dit kan ’n slang wees, besef sy met ’n skok. Sebraslange en kobras – die Angola-variëteit, asook die gewone geelslang – is lief vir leë huise, weet sy. Hulle kom soek graag hier na muise en rotte. Sy rol op haar sy en reik na die flits, die klein koplamp met ’n rekbare band, wat naby haar kussing lê. In die skraal ligstraal staan ’n groot swart boktor met voelers verdedigend oopgesprei. Dan begin hy weer swenkend langs die muur af beweeg. Sy sug verlig. Verdomde tor!

    Sy laat sak die flits. Die ligstraal skuif oor die gesig van die president onder haar op die vloer. Hy glimlag meerderwaardig-vaderlik na haar op van die voorblad van een van die koerante wat sy onder die slaapsak oopgesprei het. Sy het vroeër die stapeltjie koerante onder die ou telefoontafeltjie opgespoor en netjies uitgepak om haar slaapsak op oop te rol.

    Die koerante is gedurig vol foto’s van die president. Sy hou die ligstraal vir ’n oomblik direk op die foto. Dis moeilik om die uitdrukking te lees. Sy donkerswart vel maak sy gelaatstrekke moeilik onderskeibaar op ’n swart-wit koerantfoto. ’n Wollerige grys baard omkring die ronde gesig. Lag hy haar uit, of is dit maar net die normale, aangeplakte glimlag van ’n politikus? Dalk moet sy minder krities wees. Sy begin al meer soos Karel dink.

    Haar nek pyn. Sy skakel die flits af en laat sak haar kop op die kussing. Sy sny haar gedagtes weg van die koerante, van al die nuus oor oorlog en misdaad. Sy luister na die uil, laat loop haar gedagtes na die veld om haar, na hoe dit oop en ongestoord lê in die roerlose donkerte van die nag. Sy wens sy kan die leeu vannag hoor brul. Sy weet hy moet naby wees. Sy en haar spoorsnyers het die spore gevolg tot by die veepos nie ver van die verlate woonhuis nie, voor dit donker geraak het vroeër die aand. Van daar het sy teruggekom na die opstal met die plan om die nag in die verlate huis deur te bring. In die skemering het haar ligte op die groepie plaaswerkers geval, waar hulle by die sinkplaatpondokke besig was om die aand se ete voor te berei. Hulle het in ’n klein bondel om die vuur bymekaar gestaan. Die reuk van geskroeide pap het in die aandlug oor die werf gehang. Sy het teenaan hulle gaan stop om uit te vind van die leeu. Haar spoorsnyers het dadelik met die klank van herkenning in hul stemme gegroet. Hulle het geweet daar sou vir hulle geselskap, kos en slaapplek wees.

    Sy is jaloers op hulle, op hierdie mense van Afrika wat so gemaklik, so gemeensaam met mekaar leef. Sy weet dat hulle haar met hulle skugter groet van naand, naand ook dadelik sou intrek in hulle gemeensaamheid in. Maar sy kon nie. Die vervreemding sit te diep in haar. Sy dra te swaar aan die bagasie van die beskawing waarmee sy opgegroei het. Sy wens dikwels sy kon daarvan afstand doen, dat sy eerder net eenvoudig, maklik, gestroop kon wees. Dan sou sy ontslae wees van hierdie alleenheid. Maar sy kan nie. Sy het lankal reeds te veel voorbehoude om haar opgehoop.

    2

    Die werf se mense het goeie en slegte nuus gehad. Die mannetjie het kort voor donker ’n kalf by ’n veepos gevang, skaars drie kilometer van die huis af. In die stil aandlug kon hulle glo, selfs op daardie afstand, die leeu hoor brul, die angstige gebulk van die kalf hoor, hoe dit onder die roofdier se wurgklem stil raak. Die werkers het reeds die eienaar van die beeste uit die opstal uit gebel. Hy huur die grond en is ’n uitheemse sakeman van Windhoek. Hy sou môreoggend voor ligdag hier wees saam met ’n paar medejagters om die spoor te vat, die dier te skiet waar hulle hom ook al raakloop.

    Dis die slegte nuus. Die goeie nuus was dat die leeu ook vir haar sal wag waar hy vannag waarskynlik dikgevreet naby die karkas lê. Dis nou haar laaste kans om die dier in te haal. As hy van hier af verder loop, tussen die bewoonde plase in, is dit verby met hom, weet sy. As die jagters haar môre hier kom kry, hoop sy om gereed te wees. Dan geluk dit haar dalk en oortuig sy hulle om haar die eerste kans te gee.

    Sy het haar verdowingspyle by haar in die voertuig; sy is bedrewe genoeg met die pylgeweer. As die leeu en die jagters haar net ’n oomblik se kans gee, kan sy hom lewend terugbring Park toe. Maar dit sal ons alles maar môre moet sien, dink sy. As dit lig raak, sal sy weet.

    Sy hoor die honde verweg by die hutte blaf. Daar kom ’n vae vlaag van stemme wanneer die wind in haar rigting draai. Dis asof die honde en die stemme haar koggel, vir haar oor en oor wysmaak waar die sinkkaias van die vee-oppassers staan, waar haar eie twee spoorsnyers nou warm by die vure sit, waar mense so laat in die nag nog vrolik sit en gesels.

    Haar kuite dreig om aan die kramp te gaan. Sy probeer konsentreer daarop om te ontspan, haar kloppende spiere te dwing om slap te bly. Sy sal dit haat om nou ’n kramp te kry!

    Sy mag met reg moeg wees. Sy het ver gery vandag, skommelend in die styfgeveerde Land Rover, oor slegte paaie, plek-plek direk deur bosse en bo-oor gate. Die leeu het nie padlangs gehou nie, hulle hou nooit padlangs nie, sy moes maar ry waar die spore haar lei. Waar die leeu onder die kampdrade deur is, het haar spoorsnyers die tang onder die passasiersitplek uitgehaal, die drade by die ysterpale aan weerskante losgeknip en die draad platgetrap met hulle breë, harde voete sodat sy die voertuig versigtig kon oorry.

    Sy en die twee spoorsnyers sny die leeu se spore al die afgelope drie dae lank sedert hy by die Panne uitgekruip het. Hulle het die deurkruipplek reg suid van Halali gekry, by Grenswag se hoek, die groot spore duidelik afgemerk in die sagte sand. Van daar het hy by Werda ’n draai gaan gooi, sy eerste bees naby Oscar Lambert se opstal gevang, hom dik gevreet, en van daar af koers gekies die plase in.

    Dis ’n gedurige stryd om die leeus van die plase weg te hou. Die erdvarke grawe snags oral gate onder die draad deur en die patrollies kom nie altyd betyds by die gate uit nie. Die jong mannetjies, daardies wat nog na ’n eie loopgebied en harem soek, toets gedurig maar die grense. Sy weet hulle het nie baie tyd nie, dat hulle elke dag met oortrokke grasie verder gaan.

    Hierdie jong mannetjie is ekstra slim, wil nie lank gaan lê om te rus nie, bly aan die beweeg. Goed dat die plase hier so verlate lê: as die boere dit nog oraloor bewoon het, was ’n horde jagters nou al op die leeu se spoor; sou sy nog net die karkas van hulle manlike heldemoed gehad het om weg te sleep, om te gaan slag en dissekteer. Môreoggend het haar tyd uitgeloop, is die eerstes hier. Dan sal sy maar moet sien hoe sy hulle gaan hanteer.

    Een van die plaaswerkers by die kaias het aan haar die sleutel gegee en verseker dat sy welkom is om in die leë huis te oornag. Sy kon die foon gebruik as sy wou. Dit was toe reeds vinnig besig om nag te word. Kiewiete het hulle laaste eensame krete van die aand geroep. Iewers by ’n kraal naby die opstal het bokke geblêr, ’n wye, melankoliese geluid. Sy het die sifdeur oopgetrek. Die gaas was vol gate en die deur het swaar op sy skarniere gekreun. Sy het die huis binnegestap. In die halfdonker het sy haar toon teen ’n tafelpoot gestamp en sag gevloek. Sy het haar flits aangeskakel en die yl ligstraal deur die vertrekke laat speel.

    Sy het gewonder of sy dr. Hugh moes bel om te sê waar sy was, maar het daarteen besluit. Sy was te moeg en te vuil om enige gesprek te voer, vrae te antwoord. Sy het daarom dadelik ’n bondel takke van die seringboom buite gaan afbreek, ’n slaapkol op die sementvloer daarmee skoongevee, die stapeltjie koerante uitgepak, haar slaapsak in die voorkamer oopgerol. Sy wou nie in een van die slaapkamers gaan lê nie; daar was dit heeltemal te bedompig. Met die flits aan sy rekband op haar kop geskuif, het sy ’n uur lank met haar rug teen die muur gesit en lees uit die slapbandboek wat sy saamgebring het. Toe het sy gaan lê, moeg van die dag se agtervolging; die stamperige rit.

    Die flits rem al swaarder aan haar kop. Die storie in die slapbandboek bly haar verveel: The Survivors, ’n goedkoop liefdesverhaal met plat karakters en onwaarskynlike gebeure. Dis ’n boek wat sy in dr. Hugh se voorkamer onder ’n leë blompotjie, langs ’n paar los geweer-patroondoppe op ’n vensterbank sien lê het. Sy het dit in die verbygaan gegryp en in haar sak gestop. Daar het weer ’n leeumannetjie uitgebreek – sy moes dadelik ry. Sy is toe gelok deur die titel, dit het so avontuurlik geklink. Nou, met die lees, is die inhoud maar skraal.

    Die nag is nog bitter lank. Sy haal die flits van haar kop af. Die skakelaar voel glad en taai van haar sweet. Sy voel die punt van haar duim dom daaroor glip. Sy druk hard, hoor tog dan die klein klikgeluid wanneer dit afskakel. Dit raak donker om haar. Sy maak haar oë toe en probeer slaap. Môre is ’n belangrike dag.

    3

    Olivia skrik met ’n snak wakker toe die ligte van ’n voertuig op die mure van die leë kamer val. Sy’s steeds verstrengel in die geborgdheid van haar droomwêreld. Daar was verskeie bekendes en onbekendes saam met haar by ’n langwerpige tafel met ronde hoeke. ’n Kelner het vleis uit ’n diep bak vir hulle ingeskep. Sy was geduldig besig om haar beurt af te wag; het aandagtig gesit en kyk na hoe die ander eet. ’n Vriend uit haar studenteverlede, ’n kort, effens gesette jong man met ’n bles, rooi wange en sproete op die neus, het sy lippe afgelek en met sy vurk in sy bord in beduie. Aan die mure rondom hulle was daar takbokskedels met breë geweie. Prente van Engelse baronne met wit boordjies en vere in die hoedens het op hulle afgeloer. Dit was skemerdonker in die vertrek, maar het ligter geword toe ’n vrou in ’n wit voorskoot die lampe hoër draai.

    In die laatnanag het sy so diep ingesluimer dat sy nie gereed was vir die koms van die jagters nie. Gelukkig hou die voertuig nie by die woonhuis stil nie, maar stoot deur na die veewagters se huise. Die eienaar van die plaas sou haar pateties-kaal op haar slaapsak en sleg verleë langs haar bondeltjie klere, betrap het. Haar eie Land Rover staan agter die huis onder die peperboom tussen die watertenk en die vervalle mure van die ou koelkamer ingetrek. Die vroemôre-aankomelinge het dit waarskynlik met die vinnige verbyflits van hul ligte nie daar sien staan nie. Ook maar goed!

    Sy kan die muwwe reuk van gister se sweet aan die waaie van die kakiehemp ruik toe sy dit oor haar kop trek. Die skerp sweetreuk laat haar behoorlik wakker skrik. Mens stink gewoonlik darem nie vir jouself nie! dink sy wrang.

    Haar verbleikte langbroek voel krapperig en skurf as sy dit teen haar bene opskuif. Die binnekant van die pype is hard en styf van die vuil. Sy ruk haar hand haastig weg as die skerp saad van steekgras onverwags in haar vinger steek. Sy vloek sag, haar stem ’n onverwagse plofklank in die stil vertrek. Shit! Sy byt die stekelsaad met haar voortande uit voordat sy die broek verder aanglip en die belt om haar benerige heupe vasknoop. Sy trap onvas rond toe sy die sokkies een vir een op een been oor haar voete en enkels glip en in die ou paar robvelskoene intrap. Sy dra die skoene al die afgelope drie jaar daagliks op die leeuprogram. Dis tyd dat sy nuwes kry! Sy buk wankelrig om die veters elk met ’n dubbelknoop te strik. Al is sy hoe haastig om uit te kom agter die jagters se voertuig aan, het die maak van ’n dubbele knoop op elke veter al tweede natuur geraak. In ruigteveld, agter ’n vlugtende en nukkerige leeu aan, is los veters lewensgevaarlik. Dit het sy ten minste al geleer, hier in die bos van Afrika – om haar veters behoorlik vas te strik.

    Sy kom regop, trek haar vingers deur haar hare en vryf vinnig met die kneukels deur haar oë. Sy bondel haar slaapsak en kussing onder haar arm in. Buite langs die Land Rover maak sy haar hande nat onder die druppende kraan van die ou sementwatertenk en vee die slaap uit die hoeke van haar oë. Die lug voel koel en aangenaam. Dis dikwels die enigste werklik verduurbare tyd van die dag, in hierdie warm somer, so vroegoggend, voor die son kans gehad het om sy stookwerk te doen.

    Sy grawe in die knaptes van die langbroek se sak na die Land Rover se sleutels en skuif oor die geskeurde sitplek agter die stuur in. Die slaapsak en kussing druk sy in die hoek teen die deur vas. Sy sien kans vir die dag!

    Sy vloek weer, dubbeld dié keer: Shit! Shit! as die enjin nie met die eerste draaislag wil vat nie. Die magteloosheid van die slaap sit nog diep in haar sisteem. Sy voel behoorlik onbeholpe, haar hand slap om die stuurwiel geklem. Dan, na ’n woeste gepomp van die brandstofpedaal, gaan die enjin tog stotterend aan die loop. In die stilte van die oggend en in die nou ruimte tussen die geboue klink die geraas besonder hard in haar ore.

    Sy wag tot die enjin gelyk loop voordat sy die koppelaar laat skiet. Dan krink sy die voertuig tussen die watertenk en die lae keermuurtjie van die verwaarloosde boordjie suurlemoenbome deur. Dis belangrik dat sy by die kaias kom, haar spoorsnyers optel, voor die jagters self na die leeu begin soek.

    Haar ligte val op ’n takskerm, stukke halfgebrande vuurmaakhout, ’n groepie skugter, maer honde, blikke, plastieksakke, geskeurde voddes lap, ’n paar sinkkaias wat te klein voorkom vir menslike bewoning. Daar loer ’n vrouegesig by die een kaia uit; ’n paar kinders met vaak gesigte by ’n ander. Die lywe van ’n troppie boerbokke skyn spookagtig wit agter in ’n kraal van doringtakke. Die bokoë blink rooi in die ligte. Wanneer hulle verskrik begin maal, slaan die dampe stof dik tussen die vae vorms van hul lywe op. Die reuk van bokmis hang swaar in die lug.

    Die weerkaatsing van die oë doof uit, die bokke verdwyn in die dwarreling van stof en fyngetrapte mis. Sy sug van verligting toe sy die jagters se voertuig steeds geparkeer tussen die huise opmerk. Dan is hulle nog nie vort nie.

    Ryk sakemanne! dink sy toe sy nader beweeg en die voertuig duideliker kan sien. Sy kon mans tot dusver in die algemeen goed genoeg hanteer. Sy is hiervoor jonk en welsprekend genoeg, met ’n paar grysgroen oë, met ’n lenigheid en ’n uitdaging in haar lyf. Mans hou daarvan, het sy agtergekom, hulle hou van daardie bietjie tarting, ’n uitdagende houding en ’n goeie klap selfvertroue. Sy kon tot dusver nooit die onderdanigheid aanleer waarmee hierdie wêreld se boervroue so bedrewe is nie.

    Dis ’n dubbelkajuit-Cruiser, daardie soort wat al oor ’n halfmiljoen kos, ’n witte met silwer modderskerms en ’n Windhoek-registrasienommer, die nuutste dieselaangedrewe model. Daar is drie jagters. Hulle stap uit die kring van plaaswerkers uit en beweeg na waar sy in die Land Rover bly sit. Die werkers, haar twee spoorsnyers inkluis, kyk almal om na haar. Sy voel steeds lam en sonder energie.

    Die gesig van een van die jagters, ’n lang man met gladde, donker hare en ’n dun swart baard, verskyn langs haar in die oop venster: Môre, dis nou ’n verrassing! Die aksent is vreemd, sy kan dit nie dadelik plaas nie.

    Sy skat die man so vyf-en-veertig. Hy’s nie ’n gewone boer nie, kan sy uit die gepoleerde voorkoms aflei. Sy kan sien dat hy sukkel om haar in fokus te kry. Dis nog sterk donker; die oggend is pas besig om te breek. Die maan se weerkaatsing lê ’n ronde kol op die Land Rover se enjinkap.

    Die twee ander mans kom ook nou reg langs die voertuig staan. Sy vermoed dat haar spoorsnyers die jagters reeds van haar teenwoordigheid vertel het. Sy word nou van ’n kant af getakseer, weet sy. Dit traak haar nie – sy is gewoond daaraan dat mans haar so openlik staan en bekyk. Tog is sy bly die lig is sleg.

    Olivia is jonk, jonger as wat ’n mens sou verwag ’n wit vrou moet wees wat jy in sulke harde buitelugomstandighede aantref. Haar jonkheid en die sagtheid van haar gesig laat haar dikwels na ’n tienermeisie lyk. Tog is sy reeds volwasse, ervare en wêreldwys genoeg, en sy ken dié soort staar van mans.

    Sy’s mooi, weet sy – dit het sy lankal vir haarself besluit. Sy weet hoe sy in die spieël lyk, met haar breë voorkop, haar sterk ariese neus, haar groot bruin oë, haar hoë wangbene en vol lippe. Sy kan sien dat die bebaarde jagter beïndruk is toe hy haar gelaatstrekke behoorlik kan uitmaak, waar sy agter die stuurwiel sit.

    Sy bly sit, haar arms breed om die stuurwiel gevou, in ’n tipiese macho houding. Sy praat by die oop ruit uit: Ek hoor julle kom kyk hoe ek die leeu verdoof? Haar stem klink vir haar lomp en vreemd in hierdie stowwerige oggendlug. Sy weet dat sy haar Britse agtergrond met haar aksent verraai, maar op daardie oomblik skeel dit haar min.

    Gmf! hoor sy een van die mans snork: Ons kom self leeu skiet. Ons het nie verniet gery nie! Hy is korter en dikker as die ander twee.

    Sy opmerking dwing haar om uit te klim. Sy reik dus langs haar af en laat die deurknip skiet. Die man met die baard trek die deur hoflik vir haar oop, en sy hoor duidelik die sisgeluid wat hy tussen sy tande deur maak toe sy in haar volle lengte langs hulle staan.

    Sy staan bykans twee meter in haar sokkies, heelwat oor die ses voet, in Britse terme. Haar lengte laat haar lyf effens ongebalanseerd lyk. Haar hele lyf, die manier waarop sy beweeg, skep die indruk van lompheid, traagheid, gebrek aan grasie.

    Vito Palazzolo, sê die donker man.

    Hutton, sê Olivia kortaf, en dan hardop: Kyk, mense, ek was eerste hier. Ek volg hom al drie dae lank.

    Dis my grond hierdie, my bees wat gevang is, antwoord die man met die baard. Ek is jammer vir jou leeu, maar ons het ver gekom om hom te skiet.

    Ons sal sien, sê sy. Sy draai om en skuif terug agter die Land Rover se stuur in. Palazzolo haal sy skouers op.

    Olivia draai die aansitter. Haar twee spoorsnyers, Halfkop en Kasupi, sit reeds agter op die bak. Sy sou verkies dat een van hulle voor by haar in die kajuit sit – sy mis die geselskap. Sy het hulle die eerste paar keer na vore probeer dwing, maar hulle het botweg geweier. Hulle het beweer dat hulle agterop moet staan om die veld beter te lees, al sou hulle nie direk op spore loop nie (Ons wil die dinge uittjek, sê hulle altyd), maar sy vermoed dat dit eerder is omdat hulle mekaar se geselskap bo hare verkies. Sy sien nou in die weerkaatsing teen die ruit die kooltjie van die twak rooi gloei waar hulle plat op die bak sit en om die beurt aan die slordige kort zol trek wat sy hulle al soveel keer tevore uit ’n reep koerantpapier sien draai het.

    Dis nou belangrik om by die leeu te kom voordat die jagters daar is. Die drie wit mans het weggedraai en staan nog tussen die werkers rond, besig om te beduie en uit te vra. Waar het die leeu gevang? vra sy dringend deur die oop ruit na agter.

    Nee, ons ken nie die plaas nie, sê Kasupi.

    Hoekom het julle nie een man opgelaai nie? Die irritasie blyk duidelik uit haar stemtoon.

    Nee, hulle wil nie klim nie.

    Sy weet sy moet begrip hê vir die veewagters se onwilligheid. Met hulle werkgewer teenwoordig, lê daar by hulle sterker lojaliteite. Hulle weet sekerlik ook maar te goed hoe gevaarlik dit is om saam met haar op die oop Land Rover te ry. Hulle Cruiser is toe agterop, met ’n behoorlike kap. Haar voertuig het ’n baie kwesbare stel tralies waaroor ’n leeumannetjie met gemak kan spring. Die verdowingspyle is buitendien veel minder dodelik as die drie groot gewere waarmee die wit mans gekom het.

    Sy brand van frustrasie. Sy self het geen idee waar die veepos lê waar die bees gevang is nie. En selfs al sou sy die waarskynlikste rigting inslaan en die ou wielspore langs die draad af volg op ’n windpomp se blink af, het sy geen versekering dat hulle die spore by die drinkplek sal optel nie. Die plantegroei is so dig hier, so vol swarthaak, mopanie, vaalbos, sekelbos en rosyntjiebos, dat die leeu sy prooi twintig tree van die water af kon neertrek sonder dat hulle die plek gou genoeg sal kry. Al manier is om die omgewing in al groter sirkels te vee. En so ’n soek na spore vat tyd, weet sy maar alte goed. Sy weet dat hierdie twee manne waarmee sy al drie jaar werk towenaars op ’n spoor is, selfs op ’n sagte spoor soos ’n leeu s’n – maar steeds, spoorsny vat tyd. Sy het dus geen ander opsie as om vir die jagters en die plaaswerkers te wag nie. Hulle is die enigstes wat weet waar die dooie kalf lê.

    Dis nou reeds goed lig. Die man met die baard hou die deur van die kap agter oop dat die twee veewagters kan inklim. Nou en dan gee hy ’n sydelingse kyk na waar sy in die luierende voertuig sit en wag. Teen sy lang gestalte lyk die veewagters klein en ondervoed. Aan die onwillige manier waarop hulle klim, die bot staar van hulle oë, kan sy sien dat die twee veewagters baie bang is.

    Die jagters klim een vir een in die kajuit. Nie een van hulle lyk na ’n leeujagter nie, daarvoor is die hande te sag, die gesigte te glad, die houdings te selfversekerd. Sy weet sommer dat nie een van hulle al in die oop veld deur ’n leeu gekonfronteer is nie. Mense wat daardie ontmoeting deurgemaak het, stap met veel meer respek op die leeujag uit.

    Sy verwens hulle hul bravade, hulle arrogansie.

    Die jagters se voertuig kom trek direk langs haar in. Kom jy saam? vra die man met die swart hare met sy kop by die venster uit. Sy kan haar nie misreken met die koggeling in sy stem nie.

    ’n Tros jongetjies het reeds die netwerk van hekke by die krale gaan beman. Wanneer sy die voertuig in beweging sit, sien Olivia die spookagtige lywe soos wagtende naggeeste, sommige

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1