Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Op 'n galop na Buckingham-paleis
Op 'n galop na Buckingham-paleis
Op 'n galop na Buckingham-paleis
Ebook197 pages2 hours

Op 'n galop na Buckingham-paleis

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die subtitel, Vertellings van ’n verloopte diplomaat, wek die verwagting dat daar iets met hierdie loopbaan verkeerd gaan loop . . . Juis hierin lê ’n volgehoue spanningslyn. Die skrywer vertel eerlik en met humor van sy jare as junior diplomaat in Suid-Afrika Huis in Londen, in die tyd van die politieke woelinge van die onstuimige laat 50- en vroeë 60tigerjare. Hy was o.m. privaat sekretaris vir die hoë kommissaris in Londen in die dae van Sharpeville en lid van eerste minister Verwoerd se afvaardiging toe Suid-Afrika weens apartheid aan die Statebond moes onttrek.Mens hoor van die blapse, die politieke binnegevegte, die gedragspatrone van bekende politieke personasies, paleisprotokol, die werk van geheime agente – dinge waaroor “die man op straat” net maar kan gis. Wat hierdie teks besonders maak, is die verteller se selfspot en ewewigtige terugblik op ’n veelbewoë tydvak.’n Onderhoudende boek, lesenswaardig en insiggewend, met enkele blink komiese hoogtepunte.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780798159135
Op 'n galop na Buckingham-paleis

Related to Op 'n galop na Buckingham-paleis

Related ebooks

Related articles

Reviews for Op 'n galop na Buckingham-paleis

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Op 'n galop na Buckingham-paleis - Naas Steenkamp

    Op ’n gallop na Buckingham-paleis

    Naas Steenkamp

    Human & Rousseau

    Vir Paula

    Chi scrive, non ha memoria

    Giovanni Tartiano (1642 )

    (Wie skryf, het nie geheue nie)

    Hoekom en vanwaar …

    Ek was lank gelede ’n junior diplomaat in die Suid-Afrikaanse buitelandse diens, eers aan hoofkantoor in die Uniegebou en toe in Suid-Afrika Huis, Londen. Die herinnering aan wat ek in dié paar jaar beleef het, wil maar net nie ophou om flikkeringe in my gemoed te maak nie, en wíl vertel word – dalk ook omdat dit beslissend was vir wat verder aan met my sou gebeur.

    Maar wat volg, is nie memoires nie. Dis vertellings. Stories. Sommige van die gebeure was nogal groot momente in ons politiek, maar ek probeer nie tot die geskiedskrywing daaroor bydra nie. Dit sou onverantwoordelik wees. Ek weet alte goed niemand se werklikheid bevat nie ook versinsel nie, niemand verwring nie sy onthou van gister met sy kyk van vandag nie.

    Dis eers toe ek op Tartiano se enigmatiese woorde afkom dat ek besef ek onthou dinge wat glad nie gebeur het nie baie beter as dinge wat wel gebeur het. Maar, soos ander al voor my gesê het: Dit kon dalk so gewees het.

    Hier dan die vertellings van ’n verloopte diplomaat.

    Alhamdulillah

    Wat dink jy van die kommunisme?

    Ek dink dis die beste uitvindsel sedert roomys.

    Die man van die veiligheidspolisie kyk my uitdrukkingloos aan. Hy is nie geamuseerd nie. Meneer, ek sal jou aanraai om nie ligsinnig te wees nie. Dis ’n ernstige saak hierdie. Wil jy nou werklik hê ek moet ’n negatiewe verslag instuur?

    Ek skrik effe. Nee, ek het net gedink … dis eintlik ’n erg onnodige vraag om te vra, want watter mens met enige verstand sal dink kommunisme is ’n goeie ding?

    Strakgesig kyk my ’n ruk aan. Jy sal jou verbaas hoe hulle in jongmense soos jy se breine kan inkruip. Hulle het metodes wat deur die duiwel self ontwikkel is. Dis my werk om seker te maak jy’s nie een van daai breinbesoedelde gevalle nie.

    Ek bedink my.

    Meneer, die kommunisme is ’n bose ideologie, en een wat nie kan werk nie. Ek dink ook hulle wil Suid-Afrika ondermyn en dis ons almal se plig om hulle te keer.

    Die man maak ’n lang aantekening. Dankie. Ek wil net sê, jy kan bly wees jy’t nie jou grappie met party van my kollegas probeer maak nie. Hulle sou jou gat gou toegestop het. Baai-baai diplomaat-wees. Vinnig agterin die kar, sentrum toe vir ’n láng middag se ondervraging. Vir ’n man wat een van die dae ’n regsgraad gaan hê, het jy darem wragtag swak oordeel.

    Ek probeer onverskillig voel, want ek weet mos ek is klaar gekeur en moet nog net my brief van die departement af kry. Maar dié kêrel wat so dwarsdeur ’n mens kyk, maak my ongemaklik. Hy’t my juis onkant gevang deur sommerso op die kampus aan te kom, my op te spoor, en sy vrae te begin vra.

    Hoekom wil jy ’n diplomaat word?

    Ek besluit om dié keer verstandig te wees. Eintlik het ek daardie vraag al klaar begin antwoord, Meneer. Ek het sekere talente, soos ’n aanleg vir taal. Ek dink ons land is in gevaar, en ons moet almal ons talente aanwend om die nasionale belang te help verdedig. Ek dink ek kan dit die beste doen in die buitelandse diens.

    Ek kan sien hy is baie tevrede met die antwoord. Hy maak weer ’n aantekening. Dan kyk hy op en hou sy oë stip op my terwyl hy praat. Dis nogal ontsenuend.

    Sal jy ons landsbeleid met oortuiging kan verkondig?

    Ja, sekerlik, Meneer. Ek … sal ons landsbeleid met oortuiging verkondig. Sy oë is steeds stip op my, en ek wens hy wil nou end kry.

    Dis al, dankie, sê hy dan, en groet. Ek stap aan biblioteek toe. Ek dink aan my slim vriend John, wat ek in Johannesburg agtergelaat het toe ek Potch toe gekom het, universiteit toe. Ek wonder wat sou hy vir die veiligheidsman gesê het. Want ek is seker John en sy pa en ma was kommuniste, al het hulle gesê hulle behoort aan die Liberale Party. Dis seker maar net omdat mens nie aan ’n kommunistiese party mág behoort nie. John en sy ouers was permanent ontstoke oor al die onregte van apartheid. Ek kon self nie so emosioneel soos hulle raak nie. Maar hulle het my ten minste laat voel dat mens kommunistiese idees kan hê sonder dat dit van jou ’n monster maak.

    In die biblioteek soek ek vergeefs na goeie boeke oor diplomasie. Want ek het ’n probleem. Ek het my verbind om ’n diplomaat te word, maar ek weet nog nie mooi wat ’n diplomaat is of wat hy doen nie. Dis eintlik Ma se skuld.

    Toe ek klein was, het ons op ’n myntjie doer in die verre noorde van Suidwes, nou Namibië, gewoon. My pa was een of ander baas op die myn en ons buurman was ’n Italiaanse immigrant, ’n elektrisiën of iets. Sy seun se naam was Giancarlo, en ons het dik maats geword. Sy ma het ons gedurig gevoer, al pratende al kon sy nie ’n woord anders as Italiaans praat nie. Toe ek my kom kry, toe praat ek nogal saam met haar en met Giancarlo. Dis nou by wyse van spreke, want ek het jare later uitgevind dis ’n brabbeldialek wat mens in die werkerstand hoor en wat ek in elk geval baie geradbraak leer praat het.

    Suidwes kry besoek van ’n belangrike politikus uit die Unie, en dié hoor toe die Afrikaanse seuntjie praat Italiaans met sy maat. Ma is baie trots toe sy die belangrike man vertel haar seun het sommerso, sonder boeke, leer praat.

    Maar dan moet hy eendag ’n diplomaat word, sê die politikus. Ma kon dié opmerking nie vergeet nie, en in die jare daarna het dit so half en half aanvaar geraak dat Nasie eendag buitelandse diens toe sou gaan. Vir Ma was die groot wêreld daarbuite ’n eksotiese droom, en toe sy ’n halwe begrip kry van wat diplomate doen, was dit uitgemaak. Haar blink seuntjie sou ’n diplomaat word en konings en presidente en glansmense ontmoet, en eendag sal mense hom as Meneer die Ambassadeur aanspreek.

    In my laaste dae op universiteit krap ek in die biblioteek rond vir boeke en artikels oor diplomasie, maar daar is nie veel nie. Ek gaan praat toe met prof Swannie van die regsfakulteit, vriend en vertroueling van elke student. Hy lag. Jy sal by jou senior kollegas hoor die taak van ’n Suid-Afrikaanse diplomaat is maar net om apartheid te verkoop en kommunistiese organisasies te bestry, want daar is ’n kommunistiese dolk op die hart van die Afrikanervolk gerig. Hier en daar sal jy ook ouens kry wat vir jou sê jou werk is om te help om onregte wat die Engelse ons aangedoen het, reg te stel.

    Hy haal ’n boek uit sy rak. Die ding van die kommunisme is baie meer subtiel, baie meer ingewikkeld. Jy moet verstaan hoekom dit is dat so baie mense in soveel lande, veral die armes, so passievol oor die kommunisme raak. So revolusionêr. Hoekom daar mense is wat so erg gekant is teen ons christelik-nasionale en kapitalistiese stelsel. Selfs van ons eie mense raak daarvan oortuig. Hy gee die boek vir my. Lees hierdie boek en kom gesels dan weer. En die tweede ding – onthou net die Boereoorlog is baie lankal verby.

    Ek het die boek deeglik gelees, en van daardie dag af was ek verbaas hoe vlak ons koerante en ons politici oor iets soos die kommunisme praat. As mens jou in die skoene van die armes plaas, verstaan jy nogal hoekom die kommunisme vir sommiges so aantreklik lyk. Mense soos John en sy ouers, wat tog ordentlike mense is.

    Ek is terug na prof Swannie toe. Professor gaan nog van my ’n kommunis maak, sê ek speels. Prof Swannie glimlag. Ek haal Bernard Shaw vir jou aan: ‘A man who is not a communist by eighteen, has no heart. A man who is a communist by twenty-eight, has no head.’ Of so iets. Onthou net, jy is nou ’n opgevoede, denkende mens. Jy neem jou besluite ná behoorlike ondersoek en nadenke, nie omdat iemand anders iets by jou propageer nie. Maar wanneer ons met die massas werk, moet ons dinge eenvoudig hou. Dis hoekom die politici en die koerante vir jou so vlak klink.

    Nadat ek met prof Swannie gepraat het, verloor die biblioteek sy bekoring vir my. Toe koop ek maar Teach yourself Italian, en meesal sit ek Italiaanse werkwoorde en leer. Dit was vir my baie lekker. Teen die tyd dat ek by die Uniegebou inval, kan ek al ’n klompie verbuigings opsê. Maar ek is te opgewonde om veel meer aandag daaraan te gee, want die wonderlike lewe van die kadet-diplomaat gaan nou ontvou.

    Dit was ’n groot teleurstelling. Ons het in kantore gesit en papiervliegtuigies gevou en skuifspelde oop en toe gebuig. Eendag hoor ek twee mense in die gang Italiaans praat, en ek val weg en groet en praat met hulle. Dis toe die Italiaanse ambassadeur en een van sy span, op pad na die minister toe. My grootbaas, meneer Boy Viljoen, loop verby. O, sê hy later vir my, jy praat Italiaans! Jy wil seker Italië toe verplaas word?

    My hart pomp vinniger. Baie graag, Meneer.

    Wel, dan het jy nou jou kanse behoorlik opgeneuk. In hierdie departement doen hulle dinge altyd gatomkop. As jy glad nie Engels kan praat nie, stuur hulle jou Engeland toe. As jy Duits kan praat, stuur hulle jou Griekeland toe.

    Hulle kan my maar enige plek stuur, Meneer. Ek sal die taal leer. Ek hou van tale. Ek was altyd maar ’n bietjie windgat. Bly om dit te hoor, sê meneer Viljoen, en stap met ’n glimlag weg.

    ’n Maand of wat later kry ek ’n groot verrassing. Meneer Viljoen laat roep my na sy kantoor toe en skuif ’n koerant voor my in. Dink jy jy sal dié ooit kan lees? Ek staar na die sierlike skrif waarin die koerant gedruk is. Arabies? Meneer, ek is seker ek sal dit baasraak. Dit lyk wonderlik!

    This is too good to be true, sê Boy Viljoen. Hy tel sy foon op en bel ’n nommer. Bertie? Het jy ’n oomblik?

    So ontmoet ek vir Bertie Hattingh, pas terug van Kaïro af. En ek hoor van MECAS. Hy het ’n jaar daar deurgebring en Arabies geleer voordat hy eers Beiroet en toe Kaïro toe is, en hy is die enigste buitelandse diensbeampte wat vir ons werklik nut kan hê in Arabiese lande.

    Tot laat daardie middag sit ek en Bertie in sy kantoor. Ek is meegevoer. MECAS is die Middle East Centre for Arabic Studies. Dis iewers in die heuwels sowat tagtig kilometer van Beiroet af. Dis ’n Britse instelling, en Statebondslande kan ook daarvan gebruik maak. En Beiroet, sê Bertie Hattingh, is ’n wonderlike stad. Hulle noem dit die Parys van die Levant. Jy kan daar leer Frans praat ook. Moet ek vir hulle sê jy stel belang?

    Ek is ekstaties. Lank reeds word ek bekoor deur die wondermooie Arabiese skrif, ’n taal wat jy van regs na links skryf in daardie pragtige, sierlike, vloeiende patroontjies. En die kere dat ek die taal gehoor het, het die ruwe forsheid daarvan my laat dink aan die Namib.

    ’n Week later hoor ek die minister het dit goedgekeur, en MECAS het vir my plek. Ek vertrek oor twee maande.

    In daardie twee maande is ek permanent volgepomp met adrenalien. Ek verdiep my in Teach yourself Arabic. Liewe hemel, maar dis ’n onmoontlike taal! Wat het ek aangepak? Maar na ’n paar weke het ek darem die alfabet – as jy dit ’n alfabet kan noem – onder die knie, al weet ek nog lank nie wat die woorde beteken nie.

    ’n Brief word in my kantoor afgelewer. Dit kom van die Foreign Office af in die Londense diplomatieke possak. Al is dit duidelik aan my gerig, is dit reeds oopgemaak, seker omdat dit amptelik is.

    Maar die adres boaan die brief is MECAS, Shemlan, near Beirut, Lebanon.

    Dear Friend

    I write this sitting on the patio of the MECAS home, overlooking the hills of Shemlan. I have just heard the splendid news that South Africa will again have a trainee at MECAS. I’m delighted! It’s a long time since we had Bertie Hattingh here. Many congratulations on having been selected for this great adventure.

    Among the rewards a diplomatic career offers, becoming a Middle East specialist is surely the richest. The Arabs are diverse and hugely interesting folk, with a long history of great achievements. But more importantly, they are a most agreeable people. One of Britain’s great Arabologists, Lieutenant-General Sir John Glub, says Arabs are a passionate and warm-hearted people, and Arab life is full of laughter and tears rather than bloodshed and avarice … They are the most lovable people in the world. I wholly agree.

    Their language is majestic, and once you’ve got the hang of it, you will have a life-long source of enjoyment. You need not even be a Muslim to enjoy the pure poetry of the Qur’an.

    As a foreign service officer and an Arabic linguist, I have had a long association with MECAS. I try to spend time here at least once a year. It is a marvellous little place, and I welcome you most warmly to the MECAS family. Don’t hesitate to let me know if there is anything I can help with. I trust I will soon count you among my valued friends from South Africa.

    Cordial regards

    George Blake

    Ou George, ja, sê Bertie Hattingh. ek onthou hom goed. ’n Baie gawe en hulpvaardige ou. Hy kon nooit genoeg vir ’n mens doen nie. Dis maar ’n kort rukkie dat ek hom geken het, maar mens vergeet hom nie maklik nie. Hy’s nogal ’n held in Engeland, want hy is in die Koreaanse oorlog deur die Noord-Koreane gevang en erg gemartel, maar hy’t kopgehou. Dis werklik gaaf dat hy nou met jou kontak maak, dit kan dinge vir jou baie makliker maak.

    In die tyd wat vir my oor is, verslind ek alles wat ek oor Libanon, oor Beiroet, oor die Arabiere, en oor die geskiedenis van Arabië in die hande kan kry. Ek kan later nie meer wag om te vertrek nie. Ek voel soos ’n hond wat sien sy baas tel die leiband op en stap deur se kant toe.

    Die minister van buitelandse sake in daardie tyd was die ou korrelkop Eric Louw. Hy was ’n puntenerige mens, en iemand wat sy koerante altyd baie deeglik gelees

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1