Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie
Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie
Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie
Ebook164 pages4 hours

Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Beleef ’n jagtog saam met diamantsmokkelaars op ’n hotel se werf, kom hardloop kaalvoet saam met die polisie aflos op Lüderitz se soutpan, ry saam met die Bont Louws ’n driedem in Namakwaland en vind meer uit oor die genadedood binne huweliksverband. Stel vas wat gebeur met ’n argitek se ponytail by ’n skaapbraai, onmoet die vark Samuel Swart en ontdek watter skokkende goed gesê word op die sterfbed in die aangesig van die dood. Woon saam met ses mense ’n begrafnis in die Karoo by en leer hoe vang stadsjapies snoek. Hierdie stories, wat geskik is vir die hele gesin, is gelukkig in Afrikaans en nie in Latyn Spes, soos aanvanklik beplan nie.Nico Nel van Maak ’n las-faam en Uys van der Hoven het in 1967 onderstebo ontmoet, toe beide in die regte gestudeer en daarna in die verkeerde gedwaal het.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 4, 2008
ISBN9780798154314
Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie

Related to Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie - Nico Nel

    cover.jpg

    Die

    kinders

    eet

    viennas

    maar ’n man kan nie relax nie

    Nico Nel en Uys van der Hoven

    HUMAN & ROUSSEAU

    Opgedra aan Phoebe en Marianne, ons twee wonderlike vrouens met wie ons 25 en 30 jaar lank getroud is, vir hulle deurlopende, konstante, liefdevolle, konsensieuse en toegewyde ondersteuning deur al die jare van . . .

    . . . Woolworths wat ons gemotiveer en genoop het om hierdie boek te skryf.

    Nico en Uys

    Voorwoord

    Iemand, diep onder die indruk van sy eie gebrek aan produktiwiteit, het nou die dag vir ons voorgestel dat ons ons stories te boek stel. Ons albei se eerste reaksie was dat ons dit nie kan doen nie omdat ons in ’n erge mate aan writer’s block ly. Die spreker was dadelik gevat met die opmerking: Maar nie een van julle het al ooit iets geskryf nie, hoe kan julle daaraan ly?, waarop ons hom daarop gewys het dat juis die feit dat ons nog nooit iets kon skryf nie, onteenseglik bewys hoe erg ons dit onder lede het.

    As dit nie vir hierdie verskriklike aanval van writer’s block was nie, iets wat ons albei al vanaf ons kinderdae onder lede het, sou ons al lankal iets geskryf en gepubliseer het. Selfs op skool en veral in eksamentye het die block erg toegeslaan en ons soms uitgeslaan.

    Die ander gevaarlike sindroom, soortgelyk aan writer’s block, is die learner’s block. Die simptome manifesteer, afhangende van die akuutheid daarvan, in ’n verterende lus om te gaan fliek, potlode skerp te maak, jou boeke van groot na klein te rangskik, of ’n studierooster uit te werk. Gewoonlik wys laasgenoemde dat jy reeds drie maande tevore moes begin swot het net om die basiese onder die knie te kry. Hierdie agterstand het gewoonlik ontstaan weens die breaks wat jy geneem het. Die eerste een was nadat jy ’n topstudent geïdentifiseer het en haar oortuig het dat jy, weens jou gesinsprobleme nie die klasse kon bywoon nie en nou haar notas nodig het. Die tweede (’n bietjie langer): nadat jy die notas in ontvangs geneem het en jy haar handskrif ontsyfer én verstaan het, en die derde (’n baie lang break) nadat jy fotostate met ’n sak tweesentstukke gemaak het. Die maak van die fotostate neem soms langer as om die klasse self te loop.

    Soos hulle sê: Goed gefotostateer is klaar geleer. In teenstelling met die fotogeniese breine op die kampus het ons, kan jy maar sê, fotostatiese breine gehad.

    Dit was altyd ’n groot skok om, twee dae voor die eksamen wanneer jy die notas begin bestudeer het, te besef dat die outeur daarvan ’n blou highlighter gebruik het om die heel belangrikste gedeeltes te aksentueer, met die gevolg dat al daardie gedeeltes op jou fotostate swart en onleesbaar is. Die gevolg was dat ons net die onbelangrike gedeeltes goed geken het.

    Ons albei moes ook van kleins af veg teen die onkunde en minagting waarmee ons oningeligte onderwysers ons toestand, wat soort-gelyk was aan hiperaktiwiteit, behandel het. Nes in die geval van hiperaktiwiteit het niemand voorheen van hierdie toestand geweet nie en het hulle dit uit onkunde beskou as stoutheid. Hulle sal seker vandag bitter spyt wees as hulle moet weet dat ons dit nie kon help nie en hulle toe erg snedig met ons was. Gelukkig het die moderne wetenskap intussen so ontwikkel dat dit vandag geïdentifiseer en kinders behandel kan word sonder om geslaan te word.

    Lance Armstrong se oorwinning oor sy kankertoestand en sy prestasies daarna het ons, aangesien ons nie fietsryers is nie en nie fietse het nie, maar andersins alles het, aangespoor om liewer nou ’n boek aan te durf voordat hierdie stories vir die nageslag verlore is.

    Ons hoop dat hierdie boek julle van julle readers’ block sal genees, veral julle wat altyd beweer julle lees nie fiksie of ander boeke vir ontspanning by die huis nie, want julle daaglikse lewens by die werk bestaan uit die lees van dokumente, of julle word in julle werk of by die skool op allerhande maniere genoeg met skrif gekonfronteer. Of julle sê julle wil liewers kwaliteittyd met die gesin deurbring. Dis alles maar net verskonings om ’n vuur vir ’n braai aan te steek, of TV te kyk of te kuier. Ja, ons ken julle soort. Julle sal nou begin lees.

    Ons wil dankie sê en erkenning gee aan almal wat stories vir ons vertel het, veral professor Ferdinand Deist vir sy Karoo-ondervinding en professor Helmut Wicht vir sy Lambertsbaaise belewenisse. Aan Anton Muller van Vleesbaai – dankie vir jou opgestane spook.

    As iets vir julle bekend lyk maar dit is nie heeltemal soos julle dit onthou of aan ons vertel het nie: onthou, ’n goeie storie hoef nie heeltemal waar of feitelik korrek te wees nie (ag, dit is ’n ou cliché maar tog so waar). Ons het soms sommer stories saamgegooi, ander gebruik as inspirasie of sommer nuwes uitgedink net om aan julle ’n aangename leeservaring te bied.

    Ons oorwoë siening, ten slotte, is dat sodra humor vulgêr, kru, vuil, onder die belt en Godslasterlik is, dit die onvermoë van die humoris, skrywer, dramaturg of spreker demonstreer om werklik oorspronklik snaaks te wees. Om terug te val op vulgariteite, godslasterlikheid en kruhede demonstreer ’n armheid van kreatiewe humoristiese denke.

    Daarenteen kan selfsensuur soms ’n goeie storie vernietig en is dit nodig om soms by hoë uitsondering effe kras woorde te gebruik, of na iets aards te verwys, veral as dit funksioneel binne die konteks is. Ons probeer dit vermy, maar soms is ’n storie nie vertaalbaar uit die kras spreektaal in sosiaal meer aanvaarbare taal nie en kan ’n beskrywing van ’n gebeurtenis nie tot sy reg kom sonder ’n werklike weergawe van dit wat inderdaad gebeur het nie.

    Hierdie boek is geskik vir alle ouderdomme en daarop is ons trots. Julle kan dit vir julle kinders en kleinkinders gee om te lees. Ons kinders en jong mense moet leer wat goeie humor is en hoe om dit te skep en oor te dra, of hulle dit vertel, skryf of opvoer. Hulle moet dit veral lees en intellektueel verteer. Daar is geen meriete daarin om as grootmense oor iets te lag of skurwe grappe te koester as ons kinders dit nie saam met ons kan geniet en ook daaroor kan lag nie.

    Dit is die enigste manier om ’n nageslag van skeppende, humoristiese en vrydenkende individue te bou wat ons Afrikaanse humortradisie sal voortsit.

    Geniet dit.

    Nico en Uys

    Die titel van hierdie boek

    Ons wil graag hulde bring aan al die vaders van die volk, veral hulle wat in die tye toe dit swaar met die mense gegaan het, deurgedruk het. Daardie hoofde van huishoudings wat, ongeag uiters moeilike omstandighede, hulle vrouens en veral hulle kinders bo alles gestel het. Ons wil hulle eer en bedank vir hulle harde werk, liefde en getrouheid. Manne, julle is die speen waaraan die nasie suig.

    Hulle is die hoeksteen van gesinne. Hulle het hulle lewens gegee om hulle kinders van net die beste te voorsien. In onmoontlike omstandighede was hulle daar vir hulle gesinne. Die onbesonge helde van die volk.

    Dankie, julle is die hartklop van die volk. Ons eer julle en bedank julle vir die voedingsaar wat julle verskaf.

    Hulle sal hulself ontsê van luukshede, van die allerbeste en dit vir hulle kinders gee as belegging in die kinders se toekoms.

    Een aand, toenterjare gelede, het twee baie moeë manne by Soutrivier op die trein geklim. Dit was baie duidelik dat hulle ’n moordende, uitmergelende dag van stoomlokomotiewe herstel agter die rug gehad het. In daardie jare het die manne der manne van die spoorweë in Soutrivier gewerk. Dit was die plek waar die hardste handearbeid denkbaar verrig is. Die manne wat daar gewerk het moes fisiek baie sterk en tegnies baie bekwaam gewees het. (Die Sout van Soutrivier.)

    Hulle was geklee in oorpakke wat sommige mense vuil sou noem. Dit was nie vuil nie, net vol ghries, olie en roet. ’n Mens kon sien dat hulle ná die skof hulle hande en gesigte gewas het, maar nie daarin kon slaag om die swart uit al die groewe en plooitjies te kry nie. ’n Soort inherente vaalheid was oor hulle wat mens nie presies kon plaas nie. Hulle was netjies, dog nie skoon nie, amper iets soos ’n kaalvoet rugbyspannetjie met wit broekies op ’n reëndag.

    Hulle het tam die trein ingeklim, hulle kostrommels op die rakkie bo neergesit en op die oorkantste sitplek neergeplof. Hulle het net na iets gesit en staar wat hulle nie gesien het nie, omdat hulle te moeg was. Toe draai die een na die ander toe en met ’n sug deurtrek van moegheid sê hy:

    Die kinders eet viennas, maar ’n man kan nie relax nie.

    Dit was so mooi, so treffend, so alles beskrywend en opsommend van hulle omstandighede en hulle ingesteldheid jeens diegene na aan hulle, dat ons dit in die titel van hierdie boek wil verewig. Dis ’n saluut aan hulle.

    Ons ontmoeting

    A

    Ek is Nico Nel. Ek het vir Uys van der Hoven in 1976 op Stellenbosch onderstebo ontmoet. Dit het so gebeur:

    Ek was in Crozier-huis besig om myself te slyp vir die lewe. Crozier-huis was, wat motorkarre betref, baie anders as ander koshuise. In ander koshuise was vier uit elke tien karre van die studente gewoonlik stukkend, maar in Crozier-huis was dit op elke gegewe oomblik gewoonlik ag uit tien. Crozier-huis is soms Crozier-garage genoem, so het die stukkende karre daar rondgestaan.

    Ek het nie ’n kar gehad soos ander studente nie en het besluit om ’n beach buggy te bou sodat ek ook darem ’n kar kon hê om aan te werk en nie te veel uit voel nie. Ek het ’n onderstel met ’n stuk Volkswagen nog bo-op vir vyftig rand gekoop en daaraan begin werk.

    Ek het spesiale vergunning van die huiskomitee gehad om my buggy se enjin in die voorportaal aan mekaar te sit maar beslis nie in my kamer nie. Die verbod om in die kamer jou ryding se enjin uitmekaar te haal en dan weer, nadat jy die stukkende onderdele herstel het, aan mekaar te sit het sy ontstaan gehad uit onsmaaklike insidente terwyl en nadat Al Capone aan sy Dugatti-motorfiets se enjin in sy kamer gewerk het toe sy kamermaat, Koehetski, ook daar besig was met sy Fiat 2300 se enjin. (Dit was nie hulle regte name nie, maar omdat albei Italiaanse looks en Italiaanse voertuie gehad het waarmee hulle graag wou ry, is daardie byname aan hulle gegee.)

    Die parte van die Dugatti en die Fiat het onverklaarbaar deurmekaar geraak en in die verkeerde enjin beland. Die gevolge was katastrofies. Ek onthou ’n lelike bakleiery en harde woorde. Ek dink Koehetski was bang dat hy dalk later sy Fiat sou moes kick-start en Al Capone dat sy Dugatti-motorfiets ’n dakliggie sou kry. Die blaam vir die verwarring is op mekaar en op die skouers van die skoonmakers geplaas en nie op Painter van Tollies nie.

    Ons was juis almal daardie aand aan die studeer in Crozier-huis omdat dit intervarsity-tyd was. Dit is gewoonlik ’n lekker stil tyd in die biblioteke en in die koshuise om agterstallige studie in te haal. Ons het ook vermoed dat ons nie die volgende dag kans sou kry om te studeer nie omdat ons verwag het dat die ander studente baie sou raas.

    Ek het ’n slag

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1