Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Boos en Bisar: - wrede Suid-Afrikaanse misdade met 'n kinkel
Boos en Bisar: - wrede Suid-Afrikaanse misdade met 'n kinkel
Boos en Bisar: - wrede Suid-Afrikaanse misdade met 'n kinkel
Ebook269 pages4 hours

Boos en Bisar: - wrede Suid-Afrikaanse misdade met 'n kinkel

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Barbaarse misdade is deel van die Suid-Afrikaanse werklikheid, en hier is tien bondige en spannende oorvertellings van sommige van die verfoeilikste gebeure nog, dikwels met ’n grieselrige en onheilspellende kinkel. Alison glo haar oorlewing van die onbeskryflike wrede aanval deur twee (met-die-duiwel?) besetenes is aan wonderwerke te danke. Ewe boos en bisar is die optredes van die psigopatiese skroewedraaiermaniak, die pedofiel wat die skuld aan die deur van sy meervoudige persoonlikhede lê, en die sadistiese moordenaar en kannibaal wat nie eers sy eie dogtertjie ontsien nie.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154390
Boos en Bisar: - wrede Suid-Afrikaanse misdade met 'n kinkel
Author

Chris Karsten

Karsten is ’n bekroonde skrywer en voormalige joernalis wat in Kanada woon. ​Koms van die motman​ is die derde in die nuwe Ella Neser-reeks. Die voriges sluit in Die dood van ’n goeie vrou en Die verdwyning van Billy Katz. Albei romans is benoem vir die ATKV-prys vir die beste spanningsroman, en Billy Katz ook vir die ATKV-prys vir die beste roman.

Read more from Chris Karsten

Related to Boos en Bisar

Related ebooks

Related articles

Reviews for Boos en Bisar

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Boos en Bisar - Chris Karsten

    Boos en bisar

    Chris Karsten

    Human & Rousseau

    Vrou van wonderwerke

    In Suid-Afrika word die jaar 1994 met groot verwagtinge, dog ook huiwering begroet. Dit is ’n gewigtige jaar waarin die land ’n nuwe staatsbestel kry, ’n volwaardige demokrasie word.

    Maar in Port Elizabeth is die 26-jarige Frans du Toit, pa van twee klein kindertjies, min gepla met politieke magskuiwe. Hy is gepla met ’n inkubus. Dié demoon dwing hom om meer inkubusse by vroue te verwek, selfs by onwillige vroue.

    Dié demoon dwing hom om meer inkubusse by vroue te verwek, selfs by onwillige vroue.

    Volgens Middeleeuse legendes oor heksery is dit nie ongewoon dat hierdie geslagsverkeer deur ’n man wat met ’n inkubus besete is, tot die dood van die vrou lei nie.

    Frans kom uit ’n Christelike huis, sy pa ’n hardwerkende polisieman, maar hy ken hierdie legendes.

    Hy het alreeds as skoolseun op Adelaide, diep in die Oos-Kaap, met seksdemone in aanraking gekom. Dit was toe ’n sukkubus, die vroulike vorm van ’n inkubus, hom ingeneem het. Hierdie soort hekse verlei mans en dreineer hulle van hul lewensenergie deur seksuele omgang.

    Al die heksemites pas Frans. Dit is ’n goeie verskoning vir sy onstuitbare seksuele drifte. Hy was twintig toe hy die eerste keer getroud is, as mynwerker op Virginia in die Vrystaat. Maar hy het sy vrou kort ná die geboorte van hul dogtertjie gelos omdat sy hom nie seksueel kon bevredig nie.

    Nou is hy in Port Elizabeth en bedryf ’n sjebien in Sidwell nadat sy werk hom in die pad gesteek het omdat hy geld gesteel het. Hy is ook die vorige jaar weer getroud, met die 24-jarige Natalie. Hulle het ’n babaseuntjie.

    ’n Koeksister en ’n roos

    Op Vrydagaand 25 Februarie 1994 is die inkubus opnuut in Frans se kop. Hy sê vir Natalie hulle moet die aand gaan uiteet. Sy wag vergeefs. Frans verdwyn, soos dikwels gebeur, en sy gaan slaap.

    By ’n pizza-eetplek in Sentraal sit ’n jong meisie alleen op die parkeerterrein in ’n kar. Sy is ’n 20-jarige kunsstudent aan die PE Technikon en werk deeltyds by die pizza-plek.

    Ineens verskyn ’n gewapende man langs haar kar. Hy dwing haar met sy pistool oor na die passasiersitplek en skuif agter die stuur in. Die student is bevrees en huil, maar begin dan om oor haarself te praat. Sy het gehoor ’n mens moet jou as ’t ware aan jou aanvaller bekend stel. Dit is glo ’n sielkundige set wat die aanvaller gerus maak, en hom twee keer laat dink as hy van sy slagoffers se intiemste geheime hoor.

    Maar haar plan werk nie. Frans verkrag haar by Noordhoek in die kar. Nou pleit sy net by hom dat hy haar nie moet doodmaak nie. Hy ry met haar na die Something Good-padkafee en koop vir haar ’n roosterbroodjie, ’n koeksister en ’n roos. En sê hy sal die man doodmaak wat sy eie jonger suster verkrag. Daarna ry hy met haar tot naby die Pine Lodge-vakansieoord, verkrag haar weer, en beveel haar om haar liefde aan hom te betuig. Daarna ry hulle terug na Sentraal, hy klim uit haar kar en sê voor hy wegstap: Jy’s ’n wonderlike mens.

    Omstreeks middernag stap Frans by sy woonplek in en sê vir Natalie hy en ’n vriend het sonder brandstof gaan staan.

    Die student dien ’n klag by die polisie in en Frans word binne drie weke, op 15 Maart, in hegtenis geneem. Hy is die volgende dag weer vry op borgtog.

    Sowat vier maande later, in Junie 1994, kom ’n jong man by Frans se sjebien ingestap op soek na drank. Theuns Kruger is 19 jaar oud.

    Hulle word gou vriende, en het hekse-stories om met mekaar te deel. Theuns word gou beïndruk deur die wyshede van die ouer Frans, en vertel van sy eie baie onlangse ervaring in Pietersburg (nou Polokwane) waar hy ook, soos Frans vroeër, intense seksuele ervarings met ’n sukkubus gehad het.

    Hulle sluit ’n gedoemde en onheilspellende vriendskapsband.

    Hulle sluit ’n gedoemde en onheilspellende vriendskapsband.

    Op Sondagoggend 4 Desember 1994 kry ’n 21-jarige donkerkopvrou en haar verloofde stry oor daar nie rookgoed in hul woonstel in Sentraal is nie. Die jong ma is sowat drie maande swanger met haar tweede baba. Sy bied aan om by ’n vulstasie naby hul woonstel te gaan sigarette koop.

    Op pad terug woonstel toe merk sy twee mans wat vir kwaadgeld rond-drentel. Een is skielik by haar en druk ’n wapen teen haar maag. Sy pleit dat sy swanger is. Frans du Toit beveel haar om stil te bly, vleg sy vingers deur hare en begin aanstap, met Theuns Kruger kort agter hulle.

    By die UPE se onderwyssentrum druk Frans haar vas en begin haar betas. Hierna verkrag Theuns haar. Maar hulle is nie klaar nie. Frans beveel haar om orale seks met hom te hê, maar toe sy naar word, verkrag hy haar ook terwyl Theuns haar hande vashou en sy heeltyd vir haar ongebore baba pleit.

    Dan hoor sy verskrik hoe hulle bespreek of hulle haar moet doodmaak. Maar Theuns sê: Dis amper Kersfees, ek wil nie nou moeilikheid hê nie. Hulle waarsku haar om stil te bly oor die verkragtings.

    Op pad terug na die woonstel keer sy ’n polisievoertuig voor en vertel wat gebeur het. Frans en Theuns word kort daarna, nog dieselfde Sondag, in hegtenis geneem, maar weer is albei net dae later op vrye voet en word gewaarsku om op 5 Januarie 1995 in die hof te verskyn.

    Frans reken sy geluk gaan hou. Hy het nou al twee vroue verkrag, en die polisie laat hom elke keer loop.

    Frans reken sy geluk gaan hou. Hy het nou al twee vroue verkrag, en die polisie laat hom elke keer loop.

    Twaalf dae later, op Vrydag 16 Desember, ry Dané de Bruyn omstreeks halfeen die middag van dié vakansiedag om ’n vriend by sy woonstel in Humewood op te laai. Naby The Beaches-woonstelle sien sy twee mans met denimlangbroeke en langmouhemde. Hulle lyk vreemd aangetrek vir so ’n warm dag waarop almal op die strand in swemklere ontspan.

    Sy parkeer en haal haar radiobandspeler uit die kar. Toe sy wil uitklim, staan Frans by haar deur, sy een hand op die handvatsel, die ander hand in sy hemp gedruk asof hy ’n wapen vashou. Theuns staan skuins agter hom en hou wag.

    Sy reageer vinnig en sluit haar motordeur van binne. Hulle slenter weg.

    Dané en haar vriend meld die voorval aan by ’n polisieman op Koning-strand se parkeerterrein. Later lees sy van twee mans se betrokkenheid by verkragtings en wys Frans en Theuns op ’n uitkenningsparade uit.

    Dané is gelukkig om weg te kom, maar hul volgende slagoffer kry dit nie reg om van die moorddadige inkubus te ontvlug nie.

    Alison is in Port Elizabeth gebore en het hier grootgeword. Sy toon van vroeg af leierseienskappe en in 1985 is sy hoofmeisie van die Collegiate High School for Girls. Hierna studeer sy aan die technikon en werk drie jaar voordat sy in 1990 na Londen vlieg. Sy werk en reis vier jaar oorsee en keer in 1994 na Port Elizabeth terug en begin met ’n loopbaan as versekeringsmakelaar. Sy en haar ma, Claire, is veral geheg aan mekaar, maar sy trek in haar eie woonstel in.

    Sy is ’n mooi donkerkop, met ’n bruisende geaardheid en groot drome.

    En haar paadjie kruis met dié van Frans du Toit en Theuns Kruger.

    Twee swerwers

    George en Aletta du Toit is goeie ouers, hul twee kinders, ’n seun en jonger sussie, word streng godsdienstig grootgemaak, gaan gereeld Sondagskool en kerk toe. George is ’n polisieman en Aletta werk in ’n bank.

    Hul seun, Frans Adriaan, is normaal stout soos ander kinders, nooit lelik of gewelddadig nie, en op laerskool nie ’n moeilikheidmaker nie. Maar hy meng met verkeerde maats, sien sy ma. En hy is lui om te leer. Die probleme begin op hoërskool. In st. 6 (gr. 8) word hy uit die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar op Uitenhage geskors ná ’n brand in ’n koshuis en na die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp gestuur. Op 13 begin hy rook en drink.

    Die volgende jaar verhuis die gesin en Frans beland in die Hoërskool Piet Retief op Adelaide. Hier raak hy met Satanisme deurmekaar, ontmoet glo ’n heks.

    Nadat hy st. 7 twee keer druip, stuur George en Aletta hul seun weermag toe vir sy diensplig en om dissipline te leer. Hy bring egter maande in detensie deur.

    Ná sy diensplig kry hulle vir hom werk by ’n myn op Virginia. Hier trou hy, verwek ’n baba, en skei. Sy ouers verloor kontak met Frans, totdat hy hulle op ’n dag op Steynsburg bel waar hulle toe woon. Hy is sonder werk, en sonder ’n vrou, en sy ouers kry vir hom werk in Port Elizabeth.

    Hy steel egter geld by sy werkgewer en kry ’n opgeskorte vonnis. Hy begin om onwettig drank in sy sjebien te verkoop, trou met Natalie en verwek ’n seuntjie, Joshua.

    Theunis Johannes Kruger ken nie sy biologiese pa nie. Dié is weg kort nadat sy ma, Maxie, met Theunsie swanger geword het. Maxie trou met ene Kruger, en Theuns kry sy van. Theuns hoor eers baie jare later dat hy ’n buite-egtelike kind is.

    Sy ma en stiefpa skei egter, later vat sy weer ’n man en verhuis na Tsitsikamma, waar hy sy laerskoolopleiding voltooi. Later sê hy aan ’n sielkundige dat sy tweede stiefpa hom gemolesteer het. (Toe die stiefpa hiervan hoor, dreig hy om Theuns en sy ma vir laster te dagvaar.)

    Sy ma betuig nooit haar liefde aan hom nie, en hy soek dikwels ontvlugting in die Tsitsikamma-woud.

    Hy en ’n niggie begin in st. 1 met seks eksperimenteer, maar hy het eers in st. 8 die eerste keer werklik seks.

    Op 13 kry Theuns sielkundige terapie omdat hy vriende is met mense wat dagga rook en alkohol misbruik, en op 16 wil hy selfmoord pleeg deur van die Stormsrivierbrug af te spring, maar vriende by wie hy toevlug gesoek het, praat hom van die selfmoord weg.

    Skoolkinders gee hom die bynaam Drie-tiet weens ’n geboortemerk soos ’n derde tepel aan sy bors.

    Hy woon drie hoërskole by, op Kareedouw, Pietersburg en Oudtshoorn, voordat hy skool ná st. 8 verlaat en in 1993 sy diensplig doen. Tydens die onluste van 1993 sien hy hoe ’n vloekende vrou se kop weggeblaas word toe sy op ’n weermagvoertuig probeer klim.

    Daarna werk hy as veiligheidswag, misbruik gereeld alkohol en rook dagga as sy lewe moeilik raak. Hy het ’n swak selfbeeld wat vererger toe een van sy tone geamputeer word nadat hy homself per ongeluk in die voet geskiet het.

    Ná sy intense seks met ’n heks, begin hy fantaseer oor sekstonele uit veral die rolprent Basic Instinct, wat in 1992 wêreldwyd opslae maak weens ’n berugte toneel waarin die aktrise Sharon Stone sonder onderklere haar bene kruis.

    Theuns sê later aan ’n kliniese sielkundige, Ian Meyer, hy het gemeen hy sal sekere demoniese magte verkry deur omgang met vroue te hê.

    Hy kry later ook die byname Damien, as die seun van die duiwel in die fliek The Omen, en Chucky, die moorddadige pop in die Child’s Play-rillers.

    Hy kry later ook die byname Damien, as die seun van die duiwel in die fliek The Omen, en Chucky, die moorddadige pop in die Child’s Play-rillers.

    Sy ma, Maxie, sê: "Theuns was ’n dierbare seun. Ons het lekker saam gespeel soos ma en kind maar doen.

    Dit was net dat sy stiefpa hom so verskree het, en Theunsie het met die verkeerde maats deurmekaar geraak, want hy was nooit só nie.

    Sy verwys na Frans du Toit as ’n verkeerde maat en noem hom daai oelie oetang.

    Sedert Theuns op 17 gaan werk het, het sy nie weer van hom gehoor nie tot ná sy inhegtenisneming as die Noordhoek-verkragter. Toe het hy vir haar ’n brief geskryf.

    Sy kan nie verstaan waarom haar kinders haar so verwerp nie. Sy het nog twee ouer dogters, en kleinkinders, met wie sy kontak verloor het.

    Noordhoek

    Op Saterdagmiddag 17 Desember 1994, die dag nadat Dané de Bruyn naelskraap aan Frans en Theuns ontkom het, hou Frans en Theuns ’n vleisbraai by Frans se woonplek. Hulle drink bier. Frans en Natalie stry oor geld, dié is altyd skraps, maar daar is genoeg vir bier. Sy sit nie saam om die braaivuur nie.

    Frans en Theuns gesels. Hulle wil ’n mooi meisie in ’n mooi kar gaan soek en haar verkrag. Hulle sweep mekaar op.

    Natalie sien deur ’n venster hoe Frans en Theuns die vleis net so op die rooster los en oor die straat wegstap.

    Hulle klop die Saterdagaand aan Valerie (Bassie) Kolesky se woonsteldeur in Sentraal. Bassie ken vir Frans, ’n stil man met goeie maniere, reken sy. Hulle soek drank en sy gee vir hulle haar vriend, Willie, se boepenskan vol skip (sjerrie). Willie het gaan visvang. Hulle drink die kan van 2,5 liter byna leeg.

    Hulle is dronk en soek ’n vrou om te verkrag. Hulle kry niemand nie en beland laataand in die Club Tonite. Frans los Theuns in die klub en gaan voort met sy soektog na ’n slagoffer. Dit is ná middernag, Sondag 18 Desember.

    Die 27-jarige Alison het die Saterdag gesellig saam met vriende gekuier en kom die oggend omstreeks eenuur by haar woonstel aan en parkeer haar kar.

    Maar voor sy kan uitklim, doem ’n gedaante uit die donkerte langs haar deur op. Hy het ligte hare en druk ’n mes teen haar nek. Frans praat sag en beheers: Skuif oor.

    Maar voor sy kan uitklim, doem ’n gedaante uit die donkerte langs haar deur op. Hy het ligte hare en druk ’n mes teen haar nek. Frans praat sag en beheers: Skuif oor.

    Toe hulle wegry, sê hy hy sal haar nie seermaak nie, hy wil net haar kar gebruik om ’n vriend te gaan soek, en vra haar naam. Susan, sê sy.

    By Club Tonite klim Theuns, in swart klere, by hulle in die kar, en Frans ry langs die see in Marine-rylaan, verby Humewood, Happy Valley en Somerstrand. By Noordhoek, sowat vier kilometer van die Humewood-gholfklub, draai hy af na ’n verlate piekniekplek. Dis bemors van ou bierblikke, bottelstukke, papiere en baie as van braaivure. Hy trek die motor tussen bosse in, ’n ent van Marine-rylaan.

    Alison vra: Wat nou?

    Frans sê: En nou vir bietjie seks.

    Met die mes in sy hand dwing hy haar om orale seks met hom te hê. Daarvan word sy naar. Hy betas haar en soen haar met sy bier-sjerrie-en-rook-asem. Hy lewer kommentaar en lag, vra of sy dit geniet.

    Hy verkrag haar in die motor. Sy wil nie aan hom raak nie en druk met haar hande teen die binnekant van die dak.

    Van buite hou Theuns die dierlike aanranding op die hulpelose vrou dop. Toe vra Frans vir Theuns of hy ook seks wil hê met dié pragtige vrou.

    Theuns verkrag haar daarop ook, maar sê in ’n stadium: Nee, ek kan dit nie doen nie. Ek kan dit nie regkry nie.

    Sy hoor, terwyl sy haar klere aantrek, hoe die twee verkragters buite die kar praat oor wat hulle met haar moet doen. Moet hulle haar net daar kaal los en padgee? wonder hulle.

    Hulle wonder ook wat Oom Niek sal wil hê hulle moet doen. Alison weet Oom Niek is ’n verwysing na die duiwel.

    Hulle wonder ook wat Oom Niek sal wil hê hulle moet doen. Alison weet Oom Niek is ’n verwysing na die duiwel.

    Een sê Oom Niek sal wil hê hulle moet haar doodmaak. Die beangste Alison besef dat hulle van haar lewe praat, dat hulle dit oorweeg om haar te vermoor.

    Frans kom terug, sê sy moet weer haar klere uittrek. Sy hou net haar sandale aan en hoop hulle los haar kaal en gee pad.

    Maar dan pen Frans haar vas, klim bo-op haar en begin haar verwurg.

    Sy smeek dat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1