Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ingrid Jonker Versamelde Werke
Ingrid Jonker Versamelde Werke
Ingrid Jonker Versamelde Werke
Ebook221 pages2 hours

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Rating: 4.5 out of 5 stars

4.5/5

()

Read preview

About this ebook

Hierdie gewilde en bekende digter se Versamelde Werke sluit in al haar gepubliseerde gedigte (bundels: Ontvlugting, Rook en oker, Kantelson) sowel as jeugwerk, vertalings deur haar, fragmente en opdragte, ’n drama, en haar kortverhale. Dit sluit ook in ’n oorsig van haar lewe en werk deur Jack Cope: “A Crown of Wild Olive”. Ten tyde van Ingrid Jonker se selfmoord, toe sy haar in die nag van 18 op 19 Julie 1965 verdrink het in die see by Drieankerbaai, Kaapstad, was sy een en dertig jaar oud. Daar het toe nog slegs twee digbundels van haar verskyn: ’n jeugwerk, Ontvlugting (1956), en, na vele vertragings, die veel geprese en bekroonde Rook en Oker in 1963. Na haar dood is ’n derde bundel, Kantelson, uitgegee. Verskeie uitgawes van haar Versamelde Werke (wat ook ongepubliseeerde gedigte, ’n drama en haar kortverhale insluit) het sedert 1975 verskyn, en Human & Rousseau se 1994-uitgawe word gereeld herdruk.

Ingrid Jonker se nalatenskap is klein maar betekenisvol, en het ’n groot invloed op die Afrikaanse digkuns en kultuur gehad. In die dekades sedert haar dood het sy ’n kultusfiguur geword, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland. Van haar gedigte is reeds in meer as twaalf tale vertaal. ’n Versameling gedigte in Engels vertaal deur Jack Cope en William Plomer met die hulp van Laurens van der Post is in Brittanje en Suid-Afrika gepubliseer. In 2007 het ’n nuwe en meer volledige versameling gedigte in Engels verskyn, vertaal deur Antjie Krog en André Brink: Black Butterflies: Selected Poems. Daar is ook reeds verskeie films oor Ingrid Jonker se lewe vrygestel.
LanguageAfrikaans
Release dateMar 1, 2013
ISBN9780798157889
Ingrid Jonker Versamelde Werke
Author

Ingrid Jonker

Ingrid Jonker se debuutbundel, Ontvlugting, verskyn in 1956, en die veel bekroonde digbundel Rook en oker in 1963. Ingrid word gegroepeer onder die “Sestigers” waarvan André P. Brink ook deel was. Sy pleeg selfmoord deur op 19 Julie 1965 die see in te loop. Jonker was slegs een en dertig.

Related to Ingrid Jonker Versamelde Werke

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Ingrid Jonker Versamelde Werke

Rating: 4.5 out of 5 stars
4.5/5

5 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker

    INGRID JONKER

    Versamelde Werke

    DERDE, HERSIENE UITGAWE

    HUMAN & ROUSSEAU

    ingrid

    Die uitleg van gedigte en afbeeldings in hierdie digitale uitgawe verskil moontlik van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings op hul leestoestel vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Wees jy die pad waarlangs ek weer

    kaalvoet oor die dubbeldorings loop

    na waar die varing en die varkblom groei

    – die gousblom kranse oor die velde knoop

    Poësie

    ONTVLUGTING

    1956

    Vir Abr. H. Jonker

    Ontvlugting

    Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug

    en dink my nou in Gordonsbaai terug:

    Ek speel met paddavisse in ’n stroom

    en kerf swastikas in ’n rooikransboom

    Ek is die hond wat op die strande draf

    en dom-allenig teen die aandwind blaf

    Ek is die seevoël wat verhongerd daal

    en dooie nagte opdis as ’n maal

    Die god wat jou geskep het uit die wind

    sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

    My lyk lê uitgespoel in wier en gras

    op al die plekke waar ons eenmaal was.

    Vyf lewens

    Met die eerste wit John Collins

    is ek ’n kunstenaar uit die renaissance

    Jy is die mona lisa van my hart

    en ek bekend met ’n da vinci-smart

    Ek sien in spieëls ’n karmeliete vader

    wat draai en draai en my gedurig nader

    Teerheid en tering speel in sy oë saam

    dis ek, dis ek, wat in die spieël staan!

    Toe loop ek op my tone op ’n draad

    ’n sierlik, pagel-sirkus akrobaat

    Ek spoed die lug in om te voel

    die dood hang aan my slingerstoel!

    Die voetval wat deur ster-nat strate klink

    die maer gelaat wat in bierglase blink

    Die man wat hurk in Roelandstraat

    wat sterf van honger is my skadu-maat!

    Die vyfde Collins maak my nugter

    Die papie roer en ek word digter . . .

    Graf

    Aan Berta

    In die aand by Gordonsbaai

    het sy kinderlik geraai

    waar die lelieblom kan wees

    wat haar hart van pyn genees.

    In haar soektog raak haar hande

    aan die onkruid op die strande

    word haar oë sag en blind

    waai haar drome in die wind

    hurk sy roerloos vasgerank

    toegemaak deur wier en sand.

    Puberteit

    Die kind in my het stil gesterf

    verwaarloos, blind en onbederf

    in ’n klein poel stadig weggesink

    en iewers in die duisternis verdrink

    toe jy onwetend soos ’n dier

    nog laggend jou fiesta vier.

    Jy het nie met die ru gebaar

    die dood voorspel of die gevaar

    maar in my slaap sien ek klein hande

    en snags die wit vuur van jou tande:

    Wonder ek sidderend oor en oor

    Het jy die kind in my vermoor . . .?

    Die skildery

    Die lig brand helder in my ateljee

    en helderder is ek vanaand geklee:

    Hier waar ek nou begin om jou te haat

    verf ek ’n spotprent van jou mooi gelaat

    Verf ek jou as sirkus-harlekyn

    maar sou jou oë dromerig verskyn

    As hierdie masker netnou met die dans

    verroer en jou nie heeltemal verskans

    Sou ek jou uitwerp in die straat

    maar in die nanag hierdie ateljee verlaat

    Om jou te soek teen duistere rante

    verflenter en verwaai na alle kante

    Om jou te vind en fluist’rend te bely:

    Daar kan geen haat wees tussen jou en my.

    Offerande

    Die kamer sal verander in ’n woud

    waarin ek ronddwaal, stom en koud

    Ek sal ’n plekkie uitkies as ’n stand

    waarop ek jou as offer sal verbrand

    Uit hierdie muwwe duisternis en pyn

    sal nie vanaand ’n ander lam verskyn.

    Ek sal die altaar bou, die vuur aansteek

    Hoe lank gelede het my God gespreek?

    Jou woorde en jou liefde sal verstyf

    en om my sal jou rookvloek stikkend dryf

    En tog, my lam, sal Gods lig eendag skyn

    oor hierdie stand en teken van ons pyn.

    Man en vrou

    By vriende is ons goeie kritici

    oor Boesmankuns, Picasso en Medici

    maar ons is stil wanneer ons saam

    oor skottelgoed en opwaswater staan

    Ek word nog van ’n jonger man bewus

    wanneer ons smiddags op besoek uit is

    Ek wil sy hande en sy mond aanraak

    die somer in sy oë sien ontwaak . . .

    Maar by die huis gooi ek my lyfband neer

    en gaan die kinders in die straat aankeer

    En eindelik ontwar ek Sondagnag

    die antwoord waarop ek al huiwerend wag

    toe ek gelate in jou arms rus –

    dat ek noodwendig altyd onbewus

    van jou deur alle jare sal moet wees

    want ons is een, een liggaam en een gees.

    By die Goodwood-tentoonstelling

    Hul het my uitgekies en ingetroon

    tot hierdie tronk waarin ek woon

    waarom hul daagliks, vry nog, gaan

    en nie my stom kreet kan verstaan

    ’n Eerste Prys hang om my nek

    maar saans verlang ek halfpad gek

    terug na die kudde, weg van hul lof

    na die Karoo-veld en die stof

    waar ek nog trots teen die aandwind staan

    een van die duisende sonder naam,

    Sonder die juk van die roem of die dors

    en die Eerste Prys op my bors.

    Gabriël

    Jy daal deur dakke, skoorstene en krotte

    en skrik my skielik op uit teruggetrokke

    drome, uit die vergeefse en geheime klug

    Jy ruk my tot jou dooie liggaam terug.

    Ek kon in die vertedering versink

    eerdat jy my berekenend vermink

    want vroom sing jy vir my ’n sagte lied

    maar in jou hande hou jy my verdriet.

    Jy is die skaduwee, die nag wat dros

    Jy is die spook, jy is die tokkelos!

    Jy het vir my gesterf . . .

    Jy het vir my gesterf sonder my wete

    sodat ek jare met gevoude hande en gebede

    en preutse oë op ’n herontmoeting hoop

    (nog smiddags angeliere vir die woonstel koop)

    en my verbeel ek sien in neon-lig

    die wit en blou patroon van jou gesig.

    Nou weet ek jy is dood en alle bande

    geknip met ’n stomp skêr in sagte hande –

    die flenters van ons liefde lê verspot

    onbruikbaar, vormloos en sonder God

    Nou weet ek jy is dood en al my lof

    verminder daagliks oor die gruis en stof.

    Die onverkrygbare

    Met erkenning aan M.R.

    Ek koop ’n rok van crêpe-de-chine

    met vingers op die tikmasjien

    Met goeie kos en ligte dop

    sal iemand gou as vriend ontpop

    Met verse oor die graf en stof

    koop ek vir my ’n rantsoen lof

    Jou liefde kan ek myne noem

    met mooimaakgoed en warm soen

    Kon ek verkry met geld en spel

    die wyster wat die ure tel!

    Fragment

    Om nege-dertig het ek jou ontmoet

    en volgens voorbepaling met die hand gegroet

    Wit was die buislig-stilte op die gruis

    Geslote in verdriet reeds elke huis.

    Die yl gekantel van ’n rafelende wolk

    het jou gedagtes soos ’n stem vertolk:

    By ons ontmoeting het jy reeds geweet –

    Diep in jou oë het jou hart gebreek.

    Die waarsegster

    "Hier stort ’n bos swart hare uit

    die klein kristal waarom jou lewe sluit."

    Haar kamer is ’n rooi en swart papawer

    Haar vingers dobbel met die boer van klawer.

    Haar oë is ’n diep poel wat verys

    waarin my lewe strak en klaar verrys:

    Sy ken my as die afgetrokke kind

    van Gordonsbaai se see en branderwind

    Sy ken my in Die Strand en Riversdal

    Soos skilderye is my dae uitgestal.

    "Ek sal jou sê wat jy moet doen

    wanneer die swartkop hom met jou versoen!"

    Die vlerkslag van haar bode op sy vlug

    keer uit die nagstad na haar terug

    Uit hande witgepoeier val

    die blink vuur van die klein kristal,

    Haar oë het ’n wilde

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1