Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Onversadig
Onversadig
Onversadig
Ebook173 pages1 hour

Onversadig

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Onsigbaar verken opnuut verskeie hooftemas van Cloete se oeuvre, onder meer ’n verwondering oor die natuur, en ’n soeke na sintese tussen wetenskap, religieuse impulse en die grense van taal. Hy verwoord op tegnies vernuftige wyse die onvermoë van die mens om die misterie van die skepping en sy eie bestaan te deurgrond. Hy slaag daarin om iets van die wonder vas te vang, sonder om die enigma te reduseer tot ’n eenduidige slotsom of “betekenis”. En dit doen hy in gestroopte, helder taal. Daar is ook intieme verse oor vertwyfeling en die onlangse verlies van ’n lewensmaat.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMar 1, 2011
ISBN9780624058311
Onversadig
Author

T.T. Cloete

Theunis Theodorus (T.T.) Cloete is op 31 Mei 1924 op Vredefort in die Vrystaat gebore. Cloete debuteer in 1980, op 56-jarige leeftyd, met die digbundel Angelliera. Hy was ’n bekroonde Afrikaanse digter, Bybelvertaler, letterkundige en akademikus. En een van ’n baie klein groepie digters wat die Hertzogprys vir poësie twee keer gewen het. Cloete sterf op 29 Julie 2015.

Read more from T.T. Cloete

Related to Onversadig

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Onversadig

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Onversadig - T.T. Cloete

    Onversadig

    T.T. Cloete

    Je kunt een groot vuur in je ziel hebben, en niemand

    komt er zich aan warmen, en de voorbijgangers

    zien niets dan een beetje rook boven uit de schoorsteen komen, en gaan huns weegs.

    Vincent van Gogh

    Inhoud

    1

    helen keller

    in moerasse, grotte en as

    val en ruimtevrees van die aardbewoner

    stilhuil

    homo symbolicus

    2

    Landheer en pagters

    3

    die eenvoud van die eenvoudiges

    dorpsrit

    draaiboek

    Muishondkraal

    4

    terugrit

    identiteit

    Hendrik Biebouw

    geskiedenismakers

    achillesse

    5

    saamsing

    swerwende verse

    Op Toon se Hoëveld

    Heimwee?

    op my ou ramkietjie

    ouetehuis

    foto van Theo Wassenaar

    ’n wiegelied vir alle kinders

    Achilles se skild

    what a wonderful world

    6

    verslag van die ruimtetoeris uit die Kraanvoël

    terugsoek na die oorskot aan die begin

    no one understands completely how it works

    7

    kardoes

    8

    vir ons volgende wêreldbekersokkerspan

    nuttelose verse

    die Dakarkewer 2007

    9

    van de liefde die vriendschap heet

    brief

    10

    L’amor che move il sole e l’altre stelle

    -kunde

    foto van vrou by die see 1966

    helder Saterdag

    roetes op soek na jou

    rou waterverfkomposisie 2007

    11

    fragmente van die onvolledige gedig

    buite bereik van die keurteling?

    knal

    seën

    homo insciens

    12

    uitkomsgerigte onderrig

    13

    pangaea ultima

    sprokie van die voëltjies vertel in ’n alleengesprek

    mirafra apiata

    Net één

    bonsai

    hoop op hoop, laaste saampraat

    die begeerlike mens

    Eindnotas

    1

    helen keller

    óns hande oë en óns ore

    kan soms lieg

    háár hande is geëmbosseer

    lipteer

    twee palms vol papille         twee tonge

    vol klein proe-tepeltjies en -bekertjies

    gevoelig soos ’n haai se huid

    in fijne vingertoppen leeft

    een innerlijk en diep gebaar

        sy’t eers gedink haar hond kan praat

    en as sy rose pluk kry hulle seer

    die spinnekop in haar weef haardun rag

    en vang die teerste trillings op

    haar vlermuis stuur sy sonars uit

    sy gryp my

    my oë puil benouend

    twee langsteelsampioene

    uit hul kasse        my ore tuit vlermuisspits

    the blind are not supposed to be

    the best of guides

    ons ander is oorlaai met chroomversiersels

    wat ons goedkoop maak

    platvloers en afgestomp

    they look within themselves

    – and they find nothing

    ons steek ons hande in ons sakke

    immers en ons katarak-oë staar

    ’n gids wat sonder dat ons struikel

    in ’n land wat blind en doof is

    lei sy ons op onbegane weë

    deur ’n onbekende wildernis van opwinding

    sy gaan ons nie deur vuur lei nie

    nie laat verdrink in putte of

    in afgronde laat tuimel nie

    sy kan die skoonheid van haar blomtuin

    met haar voete voel

    the sun shines always there

    birds sing the promise of the day

                                      . . . that shall be

    I live a dream throughout

    sy is ’n eerste mens

    ’n konsonant        fragment

    en erfgenaam van daardie Naam

    wat alle wêrelde gemaak het

    die vriendelike leegte wag

    die diepte van die pneuma duur

    en waak en tas in stil afsondering

    geruisloos doen die ingebore weet sy werk

    voel sy die brokkies wat haar hand betas

    voeg stukkies van ’n legkaart bymekaar

    ’n nuwe werklikheid word nooit aflatend

    daagliks glansend singend vol verrassings

    met haar vingers uit die chaos saamgestel

    helen martins

    wie in wil kom en net wil loer

    wees weerbaar teen die pyn

    se steek en bloei. daar staan ’n kaktus

    voor my hek geplant met dorings vol venyn

    en mure om my huis gebou

    teen wat my uit myself wil sweep

    dit het uitnodigings geword

    vir wie net loer en weer vertrek

    hoe hou ek spreeus en kraaie uit

    die hoë bome wat behoort aan hierdie dorp

    daar is nog meer en anders

    wat ek uit moet hou

    hoe hou ek met ’n kaktus en ’n muur

    vuurtonge uit en wind wat uit die hemel val

    en praat met ongewone Tale bó

    dié wegsteekplek se groot verslae landskap

    my uile met die mantisoë,

    ’n engel met gestolde vlerke staan

    hier buite in die tuin en agterplaas

    bloot in die son se skerp karookollig

    die geitjies kruip uit in die nag

    deur splete, loop vertikaal óp teen mure,

    hang teen die vlak plafon onderstebo

    en hou jou skeef van daar af dop,

    droom teistering vir jou

    en lê dit uit vir wie wil luister

    die straat, ek weet

    daar staan ’n horde,

    loer op toonpunte,

    die ballerinas soek na bresse in die wering

    die hokus-pokus

    is dit soos uile en kamele lyk

    en engele? en mense?

    wat dóén ’n mens daarmee?

    ek het die sleutelgat vergeet en oopgelaat,

    van klank vergeet wat ver kan trek, óm weerstand krul

    ’n ster se lig buig om die son

    en sif deur die plafon en vensters

    dit wat bestem was vir ’n veraf onbekende oor

    en oog het hande uitgeruk en aan die loop

    gegaan met my, ontsnap

    en my verraai en uitgelewer,

    ontklee, van my ’n danseres met vere

    in ’n kroeg gemaak en aan geklets

    en aan aanfluiting oorgegee.

    Dit laat my dwaal op soek.

    hoe soek ’n mens die onbekende?

    my uile met die oë van ’n spinnekop

    staar blind en stil son toe.

    voor my is daar ’n dowwe leegte.

    Dit laat my vasloop teen my beelde.

    Dit laat my struikel oor

    dit wat onsigbaar uit my broei.

    Dit maak een van my flesse oop

    met fyngemaalde lig in glas gevang,

    met seepsoda gemeng

    en vir die maklik sluk gewas

    in olie van die bruin olyf

    wat óm die ánder, óú Betesda groei.

    ek gee my oor aan wat my dryf

    op dié vergete plek, want een

    wat toe wil maak in glas, beton,

    in draad en yster,

    word opgespoor

    en oopgebreek en met ’n tong

    van meer as een kant af

    gestroop

    in moerasse, grotte en as

    hulle is ná eeue goed bewaar

    in ’n soort onsterflikheid

    tot hulle duimdruk en geslag

    is nog sigbaar

    ons spit hulle uit in moerasse onder mos,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1