Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Is weer sagie
Is weer sagie
Is weer sagie
Ebook191 pages4 hours

Is weer sagie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie is die tweede roman in die drieluik wat Jan van Tonder beoog oor die jong man Sagie en sy lewe van onskuld en halfverstaan. Dit hervat Sagie se verhaal vier jaar nadat hul bure die De Wets met hul dogter Ansie vertrek het uit die Ladismith-distrik in die Klein-Karoo. Sagie boer steeds saam met sy pa, Barend, maar wanneer hy ook al ’n tydjie kan afstaan, bou Sagie aan Ansie se huis: hy glo dat Ansie sal terugkeer sodra daar rook uit die skoorsteen trek ... Sagie se kinderlike geloof en onrealistiese verwagting kwel Barend al hoe meer. Hy weet sy hart is nie meer sterk nie en sy kommer oor die dag dat hy nie meer daar sal wees om sy seun teen die werklikheid te beskerm nie vreet aan hom.

Is weer Sagie is ’n aangrypende, deerniswekkende leeservaring oor Sagie se groei na volwassewording. Die trefkrag van die verhaal lê in die fyn en onderbeklemtoonde uitbeelding van emosies in hierdie wêreld van eenvoud en onskuld. Soos die eerste roman oor Sagie is hierdie weer eens ’n diep-menslike verhaal wat tot baie lesers sal spreek.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 15, 2013
ISBN9780798163002
Is weer sagie
Author

Jan van Tonder

Jan van Tonder se kortverhaalbundel, Aandenking vir ’n vry man, en eerste roman, Is Sagie, is baie goed ontvang. Daarna is Die kind in 1989 bekroon met die ATKV-prys en was ook op die kortlys vir die M-Netprys in dieselfde jaar. Sy roman Roepman is wyd geloof deur resensente, was op verskeie kortlyste vir pryse en is ook in Nederlands vertaal. Roepman is nou ’n rolprent. Die skrywer woon in Gordonsbaai.

Read more from Jan Van Tonder

Related to Is weer sagie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Is weer sagie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Is weer sagie - Jan van Tonder

    Is weer Sagie

    ’n Roman

    Jan van Tonder

    Human & Rousseau

    Vir Meiring en Tineke

    Een

    Ons gaan sukkel sonder jou, Mieta, ek en Sagrys, sê Barend.

    Sagie het Mieta se tas klaar agterop die bakkie gesit. Die groetery in die halfskemer voorhuis voel vir hom byna soos begrafnis.

    Daar’s ’n klomp gevriesde kos, meneer; bredie en bobotie en kerriehoender en vaalafval en hoefel ander goed wat op dié plaas grootgemaak is. Maak net seker daar is genoeg paraffien in die tenk dat die spulletjie nie ontdooi nie.

    Die tenk is vol, sê Sagie.

    En onthou om groente gaar te maak saam met die vries­goed – meneer moet maar sorg, want as dit van Sagrys afhang, eet julle van die môre tot die aand net vleis.

    Toe, toe, Mieta, knor Barend, los nou die gekloek en kom tot ry.

    Sagie maak die voordeur oop. Oubaas swaai sy stert en staan teen hom op. Nee, jy kan nie saam nie, pas liewer die werf op. Kom nou, Mieta, anders loop jou trein vandag skoon onder ons uit. Op die stoep steek hy vas. Aitsa, wat soek Hubert se kar hier?

    In die doringboom se skadu staan Asjas en Hierlangs voor die donkiekarretjie ingespan.

    Het ek dan nie gesê Sagrys moet jou met die bakkie vat nie?

    Dankie, meneer, maar as ons met die bakkie ry, is ons sommer netnoumaar by Winkelplaas, dan het ek Dwarsrivier nie behoorlik gegroet kon kry nie. Toe vra ek maar vir Hubert of hy nie sy kar sal bring nie.

    Barend kyk op sy horlosie. Nou ja, dan sal julle moet wikkel.

    Daar’s nog een ding, meneer.

    Ja?

    Sal meneer asseblief tog sorg dat September goed agter Sofiatjie kyk? Ek weet nie wat ek maak as sy weer iets moet oorkom nie.

    Barend knik. Hy stap pad se kant toe en maak die hek oop.

    Sagie gaan haal Mieta se tas van die bakkie af. Hy wil haar nog ophelp, toe sit sy klaar. Klim, Sagrys, laat ons ry.

    Hy klap die swepie, sommer windmakerigheid, want die donkies ken hom goed – hy hoef nie te slaan nie.

    Toe die kar by die hek uitry, sê Barend: Moet nou nie heel­dag wegbly nie, Sagrys, dis ons leibeurt en die water gaan nie vir jou wag nie.

    Tot siens, meneer, sê Mieta.

    Barend maak die hek toe. Ek sal sorg, antwoord hy.

    Oubaas draf ’n ent saam voor hy gaan staan en die kar agter­na kyk.

    Sagie sit Mieta uit die hoek van sy oog en dophou. Sy sê nie ’n woord nie, kyk net om haar rond; na die helder lug en die aalwyne en klapperbos en wingerde en boorde. Hy sien hoe sy haar oë toemaak en hy sê: Mammie het ook altyd die bossies so gesnuif.

    Toe hulle van Dwarsrivier se grondpad afry en die teerpad vat, kyk sy oor haar skouer. In dié vallei wil ek doodgaan, Sagrys.

    Hy skud sy kop. Jy kan nie op een dag Kaap toe wil foeter én praat van doodgaan nie.

    Kyk jy maar net dat ek op Greundal begrawe word as die tyd kom. Sê jy sal.

    Ek sal, Mieta.

    Onthou, die goeie Vader hoor vir jou.

    Is.

    ’n Ent verder, by Dankoord, draai hy links. Weer grond­pad.

    Dorp se kant toe slaan rook uit. Dofweg klink die lokomotief se fluit. Dis nie meer lank nie, dan sal die kort treintjie teen die koppe langs aangestoom kom.

    Jittetjie, Sagrys, ja aan die diere!

    Hy lag. Ons sal voor hom op Winkelplaas wees, kyk maar. Hy klap weer die sweep en die donkies draf vinniger. ’n Ent padaf wil-wil Hierlangs dwars trek. Los nou jou nukke, waar­sku Sagie voor hy die donkie op die boud raps. Ditsit.

    Woep, woep, woep, maak Asjas se binnegoed. Hy poep ’n paar keer.

    Hoekom kan jy nie maar net vir Freek geskryf het hy moet huis toe kom nie, Mieta?

    Hy wil nie.

    Hoekom?

    Sy trek haar skouers op. Méns, hou tog nou op met die vraery.

    Die trein fluit weer.

    Rý, Sagrys, ek moet in die Kaap kom! Én daar’s ’n ding waaroor ek nog wil praat voor ek vandag op Makkadas klim: Ansie se huis.

    Wat van hom?

    Gaan hy ooit klaarkom?

    Hy knik.

    Wanneer? Hoe lank bou jy al aan die ding? Ek sal jou sê, Sagrys: meer as vier jaar. En waar bly Ansie? Jy moor jouself en jy moor die donkies. ‘As ek klaar is met die huis, sal sy kom,’ sê jy altyd. Maar bel sy jou? Skryf sy?

    Haar huis moet eers staan. Sy wag lat daar rook by die ‘koorsteen uit trek, soos by daai lokomotief van Makkadas.

    Genade tog, sê Mieta en hou haar hand na Sagie uit. Gee die sweep vir my, Sagrys, dan wys ek jou hoe dryf mens ’n donkie.

    Hulle ry oor die treinspoor en hou by die stasie stil. Mieta vee die sweet van haar voorkop af. Bring my soetkys, ek wag solank op die platform.

    Die trein stoom stadig nader.

    Darem maar mooi, sê Sagie.

    Vandag sal hy vir my mooier lyk van binne as van buite, antwoord Mieta.

    Asjas en Hierlangs se koppe ruk eenkant toe toe die loko­motief verby hulle stoom.

    Dagsê, Sagrys, roep die drywer.

    Middag, oom. Oom moet maar ooptrek vandag, Mieta is haastig om in die Kaap te kom.

    Die enjin loop verby, en agter dié ’n waterkar, ’n klompie oop trokke en ’n paar met seile oor, en, heel laaste, twee passa­sierswaens.

    Voor Mieta opklim, steek Sagie sy hand na haar uit. Jy moet jou oppas daar in die Kaap. En kom gou t’rug, hoor.

    Ek vat net die enkelte soetkys, Sagrys; lyk dit soos die pak­kasie van een wat lank wil wegbly? Sy hou sy hand in albei hare vas. Julle twee sal regkom, nè? Onthou nou om op pad huis toe eers by antie Jopie aan te gaan, hoor, anders sit julle sonder brood.

    Hy maak vir haar die swaar deur oop en gee haar tas deur ’n gangvenster aan. Toe klim hy agterna.

    Jittetjie, tog, Sagrys, uit hier, sê nou net …

    Hy grinnik. Ek sien Makkadas drie dae ’n week as hy doer anderkant teen die koppe verbygedraf kom, Mieta, en ek het hom nog nooit gery nie. Eendag sal ek nog, hou my dop. Dalk as ek en Ansie op honeymoon gaan.

    Ai, Sagrys.

    Hy klim af. En weer op. Amper vergeet ek, sê hy en gee vir Mieta ’n bruin koevert.

    Wat is dit?

    Geld.

    Vir wat?

    Pa sê dis vir die wis en die onwis.

    Die trein fluit en trek stadig weg.

    Af is jy, Sagrys!

    Toe Sagie terug is op die perron, draai Mieta haar kop weg.

    Moenie vorentoe kyk nie – daar sal roet in jou oë waai.

    Sy haal haar sakdoek uit en druk dit teen haar ooghoeke.

    Sien jy nou, sê Sagie, daar het jy dit. Hy hardloop langs die trein. Ry versigtig, Mieta. En lat weet wanner jy t’rugkom lat ek jou kan kom haal. Groete vir Freek en Jakkelien. Sê vir hulle ek en Pa wil hulle ook t’rug hê op die plaas.

    Sagrys! roep ’ant Jopie agter hom aan voor hy van die werf af is.

    Hy trek die donkies in. Ja, antie?

    Sy wink vir hom en hy klim af. Julle twee bly staan nét waar julle staan, gehoor? Hy hoef niks te gesê het nie, weet hy, want Asjas en Hierlangs het klaar hulle koppe laat sak; lus vir kar trek, het hulle nie.

    Nog voor hy weer by die winkel is, begin ’ant Jopie praat: Kom help my gou hier agter met ’n klompie bokste, Sagrys. Vandat oom Henry dood is, sukkel ek maar om als gedoen te kry wat gedaan moet kom.

    Sagie volg haar na die pakkamer en haal die kartondose wat sy uitwys van die hoë rakke af.

    Oppas, party van hulle is swaar. Hoekom oom Henry só gepak het, sal net hy geweet het; julle van die adamsgeslag is partymaals maar onnoselrig, weet jy? Ai, hoe verlang ek skielik na my ou man.

    Sagie hoor ’ant Jopie se stem, maar sy aandag is nie meer by haar nie. In een hoek van die vertrek staan ’n Dover-stoof. Splinternuut, lyk dit vir hom, al is dit vol stof. Hy staan daarna en staar.

    Pak sommer die hele spul af, ou seun, dan hoef ek jou nie weer te pla nie. Sit maar neer net waar jy plek kry.

    Toe al die kartonne op die vloer staan, beduie Sagie na die Dover. Wat kos daai stoof, antie?

    Staan hoe lank al daar. Gedag ons sou hom gou verkoop gekry het, maar dit lyk my hy is te duur vir die vallei se mense, en dié wat dit kan bekostig, trek hulle neuse vir hom op.

    Ek het hom nooit in die winkel gesien nie.

    Sy trek haar skouers op. Seker maar oor julle een het. Vir wat sal mens nou iets staan en raaksien wat jy nie nodig het nie? Ek het oom Henry vooraf gewaarsku, maar hy wis mos altyd van beter. Meesal reg gewees ook, maar nie oor die stofie nie. Die De Wets het hom amper gevat destyds toe hulle hier kom bly het – ’n lelike kraak in die Bollinger in Kopland se kombuis. Effense rokie glo as mens hom opsteek. Skaf toe eerder ’n elektriese ding aan. De Wet het gesê hy bly nie in ’n huis wat na stroois ruik nie. Nou sit ek met die Dover.

    Is hoekom ek vra wat hy kos, antie.

    Sy skud haar kop. Nee, hy’s nie meer te koop nie, ou seun, ek wil hom voor die winter by my laat inbou; dis maar koud snags vandat oom Henry nie meer daar is nie.

    Dan gaan ek maar aan, antie.

    Wag, vat vir jou ’n handvol lekkergoed.

    Hy hou ’n oop hand na haar uit.

    Steek maar in jou sak, dit sal nie alles in jou kieste kan in nie.

    Dankie vir die swiets, antie. Sê maar as antie anders besluit oor die stoof – hy sal tog te mooi lyk in Ansie se huis.

    Ek sal, Sagrys. Sê groete vir jou pa.

    Barend en die werkers is aan ’t water lei in die blok fransdruiwe toe Sagie daar aankom.

    Toe darem die trein gehaal gekry? vra Barend.

    Ja, Pa.

    September lig sy hoed en vee sweet af. En sy’s veilig op?

    Sy’s op, September.

    Niks gesê nie?

    Hoe sal Mieta dan niks gesê het nie – jy weet hoe graag sy praat.

    Nee, ek bedoel vir my, het sy nie koebaai gelaat weet of niks nie?

    Jirrrr, September, terg Hennerik, julle twee het seker voor brekfis al genoeg gekoebaai?

    Sagie trek sy waterstewels aan en vat ’n graaf.

    Lekker om so rond te flenter terwyl ons moet werk, nè, brom Jan Julies.

    En Hubert las by: Mens sal sweer jy was tot by Vensterkrans, so lank bly jy weg.

    Is jou donkies wat so gevrek is – ene Makkadas.

    Goed genoeg vir jou om hulle by my te huur vir huis bou, maar nou’s hulle skielik gevrek.

    Sagie antwoord nie. Hy gooi wal waar die water wil deur­breek.

    Toe nou, julle, die son trek water, grom Barend. Maar Hennerik is reg, jy was lank weg.

    Mieta het nie kans gehad vir brood bak ook nie, Pa, met al die kos wat sy moes maak om vir ons te vries, toe moes ek by ’ant Jopie aan.

    En daar raak jy toe natuurlik aan die gesels. Haar man in die graf in gepraat as jy my vra.

    Sy stuur groete vir Pa.

    Hennerik, sê Barend, gaan keer maar af daar bo – ons sal deurkom met dié water.

    Gebukkend oor sy graaf vertel Sagie van die bokste wat hy van die rakke moes afhaal en hoe die antie na oorle’ oom Henry verlang en van die swartstoof wat hy gesien het wat ’ant Jopie nie wil verkoop nie.

    Die grawe steek hier ’n voortjie oop en maak daar ’n wal­letjie vir die water wat kabbel en oor die droë land sis.

    So, ja, sê Barend, ons kan maar los hier. En vir Hennerik skreeu hy: Loop steek maar oop by die barlinkas!

    Terwyl hulle graaf oor die skouer aanstap, sê Sagie: Ek won­der vir wat Mieta so ’n klomp kos gestaan en gaarmaak het as sy net ’n paar dae gaan weg wees, Pa?

    Seker maar vir die wis en die onwis.

    En as sy nie t’rugkom nie?

    September staan nader. Jy moenie als kom staan en praat nie, jong – is dit iets wat sy gesê het? Jy weet …

    Barend frons na September en dié laat sak sy oë. Ons het woorde gehad, meneer.

    Jy was weer gedrink?

    Die Kaap is ver, meneer, en hy’s groot, en daar is baie an­der mans daar.

    Barend skud sy kop. Solank jy in die tyd wat Mieta weg is nugter bly om ’n oog oor Sofiatjie te hou. Kom, laat staan die praatjies, ons moet die water by die stokke kry.

    Sagie sien Oubaas huiwer toe hy hom roep.

    Wil jy hê ek moet Lammie laat uitkom? vra hy, en dis vir hom of die hond elke woord verstaan. Vandat Lucas Steene­kamp vir Willou doodgery het, het Oubaas by ’n ieder en ’n elk aandag gesoek, tot hy op Lammie besluit het. Van toe af lê hy meer en waghou voor die bok

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1