Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kaapstad Karma-Polisie
Kaapstad Karma-Polisie
Kaapstad Karma-Polisie
Ebook306 pages3 hours

Kaapstad Karma-Polisie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Was daai ’n spookskip wat jy verlede somer vanaf jou handdoek op St James-strand gesien het net ná jy die sand uit jou oë gevee het?Waarom wil Melbourne-rampokkers die goue seuns van Springbokrugby lewend of dood uit die span gehaal kry?Is dit sleg om lekker te voel as jy ’n vermeende verkragter se ******* met agt kilogram yster pap gemoker het? Vir antwoorde op dié en talle ander tergende vrae sal jy Louis de Villiers se adrenaliengedrewe, onthutsende debuutroman moet lees. Hier is drama, humor, satire, aksie en nogmaals aksie uit die boonste rakke, maar wees gewaarsku: Dié boek het ’n skop soos ’n omgesukkelde muil en is beslis nie vir sensitiewe lesers geskik nie . . .
LanguageAfrikaans
PublisherQueillerie
Release dateMar 15, 2012
ISBN9780795800276
Kaapstad Karma-Polisie

Related to Kaapstad Karma-Polisie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kaapstad Karma-Polisie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kaapstad Karma-Polisie - Louis de Villiers

    Kaapstad Karma-Polisie

    Louis de Villiers

    Queillerie

    1

    M-m-a-a-r-i-a … D-ô-ô-l-lôres, lees Boy hardop, pynlik stadig soos die groter boot verder en verder suid van Kaappunt af verdwyn op pad terug na Patagonië.

    Boy is een van daai ouens wat alles hardop lees, winkelname, padtekens, skuite se name inkluis en dit maak Raymond altyd bedônerd.

    Dit nog op ’n klipnugter maag ook, dink Raymond, kyk oos en verbeel hom hy sien die eerste spatsels daglig anderkant Hangklip, agter ’n paar wolke, waar is dit daardie, Walkerbaai? Ja, Walkerbaai se kant toe.

    Weswaarts begin bou ’n kouefront.

    Ons sal moet wikkel, Boy.

    Moerse skuit.

    Dié kan jy weer sê, Boy. Raymond delf in sy baadjie vir sy Luckies, bied een vir sy assistent aan, teug diep en tuur skreefoog na die Maria Dolores soos sy in die laaste donker in die algemene rigting van Antarktika verdwyn. Moerse skuit, maar dié manne het moerse geld.

    Trek hulle darem partymaal rêrige vis ook? Vis … Kreef … Enige so iets? Enigiets lekkers uit die water? Wonder ek.

    Tuna, Boy, kos sowat eenduisend vyfhonderd dollar per ton. Colombiaanse marsjeerpoeier? Sowat vyf-en-veertigduisend dollar per kilogram. So, dalk vang daai manne ’n paar visse op pad terug Suid-Amerika toe, maar ek sou nie gebodder het as ek hulle was nie.

    En tuna raak al hoe minder en cocaine raak al hoe meer. Boy skud sy kop.

    Einste dié dat tuna al hoe duurder raak en cocaine al hoe goedkoper, Boy. Oor ’n jaar of vyftien, twintig smokkel daai manne op die Maria Dolores heel moontlik tuna hiernatoe. En teen daai tyd het ek en jy hopelik al lankal genoeg geld dat ons nie tuna verby Kalkbaai-hawe se cocaine bars van daai tyd sal hoef te smokkel nie.

    Ek wonder maar net, dis al.

    En jy sal natuurlik ook nooit die tuna kan afwater met ’n ou Grandpa’tjie of ’n maagpoeiertjie vir babas nie, Boy.

    Wonder maar net, dis al.

    Die twee staan en suig aan hul sigarette, besef eindelik die klip begin wit raak teen die berge rondom die Baai. Daar’s g’n spoor meer van die Maria Dolores nie en die see is lekker plat, nie ’n briesie nie.

    Boy, dis nie vandag ons werk om te wonder nie. Vandag laai ons op en dan laai ons weer af. Einde van die storie. Ek sal jou sê as dit die dag ons werk is om te wonder, dan wonder ons dat die kak spat. Vat die stuur, ons is haastig.

    Maak so.

    Waar’s Lewies?

    Weet nie. Laas gesien toe ons net klaar gelaai het.

    Lewies! Waar’s jy?

    Hierso, Baas, kom ’n diep stem uit die kajuit; dan ’n kop wat stamp, ’n harde vloek en die res van Lewies se gestalte wat op die dek uitwurm. Hy nies in sy hand, kyk ’n oomblik ingedagte na die produk en vee dit dan halfhartig aan die agterkant van sy jeans af.

    Watse wit korrels sit daar onder jou neus? skel Raymond. Jy het mos …

    Twee van daai sakkies was al klaar gesny, Baas … jy’t dit dan self geproe om seker te maak …

    Ai, bliksems, sug Raymond. Gaan tog net iewers en kry iets om jou mee besig te hou. Ek radio gou dat hulle die lorrie kan stuur.

    OK, sê Lewies en snuif so ’n skoot ingedagte, ek gaan hou vir ou Boy geselskap.

    Die nie meer ver na hul bestemming nie, ’n private jetty tussen Miller’s Point en Smitswinkelbaai. ’n Heerlike plek om te gaan vasmeer as jy die regte mense ken. Raymond ken die regte mense.

    Hy jaag die manne aan, kyk ’n bietjie rond oor die blinkblou baai en sien niks wat hom onnodig onrustig stem nie. Raymond verbeel hom hulle kan dit net-net voor dagbreek wal toe maak.

    Hy druk sy kop onder die boeg in, staan ’n rukkie en kyk na die stapels verseëlde toksakke doer onder en skud sy kop. Raymond glimlag so breed as wat hy kan.

    Nog twee súlke vragte en hy kan ’n provinsiewye pizza franchise en drie of vier klein hotelle begin. Nog drie of vier sulke vragte en hy hoef nie eens nie.

    Dalk maar die ekstra rukkie vasbyt.

    Raymond! Raymond! skree Boy van bo af, duidelik beangs.

    ’n Polisieboot?

    Dié tyd van die oggend?

    Baas! Kom! Baas, hier’s kak! eggo Lewies.

    Raymond swaai om.

    Daar’s ’n skip op pad, ’n seilskip, ’n outydse fokken seilskip, ’n moerse fokken outydse seilskip, al sy seile span styf en die ding skiet teen ’n moerse vaart in hul algemene rigting in.

    Die ding is omtrent so lank soos ’n rugbyveld en die ding het vier blêrrie maste en die ding se seile is vol, die ding fokof of hy haastig is badkamer toe, dink Raymond.

    Maar daar’s dan g’n wind nie.

    Die wind … daar is dan nie vanoggend wind nie, g’n niks nie, g’n wind nie, die bietjie wat daar is, is noordwes, kouefront op pad, maar die seile is vol … Die dônerse seile bol vol en die dônerse skip kom uit die suidooste …

    Wat de fok, dink Raymond, waar de hel, daar is dan nie ’n windjie oor Valsbaai nie, wat de fok …

    Boy! skree hy, maar hy sien sy tweede-in-bevel lê bibberend op die dek na die aankomende seilskip en staar.

    Stomme ou Lewies het die stuur beet, maak vervaard dat hulle uit die pad uit kan kom.

    Maak gat skoon, Lewies! Lewies! Jissis! Maak gat skoon! skreeu Raymond en Lewies behaag so goed hy kan, trek die enjin voluit oop en draai stuurboord, mik skoon verby Simonstad in Glencairn se rigting.

    Raymond vis onder die boeg vir sy AK, wat kan hy nou anders, en toe hy bo uitkom, geweer gespan, sien hy.

    Niks.

    Daar’s niks.

    Die skip skoonveld, die see so plat soos vaneffe.

    Raymond knip sy oë, kyk weer, niks.

    Net ’n donkerpienk gloed soos die son agter Sir Lowry’s Pass oorkant die Baai opkom, slegs die plat silwer water wat jy net hierdie tyd van die oggend of hierdie tyd van die aand kry.

    En Lewies is teen ’n snotspoed op pad na ’n klompie rotse net voor Vishoek. Wat de fok doen jy, jou fokken skaapkop? skreeu Raymond op hom, en dis sy fatale fout.

    Lewies, doodbang vir sy baas, swaai om om te verduidelik.

    Maar hy los nie die stuur nie en die boot swaai dronk bakboord, tol so hittete en tref iets sy-aan met die allerverskriklikste slag, ’n skrale sekonde nadat hulle al drie onder die boeg in gekoes kry.

    Die boot begin sluk soos ’n alkoholis, maak so ’n liederlike skurende skreeugeluid en kom dan langsamerhand op die bodemsand tot ruste.

    Dis ’n hele paar oomblikke langer voordat Raymond tot verhaal kom.

    Uuuuuuuuuh, hoor hy Boy iewers vandaan sê, sien dan hoe die bloed uit ’n sny op dié se voorkop kom. Uuh.

    Eina fok fok fokkitie fok fok fok fokkitie fok fok fokkitie eina, prewel Lewies.

    Boy, sê Raymond, Boy! Ruk jou reg, allamagtig! Bind daai blêrrie ding toe en skrik wakker. Lewies, jy kan later seer voel. Ons het perde! Groot fokken perde …

    Die dag breek.

    ’n Paar hengelaars staan so ’n honderd treë daarvandaan langs die treinspoor na hulle en afkyk, vislyn vir eers minder interessant.

    Een van hulle skree iets, beduie vervaard na sy selfoon. Raymond trek sy skouers vir die visserman op, beduie hy kan nie hoor nie en die man skree weer, dié keer harder.

    Daar’t ewe skielik ’n wind iewers vandaan opgesteek, van voor oor die berge, noordwes.

    Hy maak uit Seeredding … gebel … en besef hulle sal hul litte moet roer as hulle nie die volgende paar jaar in die tronk wil kaboemielies eet nie, om van al die selfs onplesieriger moontlikhede nie eens te praat nie.

    En al kom hulle vandag hier weg, begin hul probleme waarskynlik dan eers.

    Boy, begin gooi die toksakke in die see, beveel Raymond, dalk kan ons later iets daarvan red. Lewies …

    Hulle sal nou-nou hier wees! kom die hengelaar met die selfoon se stem skielik hard en duidelik in ’n windstil oomblik oor die water aangedrywe.

    Fok! sê Raymond. Die dag begin sleg vir jou as jy op die Nasionale Seereddingsinstituut vloek, dink hy. Hy verbeel hom hy sien die wit boot al in die verte. OK, Boy, sê hy weer, begin gooi die toksakke af. Ek kom help. Lewies …

    Ja, Baas?

    Voor jy my en Boy help afgooi, kap jy gou eers vir ons die drie vetste lyne wat jy al in jou lewe van gedroom het.

    Alte seker, Baas, sê Lewies stralend, sy bui genoegsaam verander deur die vooruitsig van ’n lyn kokaïen so lank en dik soos ’n baba se arm dat hy vir eers vergeet in watter penarie hulle hul bevind.

    Boy gee die toksakke uit die kajuit aan, Raymond gooi oorboord. Darem seker waterdig genoeg, praat hy homself moed in, darem seker genoeg te redde dat ons nie voor die einde van die naweek met ons gatte sal hoef te betaal nie.

    Hy hoor ’n yslike gesnork van binne af.

    Lewies skree triomfantelik: Yee-ha!

    Raymond weet hy sal die volgende uur of vier waarskynlik kan baat by die selfvertroue en wakkerheid wat ’n dik lyn kokaïen hom nou sal bied, en gaan neem sy beurt.

    Lewies het Raymond letterlik opgeneem: daar lê twee lyne halfpad so dik soos die kalk langs ’n rugbyveld en wag op hom en Boy. Hy wil-wil iets sê, dink dan dit sou tydmors wees en druk die styfgerolde vyftigrandnoot in sy neusgat. Hy moet soos ’n werfhoender skrop om alles opgesnuif te kry.

    Terug op die dek sien hy weer die wit boot, naby genoeg dat hy dié keer die NSRI-vlaggie sien, en gooi met hernieude ywer sakke van die boot af.

    Daar’s nog sowat agt toksakke in die boeg wanneer die NSRI teenaan kom en toue begin oorgooi.

    Boy het ook nog nie sy lyn gesnuif nie, dink Raymond.

    ’n Paar honderd onplesierige gedagtes skiet soos ’n pynlike knal deur sy sinusse sodat hy wens hy’t sy Voltarens onthou.

    Gelukkig het hy sy selfoon. Hy begin vervaard skakel.

    2

    Klim op die regte tyd op die regte vloer op die regte pawiljoen uit een van Nuweland se onverkoelde hysbakke en jy sal maklik jou pad vind na Eugène Rademeyer se losie.

    Ou aand is dit die een waar die musiek nog pomp.

    Drie seisoene gelede het Eugène die WP Rugby-unie probeer omkoop nadat naburige losies gekla het wanneer hy laat saans ná die wedstryd so onbeskaamd gas gee.

    Maar Gas en Gee is Eugène se middelname en voordat die unie hom hieroor kon uitskop, het die magnaat liewer vinnig al die naburige losies met ’n jaarlikse bedrag stilgemaak, ’n paar yslike studiebeurse vir belowende bruin spelers gehoes en heelparty strandpartytjies by sy verruklike naweekhuis net suid van Simonstad gereël.

    Deesdae beduie die beste verkoopsmanne van die reisagent-skap se losie langsaan en die pakhuisbestuurder van die drukkery s’n aan die ander kant al met amperse trots:

    Daai klipharde Afrikaanse gedoemsdoems van langsaan – dis Eugène Rááádemeyer se losie.

    Dan voel die gaste so hittete geëerd dat hulle ook al persoonlik deur die skatryk en omstrede sakeman ontwrig is, doop ’n hoendervlerkie in ’n piering braaisous en probeer mooi broodjies te bak vir sover hulle hoorbaar is.

    Maar dis nog relatief stil in die vroegmiddag, ’n goeie driekwartier voordat die Stormers afskop teen die Bulls, en Eugène se desibels is draaglik.

    Flip Geldenhuys, skootrekenaar oor die skouer, mik middel toe, na die swierigste deur.

    Hy’t die sonnige vroegoggend geniet, maar die weer het opgesteek terwyl hy in die verkeer vasgesit het en op pad van sy parkeerplek af het ’n onplesierige Nuwelandse wolkbreuk oor hom uitgesak.

    Flip het ’n gratis dubbel-branna nodig.

    Van binne wroeg ’n onbekende stem oor vermeend stemmige sintetiseerder weens die girl wat hom gelos het. Dis nog ballade-tyd hierso.

    Daar’s altyd ’n moeilike kêrel in ’n wit kortmouhemp, strikdas en yslike harige voorarms buite Eugène se deur, maar Flip trek maar altyd net sy skouers op en verneem na die grootbaas.

    Effe vernederend, maar wie stry met gratis drank?

    Flip bedink homself hittete dié keer: Die eerste twee kleurbaadjies wat hy oor die uitsmyter se linkerskouer na ’n silwerskinkbord met kerrie-eiers sien staar, behoort aan Oom Knuckles Waterboer, president van die Wynland Rugby-unie, en Alex Ndlovu, beroepsvuurvreter en ondervoorsitter van die ANC-jeugliga.

    Oom Knuckles sê nooit iets nie en Alex bly nooit stil nie, dink Flip.

    Dan sien hy doer agter, jolige rooi gloed op die wange, vir Boychie van Heerden, die Springbokafrigter.

    As Boychie só blink, dié weet Flip, praat hy gereeld gans te veel.

    Kan dalk nét ’n storie afgee. Flip grinnik vir die deurwag, wat hom dié keer herken en met ’n glimlag binnetoe wuif.

    Flip groet in die ronde, skud met ’n paar mense blad voor hy ’n samoesa oppik en ’n dubbel brandewyn en Coke bestel.

    Hy skuur ongemerk behendig tussen Alex en die yslike muurbehangsel van Joel Stransky se skepskop verby, voor hy hom in nog ’n debat oor die wenslikheid van Springbokkleure vir die nasionale rugbyspan bevind.

    Alex vind die Springbokembleem aanstootlik en haal gereeld koerantopskrifte deur dit te sê ook.

    Flip dink self springbokke is maar kakkerige ou diertjies en verkies buffels of renosters, maar hy dink Alex is maar ’n kakkerige ou politikussie ook en hy sou Nelson Mandela se geselskap verkies het.

    Nelson Mandela is egter nie beskikbaar nie, buffels en renosters ook nie in die nasionale kleuredebat nie, dink Flip, kyk die sitkamer vinnig deur en reken Boychie en Eugène, driftig in gesprek in die hoek, is verreweg die interessantste opsie.

    Eugène … Boychie … Hoe gaan dit, menere?

    Hey … Flip. Welkom! Jy OK?

    Hoe gaan dit met die pers? Die press … Jy weet mos wat noem ek julle koerantmanne voor my gesin. Die press. De-press, vang jy dit? Depressie, sê-vra Boychie.

    Ja-a-a wat, alles wel. Buiten vir die armoede, die dors en die jagsgeit, sê Flip en grinnik skouerophalend vir die Springbok-afrigter. En natuurlik die depressie. Wat dink julle gaan hier gebeur?

    Bulls, beslis as dit reën en waarskynlik ook as dit nié reën nie.

    Ek stem saam met Boychie.

    Nou vir wat stry julle dan so? vra Flip.

    Boychie glimlag rooi: Eugène wil nie hê ek moet die Drie Musketiers teen die All Blacks kies later vanjaar nie.

    Huh? Hoesê? lag Flip by voorbaat beleef vir die grappie.

    Maar Eugène maak g’n grap nie.

    Flip sien die sakeman byt ’n oomblik op sy tande sodat sy wangbene amper deur sy vel steek. Eugène is skoon de moer in vir Boychie, besef Flip en hou liefs sy rekenaar oor die skouer ingeval hy homself nou-nou gou-gou uit die voete moet maak.

    Ek dink maar net nie hulle is reg nie, ou partner, sê Eugène.

    Ek verskil heeltemal van jou.

    Gene, ek is nogal met Boychie hierso. Die beste jong vaskopstut in die wêreld. Die beste jong binnesenter. En die beste jong losvoorspe- … begin Flip, maar Eugène maak hom stil met ’n wysvinger teen die bors.

    Hulle. Is. Nie. Reg. Nie, stamp Eugène dit vyf maal liggies in Flip in, sodat dié ’n paar spatsels brandewyn-en-Coke op sy das mors, reg langs die blerts tamatiesous van die boereworsrol wat hy op pad verorber het met sy voorkennis van die verpoepte versnaperinge in Nuweland se medialosie.

    Hy beduie skuus vir Flip, kyk dan fronsend na ’n boodskap wat op sy selfoon ingekom het.

    Euge-hene, kom loer sy jong vrou, Maya-Marie, van buite af by die losie in. Die skeidsregter is al op die veld.

    Ek beter by die medialosie kom, sê Flip.

    "Aaag, jy skryf mos nie meer as driehonderd woorde ’n gooi van jy na Vanoggend toe is nie, Flip … jy’s mos nou geelpers!" lag Boychie uitgelate.

    Euge-hene! roep Maya-Marie weer, dan bulder Nuweland só dat sy uitgedoof word. Boychie skree iets op Flip, maar hy kan nie hoor nie. Die Bulls is op die veld. Dan ’n harder, langer dreun. Die Stormers duidelik ook.

    Flip beduie hy wil wegkom, maar Eugène vang hom aan die arm. Luister vir my, ou partner. Kom ek gee vir jou ’n lekker storie: Boychie gaan ’n móérse gat van homself maak as hy daai Drie Musketiers, soos julle almal skryf …

    Ag, Eugène, die mense geniet dit. En hulle is wel mekaar se beste vriende sedert …

    Ja, jirre, sedert hulle beginne skuim pis het. Ken ek nie die hele ou storie nie. Maar kom ek sê nou vir jou …

    Los vir Flip, sê Boychie. Hy weet darem drie goed van rugby. Hy weet Van Metzinger, September en Mkhaliphi … Boeta-a-a! Flip weet hulle is dôners goed.

    Flip begin groet, maar Eugène hou hom vas aan sy skouer: September, neuroties. Daai ou fokken pa van hom …

    Ek dag dan julle is sulke gelukkige mede-ondervoorsitters van Wynland, Gene? probeer Flip keer en beduie oor sy skouer met sy kop na Oom Knuckles.

    Eugène sien dit nie of gee nie om nie: Póéppphol van ’n pa. En Van Metzinger, hy’s ’n lopende geelkaart. Mkhaliphi? Hy was dan vanoggend net-net orraait teen watsenaam, Lewis? Natuilagilagi sal maalvleis van hom maak. Skryf, skryf! Skryf dít nou ’n slag!

    Van buite kom die klank van meer as veertigduisend opgewonde mense. En dit hou aan kom.

    Flip skiet vinnig deur toe om verby die losiesitplekke te sien wat die brul veroorsaak het, maar hy’s net betyds om Allan September, die Stormers se binnesenter en kaptein, die bal onder die pale te sien neersit.

    Wat het gebeur? vra hy vir Boychie van Heerden, wat ook nog in die deur staan.

    Onderskep-drie! Ek sê jou mos! skree Boychie vir hom bokant die jubelende skare.

    Flip sê haastig totsiens, fluister: September het gedruk … vir Eugène waar hy op sy selfoon gesels. Eugène waai met ’n strak gesig vir hom. Wat die Stormers aanvang, kan hom vir eers minder skeel.

    Eugène het erger ergernisse.

    Iemand het ’n boot gestrand.

    Iemand anders het ’n moerse klomp geld verloor en dié man gaan de bliksem in wees. Eugène bang min of meer twee of drie mense op hierdie aarde en die de-bliksem-in-man is een van hulle se seun.

    Iewers is ’n klomp ou koeie besig om hul pad uit die sloot uit te skop, as niemand hulle dan daar gaan kom uitgrawe nie.

    Eugène weet hy’s nie lus vir wat kom nie.

    Hy hou van gas gee, Eugène, maar hy’s minder gretig om gas gegee te word. En groot gas is sy kant toe op pad.

    Hy skud sy kop, stoot sy hare deur sy kuif, vind sy pad terug na die sitplekke buite.

    Oom Knuckles het in sy stoel aan die slaap geraak.

    Gee gas, Oom Knuckles, sê Eugène. Ek kan nou nie juis nie, dink hy.

    3

    Weet jy as die voorspelers grond toe gaan in ’n eersterangse rugbywedstryd en jy hulle nie meer van die kant af behoorlik van mekaar kan onderskei nie, bliksem hulle amper altyd daar iéwers onder vir mekaar, of probeer ten minste bliksem?

    Waarskynlik nie.

    Jy dink waarskynlik dis iets soos jou weeklikse gholfwedstryd met kontak en ’n moerse hoop geld, mededingendheid, lekker yskoue bier agterna …

    Jy’t nie die vaagste benul nie.

    Hulle moer mekaar daar onder in die duisternis, móér mekaar; verdien natúúrlik meer, op ’n slegter manier, as jou basies gemiddelde kinderdokter hiervoor ook, maar dan weer: Hulle verdien dit darem veel eerbaarder as jou basies gemiddelde aandelemakelaar of bankier, en hulle verdien nou weer veel minder as dié ook.

    Kakker en ryker mense as kinderartse, beter en armer mense as aandelemakelaars of bankiers, dis beroepsrugbyspelers gemiddeld vir jou.

    Ewenwel, hulle moer mekaar aanmekaar. Moet maar.

    Hoe harder en fyner hulle mekaar moer, hoe sagter en groter die teddiebere wat hulle vir hul kinders kan bekostig.

    As jy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1