Oorblyfsel / Voice Over: (op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj) / (the nomadic conversation with Mahmoud Darwish)
()
About this ebook
Breyten Breytenbach
Breytenbach woon al dekades lank in Parys, Frankryk en is ook ’n bekende skilder. Sy poësie en prosa het in verskeie tale verskyn, maar sy werk is veral bekend in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland en Amerika. Hy het twee keer die Hertzogprys vir poësie ontvang. Hy word met reg beskou as een van die belangrikste lewende digters in Afrikaans.
Read more from Breyten Breytenbach
Katastrofes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie windvanger Rating: 4 out of 5 stars4/5die na-dood: die singende hand se oggendboek-hierinneringe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie beginsel van stof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKatalekte: (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan) Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to Oorblyfsel / Voice Over
Related ebooks
Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier Rating: 2 out of 5 stars2/5Die stomme aarde: 'n keur Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTrekkerswee Met tekeninge van J.H. Pierneef Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHierdie mens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVolmink Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Tyd van die kombi's Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMediterreense herinneringe: Reisvertellings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOnversadig Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVin Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie biblioteek aan die einde van die wêreld Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKlassiek reeks: ’n Ander land Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPruimtwak en skaduboksers: rubrieke, heildronke en nagedagtes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBinnekring van Spookasems: Stories oor die lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKaar Rating: 5 out of 5 stars5/5Katalekte: (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVry- Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMarike se laaste dans Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDwaalstories Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie kremetartekspedisie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie verleiding van Eva de Winter Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBrouhaha Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOp soek na Saartjie: Langenhoven se geheime liefde Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOns oorlog Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPlunder Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOm die gedagte van geel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVurk in die pad Rating: 4 out of 5 stars4/5Kuns-mis Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPadlangs Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBladspieël Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRigtingbedonnerd Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Oorblyfsel / Voice Over
0 ratings0 reviews
Book preview
Oorblyfsel / Voice Over - Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach
Oorblyfsel / Voice Over
(op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj)
(the nomadic conversation with
Mahmoud Darwish)
Nota
Magmoed Darwiesj (Mahmoud Darwish, 1941-9 Augustus 2008) die Palestynse digter, was ’n vriend van my. Die tyding van sy dood tydens ’n opehart-operasie in ’n hospitaal in Houston, Amerika, het my op Gorée-eiland bereik. Enkele weke tevore was ons nog saam in Arles in die suide van Frankryk. Selfs helder oordag was die hotel se portaal skemerig. Met ’n glimlag om sy lippe het hy bespiegel oor sy kanse op oorlewing. Daardie aand, in ’n ou Romeinse opelugteater terwyl die son in ’n geel gloed ondergaan en allerlei voëls die opgekropte soetheid van ’n somerdag begin sing, het hy vir ’n laaste keer uit sy werke voorgelees. Die gedigte was deurtrek van ’n gesprek met die dood. Onmiddellik ná sy sterfte het ek hierdie reeks begin skryf as fragmente van ’n voortgesette gesprek met hom. In Wes-Afrika was dit die begin van die jaarlikse reënseisoen, die ‘petit hivernage’, wanneer die lug vol potblou wolke is. Dit was ook die aanvang van die nuwe maan se bloei tot volheid.
In die daaropvolgende weke sou ek noordwaarts reis – eers na Katalonië en daarna verder tot in Friesland waar ek uitgenooi was na ’n skrywersfees deur Tsjêbbe Hettinga, die blinde woordtowernaar. Die gedigte gee dit weer. Op pad was dit ’n verkwikking om in Magmoed se verse te kon beweeg. Vertaling, om oor te gaan van die een taal in ’n ander, is ook ’n reis. Die landskap verander, winde met die reuke van onbekende groei waai soos nuus oor die hoogland na laerliggende valleie, jou skaduwee verskiet, die lied bly ’n wisseltong tussen bekend en onbekend. George Steiner het oor vertaling gesê dat dit ’n intense, diepe en uitdagende aktiwiteit is, partykeer intiem en ontstellend, want die uiterste gevaar bly dat jy met jou hand die essensiële wese van die Ander mag aanraak. Ek beskou hierdie fragmente as lofbetuiging. Miskien ook ’n poging om die sluier te kan wegtrek van die bekende