Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Middernag en ander spokerige stories
Middernag en ander spokerige stories
Middernag en ander spokerige stories
Ebook190 pages2 hours

Middernag en ander spokerige stories

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hoekom wil Carla se ma haar nie glo oor die meisie agter haar kamerdeur nie? En wat maak juffrou Elizabeth, van sy nuwe skool, in Arnold-hulle se spens in die middel van die nag? Hoe kan ’n skoolbussie vol kinders in die nag wegjaag sonder dat daar ’n bestuurder in is? Waar kom die vreemde outjie in Bennie se koshuiskamer se kas vandaan? Hierdie is maar ’n paar van die vrae wat jy beantwoord sal kry in hierdie lekker-lees versameling grillerige stories vir alle ouderdomme.
LanguageAfrikaans
Release dateJul 25, 2013
ISBN9780798163859
Middernag en ander spokerige stories
Author

Santie Nel

Santie het grootgeword op ’n wingerd- en skaapplaas langs die Olifantsrivier in Vredendal. Na matriek is sy Stellenbosch toe waar sy in 1992 ’n Meestersgraad in Navorsingsielkunde (cum laude) behaal het. Sy is sedert 2011 sameroeper en administrateur van die Fynbosskrywers. Verskeie van haar kort kinderstories is gepubliseer in die media en op CD. In 2009 was sy een van die drie Finesse Skryf 'n Sprokie-wenners en sy is ook reeds twee keer as Vonkfiksie-wenner van Rapport Boeke aangewys.

Related to Middernag en ander spokerige stories

Related ebooks

Related articles

Reviews for Middernag en ander spokerige stories

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Middernag en ander spokerige stories - Santie Nel

    Middernag

    en ander spokerige stories

    Saamgestel deur

    Santie Nel

    Human & Rousseau

    Vir die Fynbosskrywers-familie en vir Andrea, my vrolike feetjie met die fenomenale verbeelding.

    — S. N

    EEN

    Kind in die kas

    Vrydag.

    KADWARR!

    Bennie ruk van die skrik. Wat was dit? Dit het soos ’n kasdeur geklink. Hy rek sy oë om beter in die donker te kan sien. Sy hart klop wild in sy borskas.

    Wie sou dit wees? Hy luister.

    Niks, net die gekraak van die ou houtbalke en riete in die dak. Hy maak vir hom ’n loergaatjie met sy duvet. Hy wil nie hê wie ook al in die kamer is moet sien hy is wakker nie.

    Die ander seuns is net voor middernag hier weg. Hy’t gehoor Goliat-hulle praat van skelm gaan swem. Hulle sal nog nie terug wees nie. Hy wat Bennie is, is nie saamgenooi nie. Soos gewoonlik.

    Hy lê doodstil. Die maanlig skyn flou deur die venster. Sy oë gly oor die twee beddens aan weerskante van die lang, wit mure tot by die ry kaste aan die punt van die vertrek. Hy sien niemand nie.

    Hoekom sou die kasdeur geklap het? Hy kyk na die oop solderdeur langs die kaste. Dit lyk nie asof die wind buite waai nie.

    Vreemd …

    Bennie kan nie aan die slaap raak nie, en hy is verlig toe hy uiteindelik die seuns hoor opklim met die houttrap buite die solder. Goliat se groot silhoeët verskyn eerste in die deur.

    Jis ouens, dit was nou koel. Ek’t julle mos gesê. Dan in ’n sagter fluisterstem: Kom ons tiep ou bangbroek-Bennie se bed. Hy sal hom vrek skrik.

    Nee man, Goliat, los vir Bennie. Hy’t klaar heelmiddag detensie gesit omdat jy sy huiswerk weggesteek het.

    Goliat snork deur sy neus. Hy’s ’n klein banggat. Ek laaik hom niks.

    Bennie sug verlig toe hy hoor hoe Goliat se swaar lyf op sy bed neersak.

    Dankie Xander, dink Bennie en raak aan die slaap.

    Na skool loop Bennie met die grondpad langs koshuis toe. Dis warm. Hy gooi die swaar skoolsak oor na sy ander skouer­. Skool was nie lekker nie. Van die dag dat hy hier gekom het, vier weke gelede, maak Goliat sy lewe hel. Hy wens hy kon die naweek huis toe gaan.

    Hoekom woon sy ma-hulle nie nader nie? Hy skop na ’n los klip op die grond. Vanaand is dit weer net hy en Xander in die solderkamer. Hy kyk met wrewel na die groot ou gebou voor hom.

    Die koshuis is in die jaar toet gebou. Dit lyk of die witgekalkte mure en die swart strooidak enige dag inmekaar kan val. Spots, die koshuisvader se Jack Russell, sit in die son op die houttrappe wat na die solder lei. Hulle is net twaalf seuns in die koshuis. Hy, Xander en Goliat bly bo in die solderkamer, die ander seuns op die tweede vloer en meneer Swart, die koshuisvader, bly onder.

    Die wind ruk die solderdeur amper uit Bennie se hand toe hy dit losknip en toemaak. Daar was vanaand weer niks op televisie nie. Hy en Xander het besluit om vroeg te kom in­kruip. Die ligskakelaar maak net ’n kliekgeluid toe Xander dit afdruk.

    Gaan kry kerse by ou Swartmamba, die krag hierbo is alweer af.

    Bennie draai gedwee om en loop by die donker trappe af. Hy verpes dit as almal hom so hiet en gebied.

    Terug in die kamer, klim hy onder sy duvet in. Spots, wat saam met hom teruggestap het, spring op die bed. Bennie lê en luister hoe die wind deur die bome suis. Die takke klap-klap teen die klein vensters hoog teen die muur.

    Bennie moes ingesluimer het, want hy skrik wakker van Spots se sagte tjankgeluide. Hy kom orent. Die kersliggie flik­ker nog flou langs Xander se bedkassie. Verbeel hy hom of was daar ’n beweging by die kaste?

    Xander, is jy wakker? Geen antwoord.

    Xander? Niks, net sagte snorkgeluide.

    Bennie snuif-snuif. Iets ruik na brand. Spots se rughare staan nou regop en hy begin grom.

    Wat’s dit, Spots? fluister hy.

    Hy trek sy asem skerp in. ’n Skadu het teen die muur beweeg. Hierdie keer is hy seker. Sy oë bespied die vertrek. Hy wip toe ’n kasdeur soos ’n geweerskoot klap. Spots blaf nou met oorgawe.

    Wat maak jy, man? vra Xander skor.

    Z-z-Xander, daar’s iemand hier in die solder, fluister Bennie.

    Nonsens man, hier’s niks. Xander kyk vinnig deur die vertrek. ’n Hortjie klap buite. Dis net die wind. Goliat is reg. Jy’s ’n banggat.

    Xander blaas die kers dood en trek hom toe met sy duvet. Bennie wil nog protesteer, maar hy weet Xander gaan hom nie glo nie. Hy lê soos ’n stokmannetjie in sy bed tot hy genadiglik aan die slaap raak.

    Saterdag.

    Wat de hel het jy laas nag gedoen? Kyk hoe lyk die plek!

    Bennie vryf oor sy krapperige oë. Dit voel of hy niks ge­slaap het nie. Hy kyk verbaas op na Xander. Dan sien hy dit. Die vloer lê besaai met boeke, klere en skoene. Goliat se rugby­plakkaat hang half-afgeskeur teen die muur. Bedkassies is omgegooi, beddegoed lê gestrooi oor die vloer.

    Dit was nie ek nie, Xander. Bennie voel hoe die bloed uit sy gesig dreineer; hy sukkel om tot verhaal te kom. Ek’t jou gesê hier was iemand in die kamer, daar by die kaste. Een van die kasdeure het geklap en daar was …

    Ek het niks gesien nie! Xander waai met sy arm deur die lug. Ek weet jy het dit gedoen sodat ek jou simpel spook­storie moet glo. Jou kop raas, man. Ruk jouself reg.

    Xander gooi sy tas op die bed en begin pak.

    W-waar gaan jy? Bennie se stem bewe.

    Xander klap sy tas toe. Griessel-hulle kom my haal, ek gaan saam met hulle rugby kyk. Ons kom môre saam met die rugby-ouens se bus terug.

    Jy kan nie … Ek wil nie alleen hier bly nie. Bennie staan op en gaan staan pleitend voor Xander. Hier ís iets, Xander, ek sê jou. Hier is iets of iemand op die solder.

    Vir ’n oomblik lyk dit of Xander twyfel, maar dan sê hy kortaf: Hou op om so ’n bangbroek te wees, Bennie. Dis als jou verbeelding. Hy gooi sy sak oor sy skouer. En maak skoon jou gemors voor Swartmamba dit sien. Ek wil nie jy wees as Goliat môre na die rugbykamp terugkom en sien wat jy met sy Springbokplakkaat gedoen het nie.

    Bennie wil nog iets sê, maar Xander is reeds by die deur uit.

    Hy kyk mismoedig om hom rond. Hy pluk die orige stuk van Goliat se plakkaat van die muur af en frommel dit op. Hy ys as hy aan vanaand dink. Dit help nie eens hy gaan praat met meneer Swart nie. Hy sal hom tog ook nie glo nie en hom sekerlik straf oor die deurmekaarspul.

    Vanaand is dit net hy, die hond en wie of wat ook al wat hier in die solderkamer is …

    Die flits is koud in Bennie se natgeswete hand. Hy kyk af. Spots lê en slaap rustig aan die voetenent van sy bed.

    Hy voel-voel langs hom vir die krieketkolf wat hy in Xan­der se kas gekry het. Die maan skyn ’n strepie deur die venster. Op die wekker voor sy bed kan hy uitmaak dat dit net voor twaalfuur is.

    Die wind het vanmiddag gaan lê. Dis doodstil behalwe vir sy eie asemhaling.

    Sy oë brand. Hy maak hulle vir ’n oomblik toe.

    Hy dog eers hy verbeel hom toe hy die geluid hoor. Maar dan raak dit harder. Daar’s ’n duidelike krapgeluid wat van­uit die kas in die hoek kom.

    Soos iemand wat wil uitkom …

    ’n Koue rilling trek deur Bennie se lyf. Spots sit regop en grom. Met bewende hande skakel Bennie die flits aan en mik dit na die kas, net betyds om te sien hoe die kasdeur stadig oopkraak.

    ’n Walglike brandreuk hang in die lug. Spots tjank en spring van die bed af.

    Toe sien Bennie hom.

    In die kas, op sy hurke, sit ’n outjie. Sy hare is vlamrooi, en sy oë twee deurskynende blou albasters. Sy vel is wit soos papier. Iets aan hom lyk vaagweg bekend. Hy sit met sy arms om sy bene gevou. Die seun se gesig, arms en bene is oortrek met grillerige opgehewe letsels.

    Hy kyk stip na Bennie. Bennie wil gil, maar die gil sit vas in sy keel. Hy wil opspring en weghardloop, maar hy kan nie beweeg nie. Die laaste ding wat hy onthou, is hoe die donkerte hom oorweldig.

    Sondag.

    Haai ouens, kyk vir ou banggat en sy flits. Hy’t seker laas­nag spoke gejag.

    Bennie knip sy oë teen die skerp daglig. Goliat, Xander en die twee Griessel-broers staan voor sy bed. Met ’n skok onthou Bennie. Hy kyk verskrik verby hulle na die kas in die hoek. Die kasdeur is toe. Die seuns se naweektasse staan op die vloer voor die kaste.

    Bennie sukkel om tot verhaal te kom. Goliat, Xander, julle … julle moet my glo. Daar was gisternag ’n outjie in daardie kas, beduie hy met sy flits. Dit was hy wat eergisteraand terwyl ek en Xander geslaap het al julle …

    Goliat lag koggelend. Hy kyk na die ander seuns. Hulle begin ook huiwerig lag. Goliat se gesig is skielik teen Bennie s’n. Hy gryp hom aan sy pajamas voor sy bors. Bennie voel Goliat se spoeg op sy vel toe hy praat.

    Vir jou, mannetjie, gaan ek vermorsel. Jy lieg! Jy probeer almal op hol jaag! Goliat verstewig sy greep op Bennie se pajamas. Xander sê jy’t al ons goed uitgegooi en my pos­ter geskeur. Ek wag net vir die regte tyd. Die regte plek … Goliat stamp Bennie hard teen sy bors voor hy omdraai en wegstap. Die ander seuns volg hom.

    Bennie laat sak sy kop tussen sy hande. Hy weet nie wat om te doen nie. Hoe de joos gaan hy dit in iemand se kop kry dat hy nie jok nie? Dat hy weet wat hy gesien het? En hoe­kom is daardie kind in die kas? Hoekom het hy die goed in die kamer rondgegooi? Wat op aarde gaan hy doen?

    Na middagete gaan sit Bennie onder die akkerboom voor die koshuis en vryf moeg oor sy oë. Dit voel of sy brein kramp van al die vrae wat heeldag deur sy kop maal.

    Hy skrik toe Dora, die koshuiskok, skielik langs hom praat. "Molo, Mfana. Hoekom djou gesig hy lyk so worried?"

    Hy kyk op na die vriendelike pitjies-oë in die ou ge­rim­pelde gesig. Hy sug. Besluit op die ingewing van die oomblik om vir Dora in sy vertroue te neem. Huiwerig begin hy vertel.

    Dora luister met groot oë en maak elke nou en dan tjsk-tjsk-geluide. Toe hy klaar is, bly sy vir ’n lang tyd stil. Haar stem bewe toe sy begin praat.

    "Kubi, Bennie. Jarre gelede, hierdie hy was ’n weeshuis. Ek’t gewerk hier toe die man van die dorp kom sê hulle gaan die plek toemaak. Al die kjêndertjies het gehyl toe hulle hoor hulle gaan weg. Almal het hys gekry, behalwe vir hom. Die een kjênd. So ’n rooie …"

    Dora kyk stip na Bennie. So ’n rooie nes jy. Niemand wou hom hê nie. Hy’t hier by my kom sit en hyl die dag dat die annir weg is. Hy’t gesê hy’s bang. Dora skud haar kop treurig.

    Wat het toe van hom geword, Dora? Bennie kry met­eens die verstote rooikop seuntjie baie jammer.

    "Die man van die weeshuis het hom gesê hy sal hom eers hou. Maar hy was ’n kwaai, lelike man en die kjênd wou nie by hom bly nie. Middel van daai selle nag die groot vuur hy kom. Haaibo."

    Dora hou haar hand voor haar mond en staar na die kos­huis asof sy die brand weer sien. Ek het gehardloop by die trappe, maar dit was baja warm. Die man van die weeshuis sê ek moet los. Ek vra hom wat van die kjênd. Hy sê dis te laat. Die man het nie eens vir hom begrafnis gehou nie. Als net so gelos. Dora laat sak haar kop.

    Hoekom kon hy nie uitkom nie? Bennie sien in sy gees­tesoog die bang seuntjie alleen in die solder.

    Ek het daai kamer gaan kyk na die brand. Die buitedeur hy’t vasgesit en die kjênd was te kort vir die vensters bo. Ek kon sien die kjênd het geprobeer ytkom. Die staalgoed in die kamer is rondgesmyt. Beddens en kaste het omgelê. Dora bly ’n tydjie stil voor sy verder praat. "Hy’t inni hangkas gaan wegkryp. Dis wa ons

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1