Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurder Kwaaikofski: Die slinkse slangslenter
Speurder Kwaaikofski: Die slinkse slangslenter
Speurder Kwaaikofski: Die slinkse slangslenter
Ebook76 pages42 minutes

Speurder Kwaaikofski: Die slinkse slangslenter

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangslenter. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n wêreldklas speurder te word.

Die Speurder Kwaaikofski-speurreeks is deur een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Die slinkse slangslenter is die vyfde storie in die Afrikaanse reeks.

Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n avontuurlike stokperdjie: hy’s ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!

Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 6 tot 10)
LanguageAfrikaans
Release dateJun 1, 2013
ISBN9780798163156
Speurder Kwaaikofski: Die slinkse slangslenter
Author

Jürgen Banscherus

Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser, voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Related to Speurder Kwaaikofski

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurder Kwaaikofski

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurder Kwaaikofski - Jürgen Banscherus

    5792_52.tif

    HOOFSTUK 1

    5792_05.tif

    Ek het twee weke gelede tien geword. Die aand voor my verjaardag was ek so opgewonde ek kon skaars slaap. ’n Hele tien jaar oud! Shucks, Sherlock, dit voel onwerklik!

    Maar die volgende oggend is alles weer soos altyd. Ek word wakker met my ma wat my so styf vasdruk dat ek na asem hyg, en my ’n papnat soen gee – vol op die mond. Met ontbyt staan daar soos elke jaar ’n koek versier met rooi kersies op die tafel, ’n beker warm sjokolade en allerhande koekies.

    5792_06.tif

    Soos gewoonlik kry ek my presente eers ná twee happe koek en drie slukke warm sjokolade. My ma sê sy wil nie hê ek moet op my verjaardag honger skool toe gaan nie.

    Maar dis net ’n verskoning. Sy treiter my, want sy weet ek kan nie wag om my presente oop te maak nie. Uiteindelik word my geduld beloon. Ek kry ’n onderbaadjie spesiaal vir speurders, met sewentien sakke en die coolste helder­rooi tekkies waarop almal by die skool jaloers gaan wees.

    Tevrede? vra my ma en krap my hare deurmekaar. Ek het spesiaal vir my groot dag ’n halwe potjie jel gebruik om dit te laat regop staan. Wanneer gaan sy leer om my hare uit te los?

    Baie! brom ek. Toe trek ek die nuwe tekkies en onderbaadjie aan, steek ’n pakkie Carpenters kougom, ’n notaboek, skryfgoed, ’n vergrootglas en ’n paar ander belangrike goed vir ’n superspeurder in die sewentien sakke en mik by die deur uit.

    5792_08.tif

    Maar my ma keer my. Jy het iets vergeet, sê sy en stop ’n boks met ’n groot sjokoladekoek in my hande.

    Van my eerste jaar op skool het ons klas die gewoonte dat jy op jou verjaardag vir almal eetgoed moet bring. Dit was eers die lekkerste roomkoekies en tertjies en soutigheidjies. Maar deesdae bring almal net sjokoladekoek. Klein sjokoladekoekies, groot sjokoladekoeke, wit sjokoladekoeke, donker sjokoladekoeke – enigiets met sjokolade. G’n wonder die skoonmakers hou niks van ons klas nie.

    Maak seker elkeen kry ’n sny, sê my ma.

    Ja-ja, antwoord ek en sit die boks op die vloer neer sodat ek my verwoeste hare kan regmaak.

    Maar Ma is nog nie klaar met my nie.

    Jou pa het vir jou geskryf, sê sy en haal ’n koevert uit haar baadjie se sak.

    W-w-w-ie? stotter ek. Die laaste paar maande was al

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1