Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Op vlerke van die wind
Op vlerke van die wind
Op vlerke van die wind
Ebook236 pages3 hours

Op vlerke van die wind

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Op vlerke van die wind: Agter Emma se streng skooljuffrou-uiterlike skuil ’n menseliewende, sprankelende persoonlikheid. Op ’n skeepsreis na Europa leer sy ’n paar interessante mans ken. Watter een uiteindelik ’n blywende plek in haar lewe sal inneem, bly tot die end in die weegskaal.
LanguageAfrikaans
Release dateAug 20, 2013
ISBN9780798164191
Op vlerke van die wind
Author

Tryna du Toit

Een van die bekendste name in Afrikaanse liefdesverhale. Groen koring is Tryna du Toit se bekendste verhaal en is verfilm as Debbie. Die film is in Maart 2007 weer op kykNet uitgesaai. Jamie Uys was die vervaardiger en Elmo de Witt was verantwoordelik vir die regie. Tryna is in Oktober 2005 oorlede op die ouderdom van 95 jaar.

Read more from Tryna Du Toit

Related to Op vlerke van die wind

Titles in the series (2)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Op vlerke van die wind

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Op vlerke van die wind - Tryna du Toit

    Tryna du Toit

    OP VLERKE VAN DIE WIND

    Human & Rousseau

    Hoofstuk 1

    Dit het gedurende die nag gereën en toe dit lig word, was die berge toe onder die mis. Maar later het die newels begin wegskuif en die wolke verdwyn, en die son het soos ’n môregroet oor die wingerde en velde van die Boland gespoel.

    Dis ’n sprankelende oggend en Emma Conradie kyk met waar­dering na die skilderagtige landskap wat voor die oop vens­ter van haar kompartement verbyskuif.

    Die treinreis is amper verby. Daar voor hulle, nog wasig in die verte, is Tafelberg reeds sigbaar. In die hawe wag ’n skip waarmee sy vanmiddag na Engeland en Europa vertrek.

    Die Kaap het van jongs af vir haar ’n spesiale bekoring ingehou. Nou, terwyl die trein deur die buitewyke van die stad snel, voel sy weer iets van die ou opwinding wat sy as kind geken het. Sy was die laaste weke so besig om reëlings te tref, so dikwels nog oorweldig deur die gemis en verlange ná haar pa se skielike dood, dat sy nie veel tyd gehad het om aan haarself of die vakansie te dink nie.

    Skielik is dit hier. Dis of haar keel toetrek. Sy wens amper sy kan nou net hier omdraai en terug huis toe gaan. Wat wil sy alleen daar in die vreemde gaan doen? Maar daar is op die oomblik geen huis of werk waarheen sy kan teruggaan nie. Sy het haar brûe baie deeglik verbrand. Die dokter wat haar pa se praktyk oorgeneem het, het hulle huis ook gekoop. Hy en sy gesin het reeds hulle intrek geneem in die ruim ou huis met die groen grasperke, die groot bome en die vrugteboord waar hulle as kinders so gebaljaar het. Haar pos as geskiedenisonderwyseres aan die hoërskool – dieselfde skool waar sy en haar susters was – is reeds gevul.

    Sy kan natuurlik na een van haar susters toe gaan – Jeanne of Martie of Maryna. Hulle sal haar hartlik en – ondanks tant Millie – met liefde ontvang. Maar dit was juis omdat sy haar wou losmaak, ook van haar susters, dat sy besluit het om ’n ruk weg te gaan.

    In die oop deur van die kompartement verskyn ’n elegante blonde vrou. Emma het haar die vorige aand ontmoet. Hulle het toevallig aan dieselfde tafel in die eetsalon gesit en ontdek dat hulle albei die volgende dag met die S.A. Disa na Engeland vertrek. Hilda Bekker was al verskeie kere oorsee en Emma het belangstellend geluister na alles wat sy vertel.

    Hilda kyk nou glimlaggend na haar. Wel, ons is amper daar. Opgewonde?

    Ek weet nie. Ek is bly om weer die Kaap te sien, maar die res glo ek nog nie eintlik nie.

    Sal daar iemand vir jou op die stasie wees?

    Nee.

    Ken jy niemand in die Kaap nie?

    Ek het familie hier – ’n neef wat ’n dokter is. Hulle sal my vanmiddag op die skip kom groet. Ek het niemand anders laat weet nie. Gaan jy reguit skip toe?

    My vriende sal my hawe toe neem om my bagasie af te laai. Dan gaan ons eers by die Mount Nelson eet. Hulle het ’n afskeidspartytjie vir my daar gereël.

    Emma glimlag. Dit klink lekker. Sorg net dat jy betyds te­rug by die skip is!

    Sê maar vir die kaptein hy moet ’n bietjie wag as ek nie vieruur daar is nie, sê Hilda liggies. Luister, Emma, sal ek met die hoofkelner reël dat ons aan dieselfde tafel sit? Slegte tafelmaats kan die hele reis vir ’n mens bederf.

    Dis baie vriendelik van jou, sê Emma verras. Die mooie Hilda Bekker sal nooit ’n gebrek aan vriende en bewonderaars hê nie. Dis gaaf van haar om haar oor ’n plaasjapie soos sy te ontferm.

    Miskien, as ek mooi vra, sit hy nog ’n paar alleenlopende mans by ons aan tafel.

    Jy is tog nie ernstig nie?

    Hilda lag. Waarom nie? Of verkies jy ’n paar katterige, bemoeisieke vroumense?

    Ek het nog nie daaraan gedink nie, sê Emma geamuseerd. In elk geval, dink jy nie die alleenlopende mans sal verkies om self hulle tafelmaats uit te soek nie?

    Miskien. Maar ’n mens weet nooit nie. En ’n goeie fooi­tjie kan nogal baie uitrig. Of dink jy ons moet maar kyk wat gebeur?

    Ek dink so! Hou maar liewer duim vas dat ek ’n lekker kajuitmaat kry, sê Emma.

    Hilda haal haar skouers op.

    Dis één ding wat ek nie aan die toeval oorlaat nie. Ek sou dit haat om my slaapkamer met ’n vreemde persoon te deel. Ek reis altyd alleen in ’n kajuit.

    Ek behoort tot die werkersklas, sê Emma liggies. Aan so ’n weelde het ek nooit eens gedink nie. Ek hoop maar vir die beste. ’n Lekker kajuitmaat kan nogal gesellig wees.

    Hilda Bekker trek haar fyn neusie op.

    Kry net ’n goeie voorraad pille by jou neef, sê sy. Dan kan jy haar darem dokter as sy seesiek is. Wel, ek sê dan maar eers tot siens! groet sy dan opgewek.

    Hilda Bekker is seker al amper veertig, maar met haar blonde hare, mooi vel en foutlose grimering lyk sy veel jonger. Langs haar voel Emma vaal en verlep. Die spanning van die afgelope maande – haar pa se dood, die verkoop van die huis en alles wat daarmee gepaard gegaan het – het haar geestelik en fisiek uitgeput. Nou eers, noudat sy tot stilstand kom, besef sy hoe moeg en verward sy is.

    Haar pa se dood het haar onverwags voor belangrike be­sluite te staan gebring. Hy het meer as dertig jaar lank ’n praktyk op Potchefstroom gehad. Daar is sy en haar drie susters gebore, daar het hulle grootgeword, is hulle skool toe en later universiteit toe. Daar is haar ma dood, is haar susters, almal jonger as sy, die een ná die ander getroud. Sy en haar pa het alleen agtergebly.

    Sy het nooit beplan om op Potchefstroom te bly nadat sy haar graad en onderwysdiploma behaal het nie. Sy wou in die stad gaan werk, net om eers haar voete te vind, en later oorsee gaan. Haar planne was alles agtermekaar toe haar ma ernstig siek word en Jeanne, wat net jonger as sy self is, skielik trouplanne kry. Sy moes voorlopig tuis bly, en toe die skoolhoof haar ’n pos aanbied, het sy dit aanvaar.

    Jeanne is met ’n predikant getroud en is saam met hom op ’n kort studiereis oorsee. ’n Paar maande later is hulle ma oorlede en sy kon toe nie daaraan dink om weg te gaan nie. Haar pa se praktyk het al sy tyd en aandag geëis, Martie is pas universiteit toe en Maryna was nog op hoërskool. Iemand moes ’n ogie oor hulle hou en die huishouding waarneem. Maar sy was nog jonk, het sy gedink, ’n jaar of twee sou geen verskil maak nie.

    So het sy op Potchefstroom gebly, en so, met die jare, is sy vasgevang in die huis en die gemeenskap waarin sy grootgeword het. Sy het nie van haar drome en planne vergeet nie, maar daar was vir eers belangriker dinge om te doen.

    Die lewe was vol en interessant. Die huis was gedurig vol jong mense en die maande en jare het soos ’n gedagte verbygegaan. Die mans wat daar gekom het, het gewoonlik vir haar mooi susters kom kuier, en saam met hulle het sy die lief en leed van daardie jare deurgemaak. In die mans wat wel in haar belang gestel het, het sy geen sin gehad nie. Sy is te uitsoekerig, het haar susters gesê, en miskien was hulle reg. Onbewus het sy seker almal aan haar pa gemeet, en dan het die meeste mans swak vergelyk.

    Martie is later getroud met hulle pa se jong vennoot. Hulle het vir hulle ’n mooi huisie in die nuwe deel van die dorp gebou en binne ’n jaar is hulle eerste seuntjie gebore. Maryna, van jongs af die rebel, het geweier om soos haar susters na Potchef­stroom se universiteit toe te gaan. Sy is stad toe, waar sy ’n kursus in drama en kuns geloop het. Toe sy daardie eerste Juliemaand vir die vakansie huis toe kom, het sy oranjerooi hare, pers lippe en ’n lang sigarethouer gehad.

    Hulle pa was diep ontsteld en wou Maryna nie terug stad toe laat gaan nie. Maar sy het gedreig om weg te loop en op die ou end moes hy haar maar haar sin gee. Sy het haar kursus voltooi en haar later met radio- en toneelwerk besig gehou. Sy het die vrye, boheemse lewe geniet en vakansietye het sy ge­reeld van haar langhaarkunstenaarsvriende – altyd die een of ander wordende genie – huis toe gebring. Hulle was ’n vreemde klomp, ondervoed, verwaarloos en egoïsties. Emma en haar pa was doodbang dat Maryna met een van hulle sou trou, maar tot almal se verligting het sy op ’n ernstige jong lektor aan die Pretoriase universiteit verlief geraak en kort daarna met hom getrou.

    Emma en haar pa het nou alleen gewoon, maar haar susters het dikwels met hulle krose kom kuier, en dan het die huis weer weerklink van haastige voetstappe en helder jong stemme. Later het Jeanne se man ’n beroep na ’n gemeente op Potchefstroom aanvaar en die familiebande was hegter as ooit vantevore.

    Emma het haar skoolwerk gehad, die huishouding en die tuin om na om te sien, en sy was deel van die dorp met al sy bedrywighede. As daar ’n krisis in die pastorie of in die jong dokter se huis was, was Emma die steunpilaar na wie hulle om raad en hulp gekom het. Toe Maryna en haar man vir ses weke oorsee moes gaan, was dit Emma wat die twee babas moes oppas.

    Toe is haar pa een nag stil in sy slaap oorlede. Martie se man het Emma gewaarsku dat haar pa se hart nie baie sterk is nie en sy het self gesien dat hy oud word, maar sy skielike dood was tog vir haar ’n groot skok.

    Dit was eers ná die begrafnis, nadat alles verby was en sy in die groot, leë huis besig was om op te ruim, dat die volle betekenis van haar pa se dood tot haar deurgedring het en sy aan haarself begin dink het. Wat sou sy nou doen?

    Sy was drie-en-dertig en in haar susters se oë reeds ’n oujongnooi. Vir die eerste keer sedert haar ma se dood was sy vry van alle verpligtinge, vry om te gaan waar sy wil en te doen wat sy wil. Die ou drome het weer in haar begin roer, maar sy was bang en onseker. Sy was vasgegroei op Potchefstroom, in die ou, bekende omgewing het sy veilig en beskermd gevoel. Het sy die moed om weg te gaan, die wêreld daar buite alleen aan te durf?

    Daar was natuurlik nog haar vriend Andries Visagie. As sy met hom trou, sou dit baie van haar probleme oplos. Maar sou sy saam met Andries weer die tinteling wat die lewe eenmaal gehad het, terugvind?

    Dit was haar predikantswaer wat die dag toe hulle besluit het om die huis te verkoop, vir haar gesê het: Jy wou altyd gaan reis het, Emma. Waarom gaan jy nie nou nie?

    Jy bedoel alles hier net so los en op ’n skip klim en wegry? het sy liggies geskerts.

    Waarom nie? Ek dink jy is dit na al die jare aan jouself verskuldig.

    Sy het na hom gekyk, soos dikwels vantevore getref deur sy simpatieke begrip.

    Ek sal daaroor dink, Herman, het sy belowe.

    Tien dae later het hy vir haar ’n pak brosjures gebring.

    Kyk gerus hierna. Miskien sal dit jou help om te besluit.

    Dit was brosjures van ’n reisagentskap, met inligting oor skepe, reisgeld, tye van vertrek, foto’s van kastele in Frankryk, Londen, Rome, Parys …

    Die S.A. Disa vertrek middel Augustus. Dit gee jou kans om al jou sake agtermekaar te kry.

    Dit lyk of julle van my ontslae wil raak, het sy hom liggies beskuldig. Is dit oor tant Millie?

    Herman het gelag.

    Nee, dit het niks met tant Millie te doen nie. Ons het jou lief en ek weet eintlik nie hoe ons sonder jou sal klaarkom nie, maar ek dink dis noodsaaklik dat jy ’n bietjie wegkom. En nou is die ideale kans.

    Ná hy weg is, het sy weer aan tant Millie gedink. Tant Millie was ’n groottante wat vroeër op Potchefstroom gewoon het. Haar man was ’n predikant en sy het haar met almal se sake bemoei en die gemeenskap met ’n ysterhand geregeer. Sy was ’n baie bekwame mens; daar was nie nog iemand wat soos sy kon organiseer nie. Kerkbasaars, huweliksonthale, sportbyeenkomste, konserte, pieknieks, liefdadigheidsorganisasies – met geesdrif en ’n fenomenale dryfkrag het sy alles aangepak en deur­gevoer. Vir alles het sy raad gehad. Almal het haar bewonder en ’n heilige respek vir haar gehad, maar niemand het van haar gehou nie. Selfs ná haar man se dood het sy nog ’n leidende rol in Potchefstroom se gemeenskap gespeel – tot ergernis van die jonger geslag, wat anders oor sake gedink het. Eers ná ’n beroerte wat haar gedeeltelik verlam het, het sy haar finaal – en onwillig – onttrek.

    Vandag is tant Millie haas vergete, maar die familie het Emma dikwels met haar geterg as sy so doenig was met al haar bedrywighede, so graag hulle sake vir hulle probeer reël.

    Herman het gesê nee, dis nie oor die tant Millie-streep in haar dat hulle wil hê sy moet weggaan nie, maar in die stilligheid wonder sy tog. Het sy in haar ywer om haar susters by te staan, haar miskien te veel in hulle sake ingemeng? Sy dink aan die verenigings waaraan sy behoort – waarvan sy gewoonlik voorsitter of sekretaresse of tesourier is – aan haar skoolkinders, hoe dikwels sy in hulle huislike lewens moes inmeng as dit op skool nie na wense gegaan het nie.

    ’n Baasspelerige, gefrustreerde oujongnooi, wat alles en almal wil regeer! Is dit hoe haar familie en die mense van Pot­chefstroom haar sien?

    Daardie selfde middag het sy vakansieklere gaan koop. Toe sy in die winkel ’n sonbril opsit en haarself in die toonbankspieël sien, het haar hart in haar keel geklop. Met hierdie uiloogbril was dit meteens moontlik om die ou Emma af te lê … om haar klaar te verbeel dat sy aan boord van die S.A. Disa is.

    Dieselfde aand nog het sy aan die reisagent geskryf.

    Die trein maak ’n wye draai voor dit die Kaapstadse stasie binnery en ’n oomblik sien Emma die skip, spierwit en statig in die oggendson, waar dit vasgemeer lê langs die kaai. Uit die skoorsteen trek ’n dun rokie.

    Die S.A. Disa maak gereed om te vertrek!

    Sy is verbaas om haar neef Pieter Jacobs op die stasie te sien. Hy glimlag breed toe hy haar groet.

    Ek het jou kom haal. Edna is in die bed. Sy het geval en ’n arm gebreek. Ma is ook daar – hulle albei wil jou graag sien. Ek sal jou self later skip toe neem.

    Op pad na Pieter se huis in Milnerton ry hulle vlak by die hawe verby.

    Daar is jou skip, sê Pieter. Mooi, nè?

    Van naby lyk die skip nog mooier en groter. ’n Regte droomskip wat haar na verre, vreemde lande sal neem.

    Tannie Bettie wag hulle op die stoep in. Sy is ’n paar jaar ouer as Emma se pa, maar lyk nog sterk en vol lewens­krag. Edna het intussen opgestaan. Die ongeluk het die vorige aand gebeur en sy is nog ’n bietjie bleek, maar sy groet opgewek.

    Terwyl hulle tee drink en botterbroodjies eet, gesels hulle oor Emma se pa en die familie. Dan sê tannie Bettie: Wat gaan jy nou eintlik daar anderkant die water soek?

    Ek weet self nie, sê Emma. Ek dink ek gaan maar net kyk hoe dit daar lyk – of die mense anders as ons is …

    ’n Mors van tyd en goeie geld, sê tannie Bettie. Waarom bly jy nie liewer hier en soek vir jou ’n goeie man en trou met hom nie? Netnou bly sit jy op die rak.

    My susters dink klaar ek is ’n oujongnooi, glimlag Emma. En die goeie mans wat ek ken, is reeds almal getroud of ervare genoeg om hulle nie in die strikke van ’n oujongnooi soos ek vas te loop nie.

    Ek hoop daar is darem interessante geselskap op die skip, sê Edna. Hou maar jou oë oop vir ’n diamantmagnaat of ’n ryk Karooboer.

    Wees maar liewer op jou hoede vir die mans op die skip, sê tannie Bettie streng. Die offisiertjies met hulle uniforms en elegante maniertjies het gewoonlik ’n vrou in elke hawe, en die ander wolwe in skaapsklere is net daarop uit om onskuldige jong meisies te verlei.

    Ek sal oppas, belowe Emma. Ek sal my hart die hele tyd streng agter slot en grendel bewaak.

    Dit sal baie verstandig wees, sê tannie Bettie ernstig.

    Martie is soos tannie Bettie, dink Emma. ’n Liewe, goeie, deug­same mens, sonder ’n vonkie humor of verbeelding. En An­dries is ook so.

    Goeie, getroue Andries! As hy vandag hier was en haar weer gevra het om met hom te trou, sou sy seker ja gesê het.

    Die kanon het pas die twaalfuur-tydsein oor die stad gebulder toe Pieter vir Emma by die skip aflaai. Die familie was teleur­gesteld omdat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1