Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurder Kwaaikofski 6: Honde, hoede en hande
Speurder Kwaaikofski 6: Honde, hoede en hande
Speurder Kwaaikofski 6: Honde, hoede en hande
Ebook50 pages30 minutes

Speurder Kwaaikofski 6: Honde, hoede en hande

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter ’n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood!
Maar hierdie keer is dit ’n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net ’n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in.

Die Speurder Kwaaikofski speurreeks is deur een van Duitsland se mees gleiefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Honde, hoede en hande is die sesde storie in die Afrikaanse reeks.

Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n avontuurlike stokperdjie: hy’s ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!

Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 6 tot 10).
LanguageAfrikaans
Release dateAug 20, 2013
ISBN9780798163255
Speurder Kwaaikofski 6: Honde, hoede en hande
Author

Jüngen Banscherus

Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Related to Speurder Kwaaikofski 6

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurder Kwaaikofski 6

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurder Kwaaikofski 6 - Jüngen Banscherus

    Sp_21_bearb.jpg

    HOOFSTUK 1

    Verlede Saterdag lui die voordeurklokkie. Dis mevrou Becker wat in die woonstel bokant ons bly.

    Simson is weg! snik sy. Ek weet nie wat om te doen nie. Jy moet my help, Kwaaikofski.

    Simson is mevrou Becker se bruin worshond. My ma noem hom ’n kefbrak, want hy blaf baie, veral wanneer die tannie toilet toe gaan. Partykeer blaf hy ons in die middel van die nag wakker. Dan voel ek lus en draai sy nek om – of plak sy mond toe.

    Sp_05_b.jpg

    Ek skud my kop. Ek is jammer, mevrou Becker, maar ek ondersoek nie hondesake nie.

    Hoekom nie? roep sy uit. Die polisie wil my ook nie help nie!

    Natuurlik nie, dink ek by myself. Hulle het beter dinge om te doen as om na ’n vermiste hond te soek.

    Sp_06.jpg

    Ons buurvrou smeek nog vir ’n ruk en bied my later tweehonderd rand aan, maar sy maak nie hond haaraf nie. Ek weier om na haar worsie te gaan soek.

    As die stad se ander speurders moet uitvind ek loop agter ’n vermiste hond aan, skaam ek my morsdood.

    ’n Dag later kry mevrou Becker gelukkig vir Simson terug. Haar kefbrak het in die woud aan die rand van die stad verdwaal. Iemand het hom gekry en die tannie se foonnommer was op sy halsband, so hy was gou weer veilig by die huis.

    Ek soek nie na honde nie. Vergeet dit! Maar dit beteken nie ek het nog nooit ’n saak ondersoek waarby daar ’n hond betrokke was nie. My laaste saak het met ’n hond te doen gehad – en hy was allesbehalwe ’n brak!

    Ek het ’n ruk gelede ’n kompetisie teen ’n ander speurder verloor en ek was

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1