Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Rooiland
Rooiland
Rooiland
Ebook90 pages1 hour

Rooiland

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hulle’t ’n bees gesteel by die wit man Rabie. Die bees se naam was Rooiland. Hulle’t vir Rooiland geslag en feesgevier. Hulle drink uit die horings: Kilikijan die bloed, Nongoloza die gal. Toe maak hulle ’n print van die wet op die vel. Op die vel van Rooiland. Daai’s die wet. En daai wet het even survive die dag toe die hemel en die aarde geskeur het – toe Kilikijan die klipwette stukkend gegooi het en die 27’s een pad geloop het en die 28’s ’n ander pad. ’n Tronksel. Vier gevangenes. ’n Vloeibare, ongevormde wêreld. ’n Ritueel van bloed en offergawes. ’n Alledaagse geval van tronkgeweld wolk uit tot ’n konflik oor dinge wat van universele belang is.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 15, 2013
ISBN9780624062745
Rooiland
Author

Tertius Kapp

Tertius Kapp het met sy debuut as dramaturg reeds die magiese formule vir aangrypende teater baasgeraak. Sy werk verken dikwels omstrede onderwerpe en getuig van ’n onkonvensionele perspektief op die teater-medium. Hy bestee ’n aantal jaar in die TV-bedryf, was dosent aan die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań, Pole en is tans verbonde aan Universiteit van Fort Hare. Vir Rooiland het hy twee Fiesta-toekennings gewen, sowel as die Smeltkroes-prys by Clover Aardklop.

Related to Rooiland

Related ebooks

Related articles

Reviews for Rooiland

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Rooiland - Tertius Kapp

    Cover_Rooiland.jpeg

    ROOILAND

    deur Tertius Kapp

    RooilandGlobeEpub.jpeg

    ’n drama

    ///////////////

    TAFELBERG

    Skrywersnota

    Hierdie teks speel af in ’n hedendaagse Suid-Afrikaanse gevangenis. Gedrag wat vir die leser moontlik vreemd sal voorkom, onnatuurlik en dalk ongemotiveerd, sal dikwels slegs sin hê as dit in die konteks van ’n gevangenis verstaan word. Wat traumaties is buite die tronk, is dikwels alledaags daarin. Aan die ander kant verkry alledaagse voorwerpe buitengewone waarde in die tronk. Humor kan dikwels donkerder as donker word, en oorbekende situasies aan die buitekant word met ’n ongeaffekteerde genot geparodieer.

    Rituele in die tronk weerspieël dikwels gesagsrituele daarbuite. Die hiërargieë van owerhede – ook dié uit ’n vergange era soos 19de-eeuse Britse militêre range – word nageaap in bendestrukture. Die nukleêre gesin word geparodieer. Ideologie word in ’n gevangenis vir die buitestander sigbaar as mags- en/of oorlewingsmeganismes, terwyl baie gevangenes dit, onder wisselende mate van dwang, in ’n absolute vorm uitleef.

    Die Nommers se verhale is ’n lewende mitologie. Daar is verskillende weergawes van dieselfde verhaal, en die onderskeie vertellers sal almal aanspraak maak op die absolute waarheid, met die wete dat dit slegs nóg ’n weergawe is. Aangesien die bendes se narratiewe mondelings oorgedra word, is dit maklik vir verskillende diskoerse om langs mekaar voort te leef. Terselfdertyd is daar baie ooreenkomste tussen die verskillende verhale wat jy in ’n tronk sal hoor.

    Die dikwels poëtiese aard van karakters se taal vra uiteraard om ’n hoë mate van interpretasie deur die akteurs. Waar Chris en Adidas met hul selfversekerde machismo dalk meer voor die hand liggend is, vereis die onsekere Fransie en Pastoor (veral laasgenoemde met sy melodramatiese uitsprake) baie medewerking van die akteur om die karakter te vind. Die basiese handelinge word aangedui, maar dit word natuurlik van die regisseur verwag om verdere handelinge by te voeg na gelang van sy of haar interpretasie van die teks.

    Verder moet ook genoem word dat dit in hierdie teks gaan oor die naasbestaan in Suid-Afrikaanse tronke van verskillende ideologieë en nie noodwendig oor die een se oorwinning oor die ander nie. Die kamp waarin ’n karakter hom ná die afloop van die stuk bevind, impliseer nie ’n morele sege oor sy teenpool nie.

    Alhoewel baie van die gebeure of vertellings in die teks ooreenkomste met ware verhale toon, is hierdie drama per slot van rekening ’n gefiksionaliseerde situasie, gebaseer op uitgebreide navorsing.

    Hierdie teks is geskryf as deel van Aardklop se teksontwikkelingsprogram. Die skrywer bedank graag vir Marguerite Robinson vir die geleentheid, en vir Rosa Keet vir raad en konstruktiewe terugvoering. Die skrywer wil ook navorsers bedank wie se werk in die teks gebruik is, veral Jonny Steinberg, Andries Petrus Weyers, Charles van Onselen, Nicholas Haysom, K.D.P. Makhudu, Heather Parker Lewis, asook informant C in Pollsmoor.

    Stel

    ’n Sel in ’n Suid-Afrikaanse tronk: Dit is so beknop dat die bewoners voortdurend in mekaar se pad is. Daar is twee stapelbeddens (of ’n driedubbele stapelbed en ’n matras), ’n lessenaar, ’n kas, ’n televisiestel, ’n radio, ’n toilet en ’n wasbak in die sel. Die vierde muur is waar die tralies sou wees. Agter teen die oorkantse muur is twee klein vensters, met tralies, wat na die ooste wys, sodat ligte daardeur kan skyn om dagbreek te suggereer. Teen die mure is ’n verskeidenheid van plakkate en ornamente – alles van charismaties-Christelike simbole tot pornografie, graffiti, kuns, kruise, brandmerke, bloedspatsels. Die TV is klankloos aan, e.tv se laatnag- mak pornografie afgewissel deur speletjiesprogramme. Die TV kan aan- en afgeskakel word na die regisseur se keuse. Daar is ’n radio wat af en toe hoorbaar raak met musiek van die regisseur se keuse.[1]

    Karakters

    FRANSIE is ’n slagoffer van individualisme, immuun teen die aansprake van die groep, ’n rebel without a cause, naïef genoeg om homself te glo, besig om te val uit die konstellasies in sy gedagtes tot in die realiteit van die sel. Hy was voorheen ’n creative by ’n advertensie-agentskap, is belese en sinies, onervare maar arrogant. In sy intonasie en uitspraak is reeds spore van ’n tronkdialek te bespeur.

    PASTOOR

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1