Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks
Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks
Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks
Ebook425 pages1 hour

Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Herleef die lekkerte van onthoukos en kook soos 'n Kokkedoor in jou eie kombuis.

Hierdie boek bevat die beste uit die gewilde Kokkedoor-televisiereeks, en gaan oor die kos wat ons lief het: erfeniskos, oumakos, huiskos, hunkerkos, kookkos, verlangkos, lekkervoel-kos.

- Die beste resepte van elke episode, getoets vir die huiskombuis
- Familieresepte vir vleisgeregte, fyngebak, brood, konfyt, piekels, groente, slaai, soetgoed en poedings
- Nuwe idees vir Sondagkos, basaarkos, piekniek, padkos, partytjiekos en braai
- 'n Kykie na die geskiedenis van geregte en waar gebruike vandaan kom
- Goue gunstelinge kry 'n moderne baadjie, sonder om die herinneringe te verloor

In dié versamelaarsboek deel Tannie Poppie haar broodpoeding-resep, Marinda en Mathilda hulle heerlike brandrissie-fudge, Theresa haar skuinskoek en ouma Drieka se onfeilbare skilferkorsdeeg. Die reekswenners Mynhardt en Tiaan deel hulle langtafel-geregte, asook nuwe weergawes van erfenisgeregte soos sagopoeding met suikerglasklokke.

Hier is vandag se kos, gegeur met gister. Om te kokkedoor is om kosmaak te geniet, vriende en familie na die lang tafel te nooi en ure lank te gesels oor gister se dinge en môre se drome.
LanguageAfrikaans
Release dateOct 14, 2013
ISBN9780798165433
Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks
Author

Errieda du Toit

Errieda du Toit is 'n bekende in koskringe en een van die meesterbreine agter Kokkedoor. Errieda was van die begin af deel van die program, en het die verfilming van die reeks in Prins Albert meegemaak. Saam met die drie gewilde beoordelaars en onder leiding van Human & Rousseau, het Errieda die resepte gekies en aangepas vir die tuiskombuis. Sy het die fyn oog en geoefende oordeel van 'n koskenner en weet wat vereis word van 'n groot kokkedoor! Errieda is 'n gesoute kosmens met 'n passie vir onthoukos. Sy het kooktegnieke – van die basiese tot die gevorderde – bemeester en meng tradisie met hope kreatiwiteit om nostalgiese resepte vir die toekoms te herskep. Haar vorige boeke sluit in die gewilde Huiskok glanskok en MasterChef South Africa: The Cookbook.

Related to Kokkedoor

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kokkedoor

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kokkedoor - Errieda du Toit

    KOKKEDOOR_LOGO_02.tif

    Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks

    Human & Rousseau

    Voorwoord

    Karen onthou:

    Karen%20Meiring.tif

    Ek en my sussie, Sanet, moes vir skoolredes ses maande lank by Oupa en Ouma op Pennington in Kwazulu-Natal gaan bly. Ouma Hannie was ’n bobaasbakster. Ons moes douvoordag opstaan om of die beskuit te knie, die koeksisters te vleg en te doop in die stroop, piesangbrode of vetkoekies te bak. Of die melktertpappot skoon te eet.

    Sy was ’n uitsonderlike mens en het met voëls geboer, van makoue en hoenders tot poue. Die smake van haar ingelegde kerriebone met poupastei, boeregroente en geelrys het so góéd gepas.

    Elke Desember het die hele familie bymekaargekom, en veertig siele moes elke dag drie etes kry. Ouma het in Julie al begin voorberei aan die kospotte van Egipte, soos sy dit genoem het. Oupa moes drie weke lank sy motorhuis opoffer vir ’n lang tafel.

    Vandag nog is onthoukos vir my verlangkos, vol geure van familie, liefde en samesyn. Warm, veilig en geborge.

    Karen Meiring

    kykNET-kanaalhoof

    Mariëtta onthou:

    IMG_568.tif

    Geure, net soos musiek, bring herinneringe vir my terug. Die reuk van varsgesnyde komkommer is genoeg om my aan my hoërskooldae te laat terugdink. Die nare wiskundeklas was onmiddellik vergete as ek moeg en gaar van die skool af kom en die hele huis na varsgerasperde komkommer ruik.

    As ek ouma Kinnear se groenboontjiebredie kook, dink ek aan haar ou groen-en-wit Dover. Ruik ek kwepers, is ek terug in ouma Kruger se koel, donker spens met ingelegde vrugte wat dofweg in die skemerte blink. My pa ruik ek in die soet reuk van sekelboshout in die braaivleisplek.

    Mariëtta Kruger

    Kokkedoor-aanbieder, radio- en televisie-ikoon

    Gesoek en gevind

    Kokkedoor:

    ’n Groot kokkedoor (’n belangrike persoon). Kokkedoor is die verafrikaansing van die Franse coq d’or, die haan van goud. Goue hane was destyds baie gewild, maar skaars en duur. Net iemand wat baie ryk en gesien was kon dit bekostig. En as jy ’n goue haan kon bekostig, het dit van jou ’n groot kokkedoor gemaak. ’n Beroemde Franse fynproewersrestaurant is ook vernoem na die haan van goud.

    Kokkedoorkos:

    Vandag se kos, gegeur met gister. Dis ’n werkwoord, ’n versamelnaam, ’n troetelnaam en ’n manier van dink. Om te kokkedoor is om kosmaak te geniet, vriende en familie na die lang tafel te nooi en ure lank te gesels oor gister se dinge en môre se drome.

    Om te kokkedoor is om kosmaak te geniet en ure lank te gesels oor gister se dinge en môre se drome.

    ONTMOET

    Hetta van Deventer-Terblanche

    Kokkedoor-beoordelaar, sjef en kosgeskiedeniskenner

    IMG_0945grey.tif

    Tannie Myrtle, my peetma, glo tee moet uit ’n mooi koppie gedrink word. Dink ek aan outydse soetkoekies, dan dink ek aan fyn porseleinteekoppies, seevakansies en ’n lekker seergebrande lyf.

    Outydse soetkoekies

    met Delft-porseleinversiering

    Lewer 24 koekies

    Koekies

    480 g (4 k) koekmeel

    2,5 ml (1/2 t) sout

    5 ml (1 t) fyn kaneel

    5 ml (1 t) fyn kruienaeltjies

    5 ml (1 t) fyn gemmer

    375 ml (11/2 k) suiker

    230 g botter

    60 ml (1/4 k) vet

    5 ml (1 t) koeksoda

    15 ml (1 e) louwarm water

    30 ml (2 e) muskadel of soetwyn

    1 eier, geklits

    Sif die meel, sout en speserye saam en voeg die suiker by. Vryf die botter en vet met die vingerpunte in die meelmengsel.

    Los die koeksoda in die louwarm water op en roer die muskadel of soetwyn by. Voeg die koeksodamengsel by die geklitste eier.

    Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng tot ’n stywe deeg vorm. Knie om goed te meng. Laat rus die deeg oornag in die yskas.

    Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer bakplate goed.

    Rol die deeg tussen 2 lae plastiek tot ’n dikte van 3–5 mm uit. Sny die deeg in 8 cm-vierkante of druk vorms met ’n koekiedrukker uit. Plaas dit op die bakplate en bak 10–15 minute.

    Harde versiersel

    2 groot eierwitte (60 g)

    10 ml (2 t) vars suurlemoensap

    750 ml (3 k) versiersuiker, gesif

    voedselkleursel

    Klits die eierwitte en suurlemoensap saam. Voeg die versiersuiker by en klits tot glad. (Voeg nog versiersuiker by as die mengsel te slap is of bietjie water as dit te styf is.) Plaas dadelik in ’n lugdigte houer want die versiersel word hard as dit aan lug blootgestel word.

    Gebruik ’n spuitsak met ’n klein punt en spuit ’n versiersel-raam om die buiterande van die koekies. (Die versiersel moet minder loperig hiervoor wees.) Laat 1 uur lank staan om droog te word.

    Voeg ’n bietjie water by die res van die versiersel om dit loperig te maak. Vul die oop dele van die koekies met die versiersel tot teenaan die gespuite raampies. Laat die koekies op ’n gelyke oppervlak staan om droog te word.

    Gebruik ’n verfkwas en kleursel om die koekies te verf. Poeierkleursel werk baie goed. (Meng rooi met geel en ’n titseltjie swart vir ’n Delft-blou kleur.)

    Nic van Wyk

    Kinkelkok-beoordelaar, sjef en meesterbakker

    IMG_5698grey.tif

    Ouma Liena se lewer in suursous is bo-aan my onthoukosgunstelinge. Ek maak dit altyd as ek gaan jag, en vir die restaurant maak ek ’n ietwat verfynde weergawe.

    Ouma Liena se

    lewer in suursous

    Lewer 4–6 porsies

    Om my ouma se lewer in suursous te maak, het jy sowat 100 g skaap- of beeslewer per eter nodig. Vir dié sousresep gebruik ek 500 g lewer.

    Sny dit in dun repies, geur met sout en peper na smaak en braai dan in ’n warm pan tot bruin aan alle kante.

    Haal uit die pan en laat eenkant rus tot die sous klaar is. Probeer die versoeking weerstaan om aan die lewer te pik.

    Die sous is baie eenvoudig, soos Ouma se kos was. Ek sny 3 groot uie in dun skywe en braai dit stadig in botter en olie tot lekker sag en bruin. Dan voeg ek 125 ml (1/2 k) suiker en 100 ml (2/5 k) asyn by. Ek hou van sjerrieasyn, maar as jy net gewone bruin druiweasyn het, werk dit net so goed. Nou trek ek die sout en peper nader en gooi ook ’n skeutjie Worcestersous by.

    Nou gaan die lewer terug in die sous tot deurwarm. Ouma het my geleer die lewer moet gaar wees. Niemand hou van pienk lewer nie.

    Nic onthou:

    Kleintyd-kuiers by my ma se ouers, oupa Boet en ouma Liena, het ’n diep indruk op my gemaak. Die kos het gesmaak na die seisoen: groot wit mielies met mieliebaarde en waatlemoen in die somer; nartjies en lemoene in die winter.

    OUDISIEGEREG

    Tiaan Langenegger

    Kokkedoor-Kinkelkok-wenner

    _D6B4939.tifKokkedoor-D%20106075.tif

    Mosbolletjiepizza

    met kerrievis

    Lewer 1 groot pizza

    Kook en Geniet-Kerrievis

    koekmeel

    sout en peper

    2 kg vismootjies

    olie vir vlakbraai

    4 uie, in skywe gesny

    125 ml (1/2 k) suiker

    45 ml (3 e) kerriepoeier

    15 ml (1 e) borrie

    750 ml (3 k) asyn

    125 ml (1/2 k) water

    6 suurlemoenblare, gekneus

    Geur die meel met sout en peper na smaak en rol die vis in die meel om dit te bedek. Braai die vis in die olie in ’n pan tot gaar en bruin aan albei kante. Plaas dit in ’n glas-, erde- of emaljebak en hou eenkant. (Moenie die vis in ’n metaalbak pak nie want die metaal kan met die asyn reageer en die smaak beïnvloed.)

    Meng sout en peper (na smaak) met die uie, suiker, kerriepoeier, borrie, asyn, water en suurlemoenblare in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt, verlaag die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1