Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Donkermaan
Donkermaan
Donkermaan
Ebook456 pages8 hours

Donkermaan

Rating: 3.5 out of 5 stars

3.5/5

()

Read preview

About this ebook

Teen die agtergrond van ’n nuwe Suid-Afrika wat nie heeltemal lyk soos wat optimiste verwag het nie, is Ruben Olivier se lewe besig om uitmekaar te val. Sy vrou is dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom ’n pakket aangebied om plek te maak vir ’n jong swart opvolger. Een van sy seuns het klaar die land verlaat en die tweede staan op vertrek. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Te midde van sy ontreddering moet Ruben sy wêreld opnuut definieer rondom die vroue wat in sy lewe ’n rol gespeel het: die vroegwyse klein Lenie in sy pa se skuur, die lewenslustige Riana wat haar ouers getrotseer het om met hom te trou en toe na ’n miskraam ’n skaduwee oor hul huwelik laat val het, die liriese Alison wat hom laat struikel het ... Maar bowenal word sy hede deur drie figure oorheers. Daar is sy huishoudster, die formidabele Magrieta, wat hom nie toelaat om te vergeet van die werklike wêreld rondom sy soliede ou huis in Nuweland nie. Daar is Antje van Bengale, ’n jong slawemeisie wat drie eeue gelede na ’n opsienbarende verhouding met haar baas tereggestel is en nou nog in die huis bly spook. En dan is daar Tessa, die ontsenuende vreemdeling wat een nag uit die reën opdaag op soek na blyplek en soos ’n donker maan die landskap van sy lewe belig met die teenstrydige onthullinge uit haar verlede en die uitdaging van haar troebel seksualiteit. Teen die agtergrond van die woelinge en onsekerhede van vandag se Suid-Afrika, wat miskien nie so anders lyk as dié van driehonderd jaar gelede nie, is Donkermaan waarskynlik die intiemste verhaal wat André P Brink nog geskryf het. Met ’n aanslag wat wissel van die ligte en speelse tot die nostalgiese en ontstellende, word dit ’n besinning op liefhê en oud word, op skuld en onskuld, op verlies en wanhoop en hoop, op drome en werklikheid, op verantwoordelikheid teenoor hede, verlede en toekoms. Bekroon met die Hertzogprys in
LanguageAfrikaans
Release dateAug 15, 2000
ISBN9780798158664
Donkermaan
Author

André P. Brink

André P. Brink was een van die veelsydigste figure in die Suid-Afrikaanse literêre bedryf: romanskrywer, dramaturg, reisverhaalskrywer, vertaler, letterkundige, kritikus en akademikus. Sy romans is in meer as 30 tale vertaal en hy is met o.m. die Hertzog- en die WA Hofmeyr-prys bekroon. Brink is op 6 Februarie 2015 oorlede.

Read more from André P. Brink

Related to Donkermaan

Related ebooks

Related articles

Reviews for Donkermaan

Rating: 3.6599999960000003 out of 5 stars
3.5/5

25 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Donkermaan - André P. Brink

    Donkermaan

    André P. Brink

    Human & Rousseau

    The obscure moon lighting an obscure world

    Of things that would never be quite expressed,

    Where you yourself were never quite yourself

    And did not want nor have to be

    – Wallace Stevens

    I rest my case on the rights of desire … On

    the god who makes even the small birds quiver

    – J.M. Coetzee

    EEN

    1

    Daar is ’n spook in die huis. Dit was waarom dit destyds, toe ons dit gekoop het – amper veertig jaar gelede, agt-en-dertig jaar en vier maande gelede – so spotgoedkoop was. Spoke was toe nog nie in die mode nie. Saam met die spook van Antje van Bengale het ons die huishoudster op die koop toe gekry. Magrieta Daniels. Sy was toe in haar vroeë dertigs. En na Riana se dood – na al die jare, na die geboorte van ons seuns en die verlies van my dogter, in die leegte anderkant geluk en ongeluk, skuld en onskuld, in die lang skemer met niks meer om op te hoop nie, sonder enige verrassings, sonder ’n skielike nuwe maan, ’n landskap so oop soos die Kalaharivlaktes van my kinderdae, en met net die ingewikkelde verraad van die geheue om my snags wakker te hou – het sy aangebly om my te versorg. En vir Antje van Bengale natuurlik, die arme jong slagoffer van haar gewelddadige baas en minnaar, in die dae toe die Kaap nog Hollands was.

    Vanslewe was die gehuggie van Papenboom – ’n klompie huise rondom ’n meule, ’n brouery, ’n bakkery, en ’n berugte taverne – amper twee uur per koets uit die nedersetting in Tafelbaai; ’n halte tussen Rondebosch en die Kompanjiestuin by Nuweland. Omtrent al wat oorgebly het, is die naam van ons straat, Papenboomweg, in die nes van klein lommerstegies onderkant Newlands Avenue; en dan dié huis, meer Victoriaans as iets anders, met nog net die massiewe fondamente en ’n stuk ringmuur van wat glo eers ’n nogal indrukwekkende landgoed was.

    Ons was gelukkig hier, ek en Riana. Die huis was die teken van ons onafhanklikheid, vry van die besitlike oorheersing van haar ouers, wat nooit sou verstaan of vergewe hoe ons die rug kon draai op die wynplaas in die Paarlvallei waar sewe geslagte Hugo’s hulle naam gevestig het nie, erger as Southfork, Dallas. ’n Dogter wat swanger voor die kansel staan, was erg genoeg; om nie te praat van ’n kerkmuis van ’n skoonseun nie, wat uit die dorre binneland hier aangewaai gekom het soos ’n tolbos, met die ruik van boeke aan sy hande. Dat al die trots van ’n familie uit die Boere-adel willens en wetens verruil word vir ’n mieserige voorstedelike bestaan, was soos om die Here self in die gesig te spoeg. Maar ons het dit reggekry. En behalwe die verlies van ’n meisiekindjie wat ek nooit eens gesien het nie, ’n erger slag as enige ander in my lewe (maar mens moet seker boet vir jou sondes), het ons goed gelewe hier. Wat ons beleef het, wat ons gedoen het, was eintlik alles deur die huis bepaal. En hoe kan hulle nou van my verwag om dit alles prys te gee – die huis, die herinneringe, alles wat ek nodig het om te weet wie ek is – en dit soos ’n biblioteekboek om te ruil vir ’n kamer of ’n woonstel êrens tussen ’n spul oumense in die een of ander aftree-oord?

    Dis tyd om aan Pa se gesondheid te dink, het hulle gesê. Johann. En Louis. En hulle vrouens. Dis tyd om aan Pa se veiligheid te dink, het hulle gesê. Pa verdien dit om Pa se laaste jare gemaklik en sonder bekommernisse te slyt, het hulle gesê.

    Om vadersnaam, man, ek is nog g’n oud nie. Ek is vyf-en-sestig.

    Maar wat van die hartaanval?

    Dit was nie ’n hartaanval nie, dit was angina. Mense leef vir jare met so iets saam. Die dokter het my al die pille gegee wat ek nodig het. Genoeg nitrogliserien om ’n vragwa op te blaas.

    Maar wat van Pa se buurman, watsenaam?

    Johnny MacFarlane? Ek weet presies wat met hom gebeur het, en dit was ’n gruwelike affêre. Die land is besig om in sy maai te gaan en niemand verroer ’n vinger om die geweld te keer nie. Maar dit beteken nog nie ék gaan iets oorkom nie. Ek kan myself oppas. Bowendien het ek vir Magrieta.

    Magrieta stap ook aan. Sy’s ouer as Pa.

    Sy’s ’n baie fris sewentig. En sy hou daarvan om my op te pas.

    Die huis is besig om agteruit te gaan. Dit word al donkerder en somberder hier binne. Niemand het in jare iets aan die tuin gedoen nie, dit is skoon aan die verwilder.

    Ek hou daarvan so. Die natuur gaan sy gang. Baie plek om te sit en lees waar niemand my kan steur nie.

    Oproepe van ’n uur, twee uur. Louis uit Johannesburg; Johann van halfpad om die wêreld, uit Sydney. Tot Johann naderhand vir Cathy met die vliegtuig gestuur het om te kom mooipraat. Weet mos ek het ’n sagte kol vir haar. Meer as vir my eie kinders; maar nou ja, hulle is mansmense.

    Toe nou, Ruben, probeer nou rede verstaan. Sy’t my nog altyd om haar pinkie gedraai met dié manier wat sy het om my op my naam te noem. Gegewe my leeftyd, en hare, is dit ontwapenend.

    Wat kan meer redelik wees as om in my eie huis te wil aanbly?

    As Magrieta kon inslaap, dan was dit iets anders.

    Jy weet goed ek het vir Magrieta ’n huis in Delft gekry. Na al die jare. Hoe kan ek nou van haar verwag om dit op te gee?

    Maar heretjie tog, Ruben! Moet dan nou nie so hardekwas wees nie. Jy kan nie so stoksielsaligalleen hier bly woon nie.

    Ek woon g’n alleen nie. Ek het my spook om my geselskap te hou wanneer Magrieta nie hier is nie.

    Nou praat jy gewoon twak.

    Jy’t net nog nooit die moeite gedoen om Antje van Bengale se vertroue te probeer wen nie.

    Ek wil ook nie. Probeer nou vir een keer luister wat ek sê.

    Ek het alles geluister wat ek hoef te weet. Ons het dit nou al voos bepraat.

    Ek het heelpad van Australië af gekom.

    Sy’t ’n manier van staan – ’n soort balletpose, skouers half skuins, kop gelig, donker oë smeulend, blonde hare teruggegooi, ken vooruit, skraal hande op die gepunte heupe – wat bereken moet wees om alle manlike weerstand te laat smelt. Maar ek het voet by stuk gehou.

    Hokaai nou. Dit was jou eie vrye keuse, Cathy. Ek is baie lief vir jou, kind, maar emosionele afpersing vat nie op my nie.

    Sy was al op pad uit – ons was hier in die studeerkamer tussen die boeke en leggers en papiere, die slapende katte, die gekoekte drade van draaitafel en versterker en luidsprekers en radio en rekenaar – toe sy skielik weer na my toe omdraai.

    Wat van loseerders? het sy gevra. Jy kan maklik ’n paar studente inneem …

    Tog nie studente vir my nie. Dan is dit net kom en gaan en rook en drink en musiek maak en kattermaai en te kere gaan hier onder my dak, dag en nag. Nee dankie.

    "Wat dan van ’n egpaar, Ruben? Miskien middeljarige mense of so. Net solank hier iemand by jou is."

    Ek is te gewoond aan alleen woon. Ek het geheg geraak aan allenigheid. Ander mense sal net ’n oorlas wees.

    Die huis is tog groot genoeg. Jy kan ’n paar van die kamers daar aan die agterkant afstaan. Hulle hoef nie in jou pad te wees nie. Maar hulle sal ten minste hier wees as jy die slag iemand nodig het.

    Cathy, die punt is dat ek niemand nodig het nie.

    Maar ek kon aan haar houding sien sy gaan nie kop gee nie. En na twee dae se geneul het ek maar ingewillig, om die liewe vredesonthalwe. Sy wou eers aanbly tot alles klaar gereël is, maar gelukkig het Johann gebel en gevra sy moet terugkom. Toe nog het sy met ’n vrou se lis gewag tot die advertensie in die koerant was voor sy vort is. Tussen my en Magrieta, het ek besluit, sou ons wel iemand probeer kry wat pas. En as dit nie werk nie, dan was dit ook maar daarnatoe. Dan kon ek met ’n rein gewete sê ek het probeer.

    Tot dusver was hier twee egpare. Die eerste het ons sonder enige wroeging weggewys. Middeljarig, twee regte misoeste uit Johannesburg. Armsorgklere, ’n gehawende ou kartonkoffer, ’n reuk van sweet en moedeloosheid. Hy’t sy werk verloor, sy was haasbek, alles aan hulle het moeite en verdriet uitgespel. Tot my verligting was Magrieta net so min beïndruk as ek.

    Daarna ’n jonger egpaar, in hul laat dertigs, vroeë veertigs. Kleurlinge, baie ordentlik. Onderwysers, altwee van hulle. Huis in Athlone gekoop en gewag om in te trek, maar dit sou nog ses maande duur. Ek het gesê ek sal terugkom na hulle. Mens moenie te halsoorkop wees met sulke dinge nie. Ek wil nie sonde met die bure hê nie, daar’s ’n goeie verstandhouding in die hele buurt. Toe hulle terugbel, het ek gesê jammer, maar ses maande is vir my te kort. Met my gesondheid kan ek nie so ’n kommery en ganery al om die paar maande hê nie. Te veel van ’n ontwrigting. Hulle het dit so ingesien.

    Magrieta het haar misnoeë baie duidelik gemaak. Nie ’n sprook gesprak nie, maar sy het haar maniere. Dreun met die stofsuier op en af in die gang as ek sit en musiek luister, verskuif die papiere op my lessenaar, maak die boeke toe wat ek oop laat lê het, kap met haar besem teen die vloerlyste. Die heel eerste keer wat sy dit gedoen het, was by die dertig jaar gelede, kort nadat Riana die baba verloor het; die ongelukkige episode met Alison. Maar dié keer was dit minder ernstig en ons het al altwee geleer om te gee en te neem. Na ’n dag of twee was Magrieta haar gewone bekwame self.

    Ek het net weer begin ontspan en my reggeskuif om my ou, voorspelbare, vreedsame roetine te hervat – ek het immers probeer, niemand kon my verwyt dat ek die ding nie kans gegee het nie; dit het nie uitgewerk nie, nou kon hulle my met rus laat – toe die derde oproep kom. Jong vrou, het dit geklink. Met ’n ongewone stem: ’n soort vloeibare donkerte daarin, en iets soos ingehoue lag, wat my laat dink het aan Françoise Hardy in die jare sestig.

    Maar ek was nie van plan om sommer kop te gee nie. Eintlik is ek op soek na ’n egpaar, het ek haar gewaarsku. Gehoop dit sou haar afskrik.

    Dit was toe nie so maklik nie. Sy’t gesê: Is dit o.k. as ek kom kyk? Ek stel belang, genuine. Ek wil graag ’n afspraak maak as ek mag. Die donker vuur van haar stem het teen my sin in my rugmurg af geskroei.

    Nou goed dan tog maar, het ek gebrom. Ek weet ek kan baie onvriendelik klink oor die telefoon, maar ek wou nie hê sy moet met onredelike verwagtinge hiernatoe kom nie. Ek wou ook nie hê sy moet wegbly nie.

    Die afspraak is vir vanaand. Magrieta is soos gewoonlik huis toe vir die naweek. Die hele dag al reën dit. Die akkerbome om die huis is swaar en nat kolosse in die nag, swart op swart. Ek het die emmers en potte en bekers en goed uitgesit vir die lekplekke in die gang en die kombuis; elke keer as dit reën, die laaste jaar of twee al, karring Magrieta aan my om iemand te bel wat die dak kan kom regmaak, maar as die son uitkom, is mens geneig om dit op die lange baan te skuif. Miskien moet ek ’n nota maak vir Maandag. Enige oomblik nou, tensy die reën haar afgeskrik het, moet die deurklokkie lui.

    2

    Ek het nooit veel erg aan ander mense gehad nie. Twee of drie goeie vriende was nog altyd vir my meer as genoeg om te hanteer. Selfs op universiteit, onthou ek, as daar intervarsity was, het ek gewoonlik ’n boek saamgevat en rustyd tussen al die rasende studente op die pawiljoen gesit en lees. Riana was eintlik die enigste wat my uit my dop laat kruip het.

    Nadat ek in die biblioteek begin werk het, was daar uiteraard my kollegas, en veral een van hulle, Dougie Visser, het ’n goeie vriend geword; en dan was daar ook ’n handvol egpare van die Musiekklub wat Riana en ek gesamentlik leer ken het en saam met wie ons gereeld uitgegaan het – etes oor en weer, konserte natuurlik, af en toe ’n film of teater. Maar na haar dood het dit vinnig uitgerafel. Dis ongemaklik vir getroudes om met ’n eenloper opgeskeep te sit; en sonder haar aansporing het ek self ook mettertyd al minder behoefte gevoel aan uitgaan. Daar was een ander wewenaar in die groepie, Kobus Haarhoff, met wie ek nog ’n jaar of twee lank gereeld na die Stadsorkes se konserte toe is; maar toe ontmoet hy uit die bloute weer ’n vrou met wie hy jare vantevore, nog voor sy troue, ’n verhouding gehad het en voor ek my oë kon uitvryf, is hy saam met haar weg na Ermelo of êrens.

    My wêreld het kleiner begin word. Maar solank ek my in die biblioteek kon terugtrek, was ek my skaars daarvan bewus. Boeke was nog altyd vir my genoeg. Totdat dié veilige enklave eensklaps ook nie meer die toevlugsoord van vroeër was nie.

    Sowat ’n jaar na die vorige verkiesing – daardie merkwaardige geleentheid toe ons glo handomkeer in ’n demokrasie omskep is en ons lewens vir minstens drie maande radikaal en totaal verander het – het ’n jong man sy opwagting in my kantoor gemaak en ek is aangesê om hom touwys te maak. Leer hom alles wat jy weet, was my opdrag. ’n Opgewekte, skerpsinnige kêrel. Slim. En swart. Siphiwo Mdamane. Ons het goed oor die weg gekom, al het hy die ongelukkige gewoonte gehad om soggens eers teen tienuur op te daag, anderhalfuur af te vat vir middagete en teen vieruur weer te verkas. Was glo in die Struggle, het agtien maande in aanhouding deurgebring, ’n klompie gedigte geskrywe, in die proses ’n universiteitsopleiding misgeloop (First Liberation Then Education), maar nou wou hy sy lewe hervat. Lofwaardig. Maar of daardie lewe nou juis biblioteekwese moes insluit, daarvan was nóg ek nóg Siphiwo honderd persent oortuig.

    Op die kop drie maande nadat hy aan my sorg oorgegee is, het die een of ander adjunk-iets van die Departement Kultuur my gevra om verslag te lewer oor die nuwe rekruut. Gee hom nog so ’n jaar om sy voete te vind, het ek aanbeveel. Twee dae later is ek ’n pakket aangebied, met die duidelike subteks dat ek dit maar liewer moes aanvaar – of anders. En Siphiwo Mdamane is in my plek aangestel.

    Daar was nog iets minder as drie jaar oor voordat ek in ieder geval sou aftree. Kon hulle my nie maar toegelaat het om klaar te maak nie? Maar die nuwe Mede en Perse was onwrikbaar. Die dooie hout moes plek maak vir die agtergeblewenes, die jongste slagspreuk. En hierdie bepaalde dooie stomp het vir hulle ’n verleentheid geword.

    Dit was of my vroeëre kollegas skaam was om my in die oë te kyk, so asof ek met vigs of iets dergeliks gediagnoseer was. Net Dougie Visser het nog gereeld kom kuier sodat ons ’n bietjie te veel kon drink en heelwat te veel kon skinder. Wat op die duur ook nie eintlik verkwiklik was nie. Maar hy was darem daar, ’n vriend in nood. Totdat die beskikker oor mense en nasies, soos hy genoem word, besluit het om Dougie met ’n trombose te slaan. Dit was nou die man wat sy lewe lank so gesond soos ’n bees was, elke naweek berg geklim het, elke oggend – somer en winter – by Llandudno in die bloedstollende see gaan duik het. Maar hulle sê mos by die Here is daar nie aansien des persoons nie.

    Van toe af was daar eintlik net Johnny MacFarlane oor wat nog saam met my deur die woestyn kon loop. Dit moet ’n agt of nege jaar gelede gewees het dat hy by nommer 23 ingetrek het, toe nog ’n klein en taamlik vervalle plekkie, en die geesdrif en energie waarmee hy aan die werk gespring het om dit op te knap, het my respek afgedwing. Een middag, op pad na die kafee bo in New-lands Avenue, het ek by die heining vasgesteek om my te vergaap aan wat hy sedert die vorige dag in die tuin aangerig het (juis omdat ek self nie ’n tuinier se agterent is nie, het ek ’n ingebore agting vir mense wat so met hulle hande in die grond kan wroet en wonderwerke voortbring).

    Ek het gedink hy is agter die huis of êrens besig, anders sou ek nie gaan staan het nie; maar toe ek my kom kry, duik hy van kop tot tone vol modder soos ’n mol uit ’n gat op. Dit was klaarblyklik bedoel vir ’n opgeskote silwerboompie wat daar langsaan met trillende blare in ’n swart plastiekhouer staan en wag het.

    Kan jy my bietjie hand gee? roep hy.

    Ek kon nie bra weier nie. Hoe kon ek weet dat so ’n eenvoudige handeling – om die plastiek van die klos grond en wortels af te stroop en die boompie aan te gee sodat hy dit met geesdrif, vaardigheid en toewyding kon inwerk in die mengsel van grond en kompos en fosfaat en 2:3:2 en nugter weet wat nog alles onder in die moddergat – so ’n netwerk van gevolge kon hê dat ek eers na middernag sou huis toe gaan? En selfs dit was maar net die begin.

    Nadat ons die boom geplant het, het hy die tuinslang gaan haal en my ewe nugter gevra om hom asseblief skoon te spuit. Hy het onseremonieel elke draadjie klere van sy maer lyf gestroop en soos watter eksotiese danser begin bokspring in die sterk straal yskoue water. Dit het nogal lank geduur voordat ’n naasteby herkenbare menslike liggaam – verbasend bruingebrand vir daardie tyd van die jaar, behalwe ’n spierwit strook om die middel – sigbaar begin raak het deur al die modderlae. Daarna het hy my die huis ingestuur om ’n handdoek te gaan haal terwyl hy sy wilde dans voortsit om die bloedsomloop weer aan die gang te kry. Toe ek terugkom, het hy al dwarsdeur die bruin begin blou deurslaan.

    Terwyl hy badkamer toe is, het ek ongevraag in die voorhuis ’n vuur in die kaggel aangesteek (daar was klaar dennebolle, ’n stapel hout en ’n bak kole byderhand). Maar hy is eers weer uit om sy bondel besmeerde klere en skoene buite te gaan skoonspuit en die gereedskap in die garage te gaan bêre. ’n Pynlik presiese man, het ek gou agtergekom.

    Bietjie koffie? het hy uiteindelik kom verneem, meer sê as vra. Dit op sigself was ’n omslagtige proses, want hy het self sy pitte gebrand en gemaal. Maar uiteindelik was ons ingerig, met koffie en beskuit (wat hy self gebak het, het ek later agtergekom), en groot swaar glase Pinotage. Al wat kortgekom het, het ek gedink, was musiek. Maar net daar het hy my ontnugter.

    Nie in my huis nie, het Johnny kort en klaar gesê toe ek dit voorstel. Musiek is die mees oorskatte geraas in die wêreld. Ek het voëls in my tuin en dis genoeg.

    Net daar, het ek besluit, sneuwel elke vooruitsig op ’n mooi vriendskap. Soos wat hy seker op sy beurt besluit het toe hy ’n paar dae later by my huis aankom en aanbied om my met die tuin te help, wat ek beslis van die hand gewys het. Op die duur, dink ek, was dit die teken van ons vriendskap dat elk iets van soveel belang in die ander kon vergewe en nog genoeg oorhou om verder saam te gaan.

    Ons koffie en wyn daardie aand het vanself oorgeloop in ’n ete wat hy met ’n minimum van omhaal uit karige bestanddele – alles vars – opgetower het. Vegetaries. En voortreflik. Daarna, met ’n nuwe bottel wyn, ’n Cabernet, het hy voorgestel dat ons ’n pot skaak speel. Dit het vroeër die aand al op die lappe gekom dat dit vir ons altwee ’n passie was. Behalwe dat ek die afgelope jare, sedert Riana se dood, maar tevrede moes wees om teen myself te speel – en dan het ek meestal verloor. (Uit Johnny se gemoedelike laggie het ek afgelei dat as dit hy was wat teen homself moes speel, hy gewoonlik sou wen.) Sy stel het hy self met die hand gekerf: geelhout en stinkhout. Vreemde mitologiese figuurtjies; uit inheemse oorleweringe, het hy my vertel.

    Ek het wit getrek en met een van Fischer se gewaagde openinge begin. Johnny se eerste skuif of twee was uit die boek, maar daarop het hy my met ’n heeltemal onverwagse set van ’n ruiter probeer ontsenu. Ek het ’n amper vergete, amper seksuele ou opwinding in my slape voel klop en met ’n ewe onkonvensionele skuif geantwoord. Byna vyf uur later het hy ’n oomblik sy konsentrasie laat glip en ek het hom met my koningin skaakmat gesit – meer geluk as wysheid.

    Dat dit opgevolg moes word, was onvermydelik. Maar ek dink nie een van ons twee het toe al besef hoe heg die vriendskap sou word nie. ’n Pot skaak elke naweek, en meermale ook in die week, het net die buitelyne van die roetine uitgestippel. Ons gesprekke was eintlik, op die duur, belangriker. Oor alles onder die son en heelwat daarbuite. Hy was net so ’n maniese leser soos ek. Baie daarvan het oorvleuel – filosofie, skilderkuns, letterkunde – maar daarby het ons genoeg verskil om dit boeiend te hou, met die onvoorspelbare en die verrassende altyd op die agtergrond, nes in ons skaakpotte.

    ’n Geliefkoosde strydperk was die godsdiens. Johnny was ’n toegewyde Katoliek, terwyl ek lankal weggebreek het van alles wat met die kerk te doen het. Juis dit het sout en speserye aan ons argumente verskaf. Dié was altyd hartstogtelik, maar nooit venynig nie. Soos skaak, was dit oefening vir die gees, net so veeleisend as sy drawwery of sy gereelde sessies in die gimnasium.

    Dit was ook nie net die godsdiens waaroor ons verskil het nie. Ek was heelwat ouer as hy, seker ’n goeie twaalf jaar. Daarby was ek nog altyd ’n boekmens; Johnny was, in weerwil van sy liefde vir lees, ’n buitemens. Hy was ’n botanis by Kirstenbosch en sy hegste verhoudings was byna sonder uitsondering met plante. Hy kon oor ’n nuwe protea, of selfs die mees beskeie vygie of madeliefie, so liries raak as ’n verliefde jong minnaar. Miskien het dié passie eintlik die plek van liefde in sy lewe ingeneem. Want oor vroue het hy, byvoorbeeld, nooit gepraat nie. Vir my het hy af en toe terloops iets oor Riana gevra, maar dit het nooit gelyk asof dit hom veel traak om meer van ons huwelik te weet nie. En eintlik het dit my goed gepas.

    Sy eie liefdeslewe, vir sover dit bestaan het, was ’n geslote boek. Van die mense in die buurt, dit weet ek, het mettertyd begin skinder dat hy seker gay was; daar was dikwels jong seuns by hom aan huis, en ek weet dit was een van sy gunsteling tydverdrywe om op staptoere te gaan – in die Sederberge, in die Swartberge na Die Hel, deur die Richtersveld – gewoonlik met vier of vyf jong mans saam met hom. Maar vir al wat ek weet, was dit sonder bybedoeling. Hy het nooit daaroor gepraat nie, ek het nooit gevra nie. By alles wat ons so gretig met mekaar kon deel, was daar ook vir elk sekere landstreke van ons lewens wat ons uitgesonder het; en die respek wat ons wedersyds daarvoor gehad het, het die vriendskap verder verstewig. Des te meer toe dit so gebeur dat ons byna terselfdertyd, binne twee maande van mekaar, uit ons werk afgedank is. Rasionalisasie, het hulle dit genoem. ’n Verminking van die taal. Daar is geen rede in nie. ’n Hele nuwe woordeskat kom rondom ons op, soos die plante wat na ’n reën in die Kalahari uit die dorre grond bars.

    Vir hom was dit op ’n manier ’n groter slag: hy was maar vroeg in die vyftig – ek darem al twee-en-sestig. Maar in ander opsigte het hy weer makliker daarmee vrede gemaak, terwyl ek, tot Magrieta se bekommernis, al meer opgeskeep begin raak het met myself, al meer ontevrede met die wêreld. Johnny het die verandering probeer verwerk deur op al langer staptoere te gaan, en tussenin al yweriger in sy tuin te werskaf. As hy ooit erg gehad het aan so iets, sou nommer 23 enige dag in Garden and Home kon beland het.

    Maar toe, natuurlik, is hy dood.

    Die gebeurtenis het rillings deur die buurt laat trek, soos ’n hond wat geslaan is. Dit was nog al die jare so ’n vreedsame voorstad, byna niemand het bedags ’n voordeur gesluit nie.

    Tot dié skemeraand in Februarie vanjaar. Soos ons dit agterna gehoor het, het hy die môre ’n handlanger van die straat af gehuur om hom te help met ’n vrag mis wat hy van ’n plaas af bestel het. Na ’n kwaai dag se werk het die vent glo gevra of hy ’n toebroodjie en iets te drinke kan kry. Johnny is kombuis toe, die jong tuinier agterna. En toe oorval hy onverwags sy weldoener, gryp die mes waarmee Johnny die brood aan die sny was, en eis geld. In die slaapkamer het Johnny hom al die kontant gegee wat daar was, ’n skamele sestig of sewentig rand. Daarop het die jong boef hom van kamer tot kamer begin sleep en hom aanhoudend met die mes gesteek – die huis was in ’n toestand agterna – en uiteindelik besluit om hom keelaf te sny. Hom vir dood laat lê.

    Naderhand het Johnny bygekom en probeer hulp soek, maar die telefoondraad was afgesny. Volgens die bloedspoor het hy na drie of vier huise in die straat gekruip, maar hy kon nie die hekke oopkry nie. (Myne kan al jare nie toemaak nie; as hy maar vyftig tree verder diékant toe kom soek het. Maar natuurlik, daardie aand was ek nie tuis nie.) Daarna het hy in die rigting van Newlands Avenue begin kruip, seker in die hoop dat ’n motor sou stilhou. Onderweg het hy meer kere sy bewussyn verloor as wat hy agterna kon onthou. Maar alhoewel hy in ’n bloederige bondel halflyf in die straat beland het, het g’n enkele mens vir hom stilgehou nie. Ek ook nie.

    Hoe moes ek geweet het dit was Johnny? Ek was uit na ’n boekvrystelling in Koningin Victoriastraat en dit was al sterk skemer toe ek uit die stad weg is. Ek was haastig om te begin lees aan die pas gepubliseerde boek, wat naas ander essays ook die eerste behoorlik nagevorste stuk oor Antje van Bengale bevat het, geskryf deur ’n jong historikus by UWK vir wie ek op die spoor gebring het (mooi, waarderende inskripsie voorin). In Newlands Avenue moes ek baie skerp uitswaai vir die bondel vodde in die pad. As daar toe verkeer van voor was, kon dit ’n lelike ding afgegee het. My eerste gedagte was dat dit ’n dier was, ’n groot hond of iets, raakgery deur ’n motor. Eers toe ek vlak teenaan verbykom, het dit begin lyk na mens. Die bondel het half orent gekom en ’n arm in my rigting geswaai. ’n Dronk bergie, het ek gedink. Die enigste logiese – rasionele – afleiding in die omstandighede. Ek is huis toe en het daar vir my ’n bietjie sop opgewarm wat Magrieta gemaak het. Toe my sit in die studeerkamer gekry, met my boek. As ek wel weer aan die insident gedink het, dan het ek dit maklik afgeskud. Hoe kan dit van enigiemand by sy positiewe verwag word om – in die donker – stil te hou en met ’n dronk bergie in die straat te onderhandel?

    Die volgende dag het die storie uitgekom. Dit was glo skuins voor middernag voordat iemand stilgehou het om die erg beseerde Johnny te help. ’n Swart man en sy seun in ’n bakkie – messelaars – op pad huis toe, Kraaifontein toe. Hulle het die lyk, soos hulle gedink het, agterop gelaai en Groote Schuur toe geneem, waar ’n leepoog wag lewe in die mens gewaar het. Maar die personeel was besig – seker meestal met tee drink en kaart speel – en dit het nog ’n goeie twee uur geduur voordat daar aan Johnny aandag gegee kon word. Die hele tyd het die messelaar en sy seun geduldig gesit en wag om die uitslag te hoor, en toe ’n beampte gehelp om die polisie te skakel en ’n verklaring af te lê.

    Johnny MacFarlane het verstommend vinnig herstel en skaars drie weke later het ek hom weer by nommer 23 se voordeur ingehelp. Sy nek was nog swaar verbind, en hy was in ’n rystoel, maar origens het hy gesond gelyk. Oor wat gebeur het, wou hy glad nie meer praat nie, maar in die omstandighede was dit seker nie so vreemd nie. Wat dit ook vir my makliker gemaak het om nie te verwys na my amperse onderonsie met die bergie in Newlands Avenue daardie aand nie.

    Daar was ’n paar lelike stories nadat die koerante, in wat oudergewoonte as ’n deurbraak bestempel is, berig het dat die polisie die jeugdige tuinier aangekeer het en dat Johnny na bewering in die huis met hom sou gelol het. Maar dit was skaars ter sake. Wat mens wel op die krop van die maag getref het, was die nuus dat die jong werksoeker die volgende dag op borgtog vrygelaat is en pylreguit terug is na Papenboomweg om klaar te maak wat hy die vorige keer verbrou het. Mevrou Lategan van nommer 20, skuins oorkant Johnny MacFarlane, het ’n verdagte persoon by die huis sien uitkom, besig om uit ’n bottel brandewyn te drink, met bloed aan sy klere en ’n groot boks op die skouer. As ’n waaksame landsburger het sy die polisie gebel en hulle het verbasend gou opgedaag en Vuyisile Mthembu vir die tweede keer opgetel.

    Drie dae later was hy opnuut vry op borgtog, hoewel die bedrag darem van R100 tot R500 verhoog is. En aangesien Johnny MacFarlane nou veilig dood is, kan mens maar net hoop dat Papenboomweg sy aantrekkingskrag vir die moeilike jong man verloor het. ’n Maand lank het almal hulle deure bedags toegehou, maar nou gaan dit weer rustig.

    Daar is nou iemand by die deur. Dit moet sy wees. In dié weer!

    3

    Was dit regtig maar eergisteraand, Saterdag, dat sy hier opgedaag het? Met vuil voete, ’n smeersel ghries oor die wang, en kortgeknipte swart hare nat vasgepleister teen haar klein, netjiese skedel. Haar groot vormlose trui tot op haar kaal knieë afgerem. Sy moet die frons gesien het waarmee ek haar modderspore oor die drumpel bekyk het, want sy’t vinnig vasgesteek, ekskuus gevra, en met heelwat inspanning, wip-wip op een been op ’n slag, haar twee logge stewels uitgetrek. Fraai voete.

    Toe eers sê sy: Jy’s seker Ruben Olivier? Dis jy wat die kamers geadverteer het?

    Dis reg. Ek neem aan jy’s juffrou Butler?

    Ja, ek is Tessa. ’n Koue smal hand rakelings in myne. Sorry ek is laat, maar die bleddie Volksie het gebreek, toe moes ek my tights vir ’n fanbelt gebruik. ’n Skielike skuins glimlag terwyl sy na haar knieë beduie: Dis nie juis ’n goeie entrance nie, is dit? Sy kry ’n keep tussen die oë. Ek belowe jou ek was van plan om my behoorlik op te dress. Alles was al reggesit en ek was op die punt om te begin aantrek, toe kry ek ’n pyn-in-die-gat besoeker. Anyway, nou’s dit seker daarnatoe. Ek neem aan ek het gedop? Haar oë vernou effens. By the way, is jy ’n filosoof of iets?

    Ek kon nie help om te lag nie. Wat op aarde laat jou so dink?

    Sy het haar skouers opgehaal. Jy lyk soort van beroemd. Seker al die hare. Jy lyk …

    Wat wou sy sê? Gedistingeerd? Wys? Of sommer net verwaarloos, deurmekaar, verwilderd? (My Rubinstein, het Riana my graag geterg. En toe was ek nog nie eens so spierwitgrys nie.)

    Ekskuus. Ek moes dit seker gekam het vir die okkasie. Onwillekeurig het ek my hande deur my boskasie getrek, wat sake waarskynlik vererger het.

    Stroompies reënwater loop oor haar gesig. "Wel, wat is jy dan?"

    ’n Doodgewone bibliotekaris. Was.

    "Ek moet sê, jy lyk boekerig. (Tania het daardie vervloë dag gesê: Jy’t die lyf van ’n skrywer." Wat dit ook al mag beteken. Komende van haar, het ek dit tog as ’n kompliment beskou.)

    Ek bekyk haar in die gang se dowwe geel lig. Die rondheid van haar klein harde kop, haar skerp neusie, die arrogansie van haar ken, die ontsenuende direktheid van haar oë. Kleur? Nugter weet. Soos Madame Bovary s’n, dink ek, kan dit swart, of groen, of blou wees.

    Kan ek die kamer sien? Weer die vlugtige glimlag, dié keer effens meer senuweeagtig. Dis te sê as dit nog nie gevat is nie?

    Nee, nog nie, maar soos ek jou oor die foon gesê het …

    Ek belowe jou ek sal nie ’n nuisance van my maak nie.

    Dis nie waaroor ek bekommerd is nie. Maar ek wou regtig eintlik ’n getroude paar gehad het. Jy weet, middeljarig.

    Ek is miskien ouer as wat jy dink. Onhebbelikheid in haar oë; uitdaging miskien, maar tog iets onsekers ook.

    Jy kan kom kyk, sê ek ongemaklik. Maar ek kan nog niks belowe nie.

    Met dié dat ek omdraai om haar in die gang af te begelei – verby die studeerkamer regs, my slaapkamer links – bars sy skielik agter my uit van die lag. Dit is so uitbundig, uit die maag uit, soos ’n onderaardse stroom wat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1