Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Ebook1,143 pages22 hours

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

The second edition of Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom is completely revised with roughly 3000 new entries. Two thirds of these represent origins from mainly old Dutch sources. While many expressions and proverbs are obsolete, they are still found in texts. Meanings of these expressions and proverbs would be unavailable to readers who do not have access to older dictionaries. However, Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom fills this gap. In addition, it is a handy reference work for Afrikaans and English users: Afrikaans expressions are not only explained. For each Afrikaans expression, its English equivalent or meaning is provided. For the first time, Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom also includes information about intensive forms, such as so nors soos ’n buffel, as well as a number of commonly used Latin and French expressions, such as raison d'être and joie de vivre.
LanguageAfrikaans
PublisherPharos
Release dateOct 15, 2009
ISBN9781868901364
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Author

Anton F. Prinsloo

’n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue volg op twee susksevolle Pharos-publikasies deur dr. Anton F.Prinsloo, naamlik Spreekwoorde en waar hulle vandaan en Bygelowe en waar hulle vandaan kom. Toe dr. Anton Prinsloo tien jaar oud was, is sy eerste twee verhale in die destydse dagkoerant, Die Transvaler, gepubliseer. Sedertdien is hy in die wetenskap van taal geïnteresseerd, maar veral in die herkoms van Afrikaanse woorde en uitdrukkings. Hy was voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Taaladviesraad van die destydse SAUK. Hy het verskeie artikels vir linguistiese tydskrifte geskryf en het nie minder nie as agt boeke gepubliseer. Hy is reeds ‘n dekade lank die skrywer van die rubriek “Taalkruie”, wat in die dagblad, Volksblad, verskyn. Dr. Prinsloo het onder meer pryse van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATKV en die FAK vir sy skryfwerk ontvang.

Read more from Anton F. Prinsloo

Related to Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Related ebooks

Related articles

Reviews for Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom - Anton F. Prinsloo

    SPREEKWOORDE

    en waar hulle vandaan kom

    ANTON F. PRINSLOO

    PHAROS

    Voorwoord by die eerste uitgawe

    Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom is ’n hersiene en bygewerkte uitgawe van Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings (met Engelse ekwivalente) wat in 1997 verskyn het.

    Talle nuwe spreekwoorde en uitdrukkings is opgeneem wat in hedendaagse Afrikaans ontstaan het, en wat dus nie in Nederlandse bronne aangetref sal word nie. Voorbeelde is nie sodat jy dit sal agterkom nie, ’n hond uit ’n bos praat, brandewyn het nie brieke nie, drank verdra geen onreg nie, en talle meer.

    Daarby word die herkoms van net minder as duisend spreekwoorde en uitdrukkings vermeld, sodat die woordeboek nie net as naslaanwerk gebruik kan word nie, maar ook as ontspanningsleesstof vir alle Afrikaansliefhebbers. Van sommige spreekwoorde word die oorsprong waarskynlik hier die eerste keer in ’n Afrikaanse bron verstrek, byvoorbeeld die storie van vat jou goed en trek, Ferreira en die wortels van iemand wys waar Dawid die wortels gegrawe het.

    Die etikette verouderd en verouderend van die vorige uitgawe is weggelaat. Enersyds omdat dit moeilik is om te bepaal of ’n besondere uitdrukking hoegenaamd nie meer gebruik word nie; andersyds omdat daar al gevalle was waar spreekwoorde wat as verouderd beskou is, weer gebruiklik geword het.

    Talle (waarskynlik nou uitgestorwe) spreekwoorde wat duidelik verafrikaanste Nederlands is, maar wat in ’n stadium deel van Afrikaans se idioomskat uitgemaak het, is behou. Van hulle (byvoorbeeld prat wees op, iets is op til) word nog in ou geskrifte aangetref, maar word nie in Afrikaanse handwoordeboeke of die omvattende Woordeboek van die Afrikaanse taal (na die letter O) verklaar nie.

    Die herkoms van spreekwoorde wat aan die Bybel ontleen is, bevat verwysings na vroeëre vertalings daarvan, omdat dit byna deurgaans die vorm is wat oorgeërf is.

    Rassisties kwetsende uitdrukkings is grotendeels weggelaat; waar daar in vier gevalle rede vir opname was (omdat die vroeëre pejoratiewe betekenis dalk vervaag het), is dit duidelik as rassisties gemerk. Sekere plat segswyses is ook opgeneem, maar duidelik so aangedui sodat niemoedertaalsprekers van Afrikaans behoorlik gewaarsku kan wees dat die gebruik van die betrokke uitdrukking in gewone geselskap ongewens is.

    In die teks word verwys na die werke van Malherbe, Pettman, Mansvelt en ander: ’n volledige bronnelys verskyn agter in die boek.

    Om die naslaan van spreekwoorde te vergemaklik is die indeks aansienlik uitgebrei.

    Spreekwoorde en uitdrukkings openbaar die siel van ’n taalgemeenskap. Hulle besit ’n lewe van hulle eie met dikwels onverwagte wending wat telkens ’n lewenswaarheid raakvat. Dit is waarom my radioprogram, Wagwoorde, twaalf jaar lank vir my deurentyd nuut gebly het. Geniet gerus saam met my die ontdekking van die herkoms van sovele.

    AFP

    Johannesburg

    Julie 2004

    Voorwoord by die tweede uitgawe

    Dié uitgawe is geheel en al herbewerk met sowat 3000 nuwe inskrywings waarvan nagenoeg die helfte herkomste is wat deur die skrywer uit veral ou Nederlandse bronne nagevors is. In hierdie opsig was die Woordenboek der Nederlandsche taal van onskatbare waarde, ook wat etimologieë betref.

    Hoewel talle uitdrukkings en spreekwoorde nou verouderd is, word hulle soms in tekste teengekom sonder dat die betekenisse geredelik beskikbaar is vir die leser wat nie oor ’n aantal ouer woordeboeke beskik nie. Hierdie boek vul daardie leemte.

    Nuwe kategorieë sluit onder meer die intensiewe vergelykings soos so mak soos ’n lammetjie, so nors soos ’n buffel en dergelike in omdat taalnavrae aan die skrywer oor die afgelope dertig jaar ’n baie duidelike behoefte hieraan by veral leerders aandui. Die betekenisse van ’n aantal baie gebruiklike uitdrukkings uit Latyn en Frans, soos onderskeidelik sine qua non, status quo en raison d’être, joie de vivre en ander word verstrek, weereens omdat dit nie altyd geredelik in gewone woordeboeke beskikbaar is nie. Woorde uit vreemde tale wat nie deel van ’n uitdrukking is nie, is egter nie opgeneem nie.

    Aangesien talle Afrikaanse uitdrukkings en spreekwoorde uit die Bybel kom, is spesiaal daaraan aandag gegee om teksverwysings in te sluit vir lesers wat in dié besondere herkoms belang stel.

    AFP

    Johannesburg

    Junie 2009

    Toeligting

    Hoe soek ek?

    Die spreekwoorde is alfabeties ingedeel onder trefwoorde wat die vernaamste woord (gewoonlik die selfstandige naamwoord) in die inskrywing is, byvoorbeeld somer. As daar onder ’n trefwoord meer as een idioom is, is die inskrywings genommer en alfabeties volgens die vernaamste woord in elke idioom gerangskik, byvoorbeeld: Iemand is in die somer gebore kom voor In die somer van die lewe.

    ’n Spreekwoord met ’n meervoudsvorm of verkleinwoord as vernaamste woord moet op enkele uitsonderings na by die enkelvoudsvorm gesoek word, byvoorbeeld (soos in groot oë maak) by oog; ore (soos in iemand ore aansit) by oor; uurtjies (soos in die klein uurtjies) by uur.

    Die pyltjie → beteken kyk by, vergelyk, byvoorbeeld → hand 4 beteken dat die leser by die 4de inskrywing onder die trefwoord hand moet kyk. Hierdie pyltjies is aktiewe skakels waarop jy kan klik. Indien daar meer as een verwysing na dieselfde inskrywing of item is, sal daar ewe veel skakels terug wees.

    Spreekwoorde

    A

    a 1. Nie ’n (of g’n) A voor/van ’n B ken nie. Ongeletterd wees. Not know A from B. ONGELETTERD

    2. As ’n mens A sê, moet jy ook B sê. As jy iets begin, moet jy daarmee deurdruk, al is dit ook ’n waagstuk.

    □ One cannot say A without saying B. ◦ In for a penny, in for a pound. VOLHARDING

    3. Van A tot Z. Van begin tot end. ◦ From A to Z. □ From the first page to the last. HEELTEMAL

    aalwyn 1. So bitter soos aalwyn. Galbitter. □ As bitter as gall. BITTER

    2. Iemand het aalwyn getap. Iemand is verbitterd. ◦ Iemand is in ’n slegte stemming. □ Someone is in a bad mood. BITTERHEID

    aambeeld Altyd op dieselfde aambeeld hamer/slaan. Tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat. □ Harp on the same string. ONDERWERP, VERVELING

    aan 1. Nie weet waar jy aan of af is nie. Nie weet wat jou posisie is nie. □ Not know whether one is coming or going. ONSEKERHEID

    2. Aan iets kom. Iets in besit kry. □ Acquire something. BESIT

    3. Dit kom nie daarop aan nie. Dit maak nie saak nie. □ It does not matter. ◦ It makes no difference. ONBELANGRIK

    4. Iemand het daar niks aan nie. Dit is vir iemand van geen waarde/ betekenis nie. □ It means nothing to someone. NUTTELOOS

    5. Daar is niks aan nie. Dit is maklik. □ There is nothing to it. ◦ It’s as easy as pie. MAKLIK

    aanbrandsel Moenie al die aanbrandsel uit die pot krap nie. Moenie al jou middele in een slag aanwend/waag nie. □ Don’t put all your eggs in one basket. VERSIGTIG

    aand 1. Dis nog nie aand nie. Dinge kan nog skeefloop voordat die dag verby is. □ Don’t bless the day before it is over. ◦ There’s many a slip ’twixt the cup and the lip. ONSEKER

    2. Aand (awend, saans) rood, more water in die sloot. Rooi wolke (lug) teen sonsondergang is ’n teken van reën die volgende dag. □ Red in the morning, shepherd’s warning; red at night, shepherd’s delight. WEER

    Die Engelse weergawe is die teenoorgestelde: Red in the morning: shepherd’s warning; red at night: shepherd’s delight.

    aandag Die ene aandag wees. Met groot belangstelling luister. ◦ Die ene ore wees. □ Be all ears. LUISTER

    aandele Iemand se aandele styg/daal by iemand anders. Iemand kry ’n gunstiger/slegter indruk van iemand anders. □ Someone’s shares rise/fall with someone else. DUNK, INDRUK

    aandpraatjies Iemand se aand-en môrepraatjies kom/stem nie ooreen nie. Iemand bly nie by wat hy/ sy sê nie. □ Someone’s word is unreliable. ◦ Someone changes his tune. ONBETROUBAAR, PRAAT

    aandskof 1. Op die aandskof van die lewe wees. Hoog bejaard wees. In die laaste lewensjare wees. □ Be in the twilight of one’s years. BEJAARD OUDERDOM

    Die aandskof was die laaste gedeelte van die werks- of trekdag, gewoonlik van vieruur in die middag tot sononder.

    2. Aandskof ry. Vir ’n meisie gaan kuier. □ Go courting. VRY

    Uit trekkersdae: daar is gewoonlik nie saans getrek nie, sodat die jongman se rit die enigste ryery was.

    aangedraf Met iets aangedraf kom. Ongevraagde inligting verskaf. ◦ ’n Klikbek wees. □ Be a tell-tale. SKINDER

    aangegiet Iets sit of dit aangegiet is. Iets pas perfek (of soos ’n handskoen). □ Something fits perfectly (or like a glove). KLERE, MODE

    aangeklam Aangeklam wees. (Effens) dronk wees. □ Be (slightly) drunk. ◦ Be three sheets in the wind. DRONK

    aangesig 1. Van aangesig tot aangesig. In lewende lywe. ◦ Persoonlik. ◦ Privaat. □ Face to face. PERSOONLIK

    2. Iets staar iemand in die (aan)gesig. Iemand staar iets in die (aan)gesig. Iets (onaangenaams) lê vir iemand voor. □ Something stares someone in the face. ONAANGENAAMHEID

    aangeskryf 1. By iemand goed/hoog aangeskryf/aangeskrewe staan. In die guns by iemand wees. □ Be in someone’s good books. AGTING

    2. By iemand sleg/laag aangeskryf/aangeskrewe staan. In onguns by iemand wees. □ Be in someone’s bad books. AGTING

    In die Middeleeue reeds is mense se name in ’n register aangeteken en die persoon daarmee in ’n sekere klas geplaas, gunstig of ongunstig.

    aangewaai Êrens aangewaai kom. Toevallig/Onverwags iewers opdaag. □ Turn up unexpectedly. ONVERWAGS

    aanhef → hef ²

    aanhore Ten aanhore van. In die teenwoordigheid van. □ In the presence of. TEENWOORDIGHEID

    aanhouer Aanhou(er) wen. Deur aan te hou, bereik ’n mens jou doel. □ Perseverance is rewarded. VOLHARDING, WEN

    aanklam Aanklam by ’n meisie. ’n Meisie die hof maak. □ To court a girl. VRY

    Uit Nederlands aanklampen by iemand wat jy op die weg ontmoet aansluit. Aanklam was ook n skeepsterm wat vasmaak beteken het.

    aanklop (By iemand) om iets aanklop. Iets (by iemand) vra. □ Ask something from someone. VRA

    aankom 1. As dit daarop aankom. As dit nodig mag wees. □ If the worst comes to the worst. NODIG

    2. Dit kom nie daarop aan nie. Dit maak nie saak nie. □ It does not matter. ONNODIG

    aankyk 1. Iemand nie aankyk nie. Nie aandag aan iemand gee nie. ◦ Iemand ignoreer. □ Look the other way. ◦ Take no notice of someone. IGNOREER

    2. Iemand skeef aankyk. Iemand met afkeer/twyfel aankyk. □ Look down your nose (or doubtfully) at someone. AFKEER, ONVRIENDELIK, TWYFEL

    aanland Nie weet waar iemand sal aanland nie. Nie weet wat van iemand sal word nie. □ Not know what will become of someone. TWYFEL

    Uit die seevaart: letterlik waar hy aan land sal kom nie.

    aanlê By ’n meisie aanlê. Na ’n meisie vry. □ Woo a girl. ◦ Set one’s cap at a girl. ◦ Court a girl. LIEFDE, VRY

    Uit die seevaart: ’n skip aan wal aanlê om lading in te neem, of bloot daar te vertoef, soos ’n vryer by die nooi.

    aanprys ’n Goeie ding prys homself aan. Iets van goeie gehalte (of waarde) hoef nie geprys te word nie. □ Good wine needs no bush. WAARDE

    aanraai Iemand aanraai om iets te doen. Iemand raad gee om iets te doen. □ Advise someone to do something. ADVIES, RAAD

    Uit Nederlands aanraden waaruit die raad-deel blyk.

    aansien¹ 1. Hoog in aansien wees. Hooggeag wees. □ Be held in great respect (or high esteem). ◦ Be highly thought of. AGTING, WAARDE

    2. Iemand van aansien. Iemand wat hooggeag word. □ Someone of note. ◦ Someone of importance. AGTING

    3. Sonder aansien des persoons. Sonder om onderskeid te maak (tussen mense). □ Without fear or favour. ◦ Irrespective of persons. ONBEVOOROORDEELD

    Van Bybelse oorsprong: Rom. 2:11.

    aansien² Waarvoor sien jy my aan? Hoe kan jy so iets van my verwag? □ What do you take me for? VERWAGTING

    aanskoue Ten aanskoue van . . . Voor die oë van . . . □ In sight/view of . . . ◦ Before the eyes of . . . AANSKOU, KYK

    aanspraak Op iets aanspraak maak. Beweer dat iets joune is. □ Stake your claim to something. BESIT

    Vroeër het aanspraak beteken geregtelike eis.

    aanspreek Die bottel (goed) aanspreek. Baie alkoholiese drank drink. □ Be on the bottle. DRONK

    aanstaan Iets staan iemand nie aan nie. Iemand hou nie van iets nie. □ Someone does not like something. ◦ Something does not appeal to someone. ONAANGENAAMHEID

    aanstalte(s) Aanstalte(s) maak. Met iets begin. □ Get ready. ◦ Clear the decks. ◦ Start the wheels turning. BEGIN

    Oorspronklik uit Hoogduits anstalten voorbereidings tref (om met iets te begin).

    aanstoot 1. (Iemand) aanstoot gee. Iemand beledig. ◦ Iemand te na kom. □ Give offence. ◦ Cause umbrage. BELEDIG, ONVRIENDELIK

    2. Aanstoot neem. Beledig voel. □ Take offence/umbrage. BELEDIG

    Oorspronklik uit die Nederlandse Bybel (Lev. 19:14) waar aanstoot die betekenis van struikelblok het, maar in die besonder in verband met blindes gesê. Die spreekwoord beteken dus letterlik om te maak dat iemand hom teen iets stoot waaroor hy kom kan vererg, en oordragtelik dus beledig kan voel.

    → jou stoot aan iets onder stoot

    aantas Iemand (in) sy eer aantas. Iemand se naam kwaad doen. □ Harm someone’s reputation. ◦ Sully someone’s good name. BELEDIG, LASTER

    aantrek Jou iets aantrek. Jou oor iets kwel. □ Take something to heart. ◦ Worry about something. BEKOMMER

    aanvoor Iets te breed aanvoor. Te veel onderneem. ◦ Te veel hooi op jou vurk laai. □ Undertake too much. ◦ Bite off more than one can chew. WERK

    aanvraag In aanvraag wees. Gesog/Gewild wees. □ Be in demand. GEWILD

    aanwys Op jouself aangewys wees. Op eie vermoëns moet staatmaak. □ Have to rely on one’s own resources. STAATMAAK, VERMOË

    aap 1. So min van iets weet soos ’n aap van godsdiens. Heeltemal niks van ’n saak weet nie. □ Not know the first thing about something. ◦ Know nothing of a matter. ONKUNDE

    2. Iemand vir die aap hou. Iemand vir die gek hou. □ Make a monkey out of someone. ◦ Make an ass of someone. GEKSKEER, SPOT

    3. Jy lyk ’n mooi aap (om iets te doen). Jy sal dit nooit kan regkry nie. □ You couldn’t (do something) even if you tried. ONKUNDE

    4. ’n Aap in die mou hê. ’n Slinkse streek beplan. □ Have an ace up one’s sleeve. GEHEIM, SLUHEID

    5. Die aap is uit die mou. Die geheim is op die lappe. □ The cat’s out of the bag. GEHEIM

    Volgens oorlewering het die kulkunstenaar ’n apie in die wye moue van sy kleed versteek en dit dan skielik te voorskyn gebring; amper soos vandag se haas uit die hoed. Dieselfde geld ook die sotskolf van die nar wat in sy mou versteek is en dan onverwags in sy hand sou verskyn tot die bewondering van die hofgangers oor sy towerkuns.

    6. Soos ’n aap in ’n porseleinkas/ glaskas wees. Baie onhandig wees. □ Be like a bull in a china shop. ONHANDIG

    7. ’n Regte aap wees. Baie verspot wees. □ Be an ass. VERSPOT

    8. Al dra ’n aap ’n goue ring, hy is en bly ’n lelike ding. Mooi klere alleen verander nie iemand se karakter nie. □ An ass is but an ass though laden with gold. ◦ Fine feathers don’t make fine birds. KARAKTER, KLERE

    9. Jou ’n aap skrik. Baie groot skrik. □ Be frightened out of one’s wits. SKRIK

    10. Iemand dink dat hy ’n aap aan die stert beet het. Iemand dink hy kan iemand alles wysmaak. □ Someone thinks he knows all the answers. ◦ Someone gives himself airs. MEERDERWAARDIGHEID, WYSMAAK

    11. Te veel ape aan jou stert hê. Meer onderneem as wat jy kan behartig. ◦ Te veel hooi op jou vurk hê. □ Have too much hay on one’s fork. ◦ Have too many irons in the fire. WERK

    12. Nes ’n aap op ’n stok (of in ’n kou) sit. Baie afgehaal lyk. □ Be down in the dumps. PESSIMISME, VOORKOMS

    13. ’n Aap wees. Dom wees. □ Be an ass. DOM

    aapstert 1. Iemand aapstert gee. Iemand ’n pak slae gee. □ Give someone a hiding/tanning. WEN

    Versagtend vir ’n slaanding soos ’n sambok of sweep wat aan ’n aap se stert herinner.

    2. Jou klein aapstert! Jou klein bog! □ You little rascal! UITSKEL

    aapstuipe 1. Die aapstuipe kry. Verskriklik kwaad wees. □ Be beside oneself with rage. ◦ Throw a fit. KWAAD

    2. Iemand die aapstuipe op die lyf jaag. Iemand erg laat skrik. □ Frighten the wits out of somebody. BANGMAAK

    As ’n aap of bobbejaan groot skrik, val dit agteroor en herinner aan iemand wat stuipe kry.

    aard 1. Dit nie in (of is nie) my aard nie. Dit is nie volgens my natuur nie. □ It is not my nature. ◦ I am not like that. KARAKTER

    2. Niks van dié aard nie. Glad nie op hierdie manier nie. □ Nothing of the sort. VERSKILLEND

    3. Uit die aard van die saak. Dit spreek vanself. □ In the nature of things. ◦ It stands to reason. VANSELFSPREKEND

    aardbewing Dis ’n aardbewing/ orkaan in ’n miershoop/mishoop. Dis ’n groot gedoente oor niks. ◦ Dis ’n storm in ’n glas water. □ It’s a storm in a tea-cup. NIETIGHEID, OORDRYF

    aarde 1. Ter aarde bestel. Begrawe. □ Bury. ◦ Lay to rest. BEGRAWE

    2. Te goed vir hierdie aarde. Besonder goed. □ Too good for this world. KARAKTER

    3. Met die [moeder] aarde kennis maak. Val. □ Fall to the ground. ◦ Come a cropper. VAL

    4. Op die/dees aarde! Wat op aarde! Uitroep van verbasing/ verwondering/ontsteltenis. □ Good heavens! ◦ My goodness! VERBASING

    5. Verskroeide aarde. Beleid van vernietiging in ’n oorlog van alles wat die vyand kan gebruik. □ Scorched earth. OORLOG, VERNIETIG

    6. Voel of jy in die aarde kan insink. Baie skaam voel. □ Feel as if the earth could swallow one. SKAAM, VERLEË

    aardigheid 1. Dit was ’n (hele) aardigheid. Dit was iets besonders. □ It was something special. ◦ It was fun. BESONDERS, GRAP

    2. Net vir die aardigheid. Net vir die grap. □ Just for fun. ◦ For the fun of it. GRAP

    aardjie ’n Aardjie na sy vaartjie. Met dieselfde eienskappe as sy vader. □ Like father, like son/daughter. ◦ A chip off the old block. EENDERS, KARAKTER

    Die aardjie is ’n vervorming van aard: iemand aard na sy vader. Die oorsprong word soms toegeskryf aan die Bybel, veral na aanleiding van Hand. 7:51: …net soos julle vaders, so ook julle; ook Eseg. 16:44: Soos die moeder, so haar dogter.

    aartappel → ertappel

    aas 1. Waar die aas is, vergader die aasvoëls/arende [in ’n ongunstige sin] Mense gaan altyd na ’n plek waar hulle iets in hulle voordeel kan kry. □ The vultures gather where the carcass is. INHALIGHEID, VOORDEEL, VRAATSUG

    2. As jy aas roer, stink dit. Moenie jou met onsmaaklike sake bemoei nie. □ Pitch defiles. BEMOEI, ONAANGENAAMHEID

    aasvoël 1. Die aasvoëls het iemand beetgehad. Iemand se klere is baie stukkend. □ Someone is in tatters. KLERE, VOORKOMS

    2. Dit lyk of die aasvoëls iemand se kos afgeneem het. Iemand lyk verleë. □ To have a red face. VERLEË

    3. Iemand hou sy lyf aasvoël. Iemand kom net voor ete op ’n plek aan en vertrek onmiddellik daarna. □ Someone arrives conveniently at mealtimes. ◦ Someone is a sponger. INHALIGHEID, ONGESKIK, VRAATSUG

    4. ’n Regte aasvoël wees. ’n Vraat wees. □ Be a glutton/vulture. INHALIGHEID, VRAATSUG

    5. Dis ’n slegte aasvoël wat bly sit as hy gevreet het. Gesê as verskoning deur ’n gas wat onmiddellik na ete wil vertrek. □ Used as an excuse by a guest who wants to leave immediately after a meal. ONGESKIK

    abc 1. Iemand ken nie die abc nie. Iemand weet niks (nie). □ Someone doesn’t know the abc. ONKUNDE

    2. Vir iemand die abc moet leer. ’n Onkundige persoon met eenvoudige sake moet help. □ Teach someone the abc. ONKUNDE, OPLEI

    3. Die abc van iets. Die grondbeginsels van iets [bv. van ’n vak]. □ The rudiments of something. BEGINSEL

    Abraham 1. In Abraham se skoot grootword. As kind bederf word. □ Be pampered in childhood. BEDERF, GELUKKIG

    2. In Abraham se skoot wees. Gelukkig wees. □ Be in Abraham’s bosom. GELUKKIG

    Ontleen aan die Bybel: Lukas 16, die gelykenis van die ryk man en Lasarus. Die uitdrukking stam uit ’n gewoonte van die Oosterse volke om vir maaltye op rusbanke te lê met die kop van een teen die bors (in die Bybel boesem genoem) van ’n ander. Dit word ook beskryf as in die skoot van die ander lê. Aangesien Abraham die hooggeëerde stamvader was wat na sy dood in die Paradys was, word die plek aan die hemelse tafel langs hom as die grootste eer en die hoogste genot van die hiernamaals gereken.

    abuis Per abuis. Per ongeluk. □ By mistake, in error, inadvertently. ONGELUK

    Uit Frans abus vergissing.

    Achilleshiel, Agilleshiel (Achillieshiel, hakskeen 3, hakskeen 5, hiel 1, Trojaan 2) Iemand se Achilleshiel/Agilleshiel. Iemand se kwesbare (swak)plek. □ Someone’s Achilles heel. KARAKTER, SWAKPLEK

    Achilles, die seun van Thetis en Peleus, was die dapperste held van die Trojaanse Oorlog, volgens die Griekse mitologie. Toe hy gebore is, wou sy moeder, Thetis, hom onsterflik maak deur hom te doop in die Styx, die rivier waaroor die veerman Charon oorledenes na die onderwêreld roei. Sy het hom aan die hak vasgehou en hom in die water gedompel, maar vergeet om dit ’n tweede keer te doen sodat sy ander hakskeen ook kon nat word. Omdat die hak – of hiel – waaraan sy hom vasgehou het nie met die betowerde water in aanraking was nie, het dit swak en kwesbaar gebly en is hy uiteindelik dood toe ’n pyl hom daar getref het. Tot vandag toe word na enige swakplek dikwels as ’n Achilleshiel verwys. Die dik sening wat die kuitspier aan die hakskeen bind, staan ook as die Achilles-pees bekend.

    ad 1. Ad finem. Tot die einde. □ To the end. EINDE

    2. Ad hoc. Vir hierdie doel. □ For this purpose. DOEL

    3. Ad infinitum. Tot in die oneindige. □ For ever. ONEINDIG

    4. Ad libitum (ad lib.) Na keuse. □ At pleasure. KEUSE

    5. Ad nauseam. Tot vervelens toe. □ Until bored. VERVEEL

    Adam 1. Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang. Gesê van iemand wat hom verontskuldig. □ Adam blames Eve, Eve blames the snake. BLAAM, SKULD

    2. Familie van Adam se kant wees. Baie ver verwant wees, of glad nie. □ Distantly related, or not at all. FAMILIE

    3. Iemand nie van Adam af ken nie. Iemand glad nie ken nie. □ Not know someone from Adam. KEN

    4. Die ou Adam. Die mens se sondige natuur. □ The old Adam. KARAKTER, SONDE

    5. Adam en Eva se skoene aantrek. Kaalvoet loop. □ Go barefoot. KAALVOET, KLERE, LOOP

    Adamsgewaad, Adamsklere In Adamsgewaad/Adamsklere. Kaal. □ Wearing one’s birthday suit. KAAL, KLERE

    adder 1. ’n Adder aan die/jou bors koester. Goed doen aan iemand wat dit met kwaad vergeld. □ Cherish a serpent in one’s bosom. VALSHEID, VERGELD

    Ontleen aan ’n fabel van Esopus: Op ’n laat wintersmiddag was ’n houtkapper op pad huis toe toe hy iets swarts op die sneeu sien lê. Toe hy nader kom, sien hy dit is ’n slang wat lyk of dit dood is. Hy het die slang opgetel en voor by sy jas ingedruk sodat dit kon warm word op pad huis toe. Daar aangekom het hy dit voor die vuur neergesit. Die slang het stadigaan weer lewe gekry. Een van die kinders wou dit streel, maar die slang het probeer om hom te pik. Die houtkapper het die slang met een kap van sy byl onthoof. en gesê: Daar is geen dankbaarheid by Die Bose nie.

    2. Daar is ’n adder/slang in die gras. Daar is gevaar. □ There is trouble brewing. BEDREIGING, GEVAAR, ONRAAD

    Adonis ’n Adonis. ’n Besonder aantreklike jongman. □ An Adonis. AANTREKLIK

    In die Griekse mitologie was Adonis so aantreklik dat Afrodite, die godin van liefde, vrugbaarheid en die skoonheid op hom verlief geraak het.

    adres 1. Aan iemand se adres. Vir iemand bedoel. □ Intended for someone. BEDOEL

    2. By die verkeerde adres wees. Nie by die regte persoon wees nie. □ Have the wrong sow by the ear. ◦ Bark up the wrong tree. ◦ Have mistaken your man. FOUT

    advies Iemand van advies dien. Iemand raad gee. □ Give someone advice. ◦ Counsel someone. RAADGEE

    advokaat 1. Lieg soos ’n advokaat. Geslepe lieg. □ Lie cleverly. LIEG

    2. Praat soos ’n advokaat. Baie glad met die tong wees. □ Have the gift of the gab. ◦ Be glib. PRAAT, WELSPREKEND

    af 1. Nie weet waar jy aan of af is nie. Nie weet presies waar jy staan nie. □ Not know whether one is coming or going. ONKUNDIG

    2. Af en aan. By tye. □ Off and on. SOMS

    3. Goed af wees. Welgesteld wees. □ Be well off. RYKDOM

    4. Dit gaan op en af. Dit gaan beter en slegter. □ Up one day and down the next. TEENSPOED, VOORSPOED

    5. Af en toe. Nou en dan. □ Off and on. SELDE

    afbreuk Afbreuk doen aan iemand/iets. Iemand/Iets benadeel. □ Do someone/something harm. BENADEEL

    Afbreuk kom van afbreken af, en het in Middelnederlands beteken iemand afruk, ontroof, te kort doen en dus benadeel.

    afbring Iemand van iets afbring. Iemand ompraat. □ Talk someone out of something. OMPRAAT

    afbyt Meer afbyt as wat jy kan kou. Meer onderneem as wat jy kan uitvoer. □ Bite off more than one can chew. AMBISIE

    afdraand(e) 1. Op die afdraande wees. Agteruitgaan. □ Go downhill. AGTERUITGAAN

    2. Op die afdraande wees met jou briek/rem los. Deur jou eie skuld jou ondergang tegemoetgaan. □ Head/ride for a fall. ◦ Dig one’s own grave. ONDERGANG

    affêre ’n Mooi affêre. ’n Afkeurenswaardige gedoente. □ A pretty kettle of fish. GEDOENTE

    afgedankste ’n Afgedankste loesing/pak (of pak slae). ’n Kwaai pak slae. □ A sound thrashing. ◦ The hiding of one’s life. SLAE

    Uit Nederlands afgedankt: ’n versterkingswoord.

    afgerem Afgerem lyk. Moeg lyk. □ Look run-down/worn-out/dog-tired. MOEG, VOORKOMS

    Na die beeld van ’n voertuig wat gerem het; oordragtelik dus het jy tot stilstand gekom en jou flinkheid verloor.

    afgesaag Iets raak afgesaag. Iets word tot vervelens toe herhaal. □ Something is stale as a result of repetition. VERVELIG Oorspronklik het dit net betrekking gehad op ’n musiekstuk wat tot vervelens toe op ’n viool gespeel is. Die strykaksie op die viool is in Nederlands zagen saag genoem omdat dit aan die beweging van ’n saag herinner.

    afgod 1. ’n Afgod (met voete) van klei. Iets waarop nie staatgemaak kan word nie. □ A clay idol. ONBETROUBAAR

    2. Van iets ’n afgod maak. Te veel waarde aan iets heg. □ Idolise/ Worship someone/something. VERAFGOOD, WAARDE

    afhaal Iemand afhaal. Iemand beledig. □ Speak ill of someone. ◦ Slight someone. BELEDIG

    Afhalen in Nederlands het o.a. die betekenis van met geweld van iets afruk, aftrek; in hierdie geval dus iemand verneder.

    afjak Iemand afjak. Iemand kortaf antwoord. □ Snub someone. ◦ Be abrupt with someone. BELEDIG

    Die verouderde wisselvorm was iemand afjag iemand iets toesnou. Op sy beurt het dit uit afjaag ontstaan, dit wil sê iemand noodsaak om van ’n plek te vertrek.

    afkam Iemand afkam. Iemand verkleineer. □ Belittle someone. BELEDIG

    Uit die outydse krygskuns. Die kam was die boonste deel van die borswering van ’n soldaat, en afkam was om dit gedeeltelik af, weg te skiet. Die kam word dus laer en kleiner en bied hoe langer hoe minder dekking vir die soldaat. Om dan oor te gee, was ’n vernedering.

    afklim Op iemand afklim. Iemand slegsê. □ Jump down someone’s throat. BELEDIG, UITSKEL

    Letterlik uit die hoogte op hom te trap.

    afkom Goed van iets afkom. Op ’n bevredigende manier uit ’n moeilikheid kom. □ Come out of something well. SUKSESVOL

    Afkom beteken hier loskom, jou vel heelhuids van die slagveld afbring.

    afkraak Iemand/iets afkraak. Iemand/iets vernietigend kritiseer, erg afhaal. □ To slate, run down someone/something. KRITISEER

    Waarskynlik klanknabootsing vir die geluid van ’n tak wat afgebreek word. Om iemand, iets af te kraak, is dus om dit af te breek. Dit word ook teruggevind in afbrekende kritiek. Die kraak het uitgedruk dat die handeling met geweld of in ’n hoë mate plaasvind, vandaar ook die woord in die uitdrukking iets doen dat dit (so) kraak, byvoorbeeld ons het weggehardloop dat dit so kraak.

    aflaai Iets op iemand aflaai. Iets [bv. onaangename werk] aan iemand anders opdra. □ Saddle someone else with something [e.g. work]. ◦ Pass the buck. WERK

    afmaai Baie mense is afgemaai. Baie mense is dood. □ Many were mown down. DOOD, DOODMAAK

    afpak (By iemand) afpak. Jou hart lug/uitstort. ◦ Jou uitpraat. □ Get something off one’s chest. BIEG

    afreken Met iemand afreken. Iemand straf. □ Get even with someone. ◦ Get one’s own back. STRAF

    Om met iemand af te reken is om jou rekening by hom te vereffen en dit te sluit. As jy ’n goeie kliënt was, sal dit hom straf.

    afsien Van iets afsien. Iets opgee (of laat vaar). □ Give something up. ◦ Forgo something. OPGEE

    afskeep Iemand afskeep. Iemand verwaarloos, nie aandag gee nie, nie gee wat hom toekom nie. □ To stint someone. VERONTREG, VERWAARLOOS

    In die Middeleeue is die woord gebruik vir goedere op ’n skip laai en wegstuur, soos wat die persoon wat afgeskeep word, onverrigtersake van jou weggestuur word. Dit was dikwels ook goedere waarvan die handelaar ontslae wou raak.

    afskop Iets afskop. Iets begin. ◦ Iets ’n aanvang laat neem [program, projek, funksie, ens.]. □ Kick off something. AANVANG, BEGIN

    Ontleen aan rugby.

    afsmeer Iets aan iemand afsmeer. Op ’n oneerlike manier iets minderwaardigs verkoop. □ Palm something off on someone. KUL, VALSHEID, VERKOOP

    Asof dit iets onaangenaams, stink aan jou persoon is wat jy met jou hande wil afvee en aan iemand anders smeer.

    afspraak ’n Afspraak met jou kop maak wat jou lyf nie kan nakom nie. Gesê van ’n ou man wat fantaseer oor wat hy met ’n mooi jong meisie gaan doen. □ Overreach your physical capabilities. FANTASEER

    afstand 1. Die afstand bewaar. Nie toenadering soek nie. □ Keep a safe distance. ◦ Remain aloof. EENKANT, IGNOREER

    2. Iemand op ’n afstand hou. Iemand koel behandel. □ Be standoffish with someone. ◦ Keep someone at a distance. AFSYDIG, HOOGMOEDIG, ONVRIENDELIK

    afstof Iemand afstof. Iemand ’n pak slae gee. □ To give someone a hiding. SLAE

    Letterlik die stof uit sy broek uit slaan.

    aftakel 1. Iemand aftakel. Iemand skerp kritiseer, sy selfbeeld afbreek. □ To severely criticise someone and ruin his self-image. AFTAKEL, KRITIEK

    2. Afgetakel raak. Liggaamlik of geestelik agteruitgaan. □ To run to seed. AGTERUITGAAN

    Uit die skeepvaart: Letterlik beteken dit om ’n skip se takelwerk af te haal, daarna verkry dit die algemene betekenis van iets afneem, dit laat verminder.

    aftog Die aftog/terugtog blaas. Vlug. ◦ Retireer. □ Retreat. ◦ Flee. ◦ Withdraw. OMKEER, RETIREER, VLUG

    Ontleen aan die krygskuns: die soldate word teruggeroep deur ’n sein wat op ’n trompet geblaas word.

    → terugtog

    aftrek ’n Goeie aftrek kry. Goed verkoop. □ Find a ready market. ◦ Be in demand. VERKOOP

    afvee Jou aan iets afvee. Jou nie die minste aan iets steur nie. □ Ignore something completely. IGNOREER

    Asof dit iets smerigs, stinks is wat jy nie aan jou wil hê nie; so erg dat jy maak of dit nie bestaan nie.

    afwesigheid Skitter deur jou afwesigheid. Die aandag trek deur afwesig te wees. □ Be conspicuous by one’s absence. AFWESIG

    Tacitus, die Romeinse geskiedskrywer in Christus se tyd, vertel reeds dat toe Junia, die vrou van Cassius en suster van Brutus, begrawe is, hulle geskitter het deur hulle afwesigheid. In hulle plek moes beelde van haar voorvaders voor die lykstoet uit gedra word.

    ag 1. Iemand in ag neem. Iemand (se gevoel) respekteer. □ Consider someone(’s feelings). IGNOREER

    2. Nie ag slaan op iets nie. Nie notisie neem van iets nie. □ Pay no attention to something. IGNOREER

    agie 1. ’n Nuuskierige agie. Gesê van ’n baie nuuskierige persoon. □ A Nosey Parker. NUUSKIERIGHEID

    2. Nuuskierige agies hoort in die wolwehok. Gesê vir iemand wat baie nuuskierig is. □ Curiosity killed the cat. NUUSKIERIGHEID

    Dié agie was Agie van Enckhuysen en haar geskiedenis het behoue gebly. Malherbe: "Die uitdrukking is ontleen aan ’n 17de-eeuse klugtige vertelling, oorspronklik van de milde St. Marten en oorgeneem deur Jan Zoet in ’T leven en bedrijf van Clement Marot onder die tietel [sic] Kluchtig Avontuurtje van ’t Nieuwsgierig Aeghje van Enckhuysen. Hiervan het Bormeester ’n klugspel gemaak: ’t Nieuws-gierig Aegje."

    Achilleshiel → Agilleshiel

    Agitofel ’n Agitofel. ’n Slegte raadgewer. □ A poor adviser. RAADGEWER

    Ontleen aan die Bybel, 2 Sam. 16:20-23, waarin verhaal word hoedat Agitofel, die raadsman van Dawid, hom by Absalom geskaar het toe hy teen sy vader gerebelleer het.

    agter 1. Agter iets kom. Iets uitvind. □ Get to the bottom of something. UITVIND

    2. Van agter beter lyk as van voor. Baie lelik wees. □ Be good-looking, except for his face. LELIK, VOORKOMS

    3. Daar sit/skuil/steek iets agter. Iets word weggesteek. □ There is something behind it. GEHEIM

    4. Agter iets wees. Iets probeer kry. □ Be after something. PROBEER

    agteraf 1. Iets agteraf doen. Iets in die geheim doen. □ Do something on the sly. ◦ Do something behind somebody’s back. GEHEIM, SLUHEID

    2. Agteraf mense. Onbeskaafde mense. □ Backward people. ONBESKAAF

    agterbaks Agterbaks wees. Agter iemand se rug gaan. ◦ Onderduims werk. □ Behave deviously. ONDERDUIMS

    Bak in Vroeë Nederlands het ook die betekenis van rug gehad. Dit blyk ook uit die skeepsterm bakboord, wat beteken het die boord agter die stuurman se rug (bak) as hy op ’n boot met sy regterhand die roer hanteer het.

    agterdeur 1. By ’n agterdeur inkruip. ’n (Bevoorregte) posisie deur beïnvloeding verkry. □ Get in by the back door. WERK

    2. Op iemand se agterdeur . Iemand te veel besoek. □ Haunt someone’s doorstep. KUIER

    3.’n Agterdeur oophou. Sorg dat daar ’n uitweg is, al gebeur wat. □ Keep a loophole open. SLIM, UITKOMKANS

    Die deur kon ook die deur in die tuinmuur agter die huis wees waardeur ’n mens in tyd van nood of gevaar kon vlug. Figuurlik is dit ’n uitvlug uit ’n moeilike situasie.

    4. Vinniger by die agterdeur uitgaan as wat dit by die voordeur inkom. Spandabelrig leef sodat die uitgawe die inkomste oorskry. □ Spend more than one earns. ◦ Live beyond one’s means. GELD, SPANDABEL

    agtergrond Op die agtergrond bly. Nie aandag trek nie. □ Keep a low profile. BESKEIDENHEID

    agterhoede Die agterhoede dek. Waak teen ’n aanval van agter [ook figuurlik]. □ Cover the rear. GEVAAR, WAAKSAAM

    Die -hoede kom uit die Nederlandse werkwoord hoeden wat bewaar, beskerm beteken. Dit verwys na die agterste deel van die leër wat die marsjerende hoofkorps moet beskerm.

    agterkant Jou agterkant op/vir iemand draai. Iemand uit die hoogte behandel. ◦ Iemand beledig. □ Look down one’s nose at someone. ◦ Insult someone. BELEDIG

    agterkom Nie sodat jy dit sal agterkom nie. (Dikwels skertsende) antwoord op ’n vraag, gewoonlik om die erns van ’n sekere toedrag van sake te onderbeklemtoon of ’n negatiewe opmerking te versag, byvoorbeeld: Is jy siek? Nie sodat jy dit sal agterkom nie. Was Jan by die vergadering? Nie sodat jy dit sou agterkom nie. □ Not that one would have noticed. ◦ Said when one wants to understate the seriousness of a given situation or ameliorate a negative remark: Are jou ill? Nothing that you will notice. Did Peter attend the meeting? Not so that you would have noticed. NEERHALEND, ONDERBEKLEMTOON

    agtermekaar 1. Iets is agtermekaar. Iets is reg. ◦ Iets is in orde. □ Everything is ship-shape. ORDELIK

    2. ’n Agtermekaar kêrel. ’n Staatmaker. □ A fine fellow. ◦ A Trojan. STAATMAAK

    3. Iets agtermekaar sit. Iets regmaak. □ Put something straight. ◦ Tidy something up. ORDELIK

    Eintlik die een agter die ander in ’n ry, en dus elkeen op sy plek en vandaar netjies, in orde, goed versorg, byvoorbeeld ’n huis, plaas is agtermekaar.

    agteropskop Iemand skop agterop. Iemand is baie vrolik/gelukkig. □ Be in high spirits. GELUKKIG

    Na aanleiding van diere wat bokspring en die indruk wek dat hulle lewendig en baie gesond is

    agteros Agteros kom ook in die kraal. Die swakste/stadigste/domste persoon kry ook ’n kans (of bereik ook nog iets). □ It is dogged that does it. ◦ Slow but sure wins the race. VOLHARDING

    agterpoot Gou op jou agterpote staan/wees. Gou kwaad word. □ Be quick-tempered. ◦ Be quick to take offence. HUMEUR, KWAAD

    Soos diere wat hulle oprig om hulle te verdedig of om aan te val; oorspronklik van steierende perde gesê.

    agterryer ’n Agterryer wees. Vir iemand vernederende werkies doen. □ Be a henchman/lackey. WERK

    ’n Agterryer is iemand wat te perd agter veral jagters of soldate ry en sekere minder aangename take vir hulle verrig.

    agterstaan By niemand agterstaan nie. Niemand se mindere wees nie. □ Be second to none. ◦ Play second fiddle to nobody. MINDERE

    agterstand Die agterstand inhaal. Onvoltooide werk klaarmaak. □ Make up the leeway. WERK

    Letterlik die afstand inhaal tussen jou en die persoon agter wie jy staan.

    agterstevoor 1. ’n Perd agterstevoor ry. ’n Saak verkeerd aanpak. □ Put the cart before the horse. KNOEI

    2. Agterstevoor suinig wees. Geld bespaar op klein dingetjies en dan bestee aan onnodige dinge. □ Be penny wise and pound foolish. ONKUNDE, SUINIG

    3. Agterstevoor te werk gaan. Verkeerd te werk gaan. □ Go about something in the wrong way. KNOEI

    agteruitboer Iemand boer agteruit. Iemand gaan agteruit. □ Go downhill. SUKKEL

    agterweë 1. Iets moet agterweë bly. Iets moet nie gebeur nie. ◦ Iets word nie gedoen nie. □ Something cannot come about (or is not done). NALAAT

    2. Iets agterweë hou. Iets verberg/ agterhou. □ Hold something back (or in abeyance). WEGSTEEK

    3. Iets agterweë laat. Nie oor iets praat nie. □ Make no mention of something. SWYG

    Agterweë verwys na iets wat nog agter op jou weg is, wat nog nie aangekom het nie. Daaruit volg die begrip dat iets afwesig is, dat iets wat verwag is, nie gebeur het nie. Agterweë en wegbly is dus sinonieme. Dit kan ook wees dat dit wat verwag word, doelbewus agterweë gelaat word, gehou word.

    air ’n Air aanneem. ’n Aanstellerige houding aanneem. □ Give oneself airs. AANSTELLERIG, HOUDING

    akker¹ Laat jy jou met akkers in, word jy van/deur varke gevreet. Dit doen iemand kwaad om met ongewenste persone maats te wees. □ Touch pitch and be defiled. ◦ He that lies down (or sleeps) with dogs will get up with fleas. VRIENDE

    akker² 1. Elkeen op sy akker. Elkeen op sy pos. ◦ Elkeen moet hom met sy eie sake bemoei. □ Each must mind his own business. ◦ Every herring must hang by its own gill. BEMOEI, UITLOS

    2. Nie omgee oor watter akkers die water loop nie. Jou nie aan die gevolge van ’n daad steur nie. □ Not worry about the consequences of a deed. GEVOLGE, LAATMAARLOOP, OMGEE

    akkoord 1. Akkoord! Ooreengekom! □ Done! ◦ Agreed! SAAMSTEM

    2. Akkoord gaan met. Dit eens wees met [’n voorstel]. □ Agree with. EENSGESIND, SAAMSTEM

    aksie 1. ’n Aksie met/teen iemand . Moeilikheid met iemand hê. □ Be at loggerheads with someone. TWIS

    2. ’n Aksie instel. ’n Hofsaak aan die gang sit. □ Sue. HOF

    alarm 1. Alarm maak. Mense waarsku oor iets. □ Give the alarm. WAARSKU

    2. ’n Vals alarm. ’n Opskudding (of onrus) waarvoor daar nie rede is nie. □ A false alarm. OPSKUDDING

    Uit Italiaans all’arme!: Na die wapens! Die doel met ‘ n vals alarm was om die troepe te mislei om te kyk hoe gereed hulle was om te veg.

    alfa 1. Die alfa en die omega. Die begin en die einde. □ The alpha and the omega. BEGIN

    2. Van alfa tot omega. Van A tot Z. ◦ Van die begin tot die einde. □ From A to Z. HEELTEMAL

    alias ’n Alias hê/gebruik. ’n Ander naam as ’n soort skuilnaam hê, gebruik. □ To have/use an alias. NAAM, SKUILNAAM

    Alias as bywoord het beteken op ’n ander tyd, geleentheid en het mettertyd as selfstandige naamwoord die begrip van anders verkry.

    alibi ’n Alibi hê. ’n Bewys hê dat jy op ’n sekere tyd op ’n ander plek was as waar ’n misdaad gepleeg. □ To have an alibi for a crime. BEWYS, MISDAAD

    Alibi beteken eintlik êrens anders, elders.

    alkant Alkant selfkant. Dit maak nie saak hoe dit kom nie. □ It is six of the one and half a dozen of the other. ◦ It is all the same. EENDERS

    Na aanleiding daarvan dat sekere materiale, soos linne, aan albei kante eenders is.

    alleen Nie alleen wees nie. Dronk wees. □ Be drunk. DRONK

    Na aanleiding daarvan dat ’n dronk persoon praat asof daar iemand by hom is.

    allemansgoed Allemansgoed is niemandsgoed. Goed wat nie onder een persoon se sorg is nie, word verwaarloos. □ Everybody’s responsibility is nobody’s responsibility. EIENDOM, VERWAARLOOS

    allemansvriend Allemansvriend is niemandsvriend. Iemand wat almal se guns wil wen, word dikwels verag. □ A friend to all is a friend to none. VERAG, VRIENDSKAP

    allernaaste Elkeen is homself die allernaaste. Eiebelang weeg die swaarste. □ Close is my shirt, but closer is my skin. ◦ Everybody looks after number one. EIEBELANG

    alles 1. Bo alles. Belangriker as alles anders. □ Above all. BELANGRIK

    2. Met dit alles. Desnieteenstaande. □ In spite of all/everything. TEENDEEL

    3. Alles vir iemand wees. Die mens wees wat vir iemand die meeste beteken. □ Be everything (or all the world) to someone. BELANGRIK

    4. Voor alles. Die allerbelangrikste saak. □ Above all. BELANGRIK

    5. Alles wel. Alles in orde. □ All is well. REG

    alma Alma mater. Iemand se ou skool/universiteit. □ Name of one’s old school/university. OPVOEDING

    Uit Latyn, letterlik vrygewige moeder.

    almanak 1. Almanakke druk. Onwaarhede vertel. □ Lie like an expert. LIEG

    2. Lieg soos ’n almanak. Baie lieg. □ Lie like a trooper. LIEG

    3. Uit die almanak wegloop. Spoorloos verdwyn. □ Take French leave. VERDWYN, WEGLOOP

    Al drie uitdrukkings is gegrond op die aard van ou almanakke wat nie net datums en vakansiedae aangedui het nie, maar ook boererate en, veral, weervoorspellings vir die komende jaar. Laasgenoemde was natuurlik totaal onbetroubaar. Die algemene opvatting was dus dat almanakke nie te vertrou was nie, net soos die werker wat stil-stil wegloop al is sy dienstyd op die almanak aangeteken.

    almaskie, almiskie Dis nou nie almaskie/almiskie nie. Dis heeltemal seker. □ Of that you can be sure. SEKERHEID

    Die maskie-deel kom oorspronklik uit ouer Nederlands wat mag geskied, miskien gebeur dit beteken het.

    als So bitter soos als. Galbitter. □ As bitter as gall. BITTER

    Als is ’n plant waarvan die blare en ander dele ’n bitter stof bevat.

    alsem Jou pen in (gal en) alsem doop. Bitter oor ’n saak skryf. □ Dip one’s pen in gall. BITTERHEID

    Alsem is ’n ander naam vir als — sien hierbo.

    altaar 1. Wie die altaar bedien, moet van die altaar lewe. Elkeen behoort uit sy beroep ’n bestaan te kan maak. □ If it’s the altar you serve, it’s the altar you should live by. ◦ Everyone must live by his trade. BEROEP, BESTAAN, WERK

    2. Altare vir iets/iemand bou. ’n Saak/Persoon hoog aanslaan. □ Pay homage to . . . ◦ Build a shrine for . . . AGTING

    3. Voor die altaar. By die huweliksbevestiging. □ At the altar. HUWELIK

    altemit Dis nie altemit nie. Dis heeltemal seker. □ That is certain. SEKERHEID

    alter Alter ego. ’n Ander ek of intieme vriend. □ One’s other self or intimate friend. EGO, VRIEND

    Uit Latyn: letterlik ander self.

    Amasone Sy is ’n Amasone. Sy is ’n strydlustige vrou. □ She is an Amazon. BAKLEI, MANNETJIESVROU, VROU

    Volgens oorlewering ’n strydlustige groep vroue met geamputeerde regterbors om pyl en boog beter te kan hanteer. In Grieks beteken amazos sonder bors.

    ambag ’n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke. Iemand wat niks behoorlik kan doen nie. □ Jack of all trades and master of none. ONOPGEWASSE, WERK

    amen 1. Iemand kan nie amen sê nie. Iemand praat te lank (of omslagtig). □ Someone is longwinded. LANGDRADIG, PRAAT

    2. Amen sê op alles. Alles goedkeur. □ Agree to everything. GOEDKEURING

    3. Amen sê op iets. Saamstem met iets. □ Agree with something. ◦ Set one’s seal to something. SAAMSTEM

    4. So seker as amen in die kerk. Baie seker. □ As sure as fate. ◦ As sure as eggs are eggs. SEKERHEID

    5. Ja en amen speel. Iemand na die mond praat. □ Say ditto to Mr Pitt. NAPRAAT

    amok Amok maak. Woes en wreed te kere gaan. □ Run amok. BAKLEI

    Die woord amok kom uit Oos-Indië: Maleis of Javaans amoek of amok wat verwoed aanval beteken. In die besonder verwys dit na die raserny wat skynbaar soms ’n inwoner van Java, Celebes en ander eilande aangryp, veral wanneer hy deur wraaksug of hartstog in besit geneem word. In hierdie toestand sal hy in ’n opiumbedwelming met ’n mes in die hand rondloop en mense lukraak aanval.

    amper 1. Amper is honderd myl van Amsterdam. Al het ’n mens iets byna bereik, is dit nog nie heeltemal nie. □ A miss is as good as a mile. BYNA

    2. Amper is op die blok se stamper. Was amper nie daar nie, dan het hy hom gehad. Amper, maar nog nie stamper nie. Dit het byna geluk. □ Almost, but not quite. ◦ That was close. BYNA, GELUK

    amper-amper Dit was so amper-amper. Byna het dit gebeur. □ It was touch and go. ◦ It was almost but not quite. BYNA

    ander 1. Jy is weer ’n ander een. Jy doen snaakse dinge. □ You’re something different! EIESOORTIG

    2. Die een, die ander. Mekaar. □ One another. MEKAAR

    anders 1. Heeltemal iets anders. Iets heeltemal verskillend. □ A horse of a different colour. ANDERS

    2. Dit kan nie anders nie. Daar is niks aan te doen nie. □ There is no choice. VERBY

    3. Dis nooit anders nie. Dis soos dit werklik is. □ That’s it. ◦ Just so. WERKLIKHEID

    angel Die angel sit agter in die by. Die moeilikheid kom dikwels aan die end van gebeure. □ The sting is in the tail. MOEILIKHEID

    anker 1. Voor anker . Geanker wees. □ Be/lie at anchor. SKIP, VAART

    2. Jou anker êrens laat val. Jou intrek êrens neem om waarskynlik lank daar te bly. □ Drop your anchor somewhere. BLY, INTREK

    Uit die skeepvaart: as ’n skip êrens die anker laat sak, vertoef dit gewoonlik ’n ruk daar.

    Antjie 1. Antjie Somers. Iemand om kinders mee bang te maak. □ A bogeyman. BANGMAAK

    Die vroegste bekende verwysing na Antjie Somers verskyn op 10 Augustus 1866 in The Friend in Bloemfontein. Hier word vermeld dat Antjie Somers tydens die bewind van lord Charles Somerset ’n berugte Kaapse struikrower was wat vroueklere aangetrek en snags mense op pad huis toe voorgelê het. In die onveilige agttiende en negentiende eeu het die historiese figuur geleidelik ’n legende in die Afrikaanse volksoorlewering geword. Die oorspronklike struikrowerverhaal het vervaag en nuwe stories is vertel om kinders skrik te maak, byvoorbeeld dat Antjie Somers – ’n man vermom in vroueklere en met ’n afskrikwekkende uiterlike – stout kinders, wat alleen of ontydig buite speel of nie wil gaan slaap nie, sal kom haal.

    2. Antjie Tatterat. Iemand wat skinder. ◦ Iemand wat baie praat. □ A gossip. ◦ A chatterbox. SKINDER

    Tatterat is ’n klanknabootsende naam vir die tiptol wat soms sonder ophou kwetter.

    antwoord 1. Iemand ’n skewe antwoord gee. Iemand beledigend antwoord. □ Give someone an abrupt answer. BELEDIG

    2. Iemand ’n antwoord skuldig bly. Iemand nie (kan) antwoord nie. □ Be at a loss for an answer. ◦ Be stumped. ◦ Be floored. SWYG

    apie 1. Apie kyk vir kerriekos. Gesê as ’n mens iemand fop of uitoorlê. □ How do you like that! KUL

    2. Jou ’n apie lag. Uitbundig lag. □ Laugh uproariously. LAG

    3. Apie op ’n stokkie. ’n Dom persoon. □ A jackass. DOM

    4. Toe iemand nog ’n apie was. Voor iemand se geboorte. □ Before someone was born. GEBOORTE, VERLEDE

    Apollo ’n Apollo wees. ’n Beeld van manlike aantreklikheid wees. □ Be an Apollo. VOORKOMS

    In die Griekse mitologie was Apollo, die seun van Zeus en Leto en tweelingbroer van Artemis, god van die lig, digkuns en musiek, genesing en profesie.

    apostel Dis nie almal apostels wat wandelstokke dra nie. Die skyn bedrieg. □ It is not every cowl that hides a friar. SKYN

    Uit die Bybel: Mark. 6:8, waar Jesus die apostels opdrag gee om niks anders as ’n wandelstok saam met hulle te neem nie (omdat hulle te voet loop).

    apostelperde Met apostelperde reis. Te voet gaan. □ Go on Shanks’s mare/pony. REIS

    Gegrond op die Bybel: die opdrag van die Here (Matt. 10:5 en volg) aan die apostels was dat hulle te voet na die stede van Galilea moes reis, selfs sonder skoene en dus sonder ’n perd of rytuig. Hulle voet moes dus hulle perde wees. Daar was ook ’n uitdrukking met die perde van die Heilige Franciscus kom, wat daarop dui dat die arm Franciskaners te voet moes reis terwyl die ryk Benediktyners te perd kon gaan.

    a posteriori (Redenerend van) van die gevolge na die oorsake. □ (Reasoning) from effects to causes. INDUKTIEF

    Uit Latyn, letterlik van wat agterna kom.

    appel 1. Die appel val nie ver van die boom nie. Die kind aard na ’n ouer. □ Like father, like son. ◦ Like mother, like daughter. ◦ A chip off the old block. EENDERS, KINDERS, OUERS

    2. ’n Appeltjie vir die dors bêre. Iets bewaar om later in nood te gebruik. □ Save something for a rainy day. NOOD, SPAAR

    3. Iets vir ’n appel en ’n ei verkoop. Iets spotgoedkoop verkoop. □ Sell something for a song. ◦ Go cheap. VERKOOP

    Die ei is ’n verkorte vorm van eier.

    4. Iemand gooi appels. Iemand slaan vuis. □ Someone throws punches. BAKLEI

    Die ronde vorm van die vuis word versagtend appel genoem.

    5. ’n Appeltjie met iemand te skil hê. ’n Netelige saak met iemand bespreek. □ Have a bone to pick with someone. BESPREEK

    Die appeltjie het geen besondere simboliese betekenis nie: sinonieme uitdrukkings in ouer Nederlands bewys dit, byvoorbeeld ’n eier, uitjie met iemand skil, ’n neutjie met iemand kraak e.d.. In ander tale is daar soortgelyk ook ’n gans, kraai met jou pluk. Dit dui egter aan dat die onaangename gesprek nie sommer uit ’n terloopse aanmerking gaan bestaan nie, maar ’n tydjie sal duur. Brewer meen dat ’n ou Grieks-Romeinse gewoonte van kinders die oorsprong kan wees. Die ryk ouers kon bekostig om vir hulle kinders voëls as troeteldiere te gee. As twee kinders baklei het, het hulle uit woede die vere van mekaar se voëls uitgepluk.

    6. Een vrot appel steek al die ander aan. ’n Slegte persoon het ’n skadelike invloed op ander. □ One scabby sheep infects the whole flock. INVLOED, SKADELIK

    appèl Appèl aanteken. Kennis gee om deur ’n hoër liggaam beoordeel te word. □ Lodge an appeal. HOF

    appelkoos Appelkose vir die goddelose. Die slegtes verdien onaangenaamheid. □ The wicked must pay for their sins. LOON

    April 1. Op die eerste van April stuur jy gekke waar jy wil. Op 1 April, Gekkedag, word daar tradisioneel poetse gebak. □ On April Fool’s day, 1 April, people are traditionally subject to pranks. GEK, POETS

    Daar is verskeie tradisies oor die oorsprong. Een daarvan is dat dit gehou word ter viering van die spot met Christus in die tyd voor sy kruisiging. Dit kan nie wees nie, want die Holi- of Huli-lentefees van die Hindoe is al eeue voor Christus gevier. In die weste van Indië hou dit verband met die koringoes. Op die volmaandag van die Hindoemaand Phalguna word vergeet van verskille in kleur, ouderdom, geslag en kaste en word die dag deurgebring deur poetse te bak. Alle skuld word afgeskryf. Ander ongeloofbare gissings sluit in dat dit die dag was waarop Noag die eerste keer die duif hoopvol uitgestuur het, maar dié se terugkeer het hom soos ’n gek laat voel. In Frans en Italiaans is die Aprilgek ’n vis (poisson d’avril, vittima di un pesce d’aprile onderskeidelik) en dit was dalk vir sommige mense die band met die visteken van die vroeë Christene.

    2. So taai soos April(maand) se vlieë. Erg klewerig, taai. □ As sticky as glue. KLEWERIG, TAAI

    Aprilsvlieg Nes ’n Aprilsvlieg wees. Lastig wees. □ Be a pest. LASTIG

    Aprilsvlieg is ’n lastige vlieg wat in April uitbroei.

    a priori (Redenerend) van die oorsake na die gevolge. □ (Reasoning) from cause to effect. DEDUKTIEF

    Uit Latyn, letterlik van wat vooraf was.

    arbeid Arbeid adel. Werk veredel ’n mens. □ Labour ennobles. WERK

    arbeider Die arbeider is sy loon werd. Iemand wat werk, behoort voldoende beloon te word. □ The labourer is worth his salt. LOON, WERK

    Ontleen aan die Bybel: Luk. 10:7, 1 Tim. 5:18.

    arend 1. Die een arend brom nie teenoor ’n ander nie. Twee persone wat ewe sterk is, het vir mekaar ontsag. □ Hawks will not pick hawks’ eyes out. AGTING, ONTSAG

    2. ’n Arend vang nie vlieë nie. ’n Hoogstaande persoon steur hom nie aan kleinlike kritiek nie. □ An eagle does not catch flies. KRITIEK, VERHEWE

    argusoë Met argusoë kyk. Besonder waaksaam en oplettend wees. □ Look with Argus eyes. OPLETTEND, WAAKSAAM

    In die Griekse mitologie was Argus ’n mensagtige monster met honderde oë op sy lyf wat na alle kante toe kon kyk. Hy moes Zeus se geliefde, Io, oppas.

    ark 1. Uit die dae van die ark. Baie oud. □ From time immemorial. ◦ As old as the hills. OUDERDOM, VERLEDE

    2. Dit lyk of dit uit die ark kom. Dit lyk baie oud (of ouderwets). □ It looks antediluvian. OUDERDOM, OUDERWETS, VOORKOMS

    3. Die ark is weer oop vandag. Daar is baie besoekers in die huis. □ All creation is out today. BESOEKERS

    4. So oud soos die ark. Baie oud. ◦ Ouderwets. □ As old as the hills. ◦ Long out of date. OUDERDOM, OUDERWETS

    arm¹ 1. Iemand se arms bind. Iemand magteloos maak. □ Tie someone’s hands. MAGTELOOS

    2. Die arm lig. Sterk drank gebruik. □ Lift the elbow. DRANK

    3. Iemand met oop arms ontvang. Iemand baie hartlik ontvang. □ Receive someone with open arms. VRIENDELIK

    Eintlik met uitgestrekte, oop arms om die persoon te omhels.

    4. Die arm teen iemand ophef. Iemand met geweld dreig. □ Raise one’s hand against someone. DREIG

    5. Onder ’n ander se arm gaan ruik. Erken dat iemand jou meerdere is. □ Knuckle under. ERKEN, MINDERE, MEERDERE

    ’n Uiters onaangename ding om te doen maar sonder keuse omdat jy sy mindere is.

    6. Die arms laat slap hang. Moedeloos word. □ Lose heart. ◦ Throw up one’s hands in despair. MOEDELOOS, PESSIMISME

    7. Die sterk arm gebruik. Kragdadig optree. □ Resort to force (or strong-arm tactics). KRAGDADIG, OPTREE

    8. Die arms tot iemand uitsteek. Iemand te hulp kom. □ Offer someone a helping hand. HULP

    9. Die wêreldlike arm. Die mag van die owerheid. □ Civil jurisdiction. MAG

    10. Jou in iemand se arms werp. Jou onder iemand se beskerming plaas. □ Throw oneself into another’s arms. BESKERMING

    arm² So arm soos ’n kerkmuis. So arm soos Job. Baie arm. □ As poor as a church mouse. ARMOEDIG → kerkmuis

    arme 1. Die armes het julle altyd by julle. Daar is altyd arm mense. □ The poor are always with us. ARMOEDE

    Ontleen aan die Bybel: Matt. 26:11, Mark. 14:7, Joh. 12:8.

    2. Die armes van gees. Dié wat nie baie verstand het nie. □ The poor in spirit. DOM

    Ontleen aan die Bybel: Matt. 5:3

    armoede 1. Armoede leer (maer honde) bene kou. Deur armoede leer ’n mens om vindingryk te wees. □ Necessity is the mother of invention. VINDINGRYK

    2. Armoede is geen skande nie. Armoede behoort nie afbreuk te doen aan die beeld van die arme nie. □ Poverty is no disgrace. SKANDE

    3. As die armoede by die voordeur inkom, gaan die liefde by die agterdeur uit. As die armoede druk, word liefde in die getroude lewe minder. □ When poverty comes in at the door, love flies out of the window. LIEFDE

    as¹ 1. Soos as in die mond. Baie onaangenaam. □ Like a bad taste in one’s mouth. ONAANGENAAMHEID

    2. Iemand uit die as optel. Iemand uit ’n benarde posisie help. □ Raise someone from the ashes. HULP

    3. In die as sit. Berou hê. □ Wear sackcloth and ashes. BEROU, SPYT

    4. Iemand se hand in die as slaan. Iemand oortref. ◦ Iemand by sy meisie uitsit. □ Outmatch someone. ◦ Put someone’s nose out of joint. WEN, OORTREF

    5. Daar is as op jou tone. Jou gulp is oop. □ Your fly is open. GULP

    Dit dwing ’n man om ondertoe te kyk sodat hy dit kan sien.

    6. As is verbrande hout. Gesê wanneer iemand fantaseer en al sy sinne begin met: As . . . □ If wishes were horses, beggars would ride. ◦ If ifs and ands were pots and pans (there’d be no trade for tinkers). WENSDENKERY

    7. Uit die as verrys. Ná ’n verwoesting of brand weer opgebou word. ◦ Ná ’n nederlaag weer opstaan. □ Rise from the ashes. HERRYS

    ’n Verwysing na die Feniks, die Griekse mitiese voël wat by ’n fontein in die ooste geleef het. Hy was ’n dienaar van die songod, Foibos, en teen sonsondergang het hy so mooi tydens sy bad gesing dat die son stilgestaan het om na hom te luister. Al om die duisend jaar (of 500, volgens Herodotus, of 340, 600 of, onverklaarbaar, 1461 jaar – bronne verskil) verbrand hy maar herrys dan verjong uit die as. Volgens Herodotus verskyn hy uit Arabië in Egipte en lyk na ’n arend met goudkleurige vere wat rooi gespikkeld is.

    8. Jou by koue as warm maak. Jou oor ’n nietigheid verheug. □ Rejoice about nothing. NIETIGHEID, VERHEUG

    as² 1. Die as smeer. Die vuil werk doen. □ Do the dirty work. VUILWERK

    2. Iemand se as skree. Iemand is in ’n groot verleentheid, byvoorbeeld in die uiterste geldnood. □ Someone is really embarrassed, e.g. hard-pressed for money. GELDNOOD, VERLEENTHEID

    ’n Skreeuende as aan ’n voertuig vestig almal se aandag daarop dat dit onklaar is.

    3. Iemand se as het vasgebrand. Iemand het in die moeilikheid geraak. □ Someone came to grief. ◦ Someone got into trouble. MOEILIKHEID

    As die as van ’n voertuig vasbrand, kan dit nie verder ry nie.

    as³ Iets is ’n groot as. Dit is onwaarskynlik/onseker dat iets sal gebeur. □ It is unlikely/improbable that something will happen. ONWAARSKYNLIK

    asem 1. In een asem. Ononderbroke. □ All in one (or in the same) breath. ONONDERBROKE

    2. Lank van asem wees. Langdradig wees. □ Be long-winded. LANGDRADIG, PRAAT

    3. Jou asem mors. Tevergeefs oor iets praat. □ Waste one’s breath. TEVERGEEFS, PRAAT

    4. In een asem noem. Saam noem. □ Mention in one breath.

    5. Die asem ophou. Vrees dat iets sal gebeur. □ Be in suspense. ◦ Hold one’s breath. VREES

    6. Asem skep. ’n Rukkie rus. □ Pause for breath. ◦ Take a breather. RUS

    7. (Die laaste) asem uitblaas. Sterf. □ Breathe one’s last. STERF

    8. ’n Asem (van ’n mens) wees. ’n Niksbeduidende persoon wees. □ Be an insignificant person ◦ Be a nincompoop. NIKSBEDUIDEND

    asemhaal Weer kan asemhaal. Weer gerus wees. □ Breathe again. ◦ Breathe a sigh of relief. GERUS

    asemhaling Met die laaste asemhaling deur iets kom. Ternouernood iets oorleef, aan iets ontsnap. □ Escape by a hair’s breadth. ◦ Escape by the skin of one’s teeth. TERNOUERNOOD

    ashoop Op die ashoop sit. Moedeloos/Treurig wees. □ Be down in the dumps. ◦ Be blue. MOEDELOOS, PESSIMISME

    askoek Askoek slaan/dans/draai/trap. In ’n dans in die lug spring en die voete teen mekaar klap. □ Dance a reel. DANS

    ’n Askoek is ’n koek wat op kole en in die as gebak word.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1