Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Nuwe stemme 5
Nuwe stemme 5
Nuwe stemme 5
Ebook126 pages45 minutes

Nuwe stemme 5

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die Nuwe stemme-reeks is ’n visoenêre projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters. Dink maar aan die sukses wat debutante soos Danie Marais, Ronelda Kamfer en Loftus Marais gehad het nadat hulle aanvanklik in Nuwe stemme gedebuteer het. Daarby het ook bekroonde joernaliste Erns Grundling en Toast Coetzer sowel as die dramaturg, Tertius Kapp, en die musikant Hunter Kennedy in hierdie reeks hul kniebuiging gemaak. Vanjaar is daar opnuut bekende én opwindende name waaronder Desmond Painter, Fanie Viljoen en Pieter Odendaal. Die samestellers vir Nuwe stemme 5 is Heilna du Plooy en Loftus Marais.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMay 15, 2013
ISBN9780624058878
Nuwe stemme 5

Related to Nuwe stemme 5

Titles in the series (1)

View More

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Nuwe stemme 5

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Nuwe stemme 5 - Heilna du Plooy

    Nuwe stemme 5

    Saamgestel deur Heilna du Plooy en Loftus Marais

    TAFELBERG

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Nuwe stemme 5 mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Voorwoord

    Heilna du Plooy

    Voordat die boek met die titel Nuwe Stemme 5 in konkrete vorm voor ’n mens kon lê, is daar ’n lang pad geloop deur die digters, die redakteurs en die uitgewer. Daar was eers die groot aantal inskrywings om deur te sif, daarna kleiner groepe voorleggings om te oorweeg en uiteindelik die werkswinkels met daardie dig­ters wie se werk bo die ander uitgestaan het. Dit was egter alles die moeite werd, want dit is ’n mooi bundel met goeie gedigte wat uiteindelik saamgestel kon word.

    Mens wonder maar soms oor die waarde van die poësie in die tyd waarin ons leef. Dit het op die oog af min konkrete en praktiese waarde en tog is daar altyd mense wat poësie skryf en wil skryf. Binne ’n wyer raamwerk is die poësie egter een van daar­die menslike produkte wat as ’n argief van die denke van ’n tyd­perk beskou kan word, hetsy van die kollektiewe of die individuele denke.

    Die digter is die een wat regtig ’n saak tot op die been wil deur­dink, wat die essensie van ’n voorwerp, saak of situasie wil peil en dit dan verwoord op die raakste manier moontlik. Dig­ters wil nie sommer met die eerste die beste woorde en sinne praat oor dit wat hulle tot skryf bring nie. Hulle is vakmanne en vakvroue. Die regte woord, die regte herskikking van ’n sin, die regte vorm vir die bepaalde onderwerp en die regte toonaard: Dit is die dinge wat hierdie mense nagte lank pla en wakker hou. Hulle probeer, in die woorde van Roman Jakobson, gewone taal georganiseerde geweld aandoen sodat die taal self daartoe mee­werk om dinge nuut en opwindend voor die leser te laat staan.

    Dit was ’n voorreg om met hierdie groep digters te kon saam­werk en ook met die uitgewer Riana Barnard. Hierdie mense het getoon dat hulle aanleg het en dat hulle bereid is om aan hulle werk te slyp. Om in ’n werkswinkelsituasie te gesels met elkeen en in die proses weer opnuut na te dink oor die fyn spel met woorde, was nie net aangenaam nie, maar ook verrykend. Die gesprek oor die tegniese aspekte is ook verruim deur elke deel­nemer, deur elkeen se unieke lewensaanvoeling en persoonlik­heid en die manier waarop dit telkens op ’n ander manier in die gedigte neerslag gevind het.

    Dit het my ook opnuut laat besef hoe ’n komplekse proses dit is om uit ervaring en waarneming, deur veelvuldige prosesse van nadenke, oorweging en heroorweging, uiteindelik by die skryf van ’n gedig uit te kom. Daar is baie intuïtiewe talent, want sommige gedigte vloei asof vanself uit die gedagtes oor op pa­pier.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1