Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dink jouself gelukkig: Verander jou denke Verander jou lewe
Dink jouself gelukkig: Verander jou denke Verander jou lewe
Dink jouself gelukkig: Verander jou denke Verander jou lewe
Ebook518 pages7 hours

Dink jouself gelukkig: Verander jou denke Verander jou lewe

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Romeine 12: 2 “...maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe...”

Met Dink jouself gelukkig wys die wêreldbekende spreker Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Dié inspirerende boek:
• Ontbloot ondermynende mites oor geluk
• Verduidelik dat vreugde vir alle mense beskore is
• Wys hoe jy jou brein kan herbedraad
• Inspireer jou tot ’n positiwe ingesteldheid
• Bevat die nuutste navorsing en tegnieke
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateMar 2, 2015
ISBN9780796318060
Dink jouself gelukkig: Verander jou denke Verander jou lewe
Author

Pieter van Jaarsveld

Dr Pieter van Jaarsveld works both locally and internationally as a consultant on leadership development in the business sector. He has a masters degree in Psychology, as well as a masters degree in Theology. He also did his doctoral thesis on people’s self-perception and -worth. He is a well-known guest on radio and TV.

Related to Dink jouself gelukkig

Related ebooks

Related articles

Reviews for Dink jouself gelukkig

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dink jouself gelukkig - Pieter van Jaarsveld

    Dink jouself gelukkig

    Verander jou denke

    Verander jou lewe

    PIETER VAN JAARSVELD

    Lux Verbi

    Die uitleg van die teks in hierdie digitale uitgawe van Dink jouself gelukkig mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word.

    Opgedra aan Irene, Janke en Ilana, Pieter-Paul en Yolandi.

    Voorwoord

    Jy slaap. Jy hoor ’n stem en jy is seker dit is die Hemelse Vader wat met jou praat. Hy sê aan jou, soos aan Salomo van ouds, jy kan kies wat jy graag wil hê en jy sal dit ontvang.

    Wat sal jy kies? Ek weet regtig nie wat ek sou kies nie. Sekerlik nie wysheid nie. Ek sou nooit daaraan gedink het nie. As ek eers kon gaan dink daaroor, sou ek dalk ’n beter besluit kon neem.

    Kyk ’n mens na wat navorsing oor die wêreld heen bewys, dan sou die meeste mense geluk gekies het. Maak nogal sin, nè? Sommige sal sê hul droom is om ’n gesonde lewe te lei, ander droom dalk oor beroepsukses, ander oor gelukkige verhoudings en nog ander oor gesondheid. ’n Mens dink hierdie dinge gaan ons gelukkiger maak. Kom dit nie maar alles neer op geluk nie?

    Boeke oor geluk word teen ’n asemrowende spoed gepubliseer. Is dit maar net ’n nuwe gier? Dit kan maklik so lyk, want vrouetydskrifte, koerante, televisieprogramme, blogs, raak almal mal oor hierdie onderwerp! Tog kan ’n mens nie van die feit wegkom dat mense wêreldwyd na geluk hunker nie. Plato het dit al in sy akademie bestudeer en sy sterstudent, Aristoteles, het dieselfde gedoen. Reeds ’n eeu voor hierdie twee het Confucius in China van dorpie tot dorpie geloop en ook verkondig hoe belangrik dit is om geluk te vind.

    Mense soek geluk, maar die werklikheid is dat mense net al hoe ongelukkiger word. Ons weet nie presies wat die geval in Suid-Afrika is nie, maar in die VSA is die vlak van depressie vandag tien keer so hoog as in 1960. In 2005 het slegs 36% van studente in Brittanje hulle as gelukkig beskou.¹ Die mense in hierdie twee genoemde lande is vandag heelwat ryker as 50 jaar gelede. Waarom is hulle nie gelukkiger nie?

    Tog is die wonderlike nuus dat daar wetenskaplike bewyse is dat ’n mens gelukkiger kan wees. Dit is nie maar net ’n nuwe gier nie. Dit is wonderlik dat wanneer ’n mens gelukkig is, nie net jy daarby baat vind nie, maar ook jou familie, jou werksomgewing, jou gemeenskap, jou nasie. Die wetenskap bewys dat wanneer ’n mens gelukkiger is, jy nie net beter voel nie, maar dit jou energievlakke, jou immuniteitstelsel en jou kreatiwiteit verbeter. Dit verbeter jou verhoudings en jou produktiwiteit en, les bes, jy leef langer! Meer nog, dit het selfs ’n uitwerking op jou nageslag! ²

    Om gelukkig te wees is ’n opdrag aan elke gelowige. Ons is geskape na die beeld van God (Gen 1:26-27) en is sy verteenwoordiger op aarde. Ons mag dus ook nie lamlendige, negatiewe ambassadeurs wees nie. God het ons in elk geval geskape dat ons ’n oorvloedige lewe (Joh 10:10) moet lei en dit behels beslis ’n lewe van geluk.

    Iets wat ons in gedagte moet hou, is dat perfeksionisme ons dikwels weerhou van geluk. Daar is mense wat hulself as ongelukkig beskou, maar as jy na hul lewe in detail luister, dan besef jy hulle is nie elke oomblik gelukkig nie. Ander voel weer dat as jy gelukkig is, jy altyd geluk moet uitstraal. Jy kan nooit hartseer, kwaad of terneergedruk voel nie, maar moet altyd positiewe emosies hê. Dit is egter ver van die waarheid. Die enigste mense wat nooit hierdie emosies ervaar nie is psigopate en dooies! Geluk beteken nie dat jy perfek is nie.

    Om gelukkig te wees is ’n reis en ons werk elke dag daaraan. Hierdie boek bevat tegnieke en vaardighede wat wetenskaplik nagevors is en wat jou gaan help om ’n lewe van geluk te lei. Jy moet egter in gedagte hou: As jy ’n goeie sportman wil wees, moet jy hard oefen. Dieselfde geld ook as jy ’n suksesvolle deelnemer aan die daaglikse lewe wil wees. Dit vereis toewyding en harde werk. Dit is soos om ’n huis te bou: Elke dag bou jy steen vir steen. Hierdie boek gaan jou help om geluk in jou lewe te vind en te floreer met lewensvreugde.

    Iets omtrent hierdie boek

    Voornaamwoord: Meestal is voorkeur aan die manlike vorm gegee bloot om plek te bespaar en sodat die leser met gemak kan lees.

    Navorsing: Baie lesers van my boek Die hart van ’nwenner het aan my genoem dat hulle graag meer inligting oor die navorsing van sekere aspekte sou wou lees. Hierdie keer het ek meer besonderhede van navorsing gegee, veral die interessanter gevalle. Indien jy dus nie in navorsing belangstel nie, laat jou oë daaroor gly en kyk net wat die uitslag daarvan was. Vir julle wat nog meer detail verlang, kyk gerus na die verwysings en jy kan die meeste hiervan vandag op www.google.co.za opspoor.

    Herhaling: Ek weet dat baie lesers nie ’n hele boek deurlees nie (ekself ook nie!). Ek het dus sekere belangrike begrippe, navorsing of tegnieke en vaardighede soms herhaal vir die leser wat net sekere hoofstukke lees. Dit sal hopelik help om die geheelbeeld beter te kry.

    Engels: Ek het soms sekere begrippe, toetse of gesegdes in Engels gelaat omdat ek nie iets wou laat verlore gaan van die oorspronklike bedoeling van die outeur nie. Ongelukkig gaan daar maar soms iets verlore met ’n vertaling.

    Uitnodiging: Ek het soveel e-posse van lesers van my vorige boeke ontvang en dit was ’n ongelooflike ervaring waarvoor ek baie dankbaar is. Indien jy dus iets met my wil deel, meer oor iets wil uitvind of my sommer wil nooi om by julle te kom optree, kontak my gerus by mwppvj@mweb.co.za of ppvj@tandemtraining.co.za.

    Erkenning: Baie dankie, Irene, Janke, Pieter-Paul, Yolandi en Adri Labuschagne vir die raad ná die deurlees van die manuskrip. Dankie ook aan Zandri vir die hulp met die tikwerk. Ek waardeer dit geweldig!

    Dankie aan die Hemelse Vader vir die voorreg wat ek gehad het om konferensies oor hierdie onderwerp te kon bywoon en om die voorreg om op internasionale konferensies oor die onderwerp te kon praat. Dit was ’n groot genade om met hierdie onderwerp besig te kon wees.

    Geniet hierdie boek en ek hoop dit lanseer jou op jou reistog van geluk.

    Pieter van Jaarsveld

    HOOFSTUK 1

    Gelukkigheid laat jou floreer

    Geluk is die betekenis en doel van lewe, die hele strewe en die oogmerk van die mens se bestaan

    – Aristoteles

    Wat is een van jou grootste begeertes?

    Mense sal dinge noem soos gesondheid, goeie verhoudings en sukses. Kom dit nie maar eintlik alles daarop neer om gelukkig te wees nie? Miskien was Aristoteles tog reg? Dit is nie verniet dat daar duisende boeke oor geluk gepubliseer word nie en baie navorsers noem dat dit byna die nommer 1-begeerte van die meeste mense is. Daar is nou selfs bewyse dat sportmense beter presteer as hulle gelukkig is. Jy is dus nie ’n uitsondering nie.

    Ed Diener, een van die voorste navorsers in die veld van geluk, het in ’n studie in 47 lande waar meer as 9 000 mense ondervra is, gevind dat geluk die meeste mense se grootste begeerte is. Mense is gevra om die belangrikheid van geluk en hemel toe te gaan te beoordeel op ’n tienpuntskaal waarop 1 die minste belangrik was en 10 uiters belangrik. Geluk is beoordeel as 8.0 en hemel toe te gaan 6.7!¹ Dit laat ’n mens nogals dink oor die toestand van die mensdom. Geluk is belangriker as om hemel toe te gaan, maar aan die ander kant kan en mag ’n mens reeds hemel op aarde geniet deur gelukkig te wees en lewensvreugde te geniet. Is dit tog nie God se wil nie?

    As jy luister na mense wat terminaal siek aan kanker is, dan hoor jy baie van hulle sê dat hulle nou eers besef hoe wonderlik die lewe is. Hulle het nie ’n nuwe selfhelpboek gekoop wat ewe skielik vir hulle nuwe waarhede geleer het nie. Nee, hulle het begin besef dat hulle nog altyd die moontlikheid gehad het om te leef! Die vermoë om gelukkig te wees kom van binne ’n mens; jy het die vermoë in jou.

    Met ’n gelukkige lewe bedoel ek nie net gevoelens van geluk nie. Ek bedoel ook nie daardie geel gesiggie-plakker met die glimlag nie. Nie dat die gevoelens nie deel van ’n gelukkige mens is nie. Ek bedoel ook nie die cliché van Don’t worry, be happy nie. Nee, ek praat van ’n baie dieper geluk wat binne elke mens se bereik is.

    Maak nie saak waar jy op die skaal van geluk lê nie, jy kan leer om gelukkiger te wees.²

    Begin met hierdie stelling: "Ek sal gelukkig wees wanneer

    Pas een van hierdie dalk by jou stelling: Jy dink jy gaan gelukkig wees as jy daai promosie kry, as jy kinders het, daardie besondere man of vrou ontmoet, net van hierdie siekte ontslae kon raak? Dit is waar dat van hierdie dinge ons wel gelukkig gaan maak, maar dit gaan nie ’n diepgaande geluk veroorsaak nie en verder gaan die geluk ook nie lank duur nie.

    Ongelukkig is daar ’n paar mites wat mense daarvan weerhou om geluk te soek en te beleef.³ Kom ons kyk ’n bietjie na die mites wat die meeste voorkom:

    Mite 1: Geluk moet gesoek word: Geluk is wel daar, maar slegs as die regte goed met ons gebeur: die regte betrekking, die mooi huis of die ideale gesin. Moenie die een wees wat wag dat dit moet gebeur nie. Daar is ’n spotprent van ’n seuntjie op sy fiets wat vir sy maatjie sê: Ek kan nie wag om groot te wees sodat ek gelukkig kan wees nie! Kyk na jou fiets waarop jy sit, jou gesonde bene waarmee jy trap en sien die mooi omgewing waarin jy is. Jy is reeds gelukkig. Begin dit net besef en geniet!

    Geluk is nie daar om te gebeur nie. Geluk is nie daar buite nie, dit is binne-in jou! Dit klink vergesog, maar geluk is werklik ’n state of mind (’n ingesteldheid). Ons kan dit so uitdruk:

    Dit is die wyse hoe jy die lewe sien en hoe jou gedagtewêreld is.

    Mite 2: Geluk hang af van my omstandighede en of ek dit kan verander: Ons onthou dikwels hoe gelukkig ons in ons jeugjare was en ons is seker as ons weer daardie omstandighede kan beleef, gaan ons baie gelukkiger wees. Dis ver van die waarheid. Omstandighede speel maar ’n baie klein rol in ons daaglikse geluk.

    Baie mense dink dat meer geld ’n groot verskil gaan maak, maar navorsers wat altesaam 12 000 studente in die VSA getoets het en hulle 20 jaar later hertoets het, het gevind dat diegene vir wie finansiële sukses belangrik was, minder gelukkig met hul lewe was as 20 jaar gelede. Die geluk van die lotery is ook maar van korte duur. Dit beteken natuurlik nie dat geld nie bydra tot geluk nie, sê Ed Diener. Die probleem is dat ’n mens dan dikwels net meer en meer wil hê en dit word dan toksies. Selfs ’n suksesvolle huwelik sit jou ná twee jaar nie meer in die sewende hemel nie.

    ’n Mooi gesiggie en genoeg Botox dan? Ed Diener⁴ het in verskeie navorsingprojekte gevind dat skoonheid nie noodwendig geluk bring nie. Inteendeel, modelle is dikwels ongelukkiger as gewone mense.

    As jy ongelukkig is met jou werk, jou huwelik, jou salaris, jou vriende of jou voorkoms, is die eerste stap om hierdie dinge te ignoreer, al is dit hoe moeilik. Moenie daaroor dink of tob nie. Ons gaan later gesels oor hoe om dit te doen.

    Mite 3: Ek sal gelukkig wees as ek met die regte persoon trou: As jy reeds lank getroud is met iemand, sal jy miskien nie aan jou beste vriende wil erken dat jy dikwels in so ’n verhouding verveling ervaar nie. Jammer om dit vir jou te sê, maar dit is die waarheid. Baie Christene kan voel dat hulle so ’n huwelik wil beëindig, maar voel skuldig net oor die feit dat hulle sulke gedagtes het. Jy voel dat jy so baie tyd, energie en toewyding in die verhouding ingeploeg het, maar dit maak jou glad nie gelukkig nie. Hokaai! Dit beteken nie dat jy hoef te skei nie!

    Dit is doodnormaal dat die verhouding, soos die jare aanstap, vervelig kan raak en die oplossing is nie egskeiding nie. Dit gebeur omdat ’n mens so gewoond aan mekaar raak dat die sprankel wel verlore gaan.

    Die oplossing om die geluk weer in die huwelik terug te sit lê daarin om te werk aan strategieë wat weer die verhouding gaan opbou – ons sal later daarby stilstaan.

    Mite 4: Ek kan nie gelukkig wees as my verhouding verbrokkel nie: Egskeiding is dikwels in baie getroudes se gedagtes; meer as wat ’n mense besef. Die besef dat ’n verhouding besig is om in ’n krisis te beland, word dikwels voorafgegaan deur ’n gevoel van eensaamheid, ’n lewe op heeltemal verskillende golflengtes, ’n tekort aan omgee vir mekaar se geluk en welstand, of selfs ontrou. Die persepsie is dat dit juis ’n gelukkige huwelik is wat jou vlerke gee en die beste uit jou haal.

    ’n Huwelik wat deur probleme gaan, beteken nie dat jou lewe verby is en jou geluk nou daarmee heen is nie. Inteendeel, daar is verskillende maniere om dit te hanteer waarvan egskeiding slegs een is. ’n Beter oplossing is om eenvoudig net weer aan jou verhouding te begin werk. Jou geluk lê per slot van sake in jou eie hande. Later in die boek sal ek meer daaroor uitwei.

    Mite 5: Ek gaan gelukkig wees as ek kinders het: Is dit nie die versugting van so baie kinderlose egpare nie? Ek gesels nou die dag met ’n vriendin wat jare gesukkel het om swanger te word en uit die bloute uit sê sy: Ek hou glad niks daarvan om ’n ma te wees nie! Sy beskou die bekommernisse oor die toekoms van haar kinders, die rondjaag van een skoolaktiwiteit na ’n ander en die teleurstellings as ’n sware las.

    Is dit nie waar dat die meeste van ons, ten spyte van al die boeke wat ons oor kinders grootmaak lees, so dikwels voel dat ons nie heeltemal daarin slaag om goeie ouers te wees nie? Kinders kan dikwels die grootste bron van ons vreugde wees, maar ook die oorsaak van die ongelooflikste hartseer. Hoeveel mense ken ek nie wat al deur die laasgenoemde is nie. Inteendeel, daar is navorsing wat wys dat ouers, ná die geboorte van ’n kind, ’n groot verswakking in hul verhouding en geluk ervaar.⁵ Weereens net ’n bewys dat geluk nie buite ons is nie, maar eintlik binne-in ons.

    Moet daarom nie mismoedig word wanneer jy soms voel of jy jou kinders ’n bietjie kan wurg nie. Jy is nie ’n slegte persoon nie! Om sleg te dink van jouself is giftig, want dit benadeel jou ouerskap sowel as jou eie geluk!

    Mite 6: Ek kan nie gelukkig wees as ek nie ’n lewensmaat het nie: Ek het onlangs met ’n dame gesels wat voel dat sy baie positief is, maar die feit dat sy nie ’n lewensmaat het nie maak haar intens ongelukkig. Wanneer sy ander paartjies sien wat gelukkig is, vreugde in mekaar vind en vir mekaar koer, verander haar hele gesindheid en is sy dadelik hartseer en mismoedig.

    Dit is wel so dat getroudes meer tevrede met hul lewe is as ongetroudes. Navorsing wys egter dat die grootste verskil in tevredenheid nie tussen getroudes en ongetroudes is nie, maar wel tussen getroudes en geskeides, getroudes en mense wat hul lewensmaat verloor het of wat van hulle vervreemd is.⁶ Daarteenoor is enkellopers heelwat beter daaraan toe. In ’n studie wat Sonja Lyubomirsky met 1 761 enkellopers gedoen het wat later wel getroud is, het sy gevind dat die opwinding, so ver dit geluk aangaan, slegs twee jaar geduur het. Daarna was hulle maar weer op dieselfde geluksvlak as voordat hulle getroud was. Enkellopendes kry dus nie daardie oplewing (boost) van die getroudes nie, maar hulle beleef ook nie die terugval nie.⁷

    Getroudes leef langer en is gesonder as mense wat geskei is, maar ongetroudes is net so gesond soos getroudes en leef net so lank.

    Mite 7: Ek gaan gelukkig wees as ek die regte werk of pos het: Daar is so baie mense in Suid-Afrika wat deesdae in ’n werk sit wat hulle glad nie meer bevredig nie, maar hulle kan ook nie bedank nie want daar is nie baie geleenthede nie.

    Ek ken mense wat hul gesin ontwortel en Kaap toe getrek het. Dit was vir die eerste paar jaar ’n wonderlike ervaring, maar toe is die bestuurder ook nie meer so wonderlik nie, die wind waai gans te veel in die Kaap, die verkeer is te veel, die Kapenaars ry heeltemal te stadig en in die regterbaan! Stadig het hulle begin droom van ’n beter betrekking wat vir hulle wag.

    In ’n studie wat gedoen is onder bestuurders, wat meestal wit was en min of meer 45 jaar oud, is daar bevind dat hulle, ná die aanvaarding van ’n nuwe betrekking in ’n stad met baie opwindende geleenthede, hulle ’n tyd lank op ’n heerlike wittebrood was. Dit was egter van korte duur en ná ’n jaar was hulle weer terug op die geluksvlak waar hulle was voor die verhuising na die ander stad.⁹ Die ideale betrekking waarborg dus ook nie geluk nie.

    Mite 8: Ek kan nie gelukkig wees as ek ’n finansiële krisis het nie: Niemand kan ontken dat dit traumaties is om jou werk te verloor, bankrot te speel, jou huis te verloor of al jou spaargeld te verloor nie. Hoeveel mense moes nie al worstel nadat ’n skelm makelaar of ander finansiële adviseur weg is met hul geld nie? Enigiemand wat daardeur is, weet van die slapelose nagte, die gevoel van algehele hulpeloosheid en die woede in jou hart … Daar is natuurlik mense wat ná so ’n krisis uit die finansiële gat kan klim en ver beter daaraan toe is as voorheen. Vir die meeste mense is dit egter ’n lewe van salaristjekkie tot salaristjekkie.

    Ons kan nie daarvan wegkom dat ’n mens se geluk tog baie met jou finansiële status te doen het nie, hoewel daar nie so ’n sterk verband is as wat ’n mens miskien sou vermoed nie. Geld maak die lewe makliker, maar dit het nie noodwendig ’n invloed op ons gevoelens nie. Meer nog: Dit is nie duidelik of geld ons gelukkig maak en of dit nie eerder is dat gelukkige mense meer geld maak nie.¹⁰ Iets om oor te dink, nè? Navorsing is egter duideliker daaroor dat geld ’n arm mens gelukkiger maak as iemand in die middel- of hoërinkomstegroep.¹¹

    Die belangrikste gevolgtrekking uit die navorsing is dat ’n mens werklik gelukkig met minder geld kan wees en net moet leer om dit reg te spandeer. Dit blyk dus ook ’n mite te wees dat geld ’n mens gelukkig maak. Hou daarom op om te wens om soos die Ruperts, die Oppenheimers, Guptas of Motsepes te wees. Jy is klaar ryk genoeg om ’n gelukkige lewe te lei.

    Mite 9: Ek kan nie gelukkig wees as die toetsuitslae positiefis nie: ’n Vriendin van ons het so pas gehoor dat sy borskanker het. Wanneer ’n mens hierdie vonnis kry, is jy natuurlik so gefokus op daardie inligting dat al die mooi dinge maklik by jou kan verbygaan. Dit is egter ook waar dat ’n mens baie meer beheer oor die realiteite van daardie oomblik het as wat ons dikwels besef.

    Ons vriendin was baie bewus daarvan dat die uiteinde die dood is. Sy het ook geweet dat sy geen beheer het oor wanneer dit sou gebeur nie, maar sy het wel beheer in dié opsig dat sy kan besluit hoe sy elke dag gaan hanteer. Sy het gesê: Ek gaan nie toelaat dat die vrees vir môre my geluk en gehalte van vandag wegneem nie. Wyse woorde.

    Iemand wat ’n konsentrasiekamp oorleef het, het gesê dat hy in die kamp twee werklikhede beleef het. Die een was die vreeslik aaklige omstandighede van honger, vernedering, beledigings en mishandeling. Die ander was om doodgewoon voort te gaan met sy lewe waar hy gelukkig en tevrede is sonder om die swaar raak te sien. Hy het uit sy pad gegaan om die mooi te soek ten spyte van die haglike omstandighede. Miskien moet ’n mens dit ook doen wanneer jy die slegte nuus hoor. Jy ontken dit nie, maar leef meer en meer in ’n ruimte waarin jy goed voel. Dit is ’n moeilike opdrag, maar tog moontlik soos hierdie man in die konsentrasiekamp bewys het.

    Daar is bewys dat as ’n mens in die tyd van swaarkry fokus op die goeie en veral die natuur (kyk na die sonsondergang, sit onder die mooi ou eikeboom, kyk na mooi natuurfoto’s), dit ’n groot rustigheid in stormagtige tye bring.¹² As jy weet wat jou gelukkig maak, beleef soveel daarvan as moontlik. Daar is bewyse dat gereelde oefening en die bywoon van godsdiensbyeenkomste in moeilike tye (ten minste een keer per week) baie kan bydra tot die geluk in hierdie traumatiese omstandighede.¹³

    ’n Pragtige storie waaraan ons vriendin ná haar mastektomie vasgehou het, is die storie van die skilder wat eintlik ’n houtwerker wou wees. Eendag het sy vrou hom gevra om ’n tafel te maak en hierdie tafel het werklik die fokuspunt in hul lewe geword. Rondom die tafel is heerlik geëet, bordspeletjies gespeel en lekker gelag.

    Eendag, terwyl hulle weg was, het ’n dief ingekom en die een poot van die tafel gesteel. Die skilder het alles probeer doen om die tafel te balanseer soos om boeke onder die tafel te sit, en nog meer, maar die tafel was nooit weer dieselfde nie. Eendag het hy besluit dat dit nou genoeg is. Hy het die tafel gevat en weer in die werkswinkel gaan werskaf. Die eindproduk was ’n kleiner tafel met net drie pote. Hoewel dit tyd geneem het hom dit te balanseer, was dit nou selfs beter as die oorspronklike een.

    Ná ’n mastektomie, longsiekte of ’n hartaanval kan dit lank duur om jou lewe weer te balanseer. Dit is waar dat jy nie weer dieselfde sal wees soos die vierpoottafel nie, maar jy kan ’n nuwe jy ontwikkel wat net so sterk soos die ou jy gaan wees, maar net anders.

    Terwyl jy die trauma verwerk, dink aan die sin en die betekenis van jou lewe, hoe jy graag onthou sal wil word en bou aan jou vriendekring. Daar is bewys dat vroue met ’n goeie vriendekring 2,8 jaar en mans 2,3 jaar by hul lewe kan voeg!

    Mite 10: Ek kan nie gelukkig wees nie, want my beste jare is reeds verby: Hoeveel van ons, aan die beter kant van 50, het nie dikwels hierdie gedagte in ons agterkop nie. Ek kan nie gelukkig wees as die jare vorentoe minder is as die jare wat verby is nie. Ek kan nie gelukkig wees as my vervaldatum verby is nie!

    Hiermee maak ons twee groot blapse. Eerstens, niemand kan regtig bepaal wat die beste tyd in jou lewe gaan wees nie. Tweedens, dit is ’n mite dat hoe jonger jy is, hoe gelukkiger is jy. Jy moet dikwels net jou ingesteldheid teenoor ouderdom verander.

    Interessante navorsing is in 1989 gedoen oor hoe die verandering van ’n mens se ingesteldheid (mindset) tot wonderlike veranderings in jou lewe kan lei. Dr Ellen Langer en ander wetenskaplikes van die Harvard-Universiteit het ’n aantal mans bo die ouderdom van 70 vir tien dae na ’n vakansieoord geneem.¹⁴ Hul opdrag was om op te tree asof hulle in die jaar 1959 leef. Hulle moes dus gesels oor die werk wat hulle toe gedoen het, die president van daardie tyd, en so meer. Die musiek wat gespeel is, was die musiek van daardie tyd, tydskrifte was ook van daardie tydvak en hulle moes foto’s bring van voor 1959. Hulle is dus tien dae lank geïndoktrineer: Julle leef nou in die jaar 1959. Voordat hulle die navorsing begin het, is hulle blootgestel aan ’n klomp fisiologiese toetse soos hul lengte, die lengte van hul vingers, sterkte, geheue en hul sig. Ná die tien dae is die metings weer gedoen. Hulle het gevind dat die mense fisiek langer geword het, hul vingers gegroei het, en hul sig en geheue verbeter het. Inteendeel, die meeste het verskeie jare jonger begin optree as wat hulle werklik was. Sommige het fisiologies en kognitief selfs 25 jaar jonger gereageer. Dít ná net tien dae! As jy dink jy is oud, dan tree jy so op. Dit is hoe maklik dit is. Jy kan dit egter verander.

    Terwyl ek nou met ons ouer mense besig is, sommer nog raad: As jy bang is vir alzeimersiekte, luister hierna. Neurowetenskaplikes het in navorsing gevind dat die aanleer van ’n nuwe taal alzeimersiekte kan voorkom of ten minste lank uitstel. Jy hoef nie eens die taal goed te bemeester nie. Inteendeel, daardie studie het bewys dat, as jy jou kop gereeld besig hou met kognitiewe aktiwiteite, jou kanse 47% minder is om alzeimersiekte te kry as mense wat nie hul brein kognitief stimuleer nie.¹⁵ Dit hoef egter nie net die aanleer van ’n taal te wees nie, maar enigiets waarin jy jou brein gebruik om aktief te wees. Leer dans, doen blokkiesraaisels, sudoku of wat ook al. Kry net iets om jou brein mee besig te hou.

    Moet dus nie dink dat hierdie boek net vir die jongmense is nie. Kan jy nou verstaan waarom die Here so ’n groot klem plaas op die verandering van ons gedagtes? Ja, dit kan jou hele lewe verander!

    Die beste is om op die toekoms te fokus en nie te tob oor die idilliese verlede nie. Stel dus betekenisvolle doelwitte vir die toekoms. Onthou: There is no happiness without action.¹⁶ Die doelwitte vir hierdie tyd in jou lewe moet eerstens innerlike doelwitte wees wat jy wil bereik soos om betekenisvol te voel en dit wat jy wil te geniet en nie wat die samelewing van jou vereis nie. Dit moet ’n basiese behoefte van die mens vervul soos byvoorbeeld om ’n ekspert in iets te wees: ’n goeie rolbalspeler; die beste bedsokkie-breier; goeie vriende te maak; ’n betekenisvolle bydrae tot die gemeenskap lewer. Ek sal later in die boek meer oor doelwitte gesels.

    Nou wat leer die slim navorsers ons? Ouer mense is eintlik gelukkiger en meer tevrede met hul lewe as die jonges; hulle ervaar meer positiewe emosies en minder negatiewes; hul emosionele ervarings is stabieler en hulle is, les bes, minder ontvanklik vir die daaglikse negatiwiteit en stres.¹⁷ Inteendeel, daar is drie onlangse studies wat bewys dat die toppunt van die mens se positiewe emosionele ervaring tussen 64 en 79 lê!¹⁸ As hulle diegene ouer as 79 sou insluit, is ek seker dit word dalk net beter en beter hoe nader ons aan 100 kom. Wat van 120?

    Laura Carstensen van die Stanford-Universiteit, het meer as twee dekades daaraan gewy om vas te stel waarom ouer mense gelukkiger is. Sy beweer dat, as mense besef hul jare word minder, hulle hul perspektief oor die lewe verander. Hulle begin meer tyd bestee aan dinge wat regtig saak maak soos goeie opbouende verhoudings in plaas daarvan om al meer mense te ontmoet om ’n groot aantal kennisse te hê; hulle ignoreer daardie verhoudings wat nie ondersteunend van aard is nie en loop minder risiko’s. Die gevolg is dat hulle dan meer vrede, geluk en ’n rustigheid ervaar, asook ’n positiewer lewe lei.¹⁹ Ja, jy skakel sommer makliker die TV-nuus af as dit te veel moord en doodslag bevat of as 7de Laan se storie nou te negatief raak en Gita te aaklig! Hulle kyk ook sommer meer met ’n blinde oog na kritiek. En hoe ouer ons word, hoe meer behandel almal ons met respek – lekker!

    Julle smartvrate wat kla oor die ouderdom, sê dus vir jouself: Ek het lekker jare gehad, baie suksesse, maar daar lê nog baie voor my! Of miskien nog beter: "Ja, ek kan nie meer kinders in die wêreld bring nie (vinnig hardloop nie, my tone raak nie), maar ’n nuwe hoofstuk het begin! Dit is dus ’n keuse en lê in jou kop.

    Mite 11: Jy het dit of jy het dit nie: Jy is so gebore: jy het dit of jy het dit nie. Dit is veral ongelukkige mense wat glo dit is in hul gene en hulle niks daaraan kan doen nie. Nou ja, daar is nogal ’n bietjie waarheid in hierdie mite. Jou gene speel ’n belangrike rol. Wat egter ’n mite is, is dat jy niks daaraan kan doen nie. Nee, daarmee bedrieg jy jouself. Jy kán iets daaraan doen! Kom ons los dus die mites en kyk hoe jou geluk bepaal word.

    Wat bepaal jou geluk?

    Van die beste navorsing oor die genetiese impak op geluk is gedoen deur David Lykken, Auke Tellegen en hul kollegas aan die Minnesota-Universiteit, VSA.²⁰ Hulle het bevind dat ’n mens se gene wel 50% van jou geluk bepaal. Die sonnige persoonlikheid aan jou ma se kant en / of die meer depressiewes aan jou pa se kant, of albei, het ’n invloed op die genetiese samestelling van jou geluk. ’n Mens kan jou vrou kies, maar ongelukkig nie die families se gene!

    Navorsing wys dat ons ’n genetiese vaste punt (set point) vir geluk het – ’n genetiese vaste punt wat jou geluksvlak aandui. Dit beteken dus dat as jy ’n nuwe motor koop, jou kind ’n graad kry, jy in ’n ernstige ongeluk is, jou vlak van geluk ’n tyd lank op of af kan beweeg. Ná ’n tyd gaan dit egter terugkeer na jou genetiese vaste punt.²¹

    Die feit dat daar ’n vaste punt is, beteken egter nie dat jou geluksvlak nie kan verander nie. Verstaan jy hierdie goeie nuus? Jy kan bo hierdie genetiese vaste punt uitstyg!

    Figuur 1: Bepaling van geluk

    Ons gene bepaal 50% van ons geluk, terwyl ons omstandighede – soos die dood van ’n geliefde, die uitdienstreding van die man, ’n kind se mislukte huwelik of een of ander trauma of finansiële krisis – 10% bepaal.

    Die goeie nuus is dat 40% in ons beheer is en dít is waaroor hierdie boek gaan. (Daar is nou navorsers wat beweer dat dit selfs meer as 40% kan wees). Ons gaan daardie 40% ontwikkel sodat ons ons geluksvlak optimaal kan ontwikkel. Ons kan dus ons brein se bedrading deur tegnieke en vaardighede verander en sodoende ons geluksvlak verbeter en opstoot.

    Ek hou van Matthieu Ricardo se definisie van geluk ²²: By happiness I mean a deep sense of flourishing that arises from an exceptionally healthy mind. This is not a mere pleasurable feeling, a fleeting emotion, or a mood, but an optimal state of being. Geluk is dus meer as net ’n gemoedstoestand. Dit is ’n lewe van geluk wat lewensvreugde gee en selfs die moeilike dae kan hanteer.

    Dit laat my aan die bekende storietjie van die wolwe dink. ’n Ou man het met sy kleinseun gesit en gesels en vir hom dié storietjie vertel: Binne die mens is daar ’n geveg tussen twee wolwe. Die een is Ongeluk. Dit is vrees, kommer, woede, jaloesie, selfbejammering, minderwaardigheid. Die ander is Geluk. Dit is vreugde, liefde, hoop, tevredenheid, goedhartigheid, empatie, eerlikheid, mededeelsaamheid. Die seuntjie het ’n rukkie gedink en toe gevra: Wie van hierdie twee wolwe wen? Die ou man het geantwoord: Die een wat jy kos gee.

    Dit is so waar. Ons het die vermoë om positief te wees en dan gaan ons ook die geluk smaak waarna almal so smag.

    Waarom die vreeslike ophef oor geluk?

    Dit is nie God se wil dat ons gelukkig sal wees nie, maar dat ons onsself gelukkig sal maak. – Immanuel Kant

    Om gelukkig te wees is goed vir jou gesondheid en ’n suksesvolle lewe:

    •Gelukkige mense se kans is 35% minder om griep te kry.

    •Mense met hoë optimisme en geluksvlakke het laer risiko vir hartsiektes, hoë bloeddruk en infeksies.

    •Mense met ’n goeie sin vir humor, ’n aanduiding van innerlike geluk, leef langer as mense sonder ’n goeie humorsin. Inteendeel, een studie het bewys dat ’n sin vir humor die voortydige dood van kankerpasiënte met byna 70% verminder.²³

    •Dit verlaag bloeddruk. In ’n studie met meer as 15 000 mense in Europa het die navorsers gesê dat die vlak van hoë bloeddruk van ’n nasie ’n goeie aanduiding van hul geluk is.²⁴

    •Gelukkige mense leef langer.

    •Gelukkige mense is meer sosiaal, energiek, minder moeg, meer samewerkend en gemeenskapsgeoriënteerd.

    •Gelukkige mense het meer vriende, sal makliker trou en langer getroud bly.

    •Hulle is innoverender en produktiewer, beter leiers en verdien meer geld.

    •Dit is waarskynliker dat gelukkige mense ’n werk gaan kry, hulle vaar beter in onderhoude en is suksesvoller in die werk omdat hul verhoudings beter is.

    •Gelukkige mense is suksesvoller op skool en voltooi hul skoolopleiding.

    Depressie en geluk

    Ek wil net reg aan die begin sê dat wanneer daar van depressie in hierdie boek gepraat word, dit met die grootste deernis gedoen word. Dit is werklik ’n baie uitmergelende en moeilike siekte met baie uitdagings.

    Omdat so baie mense wat hierdie boek gaan lees een of ander vorm van depressie kan hê, wil ek vir hulle wys dat daar meer hoop is as wat hulle dink. Die antwoord is nie net medisyne nie. Nee, medisyne en ’n lewe van geluk kan groot veranderinge in jul lewe bring! Die velde van die positiewe sielkunde en emosionele intelligensie het baie tegnieke en vaardighede wat die lewe van die depressielyer kan vergemaklik en selfs kan verbeter. Daar is tonne navorsingsbewyse daarvan:

    Martin Seligman het ’n waarheid kwytgeraak wat depressiewe mense dalk in gedagte moet hou.²⁵ Dit lyk of pille eintlik maar net ’n 65%-sukses het met depressiewe mense en ook net mense wat uiters depressief is. Dit is nou diegene wat nie eens uit die bed kan opstaan nie omdat hulle so sleg voel. Met gewone depressie, met ander woorde die persoon wat nog kan funksioneer en net baie terneergedruk voel, wys navorsing dat die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1