Unavailable
Unavailable
Unavailable
Ebook693 pages10 hours
Annelize Morgan Omnibus 4
Rating: 0 out of 5 stars
()
Currently unavailable
Currently unavailable
About this ebook
Slavin van La Liberté
Toe Leia as jong skipbreukeling aan die ooskus van Afrika uitspoel, het Tembisa, ’n inboorlingvrou, haar gevind en grootgemaak. Net voor Tembisa se dood het sy vir Leia ’n kosbare goue hangertjie met ’n vreemde embleem daarop gegee. Dit was om haar nek toe sy gevind is. “Jy moet die pad loop waarheen dit jou neem,” het Tembisa gesê. “Jy hoort waar die hangertjie vandaan kom . . .”
Leia se lewe slaan dan ook onherroeplik ’n nuwe rigting in wanneer sy gevange geneem word deur ’n slawehandelaar, Lantini, en verkoop word aan die aantreklike graaf Jacques de la Fontaine. Die beeldskone wit slavin se koms op La Liberté veroorsaak ’n beroering. Sy is glad nie gedienstig nie, en haat haar ingeperkte vryheid en die mense wat dit veroorsaak intens. Haar sonderlinge skoonheid en ingebore adellikheid val mense op en bring komplikasies mee. Lantini wil haar graag terughê om teen ’n hoër prys van die hand te sit, en Beatrice de Boudelaire, die graaf se toekomstige vrou, wil haar tot elke prys weg hê van La Liberté.
Intussen is daar nog die goue hangertjie met die vreemde embleem wat die enigste sleutel is tot Leia se vergete verlede . . .
Gister se verlange
Na twintig jaar in ’n klooster in Frankryk, hoor Rozanne de Savoye dat haar moeder nog leef en waarskynlik iewers aan die Kaap de Goede Hoop woon. Bykans ekstaties van vreugde en opwinding reis Rozanne na die Kaap – om sommer uit die staanspoor met teleurstellings en teenslae te doen te kry. Boonop raak sy vergeefs verlief op Armand le Riche, ’n aantreklike jong avonturier wat haar leer dat die liefde maar net ’n speletjie is.
Rozanne se teenwoordigheid aan die Kaap skep spanning in die lewens van baie mense: Armand se ouers wat haar as ’n klein fortuinsoekster sien; die bekoorlike Angélique wat vier jaar lank op Armand se tuiskoms gewag het; Jacques le Riche, wat haar vir sy eie geldsugtige doeleindes wil gebruik; en Armand se tante wat met vrees en bewing verneem het van die jong “non” wat gekom het om die verlede oop te krap . . . Die spanning tril later snaarstyf, want ’n gemaskerde boosdoener probeer boonop telkens om Rozanne uit die weg te ruim.
Geliefde banneling
Vir Theresa Verhoef, die vaal dogter van Barnard Verhoef vir wie hy geen liefde het nie, lyk die toekoms baie duister. As deel van ’n saketransaksie moet sy met die losbol-buurman Sias Beneke trou, en sy het haar pa se wense nog altyd gehoorsaam. Maar wat moet sy doen as sy die buurman verfoei?
Toe Theresa Sias kort voor hulle huweliksbekendmaking met sy vorige meisie in ’n omhelsing betrap, weet sy vir seker dat sy nié met die klugspel kan voortgaan nie. Sy jaag die veld koersloos op haar perd in en loop haar trompop vas in die gevreesde El Toro en sy bendelede, wat reeds tien jaar lank ’n skrikbewind voer op Pelgrimsrus en die omliggende delwerye.
Toe hulle uitvind wie haar pa is, besluit hulle dadelik dat dit hulle lang verwagte kans is om terug Europa toe te gaan, en hulle eis ’n losprys van tienduisend pond van haar pa. Maar wat gaan hulle doen wanneer hulle uitvind dat Barnard Verhoef nie bereid is om ’n pennie vir sy lelike dogter te betaal nie? En gaan haar jongmeisiedrome van jare gelede bewaarheid word?

Author
Annelize Morgan
Annelize Morgan is ’n ou hand wat liefdesverhale betref. Sy het meer as 40 titels agter haar naam en is bekend vir haar verhale vol spanning en intrige, asook verhale wat in die woestyn afspeel. Sy en haar man woon op Ladismith.
Related to Annelize Morgan Omnibus 4
Related ebooks
Die Mensvreters van Tsawo Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSpore in die Dou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGemaskerde Moordenaars Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWater Feë: Oorsprong van die Feë, #4 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVuilspel op die Vlaktes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Luiperdbende Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWolwedans in die skemer Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsUit oerwoud en vlakte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBarones van Berkersee Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSterre is vir ewig Rating: 5 out of 5 stars5/5Die Feëverhale Reeks Versameling: Die Eerste Nege Boeke: Feëverhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSonde van die Vaders Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie goudkewers: Die Mannheim-sage 2: Die Mannheim-sage 2 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGogga op 'n Harley (Afrikaans Edition) Rating: 5 out of 5 stars5/5Die Poort 2: Reisigers Rating: 5 out of 5 stars5/5Gefolterde Verhale: Feëverhale, #6 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSaartjie se drome (#20) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHuberta se swerftog Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKoms van die Elwe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsProoi Rating: 5 out of 5 stars5/5Kamerling - moord op die drumpel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGees van die Labrador Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVuurvreter: Branderjaer #2 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkadukant Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRewolusie van die hart Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAnnerkant die longdrop Rating: 4 out of 5 stars4/5Droomdelwers Rating: 5 out of 5 stars5/5Liefde is 'n sprokie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSaartjie Omnibus 5 Rating: 5 out of 5 stars5/5Kronkelende Verhale: Feëverhale, #3 Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for Annelize Morgan Omnibus 4
Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings
0 ratings0 reviews