Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Meisies van Maasdorp
Die Meisies van Maasdorp
Die Meisies van Maasdorp
Ebook230 pages4 hours

Die Meisies van Maasdorp

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolste jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en nou keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – meer as 75 jaar na die eerste verskyning!Die meisies van Maasorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor. Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om ’n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar oudtydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit ’n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Dié mal planne neem die skool op hol en dit is nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan ’n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 8, 2004
ISBN9780798159197
Die Meisies van Maasdorp

Read more from Stella Blakemore

Related to Die Meisies van Maasdorp

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Meisies van Maasdorp

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Meisies van Maasdorp - Stella Blakemore

    title.jpg

    Die meisies van Maasdorp

    Kan ons ’n petisie opstel om die boeke weer in druk te kry? Só laat weet ’n boekwinkelbestuurder in ’n dringende e-pos. Dis Meimaand 2001, en ek, my joernalis-sus Hannelie en Jomarié Dick werk saam aan ’n storie wat ons na aan die hart lê: ’n artikel vir die tydskrif Insig se Julie-uitgawe oor die jeugboekskrywer Stella Blakemore en haar immergewilde kosskoolreekse Maasdorp en Keurboslaan (onder die skuilnaam Theunis Krogh).

    In ’n kort advertensie op die webtuiste LitNet nooi ons lesers om hulle herinneringe aan onder andere die Kobie-boeke per e-pos aan te stuur. En die reaksie is verstommend. In brief ná brief kom die belydenisse: Ek het die Maasdorpboeke verslind!. "Dit het my so lief gemaak vir lees dat dit deesdae my ultimate drug is. Talle is nie skaam om te erken dat die boeke verslawend was nie. Sommige erken selfs dat hulle vandag nog skelm ‘terugsluip’ na die Maasdorpwêreld. Ek wou ook soos hulle presteer, iets bereik – van geweet wees. Maasdorp het gehelp om ’n paar geslagte Afrikaanse lesers lief te maak vir lees. Ons is ’n groep vriendinne wat beplan om al die Maasdorp en Keurboslaan boeke saam te neem ouetehuis toe!"

    Ek dink dat die balans tussen enersyds avontuurlike kattekwaad en andersyds pligsbesef, dissipline en hoë standaarde hetsy in spel of akademie of musiek, wat tog in die reekse uitgebeeld word, op my ’n onuitwisbare indruk gelaat het. Vandag weet ek dat daar lank nie meer sulke mense bestaan nie – maar ’n mens kan seker maar bly hoop. Ek sal my oogtande gee om die hele reeks iewers te kry en dit eendag vir my kleindogter te kan gee.

    Uit die navorsing vir die artikel blyk dit duidelik dat die blywende waarde van Blakemore se werk dikwels oorskadu word deur die nostalgie waarmee dit omsluier is, maar dat dit ’n reuse-impak gemaak het, is onbetwisbaar. Ondanks kritiek staan Stella Blakemore steeds bekend as een van dié jeugboekskrywers wat Afrikaanse kinders laat lees het met ontvlugtingsleesstof van die hoogste gehalte. Die verskyning van die Insig-artikel, wat die drie van ons aangepak het as ’n huldeblyk aan die grootliks onbekende vrou agter ons gunsteling jeugtydstories, het bygedra om die vlam van belangstelling in Stella se werk weer aan te blaas. Maar die boeke is haas onbekombaar en is besig om versamelaarsitems te word. Uit alle oorde kom die versugting: is daar nie dalk die moontlikheid dat die Maasdorp-reeks heruitgegee kan word nie?

    Einde 2003 kom die goeie nuus: Human & Rousseau beplan om ’n Afrikaanse Retro Reeks uit te gee ná baie jare se talle versoeke. En dit bring ons dus weer by die vraag: wie WAS die enigmatiese vrou agter die Maasdorp-reeks wat vandag nog soveel emosie ontlok?

    Stella Blakemore kan beskryf word as ’n wêreldburger by uitstek en haar lewe was interessant genoeg om self ’n boek of twee vol te maak. Blakemore is op 13 April 1906 in ’n hensopper-tentjie naby Koppies in die Vrystaat gebore. Haar ma was ’n musiekonderwyseres en Boeremeisie, haar pa, kaptein Percy Blakemore, ’n offisier in die Britse leër. Hy verlaat sy vrou en kind vroeg (Stella was slegs vier jaar oud) om ’n beroepskaartspeler in Engeland te word.

    Stella was van jongs af op kosskool, maar tog het sy nie positiewe herinnerings daaraan nie, al laat sy die kosskoollewe in haar boeke idillies klink. In ’n brief aan haar uitgewer van later jare, Jan van Schaik, sê sy dat haar kinderjare dreary was: Ek hou altyd daarvan om oor lekker kinderjare te skryf, waarskynlik omdat my eie so mistroostig was. My ma het alles op aarde vir my gedoen, behalwe om ’n tuiste vir my te gee. Sy het ’n ding gehad oor kosskole en ’n meer skrikwekkende bestaan vir ’n kind is daar nie.

    Ná haar skoolopleiding verwerf sy ’n klavier- en sanglisensiaat aan die London Royal Academy of Music, sy studeer opera in Italië en Duitsland, en bedryf in die jare rondom die Tweede Wêreldoorlog haar eie suksesvolle musiekskool, die Blakemore Studios, in Pretoria. Sy is reeds in 1933 in Londen getroud met die Wallieser David Owen, ’n siviele ingenieur, en saam reis hulle later die wêreld deur en trek agter sy werksprojekte aan. Hulle woon onder meer in Ghana, Ivoorkus, Italië, Engeland, Swaziland, Nigerië, Duitsland en Ierland.

    Stella het in die jare twintig in Duitsland begin skryf en haar eerste werk was ’n toneelstukkie, Die Goue Sleutel. Die meisies van Maasdorp het in 1932 die eerste keer verskyn toe Blakemore 26 was. Nog 15 boeke in die Maasdorp-reeks het gevolg, wat in ’n latere uitgawe in 12 boeke vervat is. In 1940 het die eerste van twintig boeke in die Keurboslaan-reeks verskyn. Sy het haar oupa, Theunis Krogh, se naam as skuilnaam gebruik. In totaal het sy sowat vyftig jeugverhale geskryf. Sy het al haar boeke met drie vingers op haar ou Remington tikmasjien getik.

    Alhoewel sy die grootste deel van haar lewe buite Suid-Afrika gewoon het, het sy in Afrikaans aanhou skryf en was sy tot met haar dood baie verknog aan haar Afrikaanse wortels. Baie van haar briewe sluit sy af met ’n belydenis dat sy homesick beyond words is. Stella Blakemore is in 1991 op 85 in Noord-Ierland oorlede. Sy het twee aangenome kinders gehad, Seline en Peter, en ses kleinkinders.

    Susan Booyens

    Februarie 2004

    1

    _____________

    In die trein

    Dag, Ma! Dag, Pappie!

    Tot siens!

    Moenie vergeet wat Mamma van die vry Sondag belowe het nie!

    O! Ek het my sambreel in die sitkamer laat lê! Stuur dit tog, asseblief!

    Dag! Tot siens! Dag! Dag!

    Die trein trek by die stasie uit en Elsabe kyk na die ander meisies. Sy is ’n bietjie bang, want hulle is die eerste meisies van haar eie ouderdom wat sy in die trein opgemerk het. Hulle is almal omtrent veertien of vyftien jaar oud en uit hulle lewendige gepraat en gelag kan Elsabe sien dat sy die enigste vreemdeling onder hulle is.

    So ja! Hier is ons weer! sê ’n meisie met laggende oë terwyl sy haar goed wegpak. Hannie, jou olifant! Jou hele gewig is op my voet!

    Hannie, ’n mooi, donkerkop meisie, lag haar toe.

    Arme Terrie!

    Waar is my kosmandjie? Wie het my mandjie gesien? Dit kom van ’n meisie met vuurrooi hare wat langs Elsabe sit.

    Tokkie se mandjie! O, Kobie, dis onder jou jas!

    Ekskuus! van Kobie en Dief! van Tokkie; dan saam: Tientjie! Wat makeer? Waarom huil jy?

    Laasgenoemde sit in ’n hoekie en snik asof haar hart wil breek.

    Maar Tientjie! Wat makeer jou tog?

    Is jy siek? vra Terrie besorg.

    Tientjie praat deur haar trane.

    O, ek wil huis toe gaan! Ek wil my ma hê!

    My liewe tyd! Hannie is verstom. Ag nee, Tientjie! Dis darem te erg!

    Ek sou so dink! skimp Tokkie. Jy’s veertien, nie vier nie!

    Hoe kan jy so ’n babatjie wees? Jy’s mos al vier jaar op kosskool. Moenie so verspot wees nie! sê Terrie.

    Laat haar tog staan! sê Kobie. Sy’s net ’n bietjie onder die invloed van die weer, nè, Tientjie? Kyk hoe nat is jou sakdoek. Dè! Neem myne!

    Elsabe is verbaas oor die besondere manier van troos, maar dit help blykbaar, want binne ’n paar minute hou die trane op en Tientjie begin saam lag en praat.

    Toe hulle met al hul gepak klaar is, kyk die meisies vir die eerste maal na Elsabe. Vir die moderne hoërskooldametjies lyk sy maar snaaks. Haar donkerblou rok is lank, tot halfpad na haar voete toe en haar hare is met olie besmeer en in ’n lang, stywe vlegsel van haar voorkop weggetrek. Daarby dra sy ’n outydse strooihoed en lomp kouse en skoene. Die indruk wat sy maak, is allesbehalwe aangenaam.

    Kobie is die eerste om die vreemdeling aan te spreek, al is dit teen haar sin.

    Gaan jy ook na Maasdorp? vra sy vriendelik maar ’n bietjie styf.

    Elsabe sien ’n liewe gesiggie met ’n goue krulkop soos ’n seuntjie s’n.

    Ja.

    Na die Hoër Meisieskool?

    Ja, sê Elsabe skamerig.

    O!

    ’n Kuiltjie wys in Kobie se rooi wangetjie, maar verdwyn weer gou. Sy kan haar voorstel hoe koddig dié figuurtjie tussen die moderne meisies van Maasdorp se hoërskool sal wees.

    Weet jy in watter klas jy is?

    Die hoofonderwyseres het my tante te kenne gegee dat sy my geklassifiseer het om graad nege in te tree.

    Daar is ’n oomblik stilte. Kuiltjies wys in albei Kobie se wange en dié keer verdwyn hulle nie.

    O, aarde! sê Terrie eindelik. Hoofonderwyseres! Wessie!

    Klassifiseer! sê Tokkie minagtend. Dink die kind sy’s ’n gogga?

    Elsabe word bloedrooi. Sy kan nie verstaan waarom die ander haar so vreemd beskou nie.

    Kobie se groot bruin oë kyk laggend na haar.

    O! sê sy kortaf.

    Elsabe kry ’n knop in die keel. Sy is heeltemal verbouereerd. Die spottende meisies het haar woedend gemaak. Sy sluk haar trane weg en kyk hulle boos aan.

    Dit is vir my onverstaanbaar dat my gesegdes u soveel kan amuseer, sê sy in ’n stemmetjie wat tog beef, al probeer sy hard om dit kalm te hou. Miskien was dit wyser van my, had ek geantwoord dat my sake u heeltemal nie aangaan nie!

    Wat sy met soveel moed gesê het, veroorsaak net ’n gelag.

    Sy praat presies soos ’n outydse boek, sê Tokkie, wat ’n skerp tongetjie het. "Ek wed sy het Noordwaarts gelees!"

    En toe kom dit van Hannie: Kyk hier! Jy moenie jou verbeel dat jy daardie toon in Maasdorp kan aanslaan nie. Dit moet nog gebeur dat nuwe meisies met die oues parmantig durf wees!

    En nog voor hulle ’n voet in die skool gesit het! sê Terrie.

    Kobie kom tussenin. Sy vind die nuwe meisie se ouwêreldse klere en houding heeltemal onsimpatiek, maar sy kan tweedrag nie verdra nie.

    Ag, laat die kind staan, is haar advies. Sy het nie bedoel om parmantig te wees nie. As ’n mens tergery nie kan verdra nie is dit so min sy skuld as wanneer hy ’n skeeloog het. Maar, sê sy terwyl sy na Elsabe kyk, ek kan jou net sê dat jy g’n maats sal kry as jy so aangaan nie.

    Op die oomblik is daar niks wat Elsabe meer plesier sou gegee het nie. Sy leun terug in die hoek, maar al kyk sy deur die venster sien haar oë niks nie. Die ander neem verder g’n notisie van haar nie, nie eens by Maasdorpstasie nie.

    Hulle spring uit en groet ’n ander komp meisies vrolik. Nou en dan kyk almal na Elsabe, waar sy soos ’n eensame gesie by haar bagasie staan, en lag onder mekaar.

    Elsabe weet nie wat om te doen nie. Al die meisies – vir haar lyk dit of dit honderde is – gaan vorentoe na die uitgang en laat die tasse en sakke sommer op die stasie lê.

    ’n Groot meisie kom haastig na haar toe.

    Jy gaan mos na die hoërskool, nè? Waarom het jy dan nie die ander gevolg nie? Laat jou bagasie lê. Die kruiers sorg daarvoor as dit goed met jou naam gemerk is.

    Daar is reeds ’n paar kruiers besig.

    Elsabe moet haar leier na die straat volg waar ’n groot aantal busse wag. Sy klim in die laaste een in, maar daar is g’n leë plek meer nie. So vol is dit dat party op die ander se skote moet sit. Elsabe moet staan en vashou waar sy kan en ’n paar maal laat die gestamp van die bus haar byna val, terwyl dosyne onvriendelike oë haar aankyk.

    Eindelik ry hulle by ’n groot ysterhek in en toe die bus stilhou, spring almal uit. Elsabe word meegesleep, die trappe op en deur die grootste deur wat sy nog ooit gesien het.

    2

    _____________

    By die skool

    ’n Gewoel en geraas van jong stemme weerklink in die ruim voorsaal.

    Dag, Sarie. Jy’t mooi bruin gebrand …

    Grieta! Het jy onthou om die speletjie saam te bring?

    Haai, waar is Joey? Wie het vir Joey de Beer gesien?

    Hedetjie! Ek het my reënjas in die bus laat staan!

    Weet jy wat? Daar’s ’n nuwe onderwyseres in juffrou De Wet se plek en Vera sê …

    Elsabe is verstom. Kan dit regtig ’n hoërskool vir meisies wees?

    Iemand praat met haar – iemand wat hard moet skree om haar stem bo die geraas te laat hoor.

    Vertel my, suster, wie is jy?

    ’n Parmantige meisietjie met haar hoed agter op haar kop en haar voete wyd van mekaar, kyk Elsabe aan asof sy ’n vreemde soort dier is.

    My naam is Elsabe van den Heever, kom die antwoord ietwat huiwerig.

    Wat? vra die klein parmant, meer uit nuuskierigheid as belangstelling.

    Voor Elsabe iets kan sê, kom agt ouer meisies by die voordeur in. Een van hulle, haar redder van die stasie, het met ’n fluitjie min of meer stilte verkry.

    Watter lawaai is dit? sê sy goedaardig. Bly nou stil. Matrone sal nou-nou hier wees.

    Elsabe bewonder die spreker.

    Vera de Korte, nou die hoofmeisie in die skool, is ’n mooi meisie en begaaf in alles wat sy onderneem. Dit lyk of sy later ’n goeie onderwyseres sal wees, want die meisies gehoorsaam haar.

    Nuwe meisies staan in gelid naby die deur. So, goed. Juffrou Van der Westhuizen wil julle sien.

    Van die oorkant van die saal verskyn ’n ander persoon en daar is luide gejuig.

    Matrone! Dag, Matrone!

    Almal praat gelyk.

    Ek het die warm kouse gebring wat Matrone gesê het …

    Matrone, my ma sê …

    Matrone, ek het in die vakansie griep gehad en …

    Matrone! Matrone!

    Die matrone lag en hou die hande oor die ore. Vera blaas weer die fluitjie.

    Dis genoeg! sê sy streng. Wanneer Matrone die lyste name klaar gelees het, kan julle haar jul lewensgeskiedenis vertel.

    In die stilte wat hierop volg, hoor mens ’n hewige rusie.

    Kobie, jou kat! Gee dit vir my! Jy weet Mamma het gesê ek mag dit dié kwartaal self oppas!

    Wie praat?

    Die klein meisie wat Elsabe vantevore aangespreek het, kom vorentoe, nou ’n bietjie verleë.

    Dis ek, Vera. Kobie wil nie my sakgeld gee nie en my ma het gesê …

    Dis genoeg, Heloise!

    Sy’s so ’n babatjie, antwoord ’n vrymoedige stem. Elsabe herken Kobie as die spreker. Sy verloor haar geld, of mors dit en dan kom sy myne bedel, en as ek haar nie daarvan gee nie, word ek beskuldig …

    Stilte! sê Vera kortaf.

    … van tirannie op my klein sussie!

    Die stem hou met ’n laggie enduit aan.

    Daar is ’n gegiggel van die jonger meisies; Vera kyk Kobie streng aan.

    Jy kry ’n strafkruisie! sê sy.

    Die groot meisie langs haar wat ’n familietrek van Kobie en Heloise het, kyk haar twee susters kwaai aan.

    Nou, sê die matrone, die slaapkamerlyste. Die meeste van julle weet waarheen julle moet gaan. Ek het die twee graadagt-klasse ’n bietjie deurmekaar geskommel, sodat al die rustelose geeste nie bymekaar kom nie.

    Daar is ’n gemompel in die rye van graad agt.

    Ek gaan hierdie kwartaal veel strenger oor netheid wees. Elkeen wat meer as ’n sekere getal kruisies kry, word gestraf.

    Die ultimatum val nie in die meisies se smaak nie. Toe die matrone eindelik uitstap, het almal veel te sê.

    Elsabe het in haar lewe nog nie so ’n geraas gehoor nie. Sy staan verstom en luister na ’n gepraat wat vir haar byna soos vreemde tale klink.

    Kobie en haar kring maats is glad nie tevrede oor die nuwe reëling van strafkruisies vir slordigheid nie.

    Ek wed julle, sê Hannie, teen die end van ’n week sal ek nie plek vir al my kruisies hê nie. Dis ’n gemene idee!

    Vrot! sê Terrie. Sy neem Kobie se arm. Komaan! Laat ons maar na die slaapkamer toe gaan.

    Dit lyk of die tweehonderd-en-vyftig meisies dieselfde plan het en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1