Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Lot se vrou
Lot se vrou
Lot se vrou
Ebook85 pages1 hour

Lot se vrou

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In hierdie bundel is daar heelwat stiltes in herinneringsverse en nostalgiese verse, wat afgewissel word met verse wat die stilte verskeur. Die digter, in hierdie bundel, kla haarself aan, sy haal haar af en sy verraai haar: die digter is die kitaarspeler en “sal alles doen en selfs verraai, net dat ’n nuwe deuntjie in my draai” (DJ Opperman).Die woord staan voorop in hierdie gedigte. Dit is “woordverse” sonder dat die idee ondergeskik gestel word aan die woord.Selde nog het Hambidge die “gevaarlike woord” so onverskrokke hanteer en hierdie bundel is van haar rykste werk tot op hede.
LanguageAfrikaans
Release dateMar 15, 2012
ISBN9780798156882
Lot se vrou
Author

Joan Hambidge

Joan Hambidge is een van die bekendste literêre figure in Suid-Afrika. As kritikus en resensent skroom sy nie om in die letterkundige bokskryt te klim om haar oortuiginge te verdedig nie. Sy het al ’n twintigstuks digbundels op haar kerfstok en verskeie romans. Sy is professor in Afrikaanse letterkunde en kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad. In 2012 is haar bundel Visums by verstek met die ATKV-Woordveertjie vir Poësie bekroon.

Read more from Joan Hambidge

Related to Lot se vrou

Related ebooks

Related articles

Reviews for Lot se vrou

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Lot se vrou - Joan Hambidge

    Lot se vrou

    Joan Hambidge

    Human & Rousseau

    Vir Libbet

    I really can’t stand the cantatas of J.S. Bach,

    The distribution of sounds and silence is too perfect

    I need yelling, a corrosive magma, an aggressive approach

    Ripping to bits the silence of the night.

    – Michel Houellebecq

    vir susan2.jpg

    Lot se vrou

    Snags keer hulle terug,

    die verlore geliefdes

    in my troebel drome.

    My eerste groot geliefde,

    ’n Medusa, lag grys en bitter

    oor my donker woorde.

    Kriptomnesia, skel sy:

    alles wat jy skryf reeds elders op-

    geteken. In drome word jy

    ge-Delmore Schwartz, ge-Delmore Schwartz.

    O ek is Lot se vrou,

    Lot se vrou,

    wat terugkyk na die hart wat brand.

    Die ander onwillige muse

    hou glo ruggespraak oor ons,

    verklap aan almal hoe slordig

    aanmekaar gestik is my gedigte.

    O ek is Lot se vrou,

    Lot se vrou,

    wat luister hoe my woorde smeul.

    Die ander een

    ja, sy die donker skikgodin,

    het my in die openbaar verguis,

    my woorde, liefdeswoorde verpand

    om haar nie-aandadigheid te bewys.

    Oor haar droom ek nooit.

    O ek is Lot se vrou,

    Lot se vrou.

    I

    Reünie

    ’n Onverwagse oproep

    vir ’n samekoms: "ons matriekklas

    se reünie …" vra hoeveel onse in u pond?

    Ek stof die kiekies in my geheue af,

    vind geen kleurfoto, net die donker grein

    van onwillig, onbegrip, ongenooid …

    die Skeinat-onnie met sy ongebreidelde snor

    bliksem ’n matriekseun met ’n bordpasser tot in trane,

    die Biologie-juffrou bloos oor die geslagsontwikkeling

    van die den (en pouse is dit Nuwe verse en Eybers

    in die donker biblioteek met ’n Dewey-sisteem),

    wyl Die Afrikaanse Onderwyser humor wurg

    uit Die Burgemeester van Slaplaagte en Van Wyk Louw

    one-two-cha-cha op die politiek van die dag gooi

    soos wors en tjops op ’n helse braaivleisvuur.

    Maandag open Die Skoolhoof met skriflesing en verwyt

    oor twee prefekte se gevryery op die rugbyveld

    (ja, die maan het lósgekom), wyl ’n vriendin tjank

    in die Duitse klas oor dít wat nie staan

    in die skooluitgawe van Raka.

    Gemuurblom kyk ek toe: die two-step op Pretty Belinda

    met die hoofseun (nie met my), maar met háár wat later

    wegskuif toe ons Waterloo dek tot in die iteratief-duratief

    van hierdie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1