Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Leeus met letsels
Leeus met letsels
Leeus met letsels
Ebook159 pages1 hour

Leeus met letsels

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Buyi kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. ’n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy volgende prooi . . . Hoe gaan die avontuurlike André en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook dié in hy hart, verwerk?
LanguageAfrikaans
Release dateSep 20, 2012
ISBN9780798157841
Leeus met letsels
Author

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Daarna volg twee jaar diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds by Sanlam werk. Hy skryf in dié tyd in vir ’n deeltydse kursus in grafiese ontwerp en behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ’n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie aan Unisa. Fanie se eerste jeugboek Breinbliksem is in 2005 bekroon met goud in die Sanlamprys vir jeuglektuur en dit het ook die MER-prys vir jeuglektuur ontvang. Sy kinderboek, Geraamte in die klas, ontvang in 2007 die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke én ’n ATKV-Woordveertjie. Sy tweede jeugboek, Onderwêreld, word in 2008 met die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) bekroon. Sy ander bekende boeke is Miserella (2007), die Klits Kronkel-reeks (2007, 2008) en Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008). Fanie woon in Bloemfontein en hy skilder en skryf voltyds.

Read more from Fanie Viljoen

Related to Leeus met letsels

Related ebooks

Related articles

Reviews for Leeus met letsels

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Leeus met letsels - Fanie Viljoen

    titel.jpg

    TOEKENNINGS

    1999 – Finalis in die De Kat, Human & Rousseau kort-kortverhaalkompetisie. Sy inskrywing Weersiens verskyn in die bundel Vonkfiksie.

    2000 – Die Losprys. Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramaskryfkompetisie vir beginners.

    2002 – Agter geslote deure. Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramaskryfkompetisie vir ervare skrywers.

    2005 – BreinBliksem. Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur .

    2006 – BreinBliksem. M.E.R.-prys vir jeuglektuur.

    2007 – Geraamte in die klas. M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke.

    2007 – Geraamte in die klass. ATKV-Woordveertjie.

    2007 – Onderwêreld. Silwer Sanlam-prys vir jeuglektuur.

    2008 – Slym en die gogga-sirkus. ATKV-Woordveertjies vir die teks en die illustrasies.

    2009 – Verneukkind (kortverhaal) Finalis in MML-kortverhaalkompetisie. Die verhaal verskyn in die bundel Sussie Veer is dood.

    2009 – Onderwêreld. ATKV-Woordveertjie.

    2009 – Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood. ATKV-Woordveertjie.

    2010 – Slym en die beker van geluk. 2 ATKV-Woordveertjies vir die teks en die illustrasies.

    2010 – Poenk. Naaswenner in Lapa se jeugromankompetisie. (Word in 2012 gepubliseer as Betower)

    2011 - Nova: Die Begin. ATKV-Woordveertjie

    2012 – Grilbrigade. ATKV-Woordveertjie

    1

    D

    AAR IS BLOED

    op Buyi se vuiste. En bloed op die ou voor hom se gesig. Sy naam is Jonathan. ’n Klomp leerders drom saam om hulle in die skoolgang. Jonathan lê nog op die vloer. Hy kyk op na Buyi. Sy oë uitdagend. Hy glimlag toe hy die bloed van sy oogbank wegvee.

    Lucky shot! sê hy.

    You want some more then? In ’n oogwenk speel die vuishou wat Jonathan vloer toe gestuur het, oor in Buyi kop. Die spanning in sy spiere. Knersende tande. Die oomblik toe hulle oë ontmoet. Pyn skiet deur sy vuis en blits op met sy arm toe die hou val.

    Die spul ouens en meisies om hulle is soos ’n trop hiënas, steeds honger vir meer.

    En toe kom die onderwyser.

    Daar is moeilikheid aan die broei. Buyi weet dit net. Dae lank al voel hy dit aan. Dit stoot op deur die koue, nat strate. Oral waar hy gaan, asem hy dit in: die oorvol treine van die Londen Underground, klaskamers, die koerantstalletjie op die straathoek. Dit gaan nou al vir weke so aan. En dit maak hom bang.

    Dit is laatmiddag. Vrydag. Hy vat die roltrap en uiteindelik ontsnap hy uit die bedompige ondergrondse treintonnels. Agter hom hoor hy nog ’n straatmusikant se saksofoon. Die oggendreën lê steeds op die strate. Spikkels lig van winkelvensters spieël op die nat sypaadjies, soos diamante onder die sole van verbygangers.

    Hy hoor mense se voetstappe en wonder skielik of hulle syne kan hoor. Hy wonder of hulle ooit luister, of hulle ooit omgee.

    Natuurlik nie, dis Vrydag. Hulle wil so gou moontlik by die huis kom. Grys wolke hang swaar oor die stad. Dit gaan binnekort weer reën.

    Moeilikheid, dink hy. Daar is beslis moeilikheid aan die broei.

    Die benouende vrees maak dat hy sy pas versnel. Hy soek na troos in die warmte van sy baadjie, in die bekende omgewing, die mure oortrek met graffiti. Maar die onrustigheid bly op sy hakke. Dit jag hom soos ’n dier.

    Terwyl hy loop, vang sy oog sy weerkaatsing in ’n winkelvenster. Swart gesig, kake geklem van die koue. Die sny op sy lip.

    En hy voel soos ’n vreemdeling.

    Hoekom? Hy woon nog sy hele lewe lank in Londen. Hy bly hier saam met sy ma in ’n tweeslaapkamer-woonstel bo die bakkery. Hy gaan hier na ’n staatskool toe.

    Maar op ’n manier ís hy ’n vreemdeling.

    Buyisiwe. Sy naam eggo in sy kop. ’n Vreemdeling se naam. Hoekom nie James, Chris of Peter nie? Of dan selfs Jonathan? Hoekom nie enige ander naam soos die meeste ouens in die skool nie?

    ¤

    Hy is skaars ’n blok van hulle woonstel af toe die reën in harder vlae uitsak. Hy het intussen stadiger begin loop, maar sit nou weer spoed aan. Sy klere is koud en nat toe hy uiteindelik voor die deur staan. Hy blaas sy asem hard uit, vasberade om sy vrees buite te los. Toe stap hy in, sonder om terug te kyk.

    Binne voel dit warm. Veilig.

    Hy stoot sy hoodie terug en vat die trappe na die tweede vloer.

    Skreeuende stemme klink op uit een van die woonstelle. Hy ignoreer dit soos altyd. Hulle sal een of ander tyd ophou, maar nie voordat daar ’n geklap van deure en ’n gebreek van glas is nie. Hy ken nie die mense wat om hulle bly nie. Elke nou en dan sien hy een van hulle in die portaal, op die trappe of in die gang, maar hy weet nie eens wat hulle name is nie.

    Hulle ken ook nie syne nie.

    Hulle gee nie om nie, hy ook nie.

    Sy ma is nog nie terug nie, sien Buyi toe hy die woonsteldeur oopsluit. Hy sit die TV aan op pad kombuis toe. Agter hom doof die strokiesprentklanke van Tom and Jerry die res van die wêreld uit. In die kombuis vat hy ’n paar slukke melk sommerso uit die kartonhouer. As sy ma hom nou moet sien . . .

    How many times do I have to tell you to use a glass?

    Dis wat sy sal sê. Hy doen dit soms net om haar kwaad te maak.

    Hy sit die melk terug, krap deur die yskas en kom af op die vorige aand se oorskiet-pizza. Die kaas het intussen verkleur na ’n onsmaaklike vaalgeel met olywe, pynappel en stukkies salami bo-oor gestrooi. Hy gril, maar sy maag skree so dat hy dit tog maar uithaal en in die mikrogolfoond druk.

    Terwyl die pizza opwarm, slenter hy terug sitkamer toe. Hy val op die bank neer en maak homself gemaklik met ’n paar kussings. Eindelose beelde flits oor die TV-skerm, maar hy gee nie eintlik aandag daaraan nie; sy gedagtes bly teruggaan na die geveg by die skool. Daardie verpeslike Jonathan verdien alles wat hy gekry het, sê Buyi vir homself en vou sy arms oor sy bors.

    Zulu! hoor hy nog Jonathan se stem in sy ore.

    What are you doing here, Zulu? Why don’t you go live with your people?

    Your people. Jou mense.

    Hierdie ís sy huis. Hy ken nie ’n ander plek nie.

    Vies verander Buyi die TV-kanaal en staan op om die pizza te gaan haal.

    Maar tog weet hy dis nie net Jonathan se woorde wat hom vandag so pla nie. Daar is iets anders: vanoggend se haastige gesprek tussen hom en sy ma.

    Ons moet praat, het sy gesê.

    Nie nou nie, ek’s laat.

    Dis belangrik, Buyi.

    Ma!

    Vanaand dan. Wanneer ek terugkom van die werk af.

    Hy weet iets pla haar ook. Dit gaan nou al vir meer as ’n maand so aan. Hy wou haar nie daaroor vra nie. Hy het geweet sy ma sou hom vertel wanneer sy gereed is.

    Moeilikheid, sê ’n stem in sy agterkop.

    Daar is moeilikheid aan die broei. En dit is nie iets wat ’n mens sommerso buite kan laat nie. Die moeilikheid is reeds binne die woonstel.

    2

    B

    UYI SE MA

    sug toe sy by die voordeur instap. Donker merke kring onder haar oë en haar gesig is bleker as gewoonlik. Haar blonde hare is deurmekaar en haar klere is gekreukel. Inkopiesakke beur aan een hand en ’n pizzaboks hang skeef in die ander.

    Sy probeer die deur oophou met haar voet.

    Moenie net daar lê nie, Buyi, kom help my, sê sy met haar verfynde Engelse stemtoon.

    Wat? Al weer pizza? kla Buyi toe hy van die bank af opstaan. Ons het gisteraand ook gehad.

    Ek is gedaan. Ek gaan nie kosmaak nie. Jy is in elk geval mal oor pizza.

    Ja, maar nie elke liewe dag nie. Hy laat val die boks op die kombuistoonbank en help sy ma met die sakke.

    Jy kon ’n bietjie hier skoongemaak het, sê sy toe sy die laaste sak neersit.

    Buyi kyk na die vuil borde op die toonbank, die oorvol vullisblik. Die res van die woonstel lyk ook nie veel beter nie.

    Ek is ook moeg. Dis Vrydag. Wie werk nou op ’n Vrydagaand?

    Wil jy hê die rotte en kakkerlakke moet ons wegdra?

    Ag, Ma kan mos môre skoonmaak.

    Ek werk môre!

    Sondag dan.

    Sy ma sug weer en vee oor haar gesig. Toe sy haar hande langs haar sye laat val, is daar skielik trane in haar oë. Sy vee hulle nie af nie, maar leun net aan teen die toonbank. Jy maak die lewe ook nie makliker vir my nie, weet jy, Buyi?

    Dis net vuilgoed, Ma, niks om oor te stres nie.

    Nee, dis meer as dit, Buyi. Jy help nie in die huis nie. Ek sukkel om kos op die tafel te hou, ’n dak oor ons koppe.

    Hy rol sy oë, maar sy gaan aan.

    Weet jy hoe moeg is ek al daarvoor? Maar ek sien nou ek het die regte besluit geneem.

    Watse besluit? Die vrees is dadelik terug. Hy het sy ma al vantevore moeg gesien, maar nou is dit anders. Hierdie klank in haar stem het hy nog nie voorheen gehoor nie. Dis amper asof sy moed opgegee het. Asof sy soos ’n vasgekeerde dier uit ’n hok probeer ontsnap.

    Ek wou jou vanoggend vertel, maar jy was so haastig. Ek het dit toe maar laat gaan. Ek het gedink, laat ek weer vandag oor die hele ding dink. Dan sal ek besluit.

    Sy ma draai weg. Die trane stroom nou oor haar gesig. Haar skouers ruk. Buyi wil sy arms om haar sit, maar hy kan nie. Dis asof daar ’n muur tussen hulle is.

    Jy weet ek neem nie sommer net besluite nie. Ek oordink alles goed . . . En hierdie keer was dit nie maklik nie. Dis seker die moeilikste besluit wat ek nog ooit geneem het.

    Ma? fluister hy.

    Die ding wat vandag by die skool gebeur het, het alles bevestig. Dit was amper soos ’n teken.

    So, Ma het daarvan uitgevind?

    "Die skool het

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1