Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Elke dogter het 'n ma
Elke dogter het 'n ma
Elke dogter het 'n ma
Ebook204 pages3 hours

Elke dogter het 'n ma

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Plesierige, meesleurende debuutroman oor ’n eksentrieke familie. Dit boei die leser van bladsy een met die besluit van die jong hoofkarakter, Bibi, om haar verlowing te breek, haar lang hare af te sny en Europa toe te verkas – met die seën van haar enkelma Frieda. Die tempo is energiek, die karakters interessant en geloofwaardig. Bibi soek haar familie in Italië en Nederland op, vind nuwe belangstellings en insigte, kom uiteindelik ’n bietjie ouer en wyser terug Suid-Afrika toe. Tussen familiefeeste en konfrontasies deur maak sy vrede met baie dinge. Te midde van die leesbare en ligte aanslag skuil die versoenende, positiewe gedagte van die saamkom van familielede uit ’n klein diaspora. “’n Kleurryke familiesage wat moeilik is om neer te sit!” – Margot Luyt
LanguageAfrikaans
Release dateJun 30, 2013
ISBN9780798158244
Elke dogter het 'n ma

Related to Elke dogter het 'n ma

Related ebooks

Related articles

Reviews for Elke dogter het 'n ma

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Elke dogter het 'n ma - Madeleine Volschenk

    bibi.jpg

    Hoofstuk 1

    Oktober 2007

    Bibi se bed is vol hopies swart klere.

    ’n Jas, ’n serp, handskoene want Holland is vrek koud. ­’n T-hemp, kortbroek en miniromp want Italië word nooit regtig koud nie. Skoene is ten minste maklik – sy dra by alles haar verweerde werkerstewels en hou haar doof as iemand tekkies of, behoede haar, hofskoentjies voorstel.

    Kom jy terug? vra haar ma van die kamerdeur af.

    Natuurlik, antwoord sy outomaties en bly kop onderstebo totdat sy Frieda hoor omdraai, hoor wegstap. Maar sy weet nie of dit die waarheid is nie en sy weet haar ma weet dit. Trouens, sy vermoed haar hele familie verstaan iets hiervan – almal loop al weke katvoet om haar.

    Toe sy die Woensdag ná haar laaste drama-eksamen haar woe­­dende, swartgekleurde hare stomp afgesny het, het hulle al versigtig om haar gedraai. Hulle het immers al vantevore ag­ter­gekom wat haresny vir haar beteken: Ek-is-omgekrap-maar-wil-nie-daaroor-praat-nie.

    Toe sy twee dae later aankondig dat sy nie net drama opskop nie, maar dat haar en Dewald se verlowing af is, is sy bed toe. Sy het geweet haar ma gaan almal bel: raad vra, skouer huil, katvoet aanbeveel.

    Haar ouma en oupa het kom kuier en soetjies in die gang gefluister, kos gebring. Haar oom en tannie het agter toe deure met haar ma kom gesels, kos gebring. Haar oumagrootjie het in die sitkamer kom sit en hekel.

    Bibi het besef dat hulle haar daar gaan laat lê tot sy self besluit om beter te voel. Drie dae nadat sy die kamerdeur ag­ter haar toe­getrek het, het sy dus maar opgestaan, gebad, hare gewas, haar beddegoed afgetrek en aangekondig dat sy Eu­ropa toe gaan.

    Die familie, so tipies van hulle aard, praat entoesiasties saam. Niemand probeer haar rede laat insien nie, niemand wys haar daarop dat sy studieskuldverantwoordelikhede het nie – hope. Dit is immers nie die eerste keer dat sy opskop nie.

    Ook het niemand gevra waarom sy en Dewald uit is nie.

    Hulle is die redelikheid self – soos gewoonlik. ’n Eienskap van haar familie wat Bibi nog altyd geïrriteer het. Hulle het immers almal van Dewald gehou, hom soos familie begin be­handel. Nou maak hulle eenvoudig asof hy nooit bestaan het nie – met bestudeerde goeie maniere. En al is Bibi dankbaar daaroor, irriteer dit haar ook. As iemand tog net met haar wil baklei, ’n verduideliking eis, haar voor stok kry. In plaas daarvan gooi hulle haar toe met raad en hulp en … redelik­heid.

    Jy moet by Jansen in Italië gaan bly, hy is my broerskind, het ouma Riek gesê.

    Jy moet daai suster van my saambring as jy terugkom, het Gep, haar twee-en-tagtigjarige oumagrootjie, gesê en tante Els se adres in haar hand gestop.

    Kom sien my môre vir ’n lening, het Fanie, haar ma se broer, bygevoeg.

    As Bibi eerlik is, weet sy nie wat haar besiel het om te sê sy gaan Europa toe nie. Miskien het sy gehoop iemand sou haar daaruit praat, maar in plaas daarvan het haar familie se entoesiasme haar opgesweep en, helaas, vanaand vertrek sy – Italië toe.

    Het jy genoeg geld? vra Frieda toe hulle koue koffie wegsluk op die lughawe. Fanie was nie seker daaroor nie, sê as ek moet help.

    Bibi sou kon doen met nog geld, want ten spyte daarvan dat Fanie se restaurant goed doen, was sy lening nie groot nie. Sy tweelingseuns is ’n finansiële handvol en boonop is Hannatjie swanger met nog ’n tweeling. Maar Bibi knik net.

    Jansen kry jou op die lughawe? probeer haar ma weer ’n ge­­­sprek aanknoop.

    Nee, maar hy’t gesê wat ek moet doen om in Modena te kom.

    Bibi is bang vir die onbekende, maar sy wil nie hê haar ma moet dit weet nie – bang dat simpatie haar weerloos sal laat voel. Ook is sy nie lus om die geskenk van ’n goeie gesindheid vir haar ma te gee nie – daarvoor is sy te kwaad.

    As iemand haar sou vra om te verduidelik waarom sy so kwaad is, sou sy dit moeilik vind. Sy weet dis nie haar ma, dié se verdomde verbeelde suster of haar ouma se skuld dat sy op twee-en-twintig nog geen rigting het nie; dat sy reeds twee keer op universiteit gefaal het en dat sy nie ’n liefdesverhouding kan volhou nie. Maar kwaad is sy, woedend eerder, en dis juis oor dié woede dat sy weggaan. Al dink haar familie dis om oor Dewald te kom.

    Ek is bly jy het ten minste familie by wie jy kan oorslaap, sê Frieda.

    Jansen het voorgestel dat ek eers ’n dag of twee in Rome bly voor ek die trein vat Modena toe, sê Bibi moedswillig. Dit laat haar ma behoorlik na haar asem snak.

    Bibi sê nie dat Jansen presies verduidelik het wat sy moet doen as sy in Rome kom en hoe om dan by Modena, waar ­hy woon, uit te kom nie. It’s easy, het hy haar trouens verseker, all information is easy to access. And ask if you need help. Everyone in Rome can speak English, het hy bygevoeg.

    Moet Ma nie maar gaan nie? vra Bibi ongeskik, maar Frieda hou haar doof.

    Dank Vader het Bibi dit reggekry om die res van die familie te oortuig om nie ook lughawe toe te kom nie. Sy kan haar die gedoente goed verbeel: haar teatrale ouma, haar vreemde ou­magrootjie … en Bibi I. Die gedagte laat haar behoorlik ril.

    Hoe is Jansen familie van my? vra sy. Sy en haar oupa het ure omgepraat oor die familiebande, maar sy moet op ’n manier die aandag van haarself aflei.

    Jansen is jou ouma se broerskind. My neef, met ander woor­de, antwoord Frieda. Ek het hom nog nooit ontmoet nie. Ek was so drie, vier toe oom Jaap weg is Italië toe. Ek kan hom ook nie rêrig onthou nie.

    Jaap was mos ouma Riek se tweelingbroer?

    Dis reg, ja.

    En toe hy na Italië emigreer, het broer en suster mekaar nooit weer gesien nie?

    Ja. Jaap het verlief geraak op ’n bruin meisie … Mona, as ek reg onthou. Dit was groot gedoentes, hoor, veral toe sy swanger raak.

    Ek kan imagine.

    In Suid-Afrika kon hulle nie bly nie – nie toe nie.

    Oor apartheid?

    Ja, en toe is hulle na Italië.

    Maar hoekom nie maar terug Holland toe nie?

    Frieda trek slegs haar skouers op.

    En niemand in die familie het hulle weer gesien nie? Bibi sukkel om dit te glo, om dit te verstaan. Haar familie is so vas aanmekaar. ’n Tweeling wat bande verbreek – in háár fami­lie.

    Baie van daardie detail onthou ek nie. Ek dink hulle het wel geskryf en soms gebel, maar hulle was kwaad vir mekaar en hulle het nie moeite gedoen om mekaar te probeer sien nie. Natuurlik geglo eendag in die toekoms sal hulle vrede maak en mekaar weer sien …

    En toe gaan hy dood.

    Dis tóé eers dat die volle omvang van haar verlies jou ouma tref.

    Haar ma se formele, amper outydse manier van praat is nog iets wat Bibi soms onderkry. Sy knik egter net. Ek ont­hou dit.

    Sy was in graad sewe en het op daardie stadium elke middag na skool by haar oupa en ouma haar huiswerk gaan doen. Dié middag was haar ouma met mening in die kombuis aan’t wer­s­kaf en sy het nie ’n woord gesê nie. Bibi was al gewoond aan haar ouma se gekook, maar sy het geweet hierdie is iets anders. Dit was oupa Sarel wat vir haar gefluister het dat haar ouma se tweelingbroer in ’n motorongeluk oorlede is. Bibi het nie eens geweet haar ouma het ’n broer gehad nie.

    In die volgende paar weke het sy haar ouma sien kook asof haar lewe daarvan afhang. Riek het haar oudste kookboek – nog in Hollands – gaan uitgrawe, haar voorskoot aangetrek, haar hare vasgebind en oupa Sarel winkel toe gestuur met ’n lys bestanddele. Bibi onthou die yskas propvol disse – baie min daarvan eetbaar.

    Sy roer haar trane saam met daardie bestanddele in alles in, het Fanie vir haar ma gefluister.

    So, Jansen is my half-Hollandse, half-kleurling Italianer-neef, sê Frieda.

    Genade, maar ons is kosmopolities.

    Volgens jou ouma is hy ’n oujongkêrel, maar Bibi I is oortuig hy is so skeef soos ’n drierandnoot.

    Bibi ignoreer soos gewoonlik die verwysing na haar ma se verbeelde tweelingsuster, en soos gewoonlik kom Frieda dit nie agter nie.

    Bibi I het nogal ’n neus daarvoor, selfs op skool …

    Ek verstaan net nie hoe Oumagrootjie-hulle kon toelaat dat die regering vir hulle voorskryf nie, val Bibi haar ma vinnig in die rede.

    Frieda sit haar hand op Bibi s’n. Dinge was anders toe. Die omstandighede was … dinge was anders.

    Bibi wil minagtend snork, maar sy is vir ’n oomblik gefas­sineer deur haar en haar ma se hande. Frieda streel oor haar ving­ers soos sy gemaak het toe Bibi ’n klein dogtertjie was. Haar ma se hand met die kort, versorgde naels en haar eie met die swart naellak en bonkige silwerringe.

    Hulle was familie. Dit moes iets beteken het, sê sy en ruk haar hand weg.

    * * *

    Op Rome se treinstasie word Bibi oorval deur aanbiedinge vir blyplek. Sy is voos gevlieg en wil die eerste beste aanbod aanvaar, maar onthou Jansen se aanbeveling oor ’n jeugherberg in die hart­jie van die stad. Na ’n gesukkel om padaanwysings uit mense te kry, wat nié almal Engels kan praat nie, kom sy ’n uur later by die jeugherberg aan.

    Dis skoon, soos Jansen beloof het. Die gebou is groot en dit lyk asof elke kamer, wat ses jongmense kan vat, redelik vol is. Daar is ’n tiental Amerikaners, Kanadese, Australiërs en selfs ’n meisie uit Kenia.

    Bibi deel ’n kamer met drie ander meisies. Sy is nie lus om saam met hulle uit te gaan nie en hulle los haar gou uit. As sy saans na hulle vertellings en gegiggel luister, wens sy sy kon uit hierdie kokon breek, maar dis hopeloos.

    Sy sien die Colosseum net van buite af omdat sy nie kan bekostig om in te gaan nie. ’n Moltrein bring haar by die Trevi-fontein uit, maar sy gooi nie geld in soos die ander toeriste wat wens om terug te kom nie. Saam met honderde mense gaan loop sy rond in die St. Pieters-katedraal. Staar sonder om werklik te sien na die reusebeelde van die pouse, na die volmaakte Piëta.

    Sy loop saam met die hordes deur die Vatikaan se kuns­mu­seum na die Sistynse kapel. Sit saam met hulle in eerbied onder die beroemde dak en tuur na The Last Judgement teen die een muur. Alles beleef sy asof sy êrens anders is en na ’n fliek oor iemand anders se vakansie kyk.

    Sy besef reeds op haar eerste dag in Rome dat hierdie toer­tjie nie gaan werk nie. Sy gaan nie beter voel nie, nie minder hartseer nie; inteendeel, sy het net nog meer bekommernisse om by haar lysie te voeg. Dis nou maar eenmaal waar dat jy jou­self saamvat, maak nie saak waarheen jy vlug nie.

    Maar sy het niks om na terug te gaan nie. Sy byt dus vas, huil haar elke aand aan die slaap, doen bedags toeristegoed en kry die twee dae tog om voor sy aanbeweeg na Modena.

    Al het hulle mekaar nog nooit gesien nie, nie eens op foto’s nie, eien sy Jansen dadelik. En hy vir haar.

    It is blood, Bebe, sê hy toe hy haar teen hom vasdruk. En toe: Ek bly is jy hier.

    Sy lag en huil teen sy bors.

    My Afrikaans nie … not good. Let me take a good look at you! Hy hou haar armlengte aan die skouers vas en bekyk haar krities.

    Please let me shower first before you scrutinise me!

    You are gorgeous, my dear, it runs in the family. En hy lag uit sy maag uit. Hyself is groot, oorgewig en taamlik blesserig. My father had dark eyes like you.

    Dankie, sê sy en vat skaam aan haar kortgeskeerde kapsel.

    And I love your hair, Bebe. Very chic!

    Sy glimlag dankbaar in sy rigting. In der waarheid het sy ná die dramakunde-eksamen, wat sy weet sy hopeloos gaan druip, self met ’n skêr ingeklim en toe ’n haarkapper gevra om te probeer red wat te redde is.

    But we will have to put some meat on your bony ass.

    Hulle ry saam in ’n taxi na sy woonstel. Jansen is eerstens Ita­liaans, dan Engels en dan so ’n bietjie Afrikaans.

    My mother spoke only Afrikaans to me until I was seven and then, because the neighbours’ kids made fun of me, I refused to answer her back in Afrikaans. I am very sorry about that now, especially since she never learnt Italian. It now feels as if, because I did not speak her language, I never got to know her.

    Bibi is te bang om te vra, maar kan aflei dat sy ma ook al ’n paar jaar oorlede is. Sy kry skaam vir haar familie wat, ten spyte van haar ma se dun verskoning van die politiek van die tyd, nooit die moeite gedoen het om Jaap se vrou te leer ken nie.

    I can still remember her songs.

    En toe sing hulle saam Daar kom die Alibama en Emma ko lê ma sodat die taxibestuurder vir hulle in die truspieëltjie glim­lag.

    Jansen se woonstelletjie, in die hartjie van Modena, is deurmekaar. Hy is ’n poskantoorklerk – en Bibi moet ’n glimlag onderdruk oor haar fantasie van ’n kleurvolle, kosmopolitiese oom. In Italië, het sy reeds in Rome besef, is daar min klem op werkstatus. Werk is werk; dit bepaal nie wie jy is soos in Suid-Afrika nie.

    Hy skuif koerante eenkant toe en bedien spaghetti met ’n geu­rige tamatie-en-kruiesous kort nadat sy haar rugsak in sy piep­klein gastekamertjie neergesit het. Hy sê hy wil later die aand na ’n opera op televisie kyk, maar eers lê hulle familiebande uit.

    Bibi kan aan sy praat aflei die hele apartheidsding het by hom verbygegaan. Hy weet van die bitter trane wat in Suid-Afrika ge­stort is, maar verstaan daar weinig van.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1