Sêgoed met slaankrag: 3 000+ van die slimste, snaaksste en soms onnoselste Suid-Afrikaanse aanhalings
1/5
()
About this ebook
George Claassen
George Claassen is 'n bekroonde wetenskapjoernalis en gereelde artikelskrywer vir die Afrikaanse dagblaaie. Hy is die skrywer van 'Geloof, bygeloof en ander wensdenkery' asook medesamesteller van 'Die groot aanhalingsboek' en 'Goed om te weet'. Hy was hoof van die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch tussen 1994 en 2001.
Related to Sêgoed met slaankrag
Related ebooks
Sê dit beter: Volume 1 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGesprekke oor die lewe: Die laaste gedagtes van IL de Villiers Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Tyd van die kombi's Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMelk die heilige koeie: Van baarde en banting tot Zupta en zol Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBlou Maandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSo is dit nou: Nog stories van gister en vandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMediterreense herinneringe: Reisvertellings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAsbesmiddag Rating: 4 out of 5 stars4/5Gedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNuwe Stories Rating: 2 out of 5 stars2/5Brouhaha Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSeks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier Rating: 2 out of 5 stars2/5Witboy in Afrika Rating: 4 out of 5 stars4/5Trekkerswee Met tekeninge van J.H. Pierneef Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLojale verset Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMonochroom Reënboog Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk was daar toe Hy aan die Kruis gehang het en ander verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKlassiek reeks: Kroniek van Perdepoort Rating: 2 out of 5 stars2/5Die dag ná die rowers opgedaag het: Leef hier en nou Rating: 5 out of 5 stars5/5Wonderboom Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSirkusboere Rating: 4 out of 5 stars4/5So was dit: Stories van gister en vandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRigtingbedonnerd Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsFreek Robinson: Op die man af Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsArmblankes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPlesierengel Rating: 5 out of 5 stars5/5Gam Se Tjind Rating: 5 out of 5 stars5/5Kamphoer Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHartstories van ons land se boere Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBinnekring van Spookasems: Stories oor die lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Sêgoed met slaankrag
1 rating0 reviews
Book preview
Sêgoed met slaankrag - George Claassen
Sêgoed
met slaankrag
3 000+ van die slimste,
snaaksste en soms onnoselste
Suid-Afrikaanse aanhalings
GEORGE CLAASSEN
Tafelberg
Oor die uitleg
Die uitleg van aanhalings in hierdie digitale uitgawe van Sêgoed met slaankrag mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op veral die gedigte.
Voorwoord
"Al te veel woorden versmoren de waarheid," het die Vlaamse priester-digter Guido Gezelle beklemtoon; in dié versameling van wat Suid-Afrikaners oor meer as drie eeue in woorde vasgevang het, bly Gezelle se woorde jou by omdat so ’n byeenbring van sêgoed, soms swaarwigtig in digterlike formaat, spottend, kru, kwytgeraak in die hitte van die stryd om gehoor te word, of verskietend in die hemelruim van ’n era, net spatsels van ’n tyd kan weergee. Konteks moet behoue bly sonder om ’n frase of paragraaf ellelank uit te rek, dus ’n delikate balans om die woorde van die verlede steeds relevant te maak vir die eeu van die internet met sy woordvlugtige oppervlakkigheid.
En dan is daar die probleem van woordbeperkings wat die uitdaging om te ontkom aan Shakespeare se Words, words, mere words, no matter from the heart
, soveel uitdagender maak, verder ook met Horatius se Sunt verba et voces, praetereaque nihil, daar is die woorde en stemme en niks meer nie, in gedagte.
Wat dan hier aangebied word, is hopelik meer as net woorde en stemme omdat dit iets van die tydsgees van Suid-Afrika en sy mense reflekteer. Dit maak nie aanspraak op ’n volledig geskilderde portret nie, maar eerder kwashale wat die buitelyne van ons samelewing probeer uitbeeld.
Wat onteenseglik blyk uit die woorde hier aangehaal, is dat Suid-Afrika geen vervelige land is nie. Dit rumoer, vibreer, stu opdyend en sing in woorde, dit jubel en treur en raak sentimenteel, befoeterd, beledigend, wysgerig.
Wie sal in enige ander land wil woon as jy na hierdie woorde van sy mense kyk?
My dank aan die twee Annies, Olivier en De Beer, wat as redakteurs met geduld gewag het dat hierdie versameling beslag kry. Maar ook aan Linette Viljoen met wie ek al oor jare as redakteur en skerp leser kon saamwerk.
GEORGE CLAASSEN
Somerset-Wes en El Vicario, Andalusië, Maart 2014
Opgedra aan my pa, George,
en my ma, Nella,
mense van die boek.
Afrika en Afrikane
Seën ons Here God, seën Afrika.
Laat sy mag tot in die hemel reik,
Hoor ons as ons in gebede vra,
Seën ons in Afrika,
Kinders van Afrika.
ENOCH SONTONGA,
onderwyser, koormeester en komponis,
Nkosi sikelel’ iAfrika
, 1897
Ontsaglike geduld: Afrika se beste kenmerk,
en sy ondergang.
DENIS BECKETT,
joernalis en redakteur van Frontline (1979–1991)
Daar is nie iets soos Afrika-tyd nie; daar is wel iets soos
om ander se tyd te mors.
JONATHAN JANSEN,
onderwyskundige, Briewe aan my kinders, 2012
Die hergeboorte van Afrika beteken dat ’n nuwe en unieke beskawing binnekort tot die wêreld gevoeg sal word. Die Afrikaan is nie ’n proletariër in die wêreld van wetenskap en kuns nie. Hy het kosbare skeppings van sy eie, van ivoor, koper en goud, vergulde houtwerk en wapens van superieure vakmanskap. Beskawing trek na ’n organiese wese in sy ontwikkeling – dit word gebore, dit sterf en dit kan homself voortplant. Meer nog, dit is soos ’n plant, dit skiet wortel in die vrugbare aarde, en wanneer die saad op ander grond val, ontspring nuwe variëteite. Die wesenlikste onderskeiding van hierdie nuwe beskawing is dat dit diepgrondig spiritueel en humanisties sal wees – inderdaad ’n morele en ewige hergeboorte!
PIXLEY KA ISAKA SEME,
stigterslid van die South African Native National Congress
(later die ANC), prokureur, koerantuitgewer en president-generaal
van die ANC, 1906
Ons kontinent is een van opstand teen onderdrukking. En vrede en revolusie is ongemaklike bedmaats. Daar sal geen vrede wees totdat die magte van onderdrukking omvergewerp is nie . . . Maar nou stoot die revolusionêre beroerings van ons kontinent die verlede opsy. Ons mense van oraloor die kontinent, van noord tot suid, herwin hulle grond, hulle reg om deel te hê aan regering, hul waardigheid as mense, hul nasieskap. So word te midde van die onrus van revolusie die grondslag vir vrede en broederskap in Afrika deur die opstanding van nasionale soewereiniteit en onafhanklikheid herstel, van die gelykheid en waardigheid van die mensdom.
ALBERT LUTULI,
ANC-president en wenner van die Nobelvredesprys, in sy Nobelprystoespraak,
Oslo, 11 Desember 1961 ¹
. . . laat my Afrika uitnooi om verby die verlede te kyk en selfs die hede, met hul smarte en beproewings, swaarkry en mislukkings, en etlike suksesse, en homself te sien as ’n ontluikende kontinent wat deur die skulp van eeue se slawedom tot vrede uitbars. Dié is Afrika se tyd – die dagbreek van sy vervulling, ja, die oomblik dat hy moet stoei met die noodlot om die pieke van verheerliking te bereik, en sê: Ons geveg was een vir edel waardes en loflike doelstellings, en nie vir grondgebiede en die verslawing van die mensdom nie.
ALBERT LUTULI,
Oslo, 11 Desember 1961
. . . die mense van Afrika is keer op keer vertel dat hulle babas is, dat hulle ’n minderwaardige ras is, dat hulle nie enigiets waardevols op hul eie kan bereik of sonder ’n wit man as hul ‘trustee’ of ‘leier’ nie. Dié verraderlike voorstelling het hul verstand vergiftig en gelei tot ’n patologiese ingesteldheid. Daarom het die Afrikaan sy verdienstelike kwaliteite van selfrespek, selfvertroue en selfstandigheid verloor of is besig om dit te verloor. Selfs in die politieke wêreld is beweer dat Afrikane nie hulself kan organiseer of enige vordering kan maak sonder wit ‘leiers’ nie. Nou staan ek vir die opstand teen hierdie sielkundige verslawing van my mense. Ek streef na die uitwissing van hierdie ‘Ja-Baas’-mentaliteit, wat vir eeue sistematies en subtiel in die koppe van Afrikane ingeplant is.
ANTON LEMBEDE,
regsgeleerde en ANC JEUGLIGA-stigterslid en -president, 1941
Die leier van die Afrikane sal uit hul eie lendene kom.
ANTON LEMBEDE, 1943
Die wortels van beskawing lê diep in die grond van Afrika. Egipte is die wieg van die beskawing, nie net in die wetenskappe nie, maar ook in die beginsel van mededeelsaamheid. Hannibal, oorwinnaar en poligamis, het drie swart vroue gehad; Moses het met ’n Afrikaan getrou; nóg Europa nóg Asië het ’n gebrek aan Afrikabloed. Christus self het op jong ouderdom beskerming in Afrika gevind. Op pad na Golgota het sy ondersteuning van Afrika gekom.
ANTON LEMBEDE, 1940’s
Ons beskou dit as ons historiese rol om tot ’n Verenigde State van Afrika van die Kaap tot Kaïro, Marokko tot Madagaskar by te dra.
ROBERT SOBUKWE,
leier van die Pan Africanist Congress, Mei 1960
Ons staan vir ’n regering van die Afrikaan, deur die Afrikaan en vir die Afrikaan, met elkeen wat sy trou aan Afrika toesê en ook bereid sal wees om deur die meerderheid van Afrika regeer te word.
ROBERT SOBUKWE, Mei 1960
Ek weet ek is beskuldig dat ek anti-wit is, nie net deur die regering nie, maar ook deur andere. Maar daar is nie een mens wat ’n stelling van my kan aanhaal wat dit bewys nie. Wanneer ek sê ‘Afrika vir die Afrikaan’, het ek dit altyd duidelik gemaak dat ek met Afrikaan daardie mense, van enige kleur, bedoel wat Afrika as hul tuiste aanvaar. Kleur beteken vir my niks nie.
ROBERT SOBUKWE, in gesprek met die
joernalis en redakteur BENJAMIN POGRUND op Robbeneiland,
waar Sobukwe van 1963 tot 1969 aangehou is
Afrika, meer as enige ander kontinent, moes rekening hou met die gevolge van onderwerping in ’n ontkenning van sy eie rol in die geskiedenis, insluitende die ontkenning dat sy mense die vermoë het om verandering en vooruitgang te bewerkstellig.
NELSON MANDELA,
eerste president van ’n demokratiese Suid-Afrika (1994–1999) en Nobelpryswenner
Dit sou ’n wrede ironie van die geskiedenis wees as Afrika se dade om die kontinent te laat herleef ’n nuwe wedloop om Afrika ontketen wat, soos in die negentiende eeu, die kontinent se rykdom plunder en dit weer eens armer laat.
NELSON MANDELA
In die privaatheid van sy toilet, wroeg die swart man in stille veroordeling van die wit samelewing, maar vertoon vriendelikheid in beteuterde onderdanigheid as hy uitkom en hom haas in antwoord op sy baas se ongeduldige geroep. In die bus of trein op pad huis toe sluit hy hom aan by die koor wat die wit man reguit veroordeel, maar is eerste om die regering te prys in die teenwoordigheid van die polisie of sy werkgewer . . . Alles in ag genome, het die swart man ’n dop geword, ’n skaduwee van ’n man . . . ’n slaaf.
STEVE BIKO,
Swart Bewussynsleier en anti-apartheidsaktivis, I Write What I Like, 1978
Ek is ’n Afrikaan. Ek is my bestaan verskuldig aan die heuwels en die valleie, die berge en die oop ruimtes, die riviere, die woestyne, die bome, die blomme, die oseane en die altyd veranderende seisoene wat die gesig van ons moederland definieer . . . Ek is my bestaan verskuldig aan die Khoi en die San wie se verlate siele in die groot ruimtes van die pragtige Kaap heers – hulle wat die slagoffers was van die mees meedoënlose volksmoord wat ons geboorteland ooit gesien het, hulle wat die eerste was om hul lewe te verloor in die stryd om ons vryheid en onafhanklikheid en hulle, wat as gevolg daarvan, gesterf het . . . Ek is gevorm deur die migrante wat Europa verlaat het om ’n nuwe huis in ons geboorteland te vind. Wat ook al hul dade, is hulle steeds deel van my. In my are vloei die bloed van die Maleise slawe wat van die Ooste gekom het . . . Ek is die kleinkind van die krygsmanne en -vroue wat Hintsa en Sekhukhune gelei het, die patriotte wat Cetshwayo en Mphephu na die slagveld geneem het, die soldate wat deur Moshoeshoe en Ngungunyane geleer is om nooit die stryd om vryheid te versaak nie. My verstand en my kennis is gevorm deur die oorwinnings wat die juwele is in ons Afrika-kroon, die oorwinnings wat ons behaal het van Isandlwana tot Kartoem, as Ethiopiërs en as die Asjanti van Ghana, as die Berbers van die woestyn. Ek is die kleinseun wat vars blomme lê op die Boeregrafte by St. Helena en die Bahamas, wat in sy verbeelding die lyding kan sien en beleef van die eenvoudige, landelike mense, die dood, konsentrasiekampe, vernietigde huise, ’n droom in ruïnes. Ek is die kind van Nongqawuse. Ek is hy wat dit moontlik gemaak het om op wêreldmarkte in diamante, in goud, in dieselfde voedsel waarna my maag verlang, handel te dryf. Ek kom van hulle wat van Indië en China vervoer is, wie se bestaan alleenlik afkomstig was van die feit dat hulle fisieke arbeid kon voorsien, wat my geleer het dat jy beide tuis kan wees en van die buiteland, wat my geleer het dat die menslike bestaan self vereis het dat vryheid ’n noodsaaklike toestand vir die menslike bestaan is. As deel van al hierdie mense, en in die kennis dat niemand daardie bewering kan betwis nie, sal ek aanspraak maak – ek is ’n Afrikaan.
THABO MBEKI, Suid-Afrikaanse president,
in ’n toespraak tydens die aanvaarding van Suid-Afrika se eerste demokratiese grondwet in die parlement, 1996
Ek vind niks om die lank gekoesterde dogma van Afrika-buitengewoonheid, waarvolgens die kleur swart ’n simbool van vrees, boosheid en die dood is, te behou nie. Ek praat van hierdie lank gekoesterde dogma omdat dit steeds die verstand en gees van die Afrikaan afrem, soos die ton lood wat die slaaf uit Afrika op haar eie skouers dra, en daardeur ’n toestand in haar en die res skep wat op sigself enige aanspraak betwis dat sy in staat is tot inisiatief, kreatiwiteit, individualiteit en entrepreneurskap. Dié gewig dikteer dat sy nooit haar rug sal kan reguit maak nie om daardeur te ontdek dat sy net so lank is soos die slawemeester wat die sweep dra. Nog minder sal sy die geleentheid kry om te bevraagteken waarom die meester die wettige reg besit tot sowel die kommoditeit wat sy op haar rug vervoer en die arbeid wat sy moet beskikbaar stel om te verseker die las op haar skouers word oorgesit in dollar en jen. ’n Noodsaaklike en vereiste element van die Afrika-Renaissance is dat ons almal dit as ons taak opneem om haar aan te moedig wat die loodgewig dra, om te rebelleer, om die belangrikheid van haar humaniteit op te dwing – die feit dat sy, in die eerste instansie, nie ’n pakdier is nie, maar ’n mens en Afrika-wese.
THABO MBEKI,
in ’n toespraak by die Verenigde Nasies-universiteit, 9 April 1998
Ek is van Afrika, daarom Afrikaan, omdat ek in Suid-Afrika gebore is, grootgeword het en woon en ’n Suid-Afrikaanse
identiteitsdokument het.
FREDERIK VAN ZYL SLABBERT,
akademikus en politikus, Duskant die geskiedenis, 2006
In Afrika gebeur dinge soms agterstevoor. Soos dat die son
eers moes ondergaan oor die vasteland voordat hy opgekom het,
en nie andersom nie.
MATHEWS PHOSA,
digter en ANC-politikus, Voorwoord
, Deur die oog van ’n naald, 1996
Die swart samelewing was aan skerwe, die morele struktuur was vernietig. Ek het na ander Afrikalande gekyk, almal was in ’n gemors, mense was nie geskik om hierdie lande te bestuur nie.
AGGREY KLAASTE,
koerantredakteur, oor die redes vir sy idee van nasiebou, Sowetan, 28 April 1988
Ek het my kultuur behou. Ek het die musiek van my wortels behou. Deur my musiek het ek hierdie stem en beeld van Afrika geword sonder om eers daarvan bewus te wees.
MIRIAM MAKEBA,
sanger en bekend as Mama Afrika, Makeba: My Story, 1987
Om as ’n mens in die Afrika-kultuur geklassifiseer te word, was dit nie genoeg om op twee bene te loop nie. Jy is beskou as ’n mens op grond van wat jy gedoen het om jou medemens op te hef. Selfsugtigheid of individualisme het fronse ontlok . . . Wanneer ons wat hierdie erfenis waardeer, sien hoe sommige van ons met hul rykdom te koop loop te midde van ’n oseaan van armoede, besef ons iets is pynlik verkeerd in ons samelewing . . . Ons vrees dat die tempo waarteen die inhaliges ons hulpbronne verorber ons land droog gaan laat, en die siklus van armoede sal nie gestuit word nie.
SIMPHIWE SESANTI,
akademikus en joernalis, Cape Times, 28 September 2009
Om oor Afrika te vlieg is ’n topografie
van landmeterskap wat aan die mistieke grens –
die oog kan nooit lank genoeg rek
BREYTEN BREYTENBACH, digter en skilder,
die intensiteit van tekstuur inhibeer die strategie van struktuur
, Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde, 1993
Die heropbou van Afrika vereis die sielkundige vasmeerplekke van ’n geskiedenis van hierdie kontinent wat ons jong mense leer oor die grootsheid wat Afrika was, en ’n grootsheid wat nog bereik kan word as hulle die knuppels optel en veg en dit bou.
MATHATHA TSEDU, joernalis en koerantredakteur
1 Lutuli word dikwels gespel as Luthuli, maar hy het die eerste vorm verkies.
Afrikaans en die Afrikaner
Dat de meergenoemde Inwoonders de Nederlantse spraecke
wel sullen leer, is apparent.
LEENDERT JANSZEN en MATTHIJS PROOT, VOC-amptenare,
in die versoek om ’n verversingstasie aan die Kaap op te rig, 27 Junie 1649
’k ben een Afrikaander.
HENDRIK BIBAULT,
Kaapse inwoner, Stellenbosch, 1707
. . . als Hij met zijn bescherming met ons zal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven, dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elk jaar als een verjaardag en een dankdag, zoals een Sabbat in zijn eer zullen doorbrengen; en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten.
GELOFTE van die Voortrekkers by Bloedrivier, 15 Desember 1838
Wij konden niet altoos lopen aan de leiband van Engeland.
J.H. (ONZE JAN) HOFMEYR, redakteur van Het Zuid-Afrikaansch Tijdschrift,
vaandeldraer van Nederlands, 20 Julie 1879
. . . die meeste Afrikaanders is nes steeks perde, hulle wil mos nie glo dat ons een eie taal het nie.
DIE AFRIKAANSE PATRIOT, eerste uitgawe, 15 Januarie 1876
Is daar spotters? (Daar is seker baiang). Spot maar fluks op! Ons troos ons daarmé, julle spot uit domheid! Alle dinge word bespot. Stoom is mé gespot . . . En sou die Afrikaanse taal dan vryloop? Een Regte Afrikaander sal nie spot nie, en dis ver Regte Afrikaanders, Afrikaanders met Afrikaanse harten, wat ons skrywe, en nie ver spotters!
DIE AFRIKAANSE PATRIOT, 15 Januarie 1876
’n leder nasie het syn land:
Ons woon op Afrikaanse strand;
vir ons is daar g’n beter grond
Op al die wye wereld rond . . .
A. PANNEVIS, C.P. HOOGENHOUT, D.F. DU TOIT, S.J. DU TOIT,
leiers van die Genootskap van Regte Afrikaners
(gestig in 1875), Die Afrikaanse volkslied
Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.
C.P. HOOGENHOUT, onderwyser en ’n leier van die
Genootskap van Regte Afrikaners, Vooruitgang
, oor die verengelsing
ná die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog (1899–1902)
Ek is ’n arme Boerenôi,
By vele min geag;
Maar tog is ek van edel bloed,
En van ’n hoog geslag.
JAN LION CACHET, predikant en skrywer,
Die Afrikaanse Taal
, Ons Klyntji, April 1896
My ou skoolmeester het altyd aan my gesê ’n mens moet met
heuning vlieë vang en nie met asyn nie.
JAN LION CACHET,
na aanleiding van CECIL JOHN RHODES se steun aan die Afrikanerbond in 1886
Daar het ’n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
TOTIUS (J.D. DU TOIT), digter, teoloog,
psalmberymer, Vergewe en vergeet
, By die monument, 1908
Wij schikken ons en dragen ons lot maar die dag der wrake komt.
God is rechtvaardig en het oordeel der geschiedenis gewis. Het groote magtige Engeland dat door ons niets winnen kan, gunt ons het vrije zonnelicht des hemels niet.
T.F. BURGERS, president van die Zuid-Afrikaansche Republiek,
ná die anneksasie van die Z.A.R., 12 April 1877
Die Union Jack sal oor Transvaal waai solank as die son skyn,
die Vaalrivier sal eers stroomop vloei voordat die Engelse
die land sal prysgee.
GARNET WOLSELEY,
goewerneur van Natal en die geannekseerde Z.A.R. (Transvaal), 1870’s
Hetzij wij overwinnen, hetzij wij sterven: de Vrijheid zal in Afrika rijzen als de zon uit de morgenwolken, als de vrijheid rees in de Vereenigde Staten van Noord-Amerika. Dan zal het zijn van Zambezi tot aan Simonsbaai: Afrika voor den Afrikaner.
PAUL KRUGER, president van die Z.A.R.,
ná die Boere se oorwinning by Majuba, 16 Februarie 1881
Broeder, jy is my bondgenoot: moet nou nie die wit olifant wees om my in die Engelse kraal te lei nie.
PAUL KRUGER, aan PRES. M.T. STEYN,
kort voor die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog, Mei 1899
Geboren onder de Engelsche vlag, wens ik niet daaronder te sterven.
PAUL KRUGER,
in sy laaste boodskap aan sy volk, Clarens, Switserland, 19 Junie 1904
Ná vyftig jaar se geveg en stryd teen die Boer, sal daar geen Boer meer in Suid-Afrika wees wat Afrikaans (the Taal),
behalwe as ’n kuriositeit, praat nie; net die groot Engelssprekende Suid-Afrikaner sal oorbly.
OLIVE SCHREINER, skrywer van The Story of an African Farm (1883)
Ons volk is geen volk van soldaten: het zijn hoofden
van gezinnen, belastingbetalers . . .
M.T. STEYN, president van die Oranje-Vrystaat (1896–1902)
Zullen wij, als verstandige mannen, dan dulden dat een ellendige vrijbuiter de gruwelike rassehaat ons in den hart jaag?
M.T. STEYN, met verwysing na die Jameson-inval van 1896 in die Z.A.R.
Kan de eene Afrikaner neutraal blijven wanneer de
andere voor Afrika sterft?
M.T. STEYN, 27 September 1899
Het Hollandsch van Holland zal nooit onze taal worden,
maar het Hollandsch van Afrika, i.e. het Afrikaansch, is en zal onze taal zijn en blijven mits zij steeds gevoedt wordt uit de bron van haar oorsprong, nl. de schoone krachtige literatuur van Holland.
M.T. STEYN, 1904
Die myne is ons volk se grootste