Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vermis op Allesverloren
Vermis op Allesverloren
Vermis op Allesverloren
Ebook317 pages7 hours

Vermis op Allesverloren

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Die rykes kyk na mekaar, die armes moet na hulleself omsien. Of alle klein dorpies dit doen, weet ek nie, maar Allesverloren doen dit beslis. Aanmekaar. En die ergste van alles is dat hulle dit nie eens meer agterkom nie. Dit word net van geslag tot geslag so aangegee. Jy raak gewoond daaraan om saam met jou kliek te swem om bo te bly. Ek dink tannie Erta het moeg geraak vir swem. En omdat sy verkies het om anders te leef, het hulle haar verwerp."
Wanneer Melinda een oggend opstaan, het haar tante Erta eenvoudig spoorloos verdwyn. Hoekom lê die skêr, verf en karton nog op die kombuistafel asof sy onderbreek is? Waarom het sy nie ’n briefie gelos soos sy altyd maak nie? Jare gelede is Erta deur die dorpenaars as ’n heks gebrandmerk oor haar kruierate en eksentrieke gedrag, veral nadat Oudominee begin het met sy vendetta teen haar. Melinda vermoed onraad en al plan wat sy het is om Barrie Barnard, privaatspeurder en buitestander, in te roep om Erta te vind voor dit te laat is.
LanguageAfrikaans
PublisherKwela
Release dateSep 14, 2014
ISBN9780795706912
Vermis op Allesverloren
Author

Anchien Troskie

Dis ek, Anna is in 2004 onder Anchien Troskie se skuilnaam, Elbie Lötter, uitgegee. Die roman word oornag ’n blitsverkoper en verower in 2005 die Nielsen Booksellers’ Choice-toekenning. It’s Me, Anna, vertaal deur Marianne Thamm, word in dieselfde jaar uitgegee, en daarna volg uitgawes in Nederland, Finland, Slowenië, Thailand en Engeland. Nooit is ’n lang, lang tyd verskyn in 2008, dié keer onder Troskie se eie naam, en daarna volg Die besoeker in 2010. In 2012 word die vervolg van Dis ek, Anna in Afrikaans en Engels as Die staat teen Anna Bruwer en The State vs Anna Bruwer begroet met dawerende sukses. Anchien woon saam met haar man op ’n plaas in die Oos-Kaap.

Read more from Anchien Troskie

Related to Vermis op Allesverloren

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vermis op Allesverloren

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vermis op Allesverloren - Anchien Troskie

    Vir Wilna Pietersen –

    vriendin extraordinaire

    Of all religions, the Christian should of course inspire

    the most tolerance, but until now Christians have been the

    most intolerant of all men.

    – Voltaire

    In hours of weariness, sensations sweet,

    Felt in the blood, and felt along the heart;

    And passing even into my purer mind,

    With tranquil restoration: – feelings, too,

    Of unremembered pleasure: such, perhaps,

    As have no slight or trivial influence

    On that best portion of a good man’s life,

    His little, nameless, unremembered acts

    Of kindness and of love …

    – William Wordsworth, 1798

    Kind hearts are the gardens,

    Kind thoughts are the roots,

    Kind words are the blossoms,

    Kind deeds are the fruits.

    – Negentiende-eeuse vers wat in laerskole gebruik is

    ERTA

    Vrydagoggend

    Ek weet wie die vrou is wat die deur agter haar toeslaan. En die feit dat ek weet, is tegelyk ’n verligting en ’n verrassing. Melinda Visser, my susterskind. Sy is natgesweet, asof sy ver geloop het, dalk gedraf het. En dit in haar nagklere.

    Sy stap na die naaste stoel, sak daarin neer en verberg haar gesig in haar hande. Sy maak geen geluid nie. Die trane wat deur haar vingers glip en op haar skoot drup, is die enigste bewys van haar hartseer. Ek wil so graag aan haar raak, haar vertroos.

    Sy staan skielik op en loop kombuis toe. Daar gaan staan sy in die deur, haar blik op die tafel waarop ’n klomp goed lê: botteltjies met blinkers, gom, skêr, kryte, verf, karton. Van die botteltjies het omgeval, die inhoud lê verstrooi oor die tafel. Sy draai om en stap doelgerig na die telefoon. Ná ’n kort gesprek plaas sy die handstuk terug op die mikkie. Stil staan sy daar, haar hand steeds op die telefoon, ’n hartseer trek om haar mond, haar oë waterig, haar skouers krom.

    Dit neem konstabel Janneman Verwey tien minute om aan die deur te klop. Melinda skrik merkbaar vir die geluid. Trek dan haar skouers agteroor en maak die deur oop.

    Hy skuur verby haar met die instap. Sy sit haar hand beskermend op haar hals toe sy bewus word van sy oë wat waarderend op haar borsgleufie rus.

    Klein blikskottel! Sy’s oud genoeg om sy ma te wees.

    Wat’s die probleem, antie? vra hy, sy oë wragtig steeds dáár.

    Janneman … Die klank kom hees uit en sy maak keel skoon. Tannie Erta is nie hier nie.

    Hy frons, skud sy kop. Jirre, antie, sy loop seker in die veld?

    Sy’s nie in die veld nie! Sy is weg. Verstaan jy? Wég. Melinda kyk vinnig op haar polshorlosie. Dis net voor ses, die son is nog nie eens behoorlik uit nie. Sy loop nie meer alleen in die veld nie, veral nie snags nie, almal weet dit tog.

    Het antie haar selfoon gebel?

    Sy het nie ’n selfoon nie. Ek het hoe lank op en af in die strate geloop en roep. Sy is weg!

    Hy sug. Dan sal antie stasie toe moet kom en ’n SAPS 55 (a) moet kom invul.

    Vir wat?

    Om haar amptelik as vermis aan te gee, antie. Eers dán kan ons iets doen.

    Hemel, Janneman, dink jy wragtig ek het nou lus om in die polisiestasie te gaan staan en vorms invul?

    Ek sal dan maar die vorms vir antie …

    Sy val hom ongeduldig in die rede. Die kombuis, sy draai om, wys dat hy haar moet volg. Sy sou die plek nooit só los nie! Beduie na die tafel. Jy kan mos sien sy was nog besig. Ek dink sy is hier oorval! Ek dink daar het iets met haar gebeur … hiér.

    Ek dink antie oorreageer nou. Sulke goed gebeur mos nie hier in onse dorp nie. Sy’s seker innie veld. Hy praat rustig, ’n windlose somerdag teenoor haar woedende tornado.

    Sy’s nie in die veld nie! Hoor jy my nie?

    Antie … Hy bly ’n oomblik stil, kyk na Melinda se verwese, ontstelde gesig. Sy loop mos maar rond, al is dit deesdae nie meer so gereeld nie. Antie moet kalmeer, sy sál huis toe kom. Intussen bring ek die SAPS 55 (a) en vra solank ’n paar mense om na haar te soek. Hy stap deur toe. Dalk is sy beseer, sê hy nadenkend, maar ons sal haar kry. Daar is ook net soveel plekke waar sy kan wees.

    Melinda skud haar kop, sluk hard aan haar frustrasie. Sy’s nie iewers in die veld nie, Janneman, sy is ontvoer! Gaan praat met Oudominee!

    Oudominee? Hy draai terug na haar. Ontvoer? Nee, hel, nou jaag antie wragtig spoke op.

    Janneman! Sy staan daar, haar arms teen haar sye, haar hande in vuiste gebal. Sê nou sy is dóód? fluister sy.

    Uiteindelik registreer skok op Janneman se gesig. Ek organise ’n soekgeselskap, antie. Nou dadelik. Antie moet net kalmeer.

    Wat van Oudominee? vra sy, haar stemtoon nou meer normaal.

    Hy skud sy kop. Oudominee is baie dinge, antie, maar hy sal nie so iets doen nie.

    Hy maak die voordeur oop, en met ’n laaste blik oor sy skouer na haar draf hy die tuinpaadjie af na die vangwa wat skeef op die sypaadjie geparkeer staan.

    Sy druk die deur agter hom toe, laat rus ’n oomblik haar kop daarteen, voordat sy omdraai en uit frustrasie na die naaste tafeltjie skop. Haar voet vang dit skrams, net genoeg om dit ’n oomblik te laat wankel voordat dit omval. Die pot met die mooi pers viooltjies val af en die rooibruin grond val saam met die blomme tot voor haar voete.

    Fok! skreeu sy en skop wild na die pot.

    Dan sak sy op haar hurke neer en druk die plant hardhandig terug in die pot. Sy skep hande vol grond en druk dit langs die plant in.

    Ek is geskok oor haar krasheid, haar aggressie. In al die jare het ek haar nog nooit só hoor praat, só sien optree nie.

    Dan was dominee Du Toit tog reg. Hy het altoos loop en verkondig dat ons gebruik van Die Taal in ons gene vasgelê is en dat dit ook ons stand in die gemeenskap weerspieël. Altyd daarna verwys asof dit ’n entiteit is: Die Taal.

    Jou gebruik van en omgang met Die Taal moet te alle tye suiwer wees, het hy my ma en soms ook vir ons aangespreek, die min kere dat hy daar was vir huisbesoek. Hy’t ’n manier gehad om so bo-oor sy halfmaanbril te loer, elke woord uit sy mond geaksentueer deur sy vlesige, drillende wange. As jy nie respek betoon aan Die Taal, of Die Kerk, of Die Gemeenskap nie, hoe kan jy respek vir jou en jou gesin van hierdie gemeenskap verwag?

    Ek sien hoe Melinda haar hande, rooibruin van die grond, weer oor haar gesig sit. Die trane vloei nou vryliker, dié keer seker van frustrasie. Dan neem sy haar hande met ’n besliste gebaar van haar gesig weg en die hartseer trek om haar mond word verbete.

    Sy staan op en stap na die sideboard. Daar is ’n ligte bewing in haar hande toe sy die boonste laaitjie ooptrek. Die laaitjie wat ons die kakkieslaai gedoop het, omdat alles waarvoor ons nie ’n spesifieke plek het nie, in dié laai beland.

    Sy krap daarin rond totdat sy die koerant van twee maande gelede raak vat. Blaai daardeur totdat sy eindelik kry waarna sy soek. Sy vat ’n pen en omkring iets met soveel drif dat die papier skeur. Dan kyk sy op haar polshorlosie, sug geïrriteerd, draai terug na die kas en begin die goedjies daarop in rye herrangskik. Totdat alles presies haaks is. En dan doen sy dit weer.

    Ek wag tot die bewing in haar hande bedaar. Ek wag totdat sy weer op die punt van die rusbank gaan sit. Ek wag totdat die tyd aanbreek om die man te gaan besoek wie se naam sy so driftig in die koerant omkring het.

    Dis ’n doodgewone kamer. ’n Dubbelbed, gekoop van ’n kettingwinkel, goedkoop afdrukke van natuurtonele kunstig teen die muur gerangskik, ’n effens verweerde wiegstoel waarvan die sitplek glad is van baie aande ’n knieserige baba sus. ’n Spieëltafel met die huismense se lewe uitgebeeld in foto’s daarop. Troues, gradeplegtigheid, ’n aksiefoto van ’n jong seun wat oor ’n doellyn duik.

    Die groen flikkering van die wekker langs die bed is die enigste lig in die vertrek. Twee persone in die bed. Op die linkerkantse bedkassie staan ’n ou man se goedjies uitgestal: Vicks (Allergieë? Sinus? Of bloot verkoue? Vir al drie sou ek vir hom ’n kruiemengsel kon aanmaak), kamferroom, Grand-Pa-poeiers en oogdruppels. Daarnaas ’n verweerde, voosgevatte Bybel en ’n selfoon. Die man van die koerant lê op sy rug, sy arms agter sy kop gevou, elmboë wat hoekig uitsteek. Sy mond groot oop, sy kakebeen slap. Die snork is ’n nasale gebulder. Voete wat van die bed afhang.

    Hy is jonger as wat sy bedkassiegoeters verklap, maar reeds grys om die slape, die snor grys gevlek. Die letsels van die lewe is op sy gesig geëts. Dis ’n taal wat ek goed verstaan – die taal wat tussen die fyn lyne op ’n gesig geskryf staan. Fronsplooi tussen die oë, maar nie van beneukgeit nie, daarvan getuig die lagplooitjies. ’n Goed gebalanseerde man, wat sy humeur kan verloor, wat kan lag. ’n Denker. Sy nek is besig om die geveg teen swaartekrag te verloor. Ek skat hom in sy laat veertigs, miskien vroeë vyftigs. Daardie verwarrende ouderdom wanneer jy te jonk voel om oud te wees en te oud is vir jonk wees.

    Op die ander bedkassie liefdesverhale, ’n Bybel en ’n bedlampie. Die vrou lê in die fetusposisie met haar rug na haar man. Fyn snorkgeluidjies ontsnap uit haar halfoop mond. Haar gesig is nog redelik glad, die tekens van die ouderdom nog nie so duidelik sigbaar nie. Maar die vel tussen die twee sagte borste is verkreukel; die are op haar hande staan reeds blou uit.

    Hoe weerloos is die mens wanneer hy slaap.

    Hoe beny ek hulle nie hierdie ouderdom nie. Wanneer die ledemate nog taamlik soepel is, en as die styfheid nou en dan toeslaan, is dit nog nie heeltemal waar nie. Wanneer jou sig nog taamlik goed is. Wanneer bejaardheid nog in die verte lê en wink.

    Nou kan ek myself seker voorstel: Erta van Tonder (née Visser), aangename kennis. Van vanoggend word ek amptelik deur my susterskind vermis. Ek vermoed dat ek al van gisteraand af vermis is. Daar is geen wit lig wat my omhul nie, ook nie ’n ewigdurende hel van vlamme waarin ek my bevind nie. Ek is in limbo. Sonder geheue oor hoekom ek is waar ek is.

    Ek voel soos ’n prentjie in ’n kleuter se inkleurboek, net in trurat. Die kleure is uitgewis, die buitelyne vaag. Net ’n dowwe beeld bly oor. Ek moet die buitelyne weer trek, ek moet die kleure weer invul, ek moet alles weer beleef. Sodat ek kan weet hoekom. En waar. As ek kon, sou ek dit gespaar wou bly. Nie alle herinneringe is soet nie.

    Die jaar toe die Kasteel in Kaapstad tot ’n nasionale monument verklaar is, toe die jong Amerikaanse atleet Jesse Owens vier goue medaljes by die Berlynse Olimpiese Spele gewen het, drie jaar ná die Groot Depressie en drie jaar vóór die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, is ek gebore. 1936. Derde in die ry van ses kinders.

    Ma se tyd het haar onverhoeds betrap waar sy besig was om ertappels op te erd. Die pyne was so erg dat sy nie die huis kon haal nie. Sy het die seuns aangesê om te help. Daar in die middel van die ertappelbedding is ek gebore. Met onpaar oë, ’n bloue en ’n groene. Tussen die moere en die swart grond. Toe noem sy my Erta. Ek het my kruis daardie dag al opgetel.

    Ek kan dit onthou, my geboorte. Al het Ma gesê dis nonsens, niemand onthou hulle geboorte nie. Ék het. Die benoude, bedrukte gevoel. Die vrees om die warm waterkokon te verlaat. Die wete dat ek nie ’n keuse het nie. Die reuk van grond en ertappels. Die groot oë van my broers, my ma se natgeswete lyf toe sy my teen haar bors druk. Die vinnige maar gerusstellende klop van haar hart. Ek onthóú dit.

    Agtuur en die man van die koerant en sy vrou sit aan vir ontbyt. Hy is lank en breed om die middel. Die vrou is effens aan die mollige kant, met skoenlapperhande: gee vir hom die margarien aan, die stroop, nog kaas, fladderend bo die ontbyttafel. Die stilte wat in die vertrek tussen hulle hang, is hoorbaar. Toe die telefoon lui, staan sy op, dankbaar vir die onderbreking.

    Haar lippe beweeg, haar kop knik. Sy plaas die telefoon versigtig terug op die mikkie. Druk haar hare reg en draai om.

    Dit was ’n Melinda Visser, sê sy toe sy weer by die tafel gaan sit en haar koppie koffie nadertrek. Haar tante van agt-en-sewentig jaar word vermis. Op Allesverloren, jy weet mos? Die dorpie nie ver hiervandaan nie? Ek het nog eendag aan jou genoem dat ons soontoe moet ry, sommer net om die omgewing te bekyk.

    Sy kyk afwagtend na haar man. Toe sy geen antwoord kry nie, vervolg sy: Dis nie te ver nie, Barrie. As jy nou-nou ry, is jy elfuur daar.

    Hy plaas sy mes en vurk netjies langs mekaar op sy leë bord, vee sy hande tydsaam aan ’n klam lap af. Hy doen dit alles sonder om na haar te kyk, sonder om op haar mededeling te reageer.

    Sy stoot haar koffiekoppie terug en staan op. Ek pak gou vir jou. En ek sal bel vir verblyf.

    Hy bly so sit, dit kan sekondes wees, of minute, voordat hy opstaan en deurstap kamer toe.

    So goed soos wat ek my geboorte onthou, so vaag is die gebeure van die volgende ses jaar. Omdat dit van geen noemenswaardige belang is nie? Geen betrekking het nie? Dalk.

    Dít onthou ek wel: my pa wat die reuk van veld saam met hom by die huis indra. Bossies, gras, modder, die mis van vee, die reuk van konkavuur, sweet en stof en sigarette. En bo-oor dit alles ’n soeter, lekkerder reuk.

    Dié reuke het nie lank gehou nie, dis vinnig vervang deur die reuk van brandewyn.

    Volgens my ma was Grootkoos Visser in sy jeug ’n man van formidabele statuur, vandaar die naam. Hy het hom klein gedrink, het sy vertel, die ene knopperige knieë en elmboë. Die sleutelbene wat hoekig uitstaan, dis wat ek die beste onthou. En sy permanente frons, asof hy gebore is om bekommerd en bedonnerd deur die lewe te gaan. Mondhoeke wat altyd afwaarts neig. My onbetrokke alkoholispa.

    Grootkoos Visser was Allesverloren se funksionerende alkoholis. Ek vermoed dat elke plattelandse dorpie een van hulle gehad het – ten minste in daardie jare. Die alkoholis wat weg van die huis en soms ook die omgewing werk. Die omgewing wat nou nog spog met boorgate wat deur sy bekwame, alhoewel bewende, hande aangewys is.

    Een keer per maand, soms veel langer uit mekaar, het hy huis toe gekom. Waar hy driekwart van sy verdienste uitgesuip en sy vrou swanger gemaak het. Die oorblywende kwart van die bitter min geld het hy vir haar gelos om mee aan te sukkel. Tot hy weer op ’n dag voor die huis stilhou, ’n sak met bottels brandewyn in die een hand en ’n sak met vuil wasgoed in die ander. Sy vuil skoene het hy voor die deur uitgeskop en daarna het hy heeltyd net met sokkies aan rondgeloop.

    Dit was my werk om sy skoene skoon te skrop en te politoer. Moeilike werk, want dit was weke se modder en mis wat aan die sole gekleef het. En hy sou elke nou en dan op die stoep uitstap en met ’n krom vinger nog ’n vuil plek uitwys. Wanneer hy eindelik weer die pad gevat het, was die skoene so blink soos wat hý die hele tyd by die huis was. Dan kon ek ’n sug van verligting slaak. Tot hy weer daar sou aankom.

    Een jaar het hy met my twee ouer broers die pad gevat. Toe was daar skielik drie pare skoene om skoon te maak. En dis hulle wat die raaisel van die soet reuk wat soos ’n wolk om hom gehang het met sy aankoms en wat ná ’n paar dae verdwyn het, vir my opgelos het. Grootkoos het nie op die job gedrink nie, kan jy nou meer? Daar, het my broers vertel, het hy niekerbôls gesuig. En bewaar jou siel as jy durf raak aan sy pakkie swart lekkers.

    Vir ons kinders het hy nooit iets soets saamgebring nie. My ma het darem dan en wan, wanneer daar genoeg meel en eiers was, iets soets gebak. Winkellekkers het ons nie geken nie.

    Die essens van my pa: brandewyn en sigaretrook.

    My ma was ’n tuinier van formaat. Groente het onder haar groen vingers gedy. En die hande met daardie groen vingers was oop vir haar gemeenskap, die onderdorp. Wanneer haar groenteoes goed was, het sy mildelik uitgedeel. Al het my pa gebrom dat hulle nie ’n blaar uit haar tuin verdien nie.

    Tien gesinne in die onderdorp, en net ou ant Saar van oorkant het ooit by ons aan huis gekom. Dan het sy Ma se hare styf in krullers gedraai, sigaret wat slap in haar mond hang, en sonder ophou gekla. Oor haar sleg man, haar ondankbare kinders, die goewerment, min geld, die pyn op haar bors. Sy het twee seuns gehad. Die oudste het met ’n slap nek en spoegmond gesit – met geboorte die groot skrik gekry. Die jongste het eers by die Handelshuis gewerk, tot hy moes buk om ’n boks op te tel en sy rug seergemaak het. Toe ry hy die nagkar met ’n stywe rug.

    Ou ant Saar het die groente namens Ma by die ander huise gaan afgee. En elke keer het sy gesê: Heidene, die hele spul. Ek weet nie vir wat jy nog uitdeel nie. Steur jou nie, Maria, jy doen wat jy kan. As ek jou lyf gehad het, sou ek ook. Húlle sou ook.

    Daar was baie kinders in ons straat. Maar hulle mog nie met ons speel nie, al het Ma die leste een in die wêreld gebring. Vroedvrou van die omgewing. Hoeveel babas sou sy in die lewe gehelp het? Ek ys as ek daaraan dink dat hulle eerste blik op hierdie wêreld die streng gesig van Maria Visser was.

    Pa het gesê dis goed dat ons nie met hulle meng nie. Hy wil nie hê sý kinders moet met semels meng nie. Asof ons beter as hulle was.

    Ma het na grond en son en Sunlightseep en groente geruik. Soms het ’n ander reuk aan haar gekleef. ’n Skerp, warm reuk. Wanneer daar vreemde ooms opgedaag en sy ons na buite gejaag het. Wanneer die ooms eindelik weg was en ons by die kombuis mog instap. Wanneer daar ’n paar note of ’n kardoes met ’n vleisie, suiker, meel of koffie (enigiets behalwe groente) op die tafel gelê het.

    Maria Visser – los soos Tastic-rys.

    BARRIE

    Vrydagoggend

    Barrie skakel die motorradio aan en luister na die negeuurnuus. Skakel die radio weer af. Hy is honger, ’n uur na ontbyt. Hy is deesdae altyd honger, asof hy sy frustrasies en vrese kan weg éét.

    Hy krap in die plastiekbak wat sy vrou vinnig gepak het terwyl hy onder die stort was. Sy hand vat ’n pak tjips raak en hy skeur dit oop. Druk afgetrokke ’n hand vol in sy mond. Kou hard. Vryf oor die stoppels op sy ken, oor sy snor. Hy is moeg vir hierdie soort lewe, dink hy. Hy is moeg daarvoor om op die pad te wees. Moeg van vreemde beddens en ongemaklike kussings. Sou dit nie lekker gewees het as hy nee kon sê vir sake wat nie in die stad is nie?

    Dit het hom voorheen nooit gehinder nie, die weggaan van die huis. Dit was ’n geldige rede om die verveling van die dag tot dag se huislike opset vry te spring. En as hy eerlik moet wees, het die weggaan sy huwelik nogal goed gedoen. Die tuiskoms was lekkerder. Sy vrou wat hom met ope arms verwelkom, sy gunstelingkos op die stoof. Selfs die hond se stert het verwelkomend gewaai. Het. Verlede tyd. Deesdae vermoed hy dat sy vrou, en selfs die hond, meer opgewonde raak oor sy weggaan as oor sy tuiskoms.

    Hy is moeg daarvoor om met die donker kant van die lewe en die donkerder mense daarin te doen te kry. Moeg daarvoor om die mens agter die masker te soek. En op die einde, wanneer hy ’n saak suksesvol afgehandel het, bly die vraag: maak dit hoegenaamd ’n verskil?

    Op goeie dae wil hy dit bitter graag glo. Wanneer hy die verligting of die verslaentheid op die gesigte van sy kliënte sien, weet hy dat hy tog ’n positiewe bydrae gemaak het. Al beïnvloed sy ondersoek – sy positiewe bydrae – die kliënt negatief. Afsluiting is uiteindelik al waarna hulle op soek is. Maar op dae soos vandag, wanneer hy eerder met ’n koue bier voor die televisie wil sit en die Proteas se wedstryd teen Pakistan wil volg, wanneer hy weet dat hy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1