Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Periandros van Korinthe: Skooluitgawe
Periandros van Korinthe: Skooluitgawe
Periandros van Korinthe: Skooluitgawe
Ebook174 pages1 hour

Periandros van Korinthe: Skooluitgawe

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die drama handel oor die lewe van die Griekse digter-staatsman Periandros (627-585 v.C.), die alleenheeser van Korinthe, wat sy groot droom probeer verwesenlik: om Korinthe ’n wêreldstad te maak.
Dié skooluitgawe het ’n inleiding en verklarende aantekeninge.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 31, 2014
ISBN9780624068570
Periandros van Korinthe: Skooluitgawe
Author

D.J. Opperman

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het

Read more from D.J. Opperman

Related to Periandros van Korinthe

Related ebooks

Related articles

Reviews for Periandros van Korinthe

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Periandros van Korinthe - D.J. Opperman

    D. J. OPPERMAN

    PERIANDROS VAN KORINTHE

    Inleiding en aantekeninge

    deur

    PROF. DR. J. P. J. VAN RENSBURG

    SKOOLUITGAWE

    gebaseer op die radioteks

    TAFELBERG

    Die uitleg van die teks in hierdie digitale uitgawe van Periandros van Korinthe mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met verskillende instellings.

    Vir Fred le Roux

    INLEIDING

    Volgens Aristoteles het ’n tirannie – ’n diktatuur, sou ons dit vandag noem – gewoonlik so ontstaan: die tradisionele koningskap het mettertyd in baie Griekse state verval en is vervang deur ’n aristokrasie, wat op sy beurt weer dikwels verdring is deur ’n oligargie, ’n regering in die hande van ’n enkele sterk aristokratiese familie of ’n klein groepie van sulke families, uit wie se geledere daar dan weer een sterk persoon op die voorgrond getree het wat homself met hulp van binne of buite alleenheerser (tiran) gemaak het. Die tiranne in die Griekse geskiedenis was gewoonlik energieke heersers, wat in binnelandse aangeleenthede hoewel outokraties tog weldadig regeer het, groot beskermhere nie alleen van die handel en die nywerheid was nie, maar ook van die kuns en kultuur in die algemeen, en buitelands die mag en invloed van hulle state grootliks uitgebrei het. Hulle was nie almal of altyd wreed nie; omdat die Grieke nie daarvan gehou het dat een man al die mag in sy hande sou hê nie, het daar mettertyd allerhande legendes ontstaan oor die wreedheid van hulle tiranne, wat welseker ’n kern van waarheid gehad het, maar tog erg oordrewe was, soos dit maar gewoonlik gaan met anekdotes wat rondom ’n beroemde enkeling ontstaan.

    Van al die Griekse tiranne was dié van Korinthe, Kuupselos en sy seun Periandros, wat saam sowat 70 jaar geheers het, van 655 v.C. tot 585 v.C., die bekendste; en hulle geskiedenis vertoon ook die beste die algemene aard en lotgevalle van ’n Griekse tirannie. Ons vernaamste bron vir die tiranne van Korinthe is die beroemde ou Griekse geskiedskrywer, Herodotus, van die vyfde eeu v.C. Maar voordat ek hom self aan die woord laat, moet ek eers sê dat baie besonderhede oor Periandros en die Griekeland van sy tyd wat nie in Herodotus se weergawe hieronder genoem word nie, maar wel deur dr. Opperman in hierdie drama gebruik is, in ander, weliswaar later, bronne te vind is, soos in Aristoteles bv., of Ephoros, of Diogenes Laertius, e.a. As ek dus in hierdie Inleiding net Herodotus se weergawe gaan aanbied, moet ek tog die volgende punte daarby noem: van die karakters in die drama is slegs die name van Ganguloon en Barakos denkbeeldig; Herodotus noem nie die naam van die oudste seun, Kuupselos, of dié van die dogter, Hermionee, nie, maar ander bronne doen dit wel; voorts was Anacharsis ’n bekende Skithiese wysgeer, wat werklik vir Periandros gaan kuier het, en Sappho van Lesbos, die beroemdste van die Griekse digteresse, werklik ’n tydgenoot van Periandros, alhoewel dit nêrens vermeld word dat sy ooit in Korinthe was nie: sy was darem in Sicilië, en kon maklik Korinthe aangedoen het! Periandros se verhouding tot Melissa en die manier waarop sy en hy aan hulle eindes gekom het, word ook nie deur Herodotus net so beskryf nie, soos die leser sal sien, maar wel deur latere raconteurs. Meer betroubare skrywers vertel ons baie van Periandros se karakter en regering self, soos bv. van sy sede- en weeldewette, sy aandrang op werk vir almal, dat hy as een van die Sewe Wyse Manne beskou is (vgl. Hermionee se wyse woorde aan Lukophroon in Herodotus se weergawe hieronder); asook van die Kuupseloskis en die goue beeld wat hy te Olumpia gewy het, van die Kanaal van Korinthe, dat Korinthe onder hom die toppunt van sy mag bereik het en ’n wêreldstad in die kleine was; en so meer.

    Om nou tot Herodotus te kom, in Boek 1 van sy Geskiedenis vertel hy die welbekende verhaal van Arioon, die digter wat die meeste van sy tyd aan die hof van Periandros deurgemaak het, hoe hy nl. op ’n skip deur matrose aangeval en beroof is en slegs met sy lewe daarvan afgekom het deur hulle te soebat om vir oulaas agter op die skip te mag gaan staan en in sy volle digtersmondering met begeleiding van sy groot harp sy laaste lied te mag sing – en toe het hy so in die see ingespring, maar ’n dolfyn het hom op sy rug opgelaai en veilig aan wal gebring!

    Die eintlike verhaal van die ontstaan van die tirannie in Korinthe kry ons in Boek V: Die Korinthiërs het so ’n regering gehad: dit was ’n oligargie, die Bakchiadai genoem, wat die stad bestuur en met mekaar ondertrou het. Een van hierdie manne, Amphioon, het ’n gebreklike dogter gehad. Haar naam was Labda. Omdat nie een van die Bakchiadai met haar wou trou nie, neem Eëtioon, Echekrates se seun, van die deem (d.w.s. distrik of wyk) Petra, ’n nasaat van Kaineus die Lapithe, haar tot vrou; maar hy kon nie by hierdie vrou of by ’n ander kinders verwek nie.

    Hy gaan toe om die Orakel te Delphi oor ’n kroos te raadpleeg. Dadelik toe hy instap, begroet die Priesteres hom met hierdie woorde:

    "Eëtioon, al verdien jy verering, wil niemand jou eer nie:

    "Labda word swanger, ’n rollende rots sal sy baar, wat op manne,

    Heersers, sal neerdaal; hy sal kastyding besorg aan Korinthe.

    Hierdie orakelantwoord aan Eëtioon is op die een of ander manier aan die Bakchiadai bekend gemaak. Vir hulle was daardie vorige orakelantwoord ten opsigte van Korinthe betekenisloos. Dit het dieselfde strekking gehad as dié van Eëtioon en het so gelui:

    "Swanger is dáár op die rotse ’n arend, ’n leeu word gebore,

    "Rouvleisvretend en sterk sal hy baie se knieë nog slap maak.

    "Wees dus gewaarsku, Korinthiërs, julle wat rondom die skone

    Peirénee woon, onder die fronsende Rots van Korinthe!

    "Ja, hierdie eerste orakelantwoord was vir die Bakchiadai onverstaanbaar, maar nadat hulle van dié aan Eëtioon verneem het, kon hulle dadelik begryp dat die eerste ook met Eëtioon s’n ooreenstem. Dit het hulle dan besef, en stilgebly, omdat hulle die kind wat vir Eëtioon gebore sou word, wou doodmaak. En dadelik nadat die vrou gebaar het, stuur hulle tien van hulleself na die deem toe, waarin Eëtioon gewoon het, om die kindjie te gaan vermoor. En hierdie manne het in Petra aangekom, Eëtioon se voorhuis binnegegaan en om die kindjie gevra. Omdat Labda niks geweet het van die rede waarom hulle gekom het nie en gedink het dat hulle uit vriendskap vir die vader vra, het sy die kindjie gebring en in die hande van een van hulle afgegee. Hulle het mos op pad besluit gehad dat die eerste van hulle wat die kindjie sou neem, hom op die grond moes verpletter. Maar toe Labda hom nou bring en gee, het die kindjie, soos die toeval dit wou hê, geglimlag vir die man wat hom geneem het, en toe dié dit sien, hou ’n skielike jammerte hom terug van dood te maak, en vol medelye gee hy om aan die tweede, en hy aan die derde. En so is hy aangegee en het hy deur al tien gegaan sonder dat een hom om die lewe gebring het. Hulle het die kindjie toe vir sy moeder teruggegee en na buite gegaan en voor die deur mekaar staan en aanval en beskuldig, en veral hom wat die kindjie eerste geneem het, omdat hy nie volgens hulle besluit gehandel het nie; totdat hulle ná ’n ruk besluit het om weer binne te gaan en almal aan die moord aandadig te wees.

    "Maar dit was voorbestem dat daar uit Eëtioon se kroos ellende vir Korinthe moes ontspruit. Labda het vlak agter die deur al hierdie dinge staan en afluister. Bang dat hulle van besluit sou verander en die kindjie ’n tweede keer sou neem en doodmaak, vat sy hom en steek hom weg in ’n plek waaraan hulle na haar mening die minste sou kon dink, in ’n koringkis,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1