Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal
Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal
Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal
Ebook655 pages4 hours

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Piekfyn Afrikaans Graad 8 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.

Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook:
• verskeie stories en inligtingstekste lees;
• visuele tekste krities interpreteer en verduidelik;
• oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies;
• hardoplees en toesprake lewer;
• aandagtig en krities na inligting en stories luister;
• taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en
• heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.

Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge.
Maar dis nie al nie . . . Jy het ook ’n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self ʼn storie, gedig of ʼn drama te skryf!

Ons weet Piekfyn Afrikaans gaan jou help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!

Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateOct 31, 2013
ISBN9781770029354
Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal
Author

Riens Vosloo

Riens Vosloo is tans ’n vryskutsamesteller van opvoedkundige tekste vir Afrikaans Huistaal en EAT (Gr. 4-12). Sy stel letterkunde bloemlesings saam – meeste daarvan vir die katalogus van die DBO. Sy is bekend vir reekse soos Piekfyn, Verskuns, Kroonsteen, A Handful of Life en Creative Outcomes.

Read more from Riens Vosloo

Related to Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo

    Piekfyn Afrikaans

    ’n Geïntegreerde taalteks

    Graad 8

    Eerste Addisionele Taal

    Leerderboek

    Riens Vosloo, Henk Viljoen, Lucas Malan, Hettie Scholtz

    BB-NBlogo.jpg

    Voorwoord

    Liewe graad 8-leerder

    Welkom in die hoërskool!

    Alles is skielik vreemd in ’n nuwe skoolomgewing, maar Piekfyn Afrikaans Graad 8 gaan jou help om alles vinnig te bemeester.

    Saam met jou nuwe Afrikaansonderwyser gaan interessante tekste, foto’s, illustrasies en verskillende soort vrae jou help om jou graad 8-jaar ’n piekfyn leerervaring te maak.

    Elke module se Pitkos, In ’n neutedop en Woordeskatuitbreiding gaan jou help om al die aktiwiteite foutloos uit te voer. Gebruik ook die tekste in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek om selfstandige, beurt- en groepbegeleide lees te doen.

    Hoe lyk toetse en eksamens in graad 8? Module 18 het goeie wenke en voorbeeldvraestelle om jou vir die Junie- en November-eksamens voor te berei. Baie van die modules het ook hersieningstoetse wat jou vir die eksamen en kwartaaltoetse kan voorberei.

    Ruil idees uit, gesels saam en moedig mekaar verder aan om Afrikaans te praat!

    Die samestellers

    mod1.jpg

    Die module begin met ’n luisteropdrag. Jy gaan luister na ’n berig oor hoe vinnig iemand ’n SMS kan stuur. Hou ’n groepbespreking en vertel wat jy alles kan onthou.

    Jy gaan leer van spelling, klankverskynsels, skryftekens en afkortings en seker maak dat jy jou SMS’e reg spel.

    Lees ’n gedeelte van ’n storie en beantwoord daarna kontekstuele vrae. Leer ook uit watter dele ’n boekomslag bestaan.

    Skryf jou eie verhalende opstel na aanleiding van twee illustrasies. Onthou om die stappe van prosesskryf te volg.

    ’n Hersieningsoefening toets jou kennis en vaardighede van wat jy geleer het.

    Sluit die module af en lees ’n kortverhaal uit jou Piekfyn Afrikaans Leesboek.

    69162.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    ’n groepbespreking hou ’n groepbespreking hou

    na ’n berig luister

    vrae oor die berig beantwoord

    taalvrae beantwoord.

    Het jy jou vakansie geniet? Jy het jou selfoon seker baie gebruik – veral om vinnig met jou vriende te gesels. Luister nou aandagtig wanneer jou onderwyser ’n teks aan jou voorlees oor mense wat blitsvinnig SMS’e kan stuur.

    Mod01_02_Duim_Koning.psd

    Luisterbegrip

    Preluister: Gesels met mekaar oor die volgende vrae en die illustrasie.

    Beskryf wat jy in die illustrasie sien.

    Waarom dink jy het die vinger ’n kroon op? Waaraan laat dit jou dink?

    Wie van julle het ’n selfoon?

    Hoe gereeld stuur jy SMS’e?

    Vir wie stuur jy die meeste SMS’e?

    Tydens luister: Jou onderwyser gaan nou ’n berig Vinnige vingers maak hom SMS-koning aan jou voorlees. Doen die volgende:

    Luister net eers terwyl jou onderwyser die berig die eerste keer voorlees. Moenie notas afneem nie.

    Daarna gaan jy kans kry om na die vrae te kyk. Jy kan dan enkele notas maak.

    Jou onderwyser gaan die teks ’n tweede keer voorlees. Jy mag nou notas neerskryf.

    Jy moet dan die vrae beantwoord. Jy mag nou notas gebruik.

    Postluister: Beantwoord die volgende vrae oor die luisterteks.

    Vrae oor die inhoud van die berig.

    1. In watter land bly Craig Crosbie? (1)

    2. Hoeveel woorde kon hy tik? (Skryf jou antwoord in woorde uit.) (2)

    3. Hou oud is Craig Crosbie? (Skryf jou antwoord in woorde uit.) (1)

    4. Watter prys het hy gewen? (1)

    5. Hoeveel ander mense het ook aan die kompetisie deelgeneem? (1)

    Afleiding.

    6. Maak ’n lysie van twee dinge wat hy nou met sy wengeld kan doen. (2)

    7. Skryf ’n woord neer wat dieselfde beteken as om geen geld te hê nie. (1)

    8. Kies die regte antwoord: Wanneer hy oor Las Vegas gedroom het, . . . (1)

    a. het hy nagmerries ( nightmares ) gehad.

    b. wou hy altyd daarheen gaan.

    c. het hy baie geslaap.

    9. Vul die regte antwoord in. Suid-Afrikaners werk met rande, maar Craig werk met . . . (1)

    10. Craig is die vinnigste SMS’er in die wêreld.

    a. Is die sin waar of onwaar ? (1)

    b. Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)

    Wat dink jy van die berig?

    11. Dink jy dit is goed dat hy so baie SMS’e stuur? Hoekom/Hoekom nie? (1)

    12. Wat sal jou ouers doen as jou selfoonrekening so hoog soos Craig s’n is? (1)

    Totaal: 15 punte

    Formele assessering: Jou onderwyser kan jou antwoorde formeel assesseer vir Taak 1 van kwartaal 1.

    Groepbespreking

    Gebruik nou jou notas en die antwoorde op die vrae om ’n kort verslag oor die berig op te stel. Vertel vir mekaar waaroor die berig gegaan het.

    Beplan wat die hoofidees is.

    Rangskik hierdie idees in ’n logiese volgorde.

    Taal in konteks

    69632.png

    Spelling

    Vokale/klinkers(vowels) is klanke soos a, e, i, o en u.

    Konsonante/medeklinkers(consonants)is klanke soos m, t, l, z, r en ng.

    Diftonge/tweeklanke (diphthongs) is klanke soos aai, ooi, ui, byvoorbeeld: baai, rooi, lui.

    Klankgrepe is wanneer woorde volgens klanke, soos jy dit uitspreek, opgedeel word, byvoorbeeld: onmiddellik – on/mi/de/lik

    Lettergrepeis wanneer woorde volgens hulle spelling verdeel word, byvoorbeeld: onmiddellik – on/mid/del/lik

    Oop lettergrepe is wanneer die lettergreep op ’n vokaal eindig, byvoorbeeld: le-re – oop(o)/oop(o).

    ’n Geslote lettergreep eindig op ’n konsonant, byvoorbeeld: hoen-der – geslote(g)/geslote(g).

    Klankverskynsels

    Klankverskynsels kom voor wanneer ons woorde uitspreek:

    Ontronding is wanneer ’n ronde klank soos uu en ui as ie en y uitgespreek word.

    Oorronding is wanneer klanke soos ee en ie as eu uitgespreek word, byvoorbeeld: keer – keur.

    Assimilasie is wanneer party klanke in ’n woord nie uitgespreek word nie en dus nie gehoor word nie. Kyk na die volgende voorbeelde: Die kinders (kinners) sit op die (oppie) stoel.

    Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

    1. Verdeel die skuinsgedrukte woorde in klankgrepe en lettergrepe . Skryf ook of die lettergrepe oop of geslote is.

    a. Jy moet vinnige vingers vir ’n selfoon hê.

    b. Jy moet die selfoon dadelik beantwoord .

    c. Hy kan sy telefoonrekening betaal.

    2. Lees die volgende gedeelte uit die luisterteks. Beantwoord dan die vrae.

    Van ’n brandarm fabriekwerker wat droom oor Las Vegas tot ’n TV-gesig met duisende ponde in die bank.

    a. Skryf ’n woord neer wat ontrond kan word. Skryf die ontronde vorm neer.

    b. Hoe sal jy die woorde in die uitspreek?

    c. Die woord skild kan verkeerd as skuld oorrond word. Wat beteken beide woorde?

    3. In die volgende gedeelte kom sewe spelfoute oor. Skryf die gedeelte oor. Maak die foute reg en onderstreep dit.

    "Ek is van natiere ’n dobelaar. Ek hou daarvan om op pêre te wet. En ek droom al van kleinteid daarvan om Las Vegas toe te gaan.

    Nou het ek die kaans, het Crosbie aan die koerant gese.

    69845.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    leestekens en afkortings leer en reg gebruik.

    Taal in konteks

    Dit is belangrik dat skryftekens reg gebruik word. Lees hoe.

    70046.png

    Skryftekens

    (Blaai ook na die Taalgids agter in die boek waar meer voorbeelde en gebruike van skryftekens gegee word.)

    Deeltekens ( ̈ ): Die deelteken word gebruik om aan te dui waar die volgende lettergreep begin:

    be/ëdig. Jy sê die woord ook makliker: vo/ëls (teenoor voels).

    Die koppelteken (-): Hierdie skryfteken koppel woorde aan mekaar wat een gedagte vorm.

    Onthou: Telwoorde kan los of met koppeltekens geskryf word: Byvoorbeeld: een en twintig/een-en-twintig.

    Die afkappingsteken (’s ’e): By die meervoud en verkleining van naamwoorde en eiename wat eindig op i, o, u en ’n lang uitgespreekte a-klank wat met slegs een a gespel word en die hoofklem dra:

    Van Breda’s, farao’s/farao’tjie.

    By die meervoud en verkleining van letters van die alfabet, syfers, gewone afkortings, afkortings van grade en diplomas: gr. 7’s of gr. 7’tjies.

    Die kappie (ê û î ô): By vokale soos e, o, u, i wat in ’n oop lettergreep ’n lang gerekte klank het: affêre; sê; rûe, môre; wîe.

    Die kappie word nie gebruik as die o-klank deel van ’n diftong is nie: rooi, boikot.

    Aksenttekens: Die akuutaksent (á, é, ó, ú, í) word net op vokaalletters en diftonge gebruik

    om te beklemtoon: ongelóóflik; déúr; héilig en

    in woorde van vreemde herkoms: détente.

    Ook op sekere eiename van vreemde herkoms: Esmé.

    Die gravis (è) word ook net op vokaalletters gebruik.

    Dit word in ’n paar Afrikaanse woorde gebruik om die spesiale uitspraak van die letter e aan te dui:

    appèl; dè; hè; nè. Dit word ook op sekere leenwoorde gebruik: crèche.

    Beantwoord die volgende vrae.

    1. Skryf die volgende sinne oor en voeg die regte skryftekens in.

    a. Die kinders se mas en pas ken SMS-taal beter as die oumas en oupas.

    b. Die graad 7s mag hul selfone in die klas gebruik.

    c. Thomas hulle se dat hulle na die hysbakervaring eerder wil gaan rus

    d. Thomas se pa het vroeer die polisie gebel om die moordenaar te vang.

    Afkortings word baie in SMS-taal gebruik. SMS-taal is ’n taal op sy eie. Lees die volgende oor die regte gebruik van afkortings.

    70233.png

    Afkortings

    Onthou die volgende oor afkortings:

    Punte word by die meeste kleinletter-afkortings gebruik: m.b.t. (met betrekking tot).

    Geen punte word by metrieke eenhede se afkortings gebruik nie: km (kilometer).

    Rangtelwoorde kan afgekort word deur -de, -ste of -e na die syfer te skryf: 7de, 20ste, 100e.

    ’n Sin begin nie met ’n afkorting nie, slegs as die afkorting in titels gebruik word: Mnr. De Wet gaan see toe.

    Gebruik erkende afkortings.

    ’n Koppelteken word gebruik by woorde wat saam met afkortings of akronieme (letterwoorde) gebruik word: BA-graad, vigs-wesies.

    Leer die volgende afkortings:

    2. In die leesstuk Vinnige vingers maak hóm ‘SMS-koning’ word afkortings gebruik. Soek minstens vyf afkortings in ’n koerant of tydskrif en knip dit uit. Plak dit netjies in jou werkboek en skryf die volle betekenis van die afkortings neer.

    3. Skryf afkortings vir die skuinsgedrukte woorde.

    a. Die berig het Maandag in die koerant verskyn.

    b. Die man het onder andere ’n mes in sy sak gehad.

    c. Craig moes ’n dokter gaan sien.

    4. Gebruik ’n woordeboek en vind uit waarvoor die volgende afkortings staan.

    a. Hy het die kompetisie a.g.v . vinnige vingers gewen.

    b. Die koerant het hom gebel i.v.m. die prysgeld wat hy gewen het.

    70339.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    die kenmerke van ’n boekomslag identifiseer

    ’n uittreksel uit ’n storie lees

    vrae oor die prosa beantwoord.

    Prelees

    Al gedink hoe word ’n boek saamgestel? Kyk na die volgende boekomslag.

    73288.png

    Lees die volgende wenke oor ’n boek se omslag.

    70538.png

    Kenmerke van ’n boekomslag

    Uit watter dele bestaan ’n boek?

    Voorblad: Die boek se titel en wie die skrywer is. ’n Illustrasie of foto wat by die boek se titel of inhoud kan pas. Dit moet die leser se aandag trek

    Rugkant: As die boek in ’n boekrak is, kan jy die volgende maklik lees: die boek se titel, wie die skrywer is en die uitgewer se logo.

    Die agterblad bevat die agterbladteks wat ’n kort oorsig oor die boek gee om die leser se aandag te trek. Die gee nie die geheim van die boek weg nie. Dit het ook die boek se ISBN-nommer (International Standard Book Number). Dit is die boek se unieke nommer.

    Gesels met jou maat oor die volgende vrae.

    Wat is die boek se titel?

    Wie is die skrywer van hierdie boek?

    Hoe verskil die lettertipe en -kleur van die boek se titel en skrywer van mekaar?

    Watter uitgewer het die boek uitgegee?

    Wat kom alles op die boekrug voor?

    Waaroor dink jy gaan die boek as jy na die illustrasie op die voorblad kyk?

    Sal jy die boek wil lees? Hoekom/Hoekom nie?

    Waarom dink jy is dit nodig om ’n kort opsomming op die boek se agterblad te gee?

    Kyk nou na jou Leerderboek se omslag en probeer al hierdie kenmerke identifiseer.

    Lees die volgende wenke vir as jy ’n teks soeklees.

    70664.png

    Soeklees

    Met soeklees beweeg jou oë vinnig oor die bladsy of ’n lys. Jy soek na spesifieke inligting.

    Jy kan datums, name of ander feite makliker so opspoor. Dit is nie nodig om die hele teks te lees of te verstaan nie.

    Tydens lees

    Vluglees die uittreksel uit ’n jeugverhaal op die volgende bladsy om die vrae wat volg te beantwoord.

    1. Lees die titel. Wat sê die titel alles vir jou?

    2. Lees nou die eerste en laaste paragraaf.

    a. Waarmee is Thomas besig?

    b. Waar is Thomas? Wat dink jy het gebeur?

    c. Hoekom dink jy hamer hy teen die hyser se deur in die laaste paragraaf?

    3. Lees vinnig die eerste sinne van die res van die paragrawe.

    a. Watse werk dink Thomas doen die man?

    b. Vir wie probeer Thomas in paragraaf 9 bel?

    c. Watter geluid het die selfoon in paragraaf 10 gemaak?

    Lees die uittreksel nou aandagtig deur. Maak seker jy verstaan die inhoud goed. Jy gaan dit vir jou maat moet kan oorvertel en die vrae beantwoord.

    Thomas@SMS.net

    Carina Diedericks-Hugo

    1 Verveeld ( bored ) sit Thomas deur sy ou SMS-boodskappe en lees. Hy glimlag toe hy die een sien wat Lizemarie nou die dag vir hom gestuur het: Xsmaak jou ore 100! Flippit! As Alex moet weet ’n ander meisie het dít vir hom gestuur, sal sy baie vies wees!

    2 Thomas loer na die man langs hom. Die man staar ( stare ) net voor hom uit. Sy hande is in sy baadjiesakke gedruk. Hy lyk regtig weird . So asof hy nie eintlik hier is nie.

    Mod01_09_Thomas_Lift.psd

    3 Is Oom ook ’n advokaat? vra Thomas versigtig.

    4 Nee, sê die man en kyk nie na Thomas nie.

    5 Thomas kyk weer na die man en trek sy asem in. Dit is die man op die foto wat nou net na sy pa toe gefaks is! Die reeksmoordenaar ( serial killer )! Hy is amper doodseker daarvan!

    6 Die man draai skielik na Thomas en kyk hom met donker oë aan.

    7 Wou jy nog iets gevra het? vra hy.

    8 Eh, nee, Oom, stamel Thomas. Sy oog val op die man se wit hemp. Verbeel hy hom of is daar klein rooi spatsels op die hemp? Die man draai vinnig weg.

    9 Thomas haal weer sy selfoon uit en probeer sy pa bel. Nog steeds beset ( engaged ). Langs hom haal die man iets uit sy baadjiesak. Hy trek sy baadjie effens weg en Thomas voel hoe sy hart vinniger begin klop. Hy wil nou nie snaaks wees nie, maar daar steek ’n moewiese ( massive ) mes uit die man se binnesak! Blitsvinnig begin Thomas tik: d ou is d reeksmoordenaar!

    10 Hannes se selfoon biep en Thomas sien hoe hy frons en dan na die man kyk. Hy SMS terug: jo bryn lek.

    11 Thomas probeer weer ongemerk ( unnoticed ) na die man kyk. Ja, dit is die man van die foto! Dieselfde lang gesig, dooie, donker oë en ingesonke wange. Hy weet die ou is net ’n verdagte, maar hoekom loop hy met die doktershandskoene rond? En hoekom is daar bloedspatsels op sy hemp?

    12 Hy probeer Hannes se aandag trek, maar hy is besig om ’n SMS te tik. Hy het ’n snaakse skaapagtige glimlag op sy gesig – amper soos die keer toe hy vrot koejawels geëet het. Hy SMS weer: kyk moi!!!! Check hande & bloed op hemp! mes in sak!!

    13 Hannes sug en probeer ongemerk na die man kyk. Thomas hou hom gespanne dop. Hy trek sy vingers deur sy kort, donker hare. Hannes kyk skielik na Thomas en sy oë is groot.

    14 Ehm, miskien moet ons iemand probeer roep, sê Hannes en sy stem klink snaaks. Hy staan op en begin teen die hyser se deure hamer.

    (Uit: Thomas@ SMS.net. LAPA UITGEWERS)

    70833.png

    ongemerk (unnoticed) sonder dat iemand jou raaksien

    skaapagtige glimlag (sheepish smile) dommerige glimlag, asof jy nie weet waaroor jy glimlag nie

    sy oog val op die man se wit hemp (he spots something on the man’s shirt) om iets raak te sien

    verbeel (to imagine) as jy nie seker is of jy iets gesien het nie

    verveeld (bored) as jy nie weet wat om te doen nie

    vies (mad/cross) om kwaad te wees

    Lees die volgende inligting oor karakters in ’n storie.

    70919.png

    Karakters

    Die hoofkarakter is die belangrikste persoon in die storie. Die leser weet gewoonlik die meeste van hierdie karakter deur . . .

    hoe die karakter optree

    wat die karakter dink en doen

    wat ander van die karakter sê

    hoe die verteller die karakter beskryf.

    Postlees: Beantwoord die volgende vrae oor die storie.

    1. Wie is die hoofkarakter(s) in hierdie gedeelte? Hoekom sê jy so?

    2. Wie is die ander karakters?

    3. Skryf wat jy alles van die verskillende karakters kan aflei.

    4. Hoe het jy gevoel toe jy die gedeelte gelees het?

    Beantwoord nou die volgende vrae oor die inhoud van die teks.

    5. Baie SMS-taal kom in die gedeelte voor. Skryf die volgende in goeie Afrikaans oor. Sê ook wat daarmee bedoel word.

    a. Xsmaak jou ore 100! (paragraaf 1)

    b. jo bryn lek. (paragraaf 10)

    6. Hoekom lyk die man vir Thomas in paragraaf 2 weird?

    7. Waarom dink Thomas die man is ’n reeksmoordenaar?

    8. Maak ’n kort lysie van hoe die man aangetrek is.

    9. Skryf ’n woord uit paragraaf 5 neer wat dieselfde beteken as om baie seker van jou saak te wees.

    10. Kies die regte antwoord. Die man het volgens paragraaf 11 ingesonke wange. Dit beteken . . .

    a. die man het nie wange nie.

    b. die man se wange is donker.

    c. die man is baie maer in sy gesig.

    11. Waarom dink jy was Hannes se oë skielik in paragraaf 13 so groot?

    12. Wat sou jy gedoen het as jy Hannes was?

    13. Sal jy die boek verder wil lees? Hoekom?/Hoekom nie?

    Taal in konteks

    Beantwoord die volgende taalvrae. Jy kan die Taalgids ook gebruik om jou te help.

    1. Skryf intensiewe vorme vir die onderstreepte woorde.

    a. Thomas se ore is rooi toe hy die SMS lees.

    b. Ek dink ons sit vas, sê Thomas benoud.

    c. Die man in die hyser was maer.

    d. Die man het swart hare gehad.

    2. In paragraaf 10 is die woord brein as bryn gespel.

    a. Hoe sal die woord gespel word as dit oorrond word?

    b. Maak ’n sin met die oorronde uitspraak van die woord.

    3. Verdeel die skuinsgedrukte woorde in lettergrepe . Skryf of die lettergrepe oop of geslote is.

    a. Dit is die reeksmoordenaar .

    b. Thomas se hart klop baie vinniger .

    4. Skryf woorde met dieselfde betekenis as die skuinsgedrukte woorde neer ( sinonieme ).

    a. Hy lyk regtig weird .

    b. Daar steek ’n moewiese mes by sy baadjie uit.

    5. Skryf antonieme vir die skuinsgedrukte woorde neer.

    a. Die man kyk hom met donker oë aan.

    b. Hy wil nie nou snaaks wees nie.

    71036.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    prosesskryf se verskillende stappe hersien

    ’n verhalende opstel skryf.

    Skryf ’n verhalende opstel

    Lees eers die volgende inligting voordat jy ’n verhalende opstel skryf.

    71239.png

    Verhalende opstel

    Die doel van die verhalende opstel is om te vermaak.

    Die inleiding stel die karakters en agtergrond bekend; die gebeure wat spanningslyn skep; afloop, oplossing of samevatting.

    Skryf in die eerste of derde persoon.

    Gebruik hoofsaaklik die verlede tyd.

    Beskryf die opeenvolgende gebeure.

    Gebruik woorde wat gebeure in tyd aandui, byvoorbeeld vroeg die môre of later.

    Dialoog kan gebruik word.

    Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, en ander beskrywings wat die leser se aandag sal hou.

    Prosesskryf bestaan uit verskillende stappe. Kyk na die volgende diagram.

    presesskryf.jpg

    Skryf nou jou opstel

    Skryf ’n verhalende opstel van 180-210 woorde (4-7 paragrawe) oor een van die volgende foto’s:

    shutterstock_47237605.jpgshutterstock_84817426.jpg

    Onthou die volgende vir jou opstel:

    Gebruik die wenke in Pitkos wanneer jy die opstel beplan.

    Maak ook seker jy gebruik die verskillende stappe van prosesskryf.

    Skryf ’n titel vir jou opstel.

    Skryf die aantal woorde neer wat jy gebruik het.

    Formele assessering: Jou onderwyser kan jou opstel formeel assesseer vir Taak 2 in kwartaal 1.

    72069.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    ’n artikel lees

    vrae oor die artikel beantwoord

    taalkennis hersien.

    Gebruik die wenke in Pitkos wanneer jy ’n begripstoets moet beantwoord. Dit kan jou help om die verskillende soorte vrae reg te beantwoord.

    72337.png

    Leesbegrip

    Onthou die volgende stappe wanneer jou leesbegrip getoets word:

    Kyk na die titel en subtitel. Dit gee jou ’n idee waaroor die teks gaan.

    Lees die eerste paragraaf (inleiding) en die laaste paragraaf (slot).

    Die eerste sin van elke paragraaf gee inligting oor die paragraaf se inhoud.

    Lees nou die hele leesstuk aandagtig deur om vrae te beantwoord. Identifiseer die tema of hoofgedagte van die teks.

    Onderstreep woorde en/of frases wat jy nie verstaan nie.

    Lees die vrae goed deur om die antwoorde te kry wat jy soek.

    Nadat al die vrae beantwoord is, lees elke vraag en antwoord weer van voor af deur. Kyk vir woorde wat jy verkeerd gespel het. Maak ook seker jy het die regte leestekens gebruik.

    Lees die volgende artikel aandagtig deur.

    Verskillende soorte selfoongebruikers

    Selfone_voels.psd

    Die manier (manner) hoe mense optree, bepaal (determine) hoe hulle die selfoon gebruik. Hulle kan met voëls vergelyk word:

    Die windswaels. Hulle is permanent aan die beweeg, aan die praat en besig om teksboodskappe te stuur. Hulle is praatlustig, sosiaal en modern en gaan gemaklik en vol selfvertroue met die tegnologie om. Baie van hulle sal moeilik sonder hul mobiele fone kan oorleef. Hulle word tipies in die IT-bedryf aangetref.

    Die uile. Hulle is alleenlopers. Hulle is baie privaat en gebruik hulle selfone baie min. Hulle steek dikwels hul selfone in hul klere of handsakke weg en moet wild daarna soek wanneer dit lui. Hulle is tipies skrywers, boekhouers of bibliotekarisse.

    Die duiwe. Hulle is kalm en rustig en neem of maak oproepe sonder om hulself of dié om hulle in die verleentheid te stel of te pla. Hulle is stil en vol selfvertroue en kan die nuwe tegnologie sonder ophef gebruik. Hulle is tipies diplomate of onderwysers.

    Die mossies. Hulle praat baie en vinnig, is geneig om senuagtig en vol lewe te wees en kan met moeite hul lewenslus te keer. Hulle gebruik

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1