Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Nuwe Stories 3
Nuwe Stories 3
Nuwe Stories 3
Ebook174 pages2 hours

Nuwe Stories 3

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Human & Rousseau en LitNet se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig word met die sewentien verhale in hierdie bundel afgesluit. Vanjaar se verhale – soos byeengebring deur Suzette Kotzé-Myburgh en Leti Kleyn – belig uiteenlopende temas soos skuld en onskuld, grootword en veroudering, moord en die dood, familieverhoudings, kwesbaarheid en verlies, liefde en seks. Die skrywers is Frederick J. Botha, Luka Dreyer, Susan Gaigher, Carla Kargaard, Corné Koegelenberg, Martin Laubscher, Ilisna Nel, Carien Smith, Tanya van Buuren, Heloïse van der Walt, Christina van Deventer en Elani Venter.
LanguageAfrikaans
Release dateNov 3, 2014
ISBN9780798167994
Nuwe Stories 3
Author

Suzette Kotzé-Myburgh

Suzette Kotzé-Myburgh is voormalige uitgewersredakteur en tans vryskut taalpraktisyn en joernalis. Sy het jare se ervaring as redakteur, samesteller en redigeerder van fiksie. Sy woon op Joostenbergvlakte, halfpad tussen Kaapstad en Stellenbosch.

Read more from Suzette Kotzé Myburgh

Related to Nuwe Stories 3

Related ebooks

Related articles

Reviews for Nuwe Stories 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Nuwe Stories 3 - Suzette Kotzé-Myburgh

    Antie en die engel

    Frederick J. Botha

    Ek was nog altyd ’n gelowige mens. Hulle sê mos jou naam is meer important as enigiets anders, maar nie in my case nie. Geloof kom eerste. Always. Geld het ek nie. My naam vergeet ek soms. Mense hier rond noem my sommer Antie. My regte naam is net op die monthly notice wat my remind dat ek al weer laat is met die rent. Daarom hou ek vas aan dit wat ek het: my geloof. Iewers in my Gideonsbybel het ek gelees van geloof, hoop en liefde. Maar om in vandag se tyd gelowig te wees is ook nie easy nie. Om op die pad van die sonde te loop, dié ken ek goed.

    Ek het my Gideonsbybel in my standerd 9-jaar gekry. Dit was op ’n Maandagoggend ná saalopening. ’n Dik man wie se knope uncomfortably oor sy massiewe pens gespan het, het by die skool kom praat en vir ons vertel hoe baie Jesus ons liefhet. Ná die tyd het hy vir ons elkeen ’n Bybeltjie pasella gegee. Die man was bles, met ’n lelike rooi in sy gesig, en hy het baie gesweet. Voor daai Maandag het ek al baie van Jesus gehoor, veral by ons buurvrou wat altyd koeke en terte gebak het vir hulle kerk se basaar. Ek het haar soms oor die muur vir Mammie hoor sê dat ons so suffer omdat ons nie vir Jesus ken nie. Ek het gedink sy praat sommer nonsens, want ons het overall nie baie mense geken nie.

    Maar daardie dag in die skoolsaal het iets in die dik man se Jesus-praatjies my geroer. Ek kan dit nie beskryf nie. Maar ek het dit gevoel. Soos die eerste keer toe ek Demis Roussos se Goodbye, my love, goodbye gehoor het. Dit was iewers in die seventies in Carletonville en my squeeze van daai tyd het met die LP by ons huis aangekom. My dad het nooit ’n liking gehad in die ducktail met sy leerbaadjie en Kawasaki wat hy self warm gemaak het nie. Mammie het gesê Dad moet eerder praat van eendstert, dis die regte Afrikaanse woord, sy het dit in ’n boek gelees wat sy by die biblioteek uitgeneem het. Nou ja, net soos wat ou Demis alles in my kon lam maak met daai song, so het die Bybelman ook iets in my kom wakker maak.

    Daai Maandag het ek ’n pad begin loop saam met Jesus. Ek het elke dag my Gideonsbybel gelees. Soms het ek gebid ook, maar ek het nie altyd die regte woorde gekry nie. Lately lees ek net my Gideonsbybel wanneer ek dronkverdriet kry. Dis nou van die bottel Klippies wat die baas van Liquor City vir my gee as ek hom afgesuig het in sy Hilux-bakkie wat hy onder die bloekombome hier langs die grootpad park. Ek kan sien hy voel guilty as hy gekom het, en wanneer hy vir my ’n ekstra R50 uithaal en ek die foto van sy family in sy wallet sien. Hy is nou wel ’n doos van ’n verneuker met ’n klein voël wat heeltemal te vinnig kom, maar at least het hy ’n goeie hart. Ek is nie ’n hoer nie, maar die Here hoor my, ’n vrou moet darem drink ook.

    En terwyl ek so die dronkverdriet lê en uitbaklei met die Here, weet ek dat Hy hierdie ou sondaar ook vergewe. Ek weet dit maar net. Net soos wat ek weet my kinders gaan end van die maand weer op my toesak en my bietjie pension-geld vir hulleself vat. Dieselfde kinders wat ek in hierdie wêreld ingebring het, wat ek met liefde grootgemaak het, behandel my só. Hulle sê ek kan nie met geld werk nie, daarom vat hulle dit. Nou moet ek vir hulle vra as ek van my eie geld wil hê. Nie dat hulle dit gee as ek vra nie, maak nie saak hoeveel messages ek op die answering machine los nie.

    Ja, die lewe het sy gatkant vir my gegooi. Ek bly soos ’n meid in ’n buitekamer hier op die plot, agter die huis van die vrou wat so af en toe van my services gebruik maak. Ek help haar sometimes om die huis skoon te maak as haar ousie die dag nie pitch nie omdat sy een van haar baie kinders kliniek toe moes vat. Seker maar Aids, sê die vrou altyd vir my.

    Partykeer spring ek sommer in en help die man gras sny wanneer hy die sleg tuinboy weer weggejaag het omdat hy gesuip was. Ek kla nie as dit gebeur nie, want dan gee hulle my darem bietjie discount op die rent. My kamer is klein, maar ek het min meubels, so dit maak nie saak nie. Ek het anyway nie baie goed nie. Die meeste van wat ek gehad het, het ek lankal pawnshop toe gevat. Ek weet die ou donner by die pawnshop doen my in, maar wat kan ’n ou vrou maak?

    Maar wag, ek’s besig om te vertel van my geloof in die Here. Ek het laas Vrydag mos ’n miracle gehad. Genuine. Ek het altyd vir die vrou wat so ses plotte van ons af bly laundry gedoen. Toe tune sy my die oggend ek moet maar eerder loop, want haar boyfriend het sy werk verloor en nou’s daar nie geld vir onnodige expenses nie. Tune my ook toe so ewe sy’s baie jammer, maar sy kan my nie pay vir die maand wat verby is nie.

    Al die pad wat ek terugloop huis toe, tjank ek – snot en trane. In my kamer was daar darem nog ’n ou lekseltjie Klippies oor. Ek het by die ousie in die groothuis ’n paar Voyagers gaan bedel en hulle sommer hier op my bed gelê en rook en my Klippies gedrink. Ek het probeer uitfigure wat om nou te doen. Ek het net genoeg geld gehad om die rent te cover, prys die Here, maar my kos was op.

    Ná twee dae se oorleef op die bietjie oorskiet uit die groothuis wat die ousie saans voor my deur kom sit het, het ek weer my kinders gebel. Ek het gesê hulle moet nou help, met die ousie wat in my ore bly moan dat ek haar airtime opgebruik. Maar dit was net weer excuses van ek wat my geld uitsuip en maar ’n plan moet maak, dis nie net ek wat onder die economy suffer nie. My eie bleddie kinders, asof hulle engeltjies is.

    Gepraat van – ek glo mos nog altyd aan engele. Angels, soos Dad gesê het. Maar ek glo nie soos hy aan angels met lang wit vlerke nie, ek glo aan mense-engele. Soos Tollie wat uithelp by die pawnshop. Toe ek nou so desperate was, het ek my oorlede granny se trouring, my enigste erfstuk, pawnshop toe gevat. Tollie het gesê ek moet die ring hou en vir my R20 in die hand gedruk sodat ek darem brood en melk kon gaan koop. En ou Tollie suffer ook maar. Die Here gaan haar nog bless.

    Met daai R20 in my sak is ek Cash & Carry toe. Dis bleddie ver om te loop en dit was warm. Ek was moeg en honger en sommer net fokken moedeloos. Elke keer as daar ’n donnerse trok verbygejaag kom en ek die urge kry om sommer voor die fokken ding in te spring dat hy my kan trap en ek kan klaarkry met hierdie ou lewe, dan dink ek weer aan die Here, dat hy hierdie ou vrou ook raaksien.

    Nader aan die Cash & Carry is daar al meer robots en ek het gescheme ek moet maar by een gaan staan en bedel, daar tussen die swartes wat refuse bags en hangers verkoop. Sommer reg langs daai pamphlet met die nommer wat mans kan bel as hulle penis enlargements en stronger erections wil hê. Maar ek het darem ook my dignity. Nee, dan suig ek eerder piel. Nie dat dit so baie gebeur nie, want die mans hier rond kla mos my asem stink omdat my tande al begin vrot.

    Bene oopmaak is ook nie ’n goeie option nie. Ek juk nog steeds van laas keer wat ek my pote vir Skeeloog Buks oopgemaak het. Die ou fokker het al sy pelle loop vertel hy’t sy juk by mý gekry. Van toe af is die mans maar skrikkerig. Soms strike ek dit lucky met een van die trokdrywers wat hier verbykom. Al is hulle maar suinig as dit by die pay kom, is hulle maar net te goddank bly om bietjie wit poes te kry so allenig op die langpad.

    So is ek op pad Cash & Carry toe, toe daar so ’n vuil rooi kar langs my stop. ’n Mazda 323. As ek nou vinnig moet skat, ’n 1986-model. Die ding was omtrent fucked-up geduik en gekrap, nie ’n wheel cap op een van die tyres nie en die exhaust wat aan ’n stuk draad hang. ’n Vrou, seker so in haar forties, draai haar ruit oop. Dikkerig, die hare kort gesny soos ’n man s’n. Steek ’n arm wat bult van die muscles by die venster uit en haak hom so teen die kardeur vas asof die ding enige oomblik gaan afmoer. Sy het ’n golf shirt aan en om haar nek ’n dik goue ketting met ’n kruis wat op haar bultende, bralose tiete rus.

    Waarheen is die antie op pad?

    Jammer, girlie, maar hierdie antie stamp nie koek nie, sê ek en loop aan.

    Fokken dykes. Sy het my laat dink aan hierdie butch lesbian wat my eenkeer in ’n bar in Viljoenskroon vasgedruk het. Dit was iewers in die nineties. Ek was al lekker aangeklam van al die Black Labels wat Giel, my boyfriend van destyds, vir my aangedra het. Ek was well aware van hierdie bees van ’n vrou wat saam met die mans darts gegooi het en my heelaand uitgecheck het. Stywe jeans, opgetrek tot bo haar bellybutton, met ’n highly noticeable polonyrol wat bokant haar koek sit.

    Ek was later in die toilet cubicle, die een wat nie kon sluit nie, toe sy die deur oopstoot. Net so is sy uit haar jeans uit en met een vinnige beweging swaai sy haar regterbeen op en sit dit oor my skouer op die toiletbak. My gesig het sy tussen haar bene ingedruk. Ek dink Sexy Eyes het op daai oomblik in die pub begin speel. Ek was te moer toe om enigiets te doen, so dis hoekom ek nie geresist het nie. Maar dit was die eerste en enigste keer wat ek poesbedroef was.

    Antie kan ontspan! lag die dyke in die Mazda. Ek is nie skeef nie.

    Vir ’n while staan ek toe so met my doubts, maar Here, dit was warm en ek was moeg en honger.

    Ek’s op pad Cash & Carry toe vir groceries.

    Maar my antie, dis mos nog ver! Klim in, dan vat ek vir antie vinnig soontoe.

    Jy vat g’n fokken niks, sê ek en point my hand met die gekreukelde R20-noot aggressively na haar. Ek weet mos hoe werk die closet dykes.

    Sy lag weer. Ek wil net vir antie help.

    Om deur ’n butch dyke gevinger te word, is seker ook nie die ergste wat met mens kan gebeur nie, dink ek toe en klim maar in.

    Is dit al cash wat antie het? vra sy toe ek sit.

    Ag, Here, verwag sy nou dat ek háár moet betaal om haar koek te lek uit dankbaarheid vir die lift? Ek sê toe maar net ja.

    Soos ons ry, check ek die binnekant van die kar. Dit lyk nie beter as die buitekant nie. Die sitplekke is al deurgesit en geskeur, en daar is orals rubbish. Takeaway-pakkies, leë coke-blikkies, gebruikte tissues, koerante en advertisements. Apparently ook haar hele wardrobe. Die kar ruik bedompig. Maar derde klas ry is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1